Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Iets waarmee ons vrede moet maak is dat lyding en swaarkry vir elkeen van ons voorlê. God verseker ons egter dat dit van korte duur sal wees – opgeweeg teen die heerlikheid wat daar vir ons in die hemel by God wag!
DIE ROOFKULTUUR...
...en misleidende woordgebruik
Dr JJ Snyman
Ramaphosa het so pas weer met koppe gesmokkel toe hy gesê het dat grondonteiening sonder vergoeding sal voortgaan maar dat dit nie die eienaar se eiendomsreg sal aantas nie. Kan enige regdenkende mens verduidelik hoe hierdie twee uiteenlopende betekenisse bymekaar kom? Maar die vraag is egter nie wat hy daarmee bedoel nie – dít is duidelik: die swart roofkultuur gaan voort maar die blankes moet gesus word met ‘n stelling wat geen verband hou met die werklikheid nie. En die kommer bestaan dat daar talle blankes is wat wel hierdeur gesus word want al wat hulle hoor is dat sy eiendomsreg nie aangetas sal word nie. Kom nou mense, verstaan wat regtig besig is om te gebeur. In effek sê Ramaphosa: Luister, ons gaan binnekort al jou goed steel, ook jou grond, en dit ís steel want ons gaan jou niks in ruil daarvoor teruggee nie; maar moenie daaroor bekommer nie, slaap rustig voort soos julle lankal doen, en wanneer julle wakker word het jy niks oor nie en het ons dit reggekry om jou aan die slaap te hou terwyl ons al jou goed steel.
Misleidende woordgebruik is volop in die ANC se woordeskat. Die ANC-regime het geglo dat hy mense met misleidende, mooiklinkende woorde 'n rat voor die oë kon draai. Hulle gebruik woorde soos regstellende aksie wat in werklikheid niks regstel nie, maar ons ekonomie ontstel. Nog so ‘n woord wat gebruik word, is normalisasie. Dis in werklikheid 'n verwringing en manipulasie van alles wat eers normaal was. Transformasie is nog so ‘n misleidende woord wat in werklikheid niks anders as die gewettigde benadeling van blankes is nie. Regstellende aksie en transformasie veronreg en verarm ons volk. Demokrasie het vir ons volk slegs ondergang beteken. Vir oningeligtes mag dit alles dalk na positiewe begrippe klink, maar dit is nie. Die gevolge daarvan verlam nie net rasseverhoudings nie, maar ook ons ekonomie. Die spreekwoord sê: Al dra ‘n aap ‘n goue ring; dit bly maar ‘n lelike ding. Dis hier presies dieselfde geval. Al word ‘n onreg ook in die watte van mooi woorde toegedraai, bly dit ‘n skadelike ding!
Swart bemagtiging is niks anders as roof op westerse veekrale nie. Dis in ons land gewettig en bestaan in die oordrag van gevestigde blanke ondernemings na swart eienaarskap sonder dat die nuwe eienaars enige ambisie en vernuf aan die dag gelê het. Soos menigmaal al gesien is, is daardie ondernemings na ‘n kort rukkie in sy maai in. As dit ‘n vooruitstrewende melkboerdery was, sien ons in die nuus hoe die koeie brandmaer is en sommige dood lê terwyl die bossies die eens netjiese landerye oorgeneem het, die geboue se dakke verdwyn en alles verdroog het. Swart bemagtiging is 'n vinnige dog verfoeilike manier om ander se rykdom te bekom en tot niet te laat gaan totdat ons land weer woes en wild is soos voor die witman dit ontwikkel het!
Let op hoe deurspek is die ANC-regering se optredes van hierdie roofkultuur teen ons Boerevolk! Wat is dit anders as roof wanneer ons volk deur middel van swart ekonomiese bemagtiging doelbewus verarm en onteien word? Swart bemagtiging is niks anders as gewettigde roof nie; dit verskil in beginsel niks van transito-roof nie.
Ons ekonomie kan nie hierdie soort rykdom-aanwas deur onregmatige toeëiening bekostig nie. Dit laat Suid-Afrika net al hoe verder in die spoelsloot van ‘n verslegtende ekonomie afspoel! ‘n Ekonomie wat nie op meriete alleen gegrond is nie, misluk spoedig. Bevoegdheid en arbeidstrots is die enigste sleutels tot ekonomiese sukses. Die ANC-regime gee geen flenter daarvoor om dat Suid-Afrika se produktiefste werkslui aan bande gelê en die land daardeur ernstig benadeel word nie. Hulle vergeldingsdrang oorheers alle redelikheid en gesonde verstand! Die gevolg is dat ook die belastinglas al hoe swaarder op blankes word omdat hulle vir die onreg teenoor hulle moet opdok. Hulle word nêrens as 'n vennoot in 'n nuwe bestel gesien nie, maar as 'n verslane vyand wat by elke moontlike geleentheid nog verder verneder moet word voordat daar finaal van hom ontslae geraak word. Die ANC se diskriminerende wetgewing dwing ons ekonomie van meet af aan in onbevredigende produksie-kanale. Hulle swart bemagtiging-strategie is ‘n doodswens vir ons ekonomie omdat dit tot werksverlies lei en uiteindelik die totale ineenstorting van ‘n eens Eerste Wêreldland.
Moet u nie verder laat mislei deur sinlose stellings en woorde nie: daar is NIKS demokraties aan hierdie bestel nie, slegs blanke verarming met die doel om hulle heeltemal uit te wis. En solank ons volk nog gesus word met hierdie misleidende woordeskat sal ons die gevolge daarvan dra. Word wakker en laat ons weerstand bied teen ons eie ondergang terwyl ons nog iets het om te verdedig!