JOHANNA BRANDT VERSUS SIENER (13)

Lees reeks by Johanna Brandt versus Siener

Nasionaliste

Geïnspireer deur die Gees van God, is die Nasionaliste die uiterlike werktuig waaroor die bevryding van Suid-Afrika sal geskied.

By die eerste stigting (van die jong Nasionale Party) wat gevorm en opgebou is deur die Wil en Krag van die Bestuurder van volkslotgevalle, is die Nasionaliste bestem om die eerste stoot te gee aan die onafhanklikheidsbeweging. (Presies dertig jaar later (1948) is dit toe ook bewaarheid).

As beskermer van Vrede is die Nasionaliste as’t ware die enigste liggaam in die wêreld wat werklik beskou kan word as ’n baanbreker van die Millennium.

Die Nasionaliste arbei aan diefondamentvan die Vrede Ryk, deur langs konstitusionele weë, en nie deur geweld me, te werk vir die behoud en vooruitgang van die volk.

Geweld sal daar wees, maar nie deur die Nasionaliste me. Bloed sal daar vloei, maar die misdaad daarvan sal nie op die hoof van die Nasionaliste rus nie.

Ja, nasionale bloed sal gestort word in die laaste groot vervolging van die Afrikaanse geslag, maar nie deur die Afrikaner nie, wel deur die vyande binne en buite om.

Ons sal die volk dan ten laaste weer verenig sien, net soos van ouds.

Menslikerwys gesproke, is daar vir die Vaderlanders nie die minste hoop op ’n oorwinning in hierdie ongelyke stryd nie. Dit sou dwaasheid wees, al was hulle in beginsel nie teen geweld nie, om met voorbedagte rade so iets te begin (gewelddadige optrede en bloedvergieting), terwyl die groot oormag alles in die hand het: wêreldwye steun, wapens, geld en invloed, maar, die God van ons voorouers sal in hierdie laaste stryd vir vryheid, self ons Voorvegter wees.

Siener het hierdie gedeelte self ook bevestig toe hy gesê het: “Ons moet onthou dat ons verlossing van Bo sal kom en dat die nood ons bymekaar sal dryf en ook tot God...”