NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die dag as u weer kan lag sal genesing van u gees en u liggaam vinnig intree. Humor dra mense deur die woestyn van die lewe en sorg dat hulle nie ten gronde gaan van louter pyn en lyding nie.

GAAN ONS VEG VIR ONS GROND?

Die Boere-soldate en -polisie wat voorheen hul vaderland verdedig het teen Brits-geїnspireerde en kommunisties-gedrewe terroristebendes, word gehoon en bespot en vervolg as misdadigers. En die Afrikanervolk word deur leuens en laster simbolies op die beskuldigdebank van die geskiedenis gestel om skuld te bely voor die vyande wat hom wil vernietig. In dié land waar ons volk gebore is, word ons nou behandel as 'n miskende en verstote "minderheid"; meer nog, as misdadigers en gehate spesie. Deur misleiding en bedrog is ons geleidelik geestelik ontwapen, later ook fisies, sodat ons bloedloos van ons geboortereg beroof kon word. Dit is die sentrale feit van die huidige Suid-Afrikaanse toestand.

Die Afrikanervolk is die een gemeenskap wat ter wille van "vrede" op elke terrein moes toegee, prysgee, weggee en opgee totdat daar niks meer was om te behou nie en sy "leiers" eerloos kon oorgee aan die vyande. En nou gaan die laaste bastion val: ons moet alles wat ons besit, ons grond en ander eiendom gratis aan die staat gee sodat ons geen plek meer het om te bestaan nie – want ons moet totaal uitgewis word!

Die Engelssprekende groep van Suid-Afrika het niks prysgegee nie. In terme van kulturele en politieke invloed het hulle onmeetlik gewen. Suid-Afrika het in naam van "African nationalism" 'n Engelse land geword, met die Engelse taal oppermagtig, met Engelse verteenwoordigers in onverkose invloedryke posisies en met Brittanje (en Amerika) in koloniale afstandsbeheer.

Ook geen ander gemeenskap — Kleurling, Indiër of Swart het enigiets prysgegee nie. Hulle sosiale invloed is ontsaglik vergroot en hulle verteenwoordiging in die parlement, die provinsiale wetgewers en plaaslike owerhede, die staatsadministrasie, die regswese, die onderwys, die joernalistiek en die ekonomie het met reuse spronge gevorder tot hulle alles gekry het.

Aan wal gestoot

Die Afrikaner-Boerevolk egter, wat die ekonomiese middestand in Suid-Afrika gevorm het deur hulle posisie in die landbou, die klein en middelslag sake-ondernemings en die amptenary van die staat en die staatskorporasies, is progressiewelik deur 'n doelgerigte beleid uit die ekonomiese stroom aan wal gestoot.

"Middle class blown out of the economic water", het Sunday Star (8.9.91) berig. En die "middle class" was die Afrikaners.

Dit was die resultaat van 'n jarelange sosio-ekonomiese beleid wat gevolg is om rykdom te herverdeel deur die Afrikaners se besittings van hulle weg te neem. "The living standards of Whites", het dr Frans Cronje, president van Nedbank, gesê, "must drop, but that of the others cannot be allowed to drop". (The Star, 4.11.76).

Hierdie woordvoerder van die georganiseerde Geldmag het dus of aan die Vorster-regering voorgeskryf dat die Blankes (Afrikaners) se lewenstandaarde afwaarts gedruk moet word, of hy het uitdrukking gegee aan wat reeds aan die Geldmag bekend was as regeringsbeleid.

In ooreenstemming met wat Cronje in 1976 gesê het, het Rapport op 3 April 1977 geskryf: "Blankes raak al hoe armer".  En The Star (11 Jan. 1978) het geskryf "The living standards of Whites have been falling during the past five years and those of the Blacks have been rising sharply" -presies wat die georganiseerde geldmag by monde van Cronje bepleit het. Die Staat se Jaarboek van 1981 het die berowing van die Afrikaners/Blankes gekwantifiseer. "Die reële inkomste van Blankes",  is daarin verklaar, "het gedaal met 5,6 persent teenoor dié van die Swartes, wat gestyg het met 7,4 persent" — klaarblyklik as doelbewuste beleid om Afrikaners sosiaal en ekonomies te verswak. Dit was toé! Nou word daar nie meer sulke beramings gemaak nie want dit mag opstand en weerstand bewerk.

So is duisende huisbesitters en plaaseienaars tot insolvensie gedwing.

"South African families are being hit by summonses for debt at the record rate of more than 64 000 per month" (The Star, 31 Jan 1984) "700 boere elke maand gelikwideer" (Beeld, 24 Januarie 1992)

So is die Afrikaners ekonomies ontmagtig ter voorbereiding vir die militêre en politieke kapitulasie aan 'n terroristebende wat nooit 'n oorlog teen die Afrikanervolk sou kon wen nie.

Ekonomiese oorlog voortgesit

Vanuit die verswakte posisie van die Afrikaners word die ekonomiese oorlog teen hulle voortgesit deur die huidige Swart regime. Onderwys vir Blankes word al duurder en duurder. Universiteitsopleiding vir Afrikaners word al hoe meer onbekostigbaar, terwyl Swartes miljoene rande skuld aan universiteite. Grondbelasting en dienstetariewe in stede en dorpe word al hoe meer verhoog om te vergoed vir die nie-betaling van gelde in Swart buurte – indien daar nog sprake van dienste is! Die pryse van brandstof word telkens verhoog om onder andere ook inkomste te verskaf vir die uitspattige besoldiging van al hoe meer mense wat al hoe minder bevoeg is om die staat se sake te hanteer. Verbeel jou 'n "konsultant" kry R500 per uur. En hy werk glo 10 uur per dag, ook oor naweke, wat uitwerk op R150 000 per maand. En natuurlik sal hy teen 'n tempo werk wat sy diens maandelank sal rek.

Intussen het 'n groot armblankedom van Afrikaners ontstaan, waardeur gesinne gedwing is om in Swart plakkerskampe te gaan woon of in tente op oop terreine, ander totaal haweloos. En dan moet hulle in strate bedel om aan die lewe te bly. Dit is die Nuwe Suid-Afrika waarin die Afrikaners die skyf van uitbuiting deur die huidige Swart regime is. Dit is die onreg wat Afrikaners ly.

Dit, in die land wat in die dae van apartheid onder 'n Afrikaner-regering die tweede hoogste ekonomiese groeikoers in die wêreld gehad het, waarin werkgeleentheid so volop was dat immigrante van Europa na Suid-Afrika gestroom het, en amper 75 persent van alle jong mense van Suid-Afrika in die formele sektor werk gekry het maar nou haweloos en honger is. Dit is die Nuwe Suid-Afrika, die maaksel van FW de Klerk en sy bende, die man wat glo hy gaan binnekort weer hierdie land 'regeer'!

Die vraag is nou: gaan ons veg vir ons grond en eiendom wat sonder vergoeding gevat gaan word? Of gaan ons soos met die onteiening van ons wapens weer in lang toue staan om dit so vinnig moontlik weg te gee? Besef u dis die laaste bastion voordat u uitgewis word? Of is u ook een van daardie wat meen dit sal tog nooit gebeur nie?

Mag God hierdie volk se oë open, ons land Self kom reinig en ons in die proses gebruik om van elke verraaier, vyand en blinde ontslae te raak!

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 774 gaste aanlyn