BITTEREINDERS IN DIE BRANDPUNT

Bittereinder

In 1994 is ons land eerloos oorgegee aan ‘n lafhartige en korrupte terroristebende wat nie in staat was om enige veldslag teen ons volk op eerbare wyse te voer of te wen nie. Ons was vóór 1994 die sterkste moondheid in Afrika met ‘n sterk geldeenheid, in ‘n groot mate selfversorgend, het sanksies doeltreffend omseil en was die Swartes, hulle wat vandag so tekere gaan oor apartheid, se algemene lewenstandaard veel beter as wat dit vandag is en wet en orde is gehandhaaf! Ná 1994 het die rand dramaties verswak, word ons land beskou as die misdaadhoofstad van die wêreld, word mense daagliks gemoor, verkrag en beroof, word plase onteien, is standaarde daarmee heen, neem werkloosheid daagliks toe en lewe baie Swartes in slegter toestande as vóór 1994.

Ons sal in ons stryd om vryheid nog baie nederlae ervaar. So was dit ook in die geskiedenis. Maar elke daad van verset – hoe gering ookal – hou ‘n vlammetjie brandend. Ons praat hier oor die verlede omdat dit juis ons verlede is wat ons hoop gee dat daar weer só ‘n toekoms kan wees. ‘n Wyse man het eenmaal gesê as jy wil weet waarheen jy oppad is, kyk na waar jy vandaan kom. Ons kan daarby baat en verby vandag se ellende kyk na more se oorwinning. Die verlede is al wat ons as rigtingwyser het.

Waarvan ons ook moet kennis neem is dat die Afrikaner nog nooit ‘n aggressiewe volk was nie. Vandag is offensiewe optrede boonop fataal. Die Afrikaner het altyd gewag vir onreg om feitlik te seëvier voordat opgetree is. Daarom weet ons die tyd is nog nie ryp vir aktiewe verset nie maar wel vir lydelike verset sodat ons daarna ‘n volgende fase van verset kan betree. En ons moet ook nie toelaat dat ons defensiewe karakter ‘n gerieflike verskoning word om niks te doen nie. Ons sal helaas nie ons verraad teen ons volk se kinders kan rasionaliseer nie.

In die geskiedenis van ons volk het dit meermale gebeur dat deur goddelike beskikking ‘n persoon of groep in die brandpunt geplaas word waar namens die hele volk opgetree word. Die hedendaagse Bittereinders is geroep om in die brandpunt te staan en te veg op die suiwer basis van Afrikaner-nasionalisme. Ons sal nie die volle omvang en betekenis besef van die stryd wat ons moet stry nie. Elke daad van verset sal wel ‘n voorbeeld stel en sal die volk help om sy selfrespek waaruit hy gekul is te herwin.

Ons volk het ‘n roeping; nie ‘n plan nie. ‘n Roeping wat sê: Wees trou, vroue van ons volk. Hou moed, manne van ons volk. Staan vas, makkers in hierdie stryd.. En glo, volksgenoot, dat God ons sal uitred uit hierdie ellendige toestand. Geloof verg van ons om soos helde met die loutere onmoontlike om te gaan en God om die hals te val. Wat het ons anders as die loutere onmoontlike vandag? Watter grootste geleentheid en uitdaging vir ons geloof! Soos al opgemerk is: Laat ons die onmoontlike nou doen – die wonderwerke kan wag vir later!

Daar is wel ‘n paar basiese riglyne wat ons moet volg om ons vryheid te herwin. Die eerste is om nie deel te neem aan hierdie bestel nie omdat ons nie legitimiteit daaraan wil gee nie. Daarby erken ons nie die ANC as die wettige regering van hierdie land nie, omdat hulle geen aanspraak op hierdie land het nie. Hierdie land is óns land! Daarom sal geen Bittereinder met die regime onderhandel om ‘n volkstaat nie. Dit is ‘n blatante verloëning van alles waarvoor ons deur ons ganse geskiedenis geveg en gelewe het.

Ons weet nie wat more gaan gebeur nie. Ons kyk maar almal in ‘n spieël, vir almal is die toekoms maar ‘n raaisel. Maar deur vas te hou aan die ankers van ons volk, sal ons op die regte weë bly. Wat nodig is, is moed en selfrespek. Dit was immers leiers sonder moed en selfrespek wat in selfvertwyfeling geleef het en derhalwe nie in staat was om leiding te neem nie, wat ons volk uitgelewer het.

Daar is wel genoeg Afrikaners met die selfrespek om nog “nee” te sê. Daar is nog ‘n wil tot weerstand in ons volk te bespeur. Ons moet dit voed en uitbou. Daar is steeds ‘n magtige sluimerende faktor in die Afrikanerdom vir wie die eise van Afrikanerskap nie te swaar geword het nie. Paul Kruger, Andries Pretorius en Hendrik Verwoerd was nie vroompraters, paaiers, soebatters of verskoningmakers nie. Hulle was bereid tot stryd - daarom was hulle helde. Dit sal weer so wees.

Oorlog is die voortsetting van beleid met ander middele. Dit kan ook omgedraai word naamlik dat beleid (politiek) die voortsetting is van oorlog met ander middele. ‘n Volk lewe gedurig op die rand van die politiek-militêre. Enige dag kan dit van die een na die ander oorgaan. U moet dit maar aanvaar: Ons sal die dag nie kan ontkom wat hierdie volk homself weer fisiek sal moet verdedig nie, ter wille van sy voortbestaan en ter wille van sy selfbehoud.

In hierdie tye wat mense voor die voet gearresteer word vir enigiets wat na oorlog lyk of ruik moet dit duidelik gestel word: Oorlog word nie bepleit of begeer nie maar daar is een ding wat leliker is as oorlog en dit is die verrotte en ontbinde staat van moraliteit en patriotisme wat dink niks is ‘n oorlog werd nie. As daar niks meer oor is vir ‘n volk om voor te veg nie, is daar niks meer oor om voor te lewe nie.

Vandag sal mense dalk sê daar is geen hoop meer nie. Maar stuur vandag ‘n telegram, ‘n kort boodskap op u selfoon, ‘n faks, maak ‘n oproep of skryf ‘n brief aan u volksgenote en vertel vir hulle van die Boere wat nie sal oorgee nie en u sal hulle begeester en self moed kry vir die stryd om weer vry te wees in ons eie vaderland!