Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die sukses van die lewe is nie om ‘n goeie hand kaarte te ontvang nie, maar om ‘n slegte hand goed te speel. En dis ‘n uitdaging!
BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM (17)
RAUTEM, geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
“Wat probeer jy sê?”
“Wat ek sê is dat die onderhandelaars by KODESA hulle geld al jare vantevore gekry het. Dink ‘n bietjie terug na daardie onderhandelings. Waarom was die ANC onder leiding van Cyril Ramaphosa so vol selfvertroue? Elke dag het hulle die doelpale verder en verder verskuif. Die regering het elke keer toegegee en as dit nie vinnig genoeg gebeur nie, dan loop die ANC uit. Roelf, Theuns en kie hol dan soos hondjies agter hulle aan om hulle te pleit om terug te keer. Waarom het hulle nie die ANC na die warmplek gestuur nie? Dis ook nie asof Ramaphosa ‘n briljante onderhandelaar is nie – hy het geweet dat die ander span reeds hulle geld gekry het. Uiteindelik het die ANC veel meer gekry as wat hulle verwag het en die blanke Suid-Afrikaners niks nie. Die weermag-generaals is wel al in 1989 afgedank, maar Suid-Afrika het steeds die magtigste weermag in Afrika gehad, met baie senior offisiere wat gereed gestaan het om in te tree. Die ANC het nooit ‘n skoot met ‘n wapen gevuur in die oorlog nie, en tog sou hulle later verklaar hulle het die oorlog gewen. Hulle bondgenote moes dit doen. Waarom was die onderhandelings verby voordat dit begin het? Waarom was FW de Klerk nooit self daar nie?”
“Nou wag ons in spanning.”
“Want die ANC het geweet dat hulle reeds betaal is en as hulle nie die onderhandelinge na smaak afhandel nie, moes hulle die geld terugbetaal! Ons was uitverkoop, nog voordat die saak beklink was.”
“Jy sê ‘ons is uitverkoop’. Jy en jou makkers was mos immers deel van die spul?”
“Nee. Ons het lankal geloop, soos ek jou gesê het. Reeds in 1983.”
“En die Broederbond?”
“Hulle was die dryfveer agter FW. Hoekom dink jy het hulle en hy so skielik hulle deuntjie verander?”
Skeer en Arno sit gelyktydig agteroor, asof iets hulle teen die voorkop slaan.
“En dit alles oor ‘n skamele 64 miljoen rand wat Mulder en maatjies misbruik het?”
“Nie misbruik nie. Gebruik. Hulle het dit nie in hulle sak gedruk nie, maar gebruik om die Citizen koerant te finansier, inligting in te samel en ons beeld buitelands te poleer. En dit gaan glad nie oor die vier en sestig miljoen nie. Dis letterlik kleingeld.”
“Hoe bedoel jy nou?”
Die deur gaan oop en Nella Visagie loop binne. Haar oë is vreemd, glaserig en wyd oop. Sy begin praat, maar bloed loop teen haar mondhoeke af en dan val sy op die mat neer. Haar rug is bebloed. ‘n Hand en ‘n gedeelte van ‘n arm kom te voorskyn. Die volgende oomblik rol ‘n bruin metaalvoorwerp na die binnekant van die vertrek – dit lyk soos ‘n hand-oefengewig, maar die punte is seskantig en nie rond nie. Die middelste deel is geperforeer met groot gate. ‘n Effense rokie kom by die een punt uit.
“Ore, oë!” skreeu Skeer as hy ‘n skokgranaat herken.
In Engels is dit bekend as ‘n stun grenade, ‘n flashgrenade, flashbang, thunderflash of sound bomb.
Dis ‘n nie-dodelike voorwerp wat gebruik word om ‘n vyand tydelik te disorienteer, nie net sy ore nie, maar ook sy oë en selfs reuksin. Dit veroorsaak ‘n baie helder flits en ‘n intense harde knal van 170 desibel. Die flits aktiveer die fotoreseptoriese selle in die oë en veroorsaak totale blindheid vir vyf sekondes. Daarna het die vyand ‘n na-sig, wat ‘n belemmerde beeld nalaat. Die volume is so erg dat die die vog in die ore versteur en veroorsaak tydelike doofheid en kan ook permanente skade aan die oordrom veroorsaak. Dit kan ook ‘n brand veroorsaak.
