HOU OP OM VIR POLISIE TE WAG VIR OPLOSSINGS!

Kriewelkop

Nathi Mthethwa, die swart kommunistiese ANC se Minister van Polisie, word uitgenooi om 'n vergadering oor veiligheid by te woon die afgelope Dinsdag maar daag net nie op nie. Natuurlik het hy ook geweet dat die vergadering sou gaan oor plaasaanvalle en dit verklaar waarom hy nie daar was nie – dit is een ding om jou stem publiek dik te maak met allerhande mooi stories en beloftes maar dis 'n ander ding om die betrokkenes van aangesig tot aangesig te moet antwoord.

Luidens ‘n berig op News24.com sê mnr. Henry Geldenhuys, ondervoorsitter van die TLU SA, dat Mthethwa geskeduleer was om die vergadering by te woon maar toe kom sy woordvoerder, Zweli Mnisi, en sê hulle het nie bywoning van die vergadering bevestig nie, want hulle is nie genooi nie- is dit nou nie pragtig suiwer Afrika op sy beste nie! Die media is glo ook verlede week reeds deur die organisasie genooi om die vergadering by te woon waarheen Mthethwa en Nhlanhla Sibusiso Mkhwanazi, die ANC se waarnemende Polisiekommissaris genooi is.

Henry Geldenhuys beskou die plaasaanvalle as 'n groot bron van kommer en die TLU was glo gerat om erns daarvan te maak tydens die vergadering. “Plaasaanvalle kan nie voortgaan soos wat nou gebeur nie. Is dít die hoeveelheid aandag wat die Polisie en Ministerie aan die saak gee? Dit is ‘n bron van groot kommer vir ons,” aldus Geldenhuys. "Het u dit dan nie geweet nie mnr Geldenhuys", aldus ons.

Plaasaanvalle moet prioriteitsmisdaad wees sê TLU
Tydens die vergadering het die organisasie weer eens gesê dat plaasaanvalle as ‘n pioriteitsmisdaad hanteer moet word. “Ons het nodig om te bevestig of landelike veiligheid werklik op voetsoolvlak as ‘n prioriteit beskou word, want ons kry nie daardie idee nie,” aldus mnr. Chris van Zyl, assistent-hoofbestuurder van die TLU SA.

Van Zyl sê die organisasie is bekommerd oor die polisie se vermoë om geweldadige misdaad te ondersoek. Ons sê: hou op bekommer oor die polisie se sogenaamde onvermoë en begin besef dat hulle self agter misdaad in die algemeen en plaasaanvalle in die besonder sit – daarom wou die polisie hulself destyds polisiëer en nie deur ander organisasies ondersoek word nie. Word wakker boere! Hou op om op die grootste misdaadorganisasie in ons land staat te maak om misdaad te stop, dis belaglik. Dit baie laat, maar kry julle eie planne in rat voordat dit heeltemal te laat is!