1899 - 2019... (1)

... 120 jaar van onreg teen ‘n volk

Dr Danie Theron

Die Afrikaner kyk vanjaar terug op ‘n tydperk van 120 jaar wat in baie opsigte veelbewoë was. Meer as ‘n eeu se onreg is beleef en oorlewing is vandag, soos 120 jaar tevore steeds die vernaamste agendapunt.

Suid-Afrika was as’t ware die kleinteater van die internasionale politiek, synde baie van dit wat elders afgespeel het, hier sy aanvang gehad het. Oorlog onder valse voorwendsels, leuenpropaganda, barbaarse metodes van oorlogvoering, die al-groter-wordende rol van die internasionale geldmagte, die ondergrawing van die moreel en lafhartige dade van revolusionêre magte op – dit het alles hier plaasgevind en selfs begin, net om later soos ‘n kanker na die res van die wêreld te versprei.

Dat die Boerevolk, later beter bekend as die Afrikanervolk, dit alles kon oorleef, spreek boekdele vir die stoffasie waarvan hy gemaak is.Die vraag is egter of die afbreekproses nie moontlik sodanig was dat die Afrikanervolk uiteindelik gekraak het nie.

Volgens historici het die groot omwenteling in 1914 begin. Hulle is verkeerd oor die datum, maar van hulle grootliks korrek in hulle interpretasie van gebeure. Die Anglo Boereoorlog kan met reg as die vertrekpunt van hierdie episode in die geskiedenis beskou word.

Drie Amerikaanse historici, FP Chambers, CP Harris en CG Bayley het verklaar:

Two world wars and their intervening wars, revolutions and crises are now generally recognized to be episodes in a single age of conflict which began in 1914 and has not yet run its course. It is an age that has brought to the world more change and tragedy than any other equal span in recorded history. Yet, what ever may be its ultimate meaning and consequence, we can already think of it -- and write of it -- as a historic whole.

George Orwell se opmerking in sy boek 1984, ‘n boek in 1948 geskryf, het ook in ons land betekenis gekry:

            "Who controls the past controls the future; who controls the present controls the past."

Dit geld ook vir wie die geskiedenis van gebeure skryf, of watter geskiedenis verkondig word en watter onderdruk word. ‘n Sekere luitenant-generaal Sir William Butler skryf op 18 Desember 1898 vanuit Kaapstad na die Sekretaris van Kolonies in Engeland soos volg:

"All the political questions in South Africa and nearly all the information sent from Cape Town are being worked by what I have already described as a colossal syndicate for thes pread of false information."

Niemand was in ‘n beter posisie om te weet wat die werklikheid was as Butler nie, want hy was op daardie stadium die hoofbevelvoerder van die Britse magte in Suid-Afrika en waarnemende hoëkommissaris in die plek van sir Alfred Milner, laasgenoemde een van die grootste instigeerders van oorlog teen die Boere wat daar ooit was. Toe Milner terugkeer na Suid-Afrika het Butler bedank. Butler het die sogenaamde “griewe” van die “Uitlanders” gesien vir wat dit werklik was — opgemaakte leuens.

JA Hobson, ‘n Britse historikus het Transvaal besoek net voor die uitbreek van die oorlog. Hier is sy opsomming van gebeure:

We are fighting in order to place a small international oligarchy of mine-owners and speculators in power in Pretoria. Englishmen will do well to recognize that the economic and political destinies of South Africa are, and seem likely to remain, in the hands of men, most of whom are foreigners by origin, whose trade is finance and whose trade interests are not British.

Nog ‘n skrywer, L March Phillips wat ook in Transvaal was, skryf die volgende:

As for the uitlanders and their grievances, I would not ride a yard or fire a shot to right all the grievances that were ever invented. Most of the uitlanders (that is, miners and working men on the Rand) had no grievances. I know what I am talking about for I have lived and worked among them. I have seen English newspapers passed from one to another and laughter raised by the Times telegrams about those precious grievances ... We used to read the London papers to find out what our grievances were, and very frequently they would be due to causes of which we had never heard. I never met one miner or working man who would have walked a mile to pick a vote off the road and I have known and talked with scores of hundred.

Wat hierdie persone dus met hulle eie oë gesien het was ‘n bedrieglike voorstelling van ‘n situasie aan die publiek en die politici in Brittanje ten einde Brittanje tot oorlog te beweeg teen die Boererepublieke. Oneerlikheid was dus die instrument om beleid mee te voer. Hierdie oneerlikheid sou die kenmerk en die bloudruk word vir oorlogvoering teen eers die Boere, en later teen die Afrikaner. Die impak van hierdie leuens was vernietigend.

In 1979 skryf Thomas Pakenham in The Boer War soos volg:

First there is a thin golden thread running through the narrative, a thread woven by the 'gold bugs,' the Rand millionaires who controlled the richest gold mines in the world. It has been hitherto assumed by historians that none of the 'gold bugs' was directly concerned in making the war. But directly concerned they were ... I have found evidence of an informal alliance between Sir Alfred Milner, the High Commissioner, and the firm of Wernher-Beit, the dominant Rand mining house. It was this alliance, I believe, that gave Milner the strength to precipitate the war.

