WAAROM PLAASAANVALLE?

Inligting, soos deeglike polisieverslae oor plaasaanvalle wat meer as 'n dekade gelede al beskikbaar was, gee duidelik die antwoord op die agenda agter diƩ misdaad.

Ten spyte van die feit dat die owerhede en senior ANC-gesinde top bestuurslede van die Suid-Afrikaanse Polisiemag dit aanhoudend ontken, is daar oorgenoeg getuienis dat plaasaanvalle 'n politieke aksie is en dat dit met politieke doeleindes beplan en uitgevoer word.

Plaasvaanvalle is niks anders as 'n voortsetting van die lafhartige terroriste-oorlog teen Afrikaners en Blankes nie. Die hoofredes vir hierdie verskynsel hou verband met die agenda van die Swart kommuniste, wat dekades gelede reeds bestaan. Hieronder tel die volgende:

* Om vrees en paniek onder Blankes aan te wakker. Dit is 'n erkende metode van kommuniste om 'n gees van magteloosheid en vrees onder hul vyand aan te blaas om hul doelwitte te bereik. In hierdie geval is die hoofdoelwit om Blankes/Afrikaners negatief te maak oor die besit van plaasgrond en boerdery in die algemeen.

 

* Om Afrikaners/Blankes van hul grond te vervreem, net soos wat na die Tweede Vryheidsoorlog in die era sedert 1902 gebeur het. As Blankes weens vrees eerder hul grond verlaat en in die stede gaan woon of die land verlaat, is dit net soveel makliker om uiteindelik die land letterlik in besit te neem. As families eers besluit het om hul grond te verlaat is die kans skraal dat hul nageslag weer by die boerdery betrokke sal raak. Hierdie punt word ondersteun deur ander wetgewing wat die lewe van boere bemoeilik. Dink maar aan arbeidswetgewing en die wet op die Sekerheid van Verblyfreg.

* Een van die hoofredes waarom Blanke boere van hul grond vervreem moet word is die feit dat dit een van die min bedrywe is waar Blankes/Afrikaners nog grootliks onafhanklik kan wees. 'n Suksesvolle boer is sy eie baas en hy kan onafhanklik optree. Daarom is hy 'n risiko vir die regime en die plan van die kommunis om mense te beheer en die land te plunder.

Uittreksel: ANB - lees daaroor by www.anbsa.co.za