Skeer, Arno, Priester en John val plat, maak hulle oë toe en druk hulle hande hard op hulle ore. Tog is die knal geweldig en dring hard genoeg deur dat hulle vir ‘n oomblik verdoof is. Kort op die hakke van die granaat storm vier manne, gekleed is pikswart: swart uniforms, stewels, balaklavas die dubbele deur binne. ‘n Stroom nie-diskriminerende 9mmP rondtes uit MP 5’s vlieg deur die vertrek.
Skeer en John het hulle wapens reeds uit en skiet na die manne. Met die wete dat hulle lyfpantser sal dra, skiet Skeer en John na hulle koppe, nekke en bo-bene. Binne ‘n oomblik rol Priester en Arno ook op hul mae en skiet. Leona staan op haar een knie, haar nege millimeter reguit voor haar uit en sy skiet skoot vir skoot saam met die manne.
Na wat ure voel, maar wat minder as ‘n halfminuut in werklikheid is, val die aanvallers terug.
“Maak die deur toe!”
Priester huiwer nie ‘n oomblik nie, hardloop met sy wapen voor hom en gereed, oor die liggame van die dooie aanvallers en verby Nellie Visagie. Hy klap die deure toe en grendel dit met die dik, staal dwarsbalk.
“Wat van die vensters, Magnus?”
Magnus skud sy kop.
“Dubbele koeëlvas glas.”
“Die deur?”
“Pantserplaat tussen die houtlae.”
Skeer besef nou waarom die deur so swaar en die skarniere so dik is.
“Enige ander openinge, vensters, deure?”
“Nee. Ons is veilig. Dis ons vyf se panic-room.”
Skote klap gedemp aan die buitekant van die vertrek en klap duidelik teen die houtwerk en pantserplaat, maar dring nie deur nie.
“Ons het nie baie tyd nie.”
“Hoe so?”
“Dit gaan net ‘n rukkie vat voor hulle besef hulle kan deur die deur of venster skiet met ‘n RPG 7, of so iets.”
“Wat nou?”
“Nou vertel ek julle klaar wat aangaan, gee vir julle die bewyse en dan sal julle maar julle pad oop moet baklei veiligheid toe. Wat julle met die kennis en bewyse gaan doen, weet ek nie, maar ek hoop julle gaan die regte besluite neem.”
“Praat dan”.
“Waar was ek?”
Magnus staan op, loop na die drankabinet toe op die sytafel en skink ‘n glas hafvol whisky. Dit lyk nie of die hoë dosis alkohol hom iets aandoen nie, behalwe dat sy stem helder en sterk word. Twee van die ander ou manne volg sy voorbeeld. Die ander twee sal nooit weer opstaan nie – van die rondtes het hulle teikens gevind.
“Nou goed. Julle weet al tot dusver dat die Broederbond nou ‘n honderd en tagtig grade swaai gemaak het. Hulle was eers teen televisie, maar toe het hulle Teljoy gekoop, die parlement oortuig dis ‘n goeie ding en hulle sakke daauit gevul. Waar Verwoerd en Vorster hulle vorige agenda gedryf het, het dit nou FW de Klerk se beurt geword. Die land was klaar uitverkoop, nog voordat KODESA begin het”
“En julle was onkant gevang?”
“Nee. Ons het dit vanaf Verwoerd se dood voorsien. Ons het geweet dat ‘n swart regering in die kaarte is, maar ons het gehoop vir nog ‘n paar jaar. Ons het ook geweet dat, as ‘n mens na Afrika bokant die Limpopo kyk, dat geen swartman die vermoë het om ‘n land te regeer nie. Alles verval. Die enigste verskil was dat hier, in Suid-Afrika, ‘n handjievol blankes is, wat sal oorleef. En ons het tot dusver. As jy na ons land se huidige toestand gaan kyk, sal jy sien dat die ANC totaal en al beheer verloor het. Hulle het ‘n monster gebaar, grootgemaak om teen Apartheid op te staan, maar hulle het hom net tydelik op hok gekry. Hy gaan teer op die grypsug, onvermoë en kortsigtigheid van die regering. Een van die dae gaan daar nie meer geld wees om die Maatskaplike Toelae te betaal nie en agtien miljoen mense gaan begin plunder. Daar sal ook nie geld wees om die buitelandse skuld te betaal nie en ook nie staatsdiensamptenare soos die SAPD en die SANW nie. Anders as in Zimbabwe, is daar geen reserwes oor nie en geen plek om na te vlug nie. Dan sal hier – en dis binne maande of selfs weke – plundery, anargie, roof, verkragting en moord op groot skaal wees.