Mens is vandag steeds stomgeslaan hoe ‘n volk, wat deur sulke trauma moes gaan soos die Boere tydens daardie oorlog, hulle vertroue op mense soos Generaals Louis Botha en Smuts kon stel, wat nie vinnig genoeg kon aanklank vind by Brittanje nie. Ivor Benson beskryf dit soos volg:

Boer leaders, like General Louis Botha and General Smuts, when the fighting was over and a generous policy of conciliation was being applied by the victors, were not immune to the charms of an ideal which offered glowing possibilities for the future of mankind; moreover, it had much to show for itself wherever the Union Jack had been planted. Botha and Smuts were wholly won over; and Smuts figured from 1914 onwards more as an Imperial statesman than a South African party political leader.That partly explains why Botha, on behalf of the Transvaal colony, was able to make a gift of the Cullinan diamond to King Edward VII and why, in 1914, he was able to crush a rebellion of Boer "bitter-enders" and bring South Africa into World War I on the side of Britain.

Dit strek daarom tot onmeetlike eer van generaal Hertzog dat hy aanvanklik man-alleen vir die Afrikaner in die bresse getree het na die oorlog.

Die stryd teen die Engelse van buite die grense is vervang met die stryd teen die Engelse en Engels-gesindes binne ons grense. Dit het byna 60 jaar geneem om hierdie stryd by te lê en alhoewel dr Malan en advokaat Strijdom se rol om die Afrikaner te verenig uitstaan bo hulle tydgenote, was die rol wat dr Verwoerd gespeel het om die Engelse van ons eie land oor te haal tot ‘n verenigde Blanke nasie, deurslaggewend. Die saadjie daarvoor is reeds in 1924 geplant toe die Arbeidersparty hulle kragte by Hertzog gevoeg het om Smuts te verslaan. In 1966 was Suid-Afrika ‘n krag in alle opsigte. Elke moontlike vyand wat daar was, is getroef. Die nasie was eendragtig. Sestig jaar van onreg is te bowe gekom.

Miskien sal die datum 6/9/66 dalk eendag bekendstaan as die datum waarop die Afrikaner se derde vryheidstryd begin het. Of, indien die stryd verloor is, as die datum waarop die afsterwe van die Afrikaner ‘n aanvang geneem het. Hoe dit ookal sy, vanaf daardie datum het die griewe van die Uitlanders die griewe van die Swartes geword. En weereens moes gesoek word na eerlike geskiedskrywers.

Die casus belli vir oorlog teen die Afrikaner het nou Swart- eerder as Uitlanderstemreg geword. Nou het ook revolusionêre oorlogvoering, of dan lafhartige oorlogvoering, sy kop uitgesteek. En waar die propagandamiddele in 1899 nog beperk was, was die krane oopgedraai sedert 1966.Waar tevore die Engelse self oorlog teen die Boer gevoer het, het hulle nou verkies om dit van agter die skerms te doen. Hulle het die Swartes se “stryd” verwoord, hulle in raad en daad bygestaan. Die oorlog was weer eens amptelik deur Brittanje gevoer, maar deur griewe vir ander te formuleer waarvan hulle ook dikwels agterna moes hoor.

In prof Herman Giliomee se boek The Rise and Demise of the Afrikaner lees mens byvoorbeeld van die griewe oor Swart onderwys. Net twee opmerkings is voldoende om hierdie “griewe” in die doofpot te stop. Toe Swartes destyds gevra is of hulle in hulle eie moedertaal, of in Engels of in Afrikaans én Engels onderrig wou word het 64% Afrikaans én Engels verkies en 1% hulle eie moedertaal. En as bewys dat Swart onderwys vandag ‘n groter mislukking as ooit in die geskiedenis is, ondanks Swart regering, kan die volgende opmerking van Mamphele Ramphele, ‘n produk van Blank-beheerde Swart onderwys en voormalige vise-kanselier van die Universiteit van Kaapstad aangehaal word:

“The monumental failure in South Africa was not Hendrik Verwoerd’s fault but that of the current government. Children under apartheid’s ‘gutter education’ were better educated than children are today”.

Dit was weer eens nie griewe om die klaer te akkommodeer nie, maar om die Afrikaner te vervang, te vernietig. En waar Brittanje alleen oorlog gemaak het teen die Boere in 1899, is hierdie keer daarin geslaag om die hele wêreld op te vorder. Die oorlog is deur Brittanje voortgesit, soos Milner beloof het, nie met wapens nie, “but war still”.

Duidelik het Brittanje nog nie met die Boere afgereken nie. Die Anglo Boereoorlog het hulle immers 350 miljoen pond uit die sak gejaag en 20 000 op die slagveld geeïs, ‘n oorlog wat veronderstel was om net twee maande te duur.

Dit is juis op hierdie punt wat besef moet word dat die oorlog vir Brittanje niks in die sak gebring het nie. Wie het dan daarby gebaat? Pakenham praat van die “goue draad” en Hobson van die

            "international oligarchy of mine-owners and speculators".

Die geld agter die oorlog van 1899 was deur Jode verskaf en na die oorlog, het die Jode beheer oor die myne gekry, en was die geld vir die oorlog wat gevoer is, aan hulle geskuld. Cecil John Rhodes was maar net die Rothschilds se agent, soos Hobson dan ook skryf:

Cecil Rhodes, the arch-imperialist and empire-builder and main instigator of the Boer         War, figures as no more than a small planetary wheel in a vast international financial machine which he, no doubt, believed he had harnessed to his grandiose imperial purposes.

In Junie 1899 skryf generaal Butler aan Brittanje se War Office:

“If the Jews were out of the question, it would be easy enough to come to an agreement, but they are apparently intent upon plunging the country into civil strife ... indications are too evident here to allow one to doubt the existence of strong undercurrents, the movers of which are bent upon war at all costs for their own selfish ends."

Vervolg...