HOE LANK GAAN RAMAPHOSA HOU?

Dr Danie Theron

Die geldmagte se euforie oor die verkiesing van Cyril Ramaphosa gaan gouer tot 'n einde kom as wat selfs hulle kon droom. Daar is immers sekere realiteite wat die liberale droom telkens baie gou in 'n nagmerrie verander.

Maar wie is Cyril Ramphosa?

Ramaphosa was voor 1994 die groot vegter vir die belange van die swart mynwerker. Hy was dus die groot sosialis wat hom volledig geskaar het by die ideologie van die ANC-SAKP. Met die aanvaarding van die nuwe bedeling is hy deur die Anglo-Amerikaanse magte omgekoop en skatryk gemaak. Hy het dus 'n metamorfose ondergaan en skielik het hy geen probleem daarmee gehad om homself in die kapitaliste se kamp ("wit monopolie kapitaal") te bevind teen wie hy voorheen so hard geveg het nie. Marikana was die finale bewys van hierdie gedaanteverwisseling toe werklik gesien is wie Ramaphosa is; die slagter van mynwerkers wat gedurf het om 'n myn waarin hy belange het, op sy knieë te wil bring!

As Ramaphosa onder dieselfde vergrootglas as Zuma geplaas sou word deur die liberale media; dis nou die skoothondjies van die geldmagte, sal gesien word dat hy baie antwoorde verskuldig is oor onder meer:

-           sy tientalle buite-egtelike verhoudings wat blykbaar geen probleem vir die idiote van Naspers is nie en waaroor hy blatant lieg as sou hy kamstig hom    ontferm het oor vroue-studente en hulle help met hulle studies;

-           sy betrokkenheid by duistere en uiters omstrede saketransaksies waarvan Gayton McKenzie in sy boek Kill Zuma By Any Means Necessary berig,   waaronder biljoene rande wat onwettig landuit verskuif is deur onder meer  Lonmin en waarvan ook verskyn in die sogenaamde Paradise Papers -   onthullings wat in 2017 gemaak is en wat Nkandla na 'n Sondagskoolpiekniek laat lyk, en waaroor die liberale pers eenvoudig swyg;

-           die dubbele rol wat hy speel deur enersyds op ANC-byeenkomste te wil   voorgee dat hy volkome een is met die stryd van die arm swartes net om die volgende dag 'n geheel ander agenda te volg waar die proses van elite verryking juis ten koste van hierdie gepeupel voortgesit word.

Kyk mens na laasgenoemde word gesien dat hy hom in 'n party bevind wat onder meer die volgende beoog:

-           grondonteiening sonder vergoeding;

-           die nasionalisering van myne en bedrywe;

-           die nasionalisering van die Reserwebank;

-           radikale ekonomiese tranformasie, dws die onregmatige ontneming van eiendomsreg van die Blanke en die verplasing van daardie eiendomsreg in  die hande van die Swartes;

-           die vernietiging van die Blanke se skole, sy kultuur, sy erfenis, sy geskiedenis en uiteindelik sy identiteit.

Ramaphosa se geldmeesters het egter 'n heeltemal ander agenda. Volgens daardie agenda:

-           is daar nie sprake van die nasionalisering van die Reserwebank of enige van die groot geldmagte se myne of bedrywe nie;

-           sal slegs sekere Blankes se plase geteiken word om die persepsie te probeer handhaaf dat aan die "grondhonger massas" se eise voldoen word;

-           sal radikale ekonomiese transformasie nooit die geldmagte se belange raak nie, maar sal dit wel werkloosheid en gepaardgaande verarming vir die   gewone Blanke tot gevolg hê.

Dit is derhalwe die groot leuen wat nie alleen aan die swart massas verkoop gaan word nie, maar ook aan die Blankes. Dit sal nie beter gaan onder Ramaphosa nie; nie vir die swart massas nie en ook nie vir die gewone Blanke nie. Die enigste groep wat sal voordeel trek is die swart elite wat betrek is by die wit elite. Hulle sal voortgaan om die hulpbronne van hierdie land te stroop (ten koste van die res van die bevolking), terwyl hulle liberale idiotiese skoothondjies (die media) sal voortgaan om Ramaphosa se lof te besing.

Dit kan in klippe gekap word dat die volgende ons voorland is:

-           steeds groter armoede;

-           'n geldeenheid wat verder sal verswak;

-           die prys van brandstof wat verder sal styg met gepaardgaande toename in die pryse van verbruikersgoedere en dienste;

-           werkloosheid wat sal toeneem onder wit en swart;

-           misdaad wat verder sal toeneem.

Die mag van die media (geld) om 'n gunstige prentjie voor te hou eerder as die droewige realiteit wat afspeel, is eenvoudig verstommend. Mens kan kwalik glo dat terwyl toestande onder ons neuse versleg, die massas steeds vashou aan die leuen van die reënboognasie.

Dis hierdie droewige prentjie wat Ramaphosa baie gevaarliker maak as Jacob Zuma. Daarom is hy 'n groter vyand as Zuma, want hy kom in die gedaante van 'n vriend. Vir Zuma staan Zoeloe en swart belange voorop en as sodanig is hy uiteraard in fel opposisie met die Blanke se aanspraak op hierdie land. Maar minstens wou Zuma die greep van die Brits-Amerikaanse geldmagte verbreek en kon hy dalk sukses gehad het indien die Brics-groep met Rusland, China en Indië aan die spits, groter inspraak in ons land gekry het - dalk tot voordeel van die Blankes ook. Daarmee saam wou Zuma die banke se greep op ons ekonomie verbreek; iets waarby elke Suid-Afrikaner sou baat. Ja, Zuma is en bly verbind tot die ANC se agenda, maar dit is immers een wat bekend is aan ons. En in terugskoue het Zuma eintlik baie min van sy eie doelwitte vermag, en is die geldmagte se agenda eintlik ongestoord voortgesit in hierdie land. Baie duidelik moes hy verwyder word om enigsins verder in hulle pad te staan.

Ramaphosa beïndruk tannies wat Beeld lees en na kanaal 144 kyk - die geldmagte se skoothondjies. Hulle sal vir hom koeksisters bak en kerskaartjies stuur want hulle het nie die vaagste benul wat aangaan in hierdie land nie. Was dit dan nie die einste Ramaphosa wat hom 'n papie gelag het toe Roelf Meyer oor alles toegegee het by Kodesa nie? Hoe moet hy nie vir hierdie liggelowige tannies lag nie!

As Julius Malema dan werklik staan vir die belange van die swart massas sal hy die eerste een moet wees om nou op te staan teen Ramaphosa. Tot dusver het hy nog net gepiep. Indien hy dit nie doen nie, is hy finaal aan die kaak gestel vir wat sy rol was - 'n betaalde agent van die geldmagte slegs om Zuma te verwyder!

Intussen moet Ramaphosa weet dat Zuma en sy Zoeloes nie sal slaap nie. Hy sal baie lig moet loop dat hy nie, anders as wat sy meesters glo, tog wel aan die kaak gestel word as net nog 'n swart leier (soos Nelson Mandela) wat aan die geldmagte uitverkoop is nie.