Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Daar is niks so teleurstellend soos iemand wat in ʼn verantwoordelike gesagsposisie verkeer en die gesag nie tot eer van God beoefen nie, maar kompromie met booshede aangaan.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (4)
083 444 7672)
Die kerkdiens op Breedepoort was halfpad aan die gang toe die rowers toeslaan. Vier van hulle het die kerk aan die voorkant binnegekom, twee elkeen aan die sydeure, en een uit die konsistoriedeur. Hulle is elkeen gewapen met vol-outomatiese gewere uit die ou Oosbloksisteem en is ingeoefen genoeg om al nege gelyktydig die kerk binne te kom, skote in die plafon van die gebou af te trek en die verskrikte mense te beveel om te sit, hulle beursies, ringe, horlosies en ander waardevolle items te oorhandig. Daarvoor sal die kollektesakkies ideaal wees. Die leier van die groep grynslag as hy die opdrag gee.
‘n Skoot gaan af en hierdie man se gesig vertrek in skok as hy besef iets het hom in die borsgedeelte getref. Die leraar het sy eie wapen getrek en sonder waarskuwing die man geskiet. As daar vandag bloed gaan vloei in hierdie kerk, sal dit nie sonder die rowers s’n wees nie. Die rowerleier kyk met ‘n uitdrukking van uiterse skok na die predikant. Van wanneer af dra ‘n prediker ‘n vuurwapen?
Die medeleraar het sy pistool ook uitgehaal en skiet na een van die ander manne, waar een gemeentevrou haar wapen uit haar handsak kry en sommer terwyl sy sit, een van die ander ‘n wondskoot gee en ‘n tweede skoot, net-net mis op ‘n ander een trek, waarna hy die aftog blaas. Sy is immers ‘n gesoute boervrou en sy dra elke dag, by die plaas, in die dorp en in die kerk ‘n wapen.
Een van die rowers bel sommer in die weghardloop die plaaslike polisiestasie en meld die voorval aan. Wanneer die SAPD opdaag, met skreeuende bande van die enigste diensbare voertuig, ontvang hulle ‘n minder as verwagte verwelkoming van woedende kerkgangers.
*
Oom Boy het die sleepwa agter die Toyota Fortuner gesien met meer as twintig skape op, omgedraai en die drywer voorgekeer. Die skape behoort aan sy buurman, Josef Helberg, en nadat hy beheer van die voertuig geneem het (natuurlik met ‘n ou .38 rewolwer), die manne met kabelbinders geboei en agterop sy bakkie gesit het en sy handlanger, Pietman, agter die stuur van die Toyota laat inklim het, draai hulle om en ry polisiestasie toe.
“So, meneer Moolman, jy rig ‘n wapen op hierdie onskuldiges, beroof hulle van hulle besittings, doen sommer ‘n voertuigkaping en dan het jy die vermetelheid om hier aan te kom en ‘n klag teen die slagoffers te lê?”
“Wat moes ek doen – hulle laat gaan?” vra oom Boy ontsteld. Hy besef sommer waarheen hierdie gaan. Die polisieoffisier is ‘n baie vet man, een wat hy wat Boy is, vyftien jaar gelede van sy plaas afgejaag het nadat hy een van die werkers aangerand het.
Die lid roep nog twee konstabels wat daar naby staan en as hulle oom Boy wil boei, versit hy hom en hy word oor die kop met ‘n knuppel geslaan, half bewusteloos die sel ingedra en as hy tot sy sinne kom, lê hy op ‘n urinebesmeerde vloer van die aanhoudingselle.
Sarie Helberg kom uit die klein supermark en as sy by die polisiestasie verbyry, sien sy die sleepwa met die skape op, wat sy as haar man se eiendom herken, bel hom per selfoon en sodra hy opdaag, loop sy saam met hom die polisiestasie in.
“Wat is hier aan die gang? Waarom is my skape op ‘n sleepwa buite die kopshop?”
“Kopshop? Jy bedoel die Polisiestasie? Ja, jou buurman, Boy Moolman het dit gesteel en sommer die kar ook, die mense met ‘n vuurwapen gedreig en hulle beroof. Hulle is geweldig getraumatiseerd.”
“Waar is Boy nou?”
“Toegesluit, natuurlik. Ek wag net vir Brakfontein se polisie, dan kla ons hom formeel aan.”
“Dis my skape…”
“Nee, meneer. Dit is nou bewysstukke.”
Josef verloor dit skielik. Hy sou later nie weet of hy spyt moet wees nie en of dit maar die verloop van sake moes wees, maar hy loop nader aan die vet lid, gryp hom aan die hemp en pluk hom nader. Dis nie iets wat maklik kan gebeur nie, siende dat die lid meer as ‘n honderd en veertig kilogram weeg, maar Josef was daarvoor bekend dat hy met ‘n mudsak koring onder elke arm die solderleer kon uitloop.
Wanneer die man skreeu vir hulp en die ander lede naderstorm, slaan Josef die eerste een met ‘n groot, harde vuis en hy slaan asof dood neer. Van die ander tree agteruit en begin na hulle wapens gryp. Josef pluk die vet ou se pistool uit die skede, rig dit outomaties op die naaste man en trek die sneller. As niks gebeur nie, gooi hy hom met die pistool teen die kop. Een van die polisiemanne hardloop by die voordeur uit en verdwyn om die hoek.
Op daardie oomblik hou vier bakkies van Brakfontein se SAPD stil en dertien lede storm die gebou binne. Sonder formaliteite gooi hulle vir Josef en Sarie in dieselfde sel as Boy Moolman.
Tant Bessie Viljoen, wat die hele affêre deur haar sitkamervenster aanskou het, bel die plaaswagvoorsitter, wat die omliggende boere per radio laat weet wat aangaan. Binne ‘n uur is die dorp aan die wemel van woedende boere. Oom Josef en Boy het hulle immers al lankal van hulp en raad bedien toe hulle begin boer het. Voordat die polisiemanne hulle kon kry, is die aanklagkantoor van hoek tot kant met woedende manne gevul en hulle gee onmiddellik oor.
“Waar is die sleutel van die selle?”
“Kaptein Boloyi het dit.”
“Daardie vetgat hoendervreter? Waar is hy?”
“Hy is nie hier nie. Hy het nog manne by hulle huise gaan haal wat van diens af is.”
Boetie Roux is ‘n natuurlik-befoeterde jong boer van Montana-boerdery. Hy loop na sy Ford F250 4.2 Diesel, haal ‘n lang, dik ketting van agter die bak af. Frederik Steyn help hom dra. Hulle maak dit aan die dik traliedeur, wat in die vorige bedeling aangebring is, vas, haak dit agter die Ford en pluk die deur af.
“Wat gaan julle nou doen?”
“Gee al julle wapens hier, trek julle klere en skoene uit en vat pad hier uit!”