OOK KWV WORD NOU VERKWANSEL

KRIEWELKOP

"DAAR WORD SOOS DIE GRAF GESWYG OOR VERKOOP VAN KWV AAN BRITTE"

Mens wonder wát in hierdie land behoort nog aan ons vandat die ANC kort nadat hulle aan bewind gekom het elke onderneming waaruit hulle kon geld skep aan die buiteland begin smous het. Daar is onder andere beweer dat die tolhekstelsel jare gelede reeds aan 'n buitelandse organisasie verkoop is wat beteken dat die geld wat ons by tolhekke betaal alles uit die land geneem word – ons paaie se toestand getuig nie van die teendeel nie. En hulle kortsigtigheid laat mens stom oor die berg geld wat hulle met tyd kon invorder as hulle nie so gierig was om gevorderde stelsels net te verkwansel nie.

Myne is deur die Chinese gekoop, klaarblyklik een geel streep van Zimbabwe af deur tot in Suid-Afrika – dit is dalk die geel slang wat Siener as groot gevaar vir ons voorspel het.

Hierdie dinge gebeur onder ons neuse en geen haan kraai daarna nie. Intussen word hierdie miljarde wat die regime in, klaarblyklik teen die mure uitgemors want dit word nie in ons land teruggeploeg vir instandhouding van enigiets nie, daarom dat ons 'n totale ineenstorting in die oë staar - ook onder ons neuse, want daar blyk min Blankes bekommer te wees oor wat op ons wag.

Aansienlike hoeveelhede groot maatskappye is ook verkoop aan buitelandse instansies wat maar nie kan wag om hulle kloue in Suid-Afrika se rykdomme te slaan nie. So is dan nou weer in gedrang die Koöperatiewe Wijnbouers Vereniging van Suid-Afrika (KWV) wat op 8 Januarie 1918 deur wynmakers van die Kaap gestig is. Tot 1994 het die KWV die meerderheid wynbesigheid in ons land beheer. Vanaf 1994 het wynuitvoere egter onbeheerd plaasgevind en alle oorskotwyne het ook verdwyn. Die invloed wat die ANC vanaf 1994 op die KWV uitgeoefen het verklaar waarom daar tans onderhandel word om hierdie maatskappy nou aan die Britte te verkoop. In 2004 het die KWV 'n ooreenkoms met Phetogo Investments as onderhandeling in Swart Ekonomiese Bemagtiging gesluit waar KWV minstens 25.1% aandele aan Swart Bemagtiging moes afstaan. Hierdie was die grootste enkele transaksie in ons land wat onder Swart Bemagtiging plaasgevind het.

Die Britse drankmaatskappy, Halewood Internasionaal, onderhandel glo al vir 18 maande met KWV. Daar is bevestig dat die maatskappy vroeër vandeesmaand ‘n brief aan die KWV gestuur het om hulle in te lig van hul voorneme om die maatskappy te koop. Die brief is met behulp van Deloitte opgestel.

Intussen word in Landbouweekblad van 4 Februarie berig dat die KWV se direksie geen kommentaar wil lewer oor die uitslag van sy vergadering waartydens Halewood Internasionaal se amptelike koopaanbod bespreek is nie. Hymli Krige, mediawoordvoerder van die KWV, het ná die vergadering aan die tydskrif gesê: “Die direksie het ongelukkig vanmiddag besluit om nie in hierdie stadium ’n verklaring uit te reik nie.”

Mnr. Danie de Wet, voormalige voorsitter van die KWV en voormalige aandeelhouer, het aan Landbouweekblad gesê daar word “soos die graf geswyg” oor wat in die direksievergadering bespreek is.

“Al wat ek weet, is dat Halewood ernstig is met sy aanbod. Die KWV sal sy aanbod moet ondersoek op dieselfde manier as wat Pioneer se aanbod bekyk is. Dit sal tyd duur.”

Wat De Wet liewer nie hardop wou sê nie is dat daar nie 'n keuse gaan wees nie. En so word elke milimeter van Suid-Afrika onder ons uitverkoop...