BUITELANDSE BELEGGERS-OË GAAN OOP

Jeanette Koekemoer


Op 27 Desember 2018 berig buitelandse media dat die ANC se konsep van swart welvaartskepping slegs beteken om te buit en roof aangesien dit duidelik word dat geen winsgewende boerdery deur swartes bereik of in stand gehou kan word nie.

Hierdie berig volg nadat dit aan die lig gekom het dat die toé 46 jaar-oue welvarende Lipton Teeplaas naby Tzaneen wat sedert 1960 deur die Lipton Tee-groep bestuur is, in 2006 deur die ANC oorgeneem is as deel van hul grondverdelingsprogram. Daarby het die ANC R65 miljoen as lenings aan swartes toegestaan wat beweer het hulle is boere in dié gebied.

Nou het ‘n forensiese ondersoek getoon dat R121 miljoen se bates daar vernietig is as gevolg van swartes se onvermoë om ‘n welvarende boerdery te bestuur. Die tee-bosse is deur onkruid verdring en alle geboue is gestroop sodat daar basies niks anders oor is as wildernis nie. Die gevolg van hierdie inligting in die buiteland is dat beleggers se oë bietjie vir bietjie begin oopgaan.

Vir buitelandse beleggers is die risiko-peil aan die suidpunt van Afrika net te hoog.  En hiervoor is die ANC-regering alleen te blameer!  Ons het vir etlike dekades 'n kerngesonde ekonomie gehad.  Vandag is Suid-Afrika een van die swakste en onbetroubaarste ekonomiese vennote ter wêreld.   Ons eens beleggersvriendelike gesig dra sedert die ANC oorgeneem het die onooglike letsels van misdaad, korrupsie en 'n onbuigsame, teenproduktiewe, sosialistiese arbeidsbeleid.  Ons het in dieselfde ongeloofwaardigheid as al die ander Swart Afrikalande versink.

Ten spyte van hul betowerende woordkuns kon die ANC nie daarin slaag om buitelandse geldmagte 'n rat voor die oë te draai nie.  Sy dramatiese verhoogspel om buitelandse beleggers te oortuig dat Suid-Afrika op die pad van vrye handel en demokrasie sal bly, oortuig maar min siele deesdae.

Die swart regering het hulle baie duidelik met buitelandse beleggers se intelligensie misgis.   Hulle het die buitelanders se diplomatieke hoflikheid met geesdrif vir en goedkeuring van hul ekonomiese vergrype verwar.  Gevolglik het die arrogante hooggeplaastes se bedelaars pleidooie en slimpraatjies voor uitgelese gehore geen beduidende stuiwer in hul leë blikkie laat val nie.

Tydens die apartheidsera was beleggingsmoontlikhede rooskleurig.  Buitelanders het letterlik tou gestaan om in Suid-Afrika te belê.  Die ystergreep wat apartheid op misdaad gehad het asook ons hoë produktiwiteit het van ons land 'n beleggersdroom gemaak.  Op ‘n stadium was daar selfs meer beleggers as wat die plaaslike nyweraars en handelsektore kon hanteer.

Toe ‘n aantal Duitse nyweraars ons land vroeg in 1962 besoek het, wou hulle van dr. Verwoerd weet waarom Suid-Afrika so stabiel was in vergelyking met die meeste ander Afrikalande wat in chaos verval het.  "Omdat daar wet en orde in my land is!" het doktor trots geantwoord.  Stakings en oproer was destyds feitlik onbekend.   

Baie van die eertydse beleggers is ná oorhandiging van mag in April 1994 terug Duitsland toe omdat die veiligheidsituasie in Suid-Afrika te riskant geword het.  Ander het gebly en gehoop dat die geweld slegs groeipyne van die nuwe bedeling sou wees wat mettertyd sou verdwyn.  Hulle is almal wreed ontnugter.  Die geweld was nie groeipyne nie, maar eerder die lewenswyse van Afrika se onopgevoede massas.

Buitelandse beleggers is ontsteld oor die toenemende geweld; iets wat hulle blykbaar nie voorsien het nie. Baie van hulle wat apartheid help afbreek het, staan vandag geskok om te sien hoedat wet en orde onder die ANC-regime verdwyn en misdaad 'n plesiertog van ongekende plundery geword het.

Die South African Institute of Race Relations, 'n voorvegter-instansie teen apartheid, tel ook vandag onder die ontgogelde mense.   Selfs die vyandige skrywer Allan Paton se weduwee het die land verlaat.  Gelukkig kan apartheid nie hiervoor blameer word soos so baie ander dinge wat weens die ANC se onbevoegdheid skeefloop nie...

Die swart regering se onprofessionele optredes ontmoedig potensiële buitelandse beleggers.  Dis net logies dat beleggers nie sal toelaat dat hul beleggings deur onverantwoordelike regeringsbestuur vernietig word nie.  Swart werkers se alewige stakings en kinderagtige voetestamp om aan hul misnoeë uiting te gee, dra beslis nie tot beleggersvertroue by nie.

Asof dit nie sleg genoeg met ons ekonomie gaan nie, het die regering met die wettiging van regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging 'n dolk in ons verswakte ekonomiese hart gesteek.  Hierdie national issue, number one van die ANC is ekonomies so teenproduktief dat dit selfs op ons ekonomiese dood kan uitloop indien ons dit nie betyds gaan keer nie!

Moses Garoeb, 'n voormalige kabinetslid van Namibië, het as volg van teen regstellende aksie gewaarsku: "If we have to apply affirmative action to its logical conclusion, the interpretation of our black people are: Let the whites be out from the power structures and let us be in.  It is as simple as that.  But then it is wrong. It is wrong to replace white racism with black racism.  The world will condemn us.  But I can assure you, our constituency ill applaud us.  But then it will have consequences". (Notule van die Nasionale Vergadering van Namibië, Deel 13, bl.27 van 7 Junie 1991).

Regstellende aksie is die aller laakbaarste manier waarop die ANC-regime lonende baantjies vir sy boendoe-boeties skep.  Hoe kan 'n land produktief wees met werkslui in senior poste waarvan die opvoedkundige kwalifikasies en werkondervinding totaal ontoereikend is?   Dit sál mos buitelandse beleggers afskrik!  Suid-Afrika se swart topbestuur gaan ernstig mank aan akademiese agtergrond.  

Omdat beleggersvertroue in Suid-Afrika geskaad is, is die swart regering genoodsaak om by die buiteland nog groot somme geld te leen.  Hierdie geld moet uiteraard terugbetaal word.  ‘n Paar jaar gelede het die gesaghebbende tydskrif FINANSIES & TEGNIEK geskryf dat ons ontoereikende ekonomiese groei en toenemende buitelandse skuld aan wanbestuur van die ergste graad te wyte is.

Suid-Afrika is sedert April 1994 in 'n anargie van onbevoegdheid en wanadministrasie vasgevang waar verdoeseling, vervalsing, bedrog, korrupsie en diefstal aan die orde van die dag is.

Wat ons kort is politieke stabiliteit, billike belastingskale, doeltreffende landsadministrasie en regverdige arbeidswetgewing wat nie die werkgewer aan die giere van revolusionêre vakbonde uitlewer nie!