DIE NUWE WÊRELDORDE IS HIER

"Die Nuwe Wêreldorde is hier. Die vraag is wat ons gaan doen om daaruit te kom? Want binne daardie orde met sy kontantlose samelewing, ‘n entstof met ‘n 'bio-chip' om jou dop te hou, beperkte voorregte in plaas van Godgegewe regte, ‘n welsynsloon (fooitjie) en ‘n woning en foon wat deurentyd gemonitor word, wil ons beslis nie bly nie. Laat die wat saamstem dan eerder begin werkaan ‘n teen-offensief eerder as om alles gelate te aanvaar".

Terwyl ons almal in 2020 klaarblyklik “kenners” geword het oor ‘n virus wat mikroskopies klein is,

“The size of the COVID-19 virus is 70 to 90 billionth of a meter, or bio-chip- nm (one nm = 0.000000001 m). Scary. You don’t see it, but people could transmit it – invisibly too.”

https://www.globalresearch.ca/corona-aftermath/5708875

en waaroor hooggeleerde medici nie eers saam stem nie,

https://off-guardian.org/2020/03/24/12-experts-questioning-the-coronavirus-panic/

kyk baie van ons die groter prentjie mis. Cui bono?, moet die vraag wees!

Wie in God glo, weet dat niks op aarde toevallig gebeur nie. Alles wat gebeur, ook die slegte, is gewil. In die geval van die Korona-virus (of dan Covid-19), is dit deur Satan gewil. Satan is owerste van hierdie wêreld (Joh 14:30). God laat hom wel toe om ons aan te val, in hierdie geval deur ‘n virus te gebruik vir sy eie bose planne.Hy sal uiteindelik gestuit word, maar dit sal egter vir ons baie laat in die dag wees, daarvan kan ons reeds op hierdie vroeë stadium seker wees.

Wie in besonder vir hierdie paniek verantwoordelik is, sal die tyd leer. Daar is baie teorieë wat die omloop doen. Op hierdie stadium wil dit lyk asof die virus ontwikkel is in ‘n “bio-lab”, dus ‘n biologiese oorlogvoeringlaboratorium, waarskynlik in Amerika. Propaganda sal vandag die botoon voer en daarom sal Sjina die skuld kry, maar miskien moet die vraag eerder wees” Waarom het Amerika sulke laboratoriums, selfs in Sjina? So, een van die vrae wat ons moet vra is waarom daar enigsins so ‘n diaboliese ding soos ‘n laboratorium bestaan waar biologiese oorlogwapens vervaardig word? Dit lyk in elk geval na ‘n baie groter saak om te ondersoek as die klimaatsverandering-klug.

In enige situasie waarna die werklike skuldige gesoek word (eerder as die sondebok), is die eenvoudige vraag om die antwoord te kry eenvoudig dit: Wie trek voordeel hieruit? Dit is die vraag wat ons moet beantwoord eerder as om na die simptome te kyk. Ons is dit waarskynlik eens dat seker 99% en meer van die mensdom absoluut geen voordeel hieruit trek nie. Behalwevir die dood deur die virus (alhoewel die statistieke soos dit tans aangebied word sterk in twyfel getrek behoort te word, waar baie ander sterftes ook nou sommer aan die virus toegeskryf word), is daar natuurlik dood as gevolg van die virus, sowel as honger, armoede, ellende, onrus, ensomeer. Hierdie gevolge is baie erger soos ons nou hoor van ekonome- en gewone gesonde verstand sal aandui.

Wie is die 1% wat gaan voordeel trek? Wel, kyk maar wie die beursie vashou. Die IMF, die Wêreldbank, die sentrale banke, private banke, die Bill Gates Stigting – om maar die belangrikstes op te noem. Te midde van grootskaalse nood en ellende is daar skielik baie geld wat uitgedeel kan word. Vanwaar Gehasie? En wie koop nou aandele op teen baie laepryse? Wie spekuleer met wisselkoerse te midde van die mensdom wat sien hoe hulle swaarverdiende geld elke dag minder werd raak? Beslis nie Jan Alleman nie, maar die rykes en die super-rykes.Onthou maar dat individue aandele in banke hou en dit nie in die eerste plek daar is om die algemene publiek te bevoordeel nie. Dit is immers private banke en nie publieke banke nie. Na hierdie sage afgespeel het sal hierdie individue se rykdom ongeëwenaard wees. Niks wat hulle doen kom sonder ‘n enorme voordeel vir hulle nie!

Al hierdie “skenkings”, lenings en stimulus-planne kom teen ‘n prys. As die stof van die plaag gaan lê sal die ontnugtering baie groter wees as die paniek wat die paniek-demie veroorsaak het. Ons sal volkome slawe wees van hierdie sataniese magte. Die wêreldheersers van hierdie eeu, waarvan ons in Efesiërs 6 lees.

Die eenstemmigheid wat daar klaarblyklik oraloor heers te midde van hierdie paniek laat mens besef hoe suksesvol hierdie sataniese magte was om ons te verslaaf.

Kyk byvoorbeeld na die volgende berigte:

As well as enforcing quarantine measures, the law also allows the authorities to force people to be vaccinated, even though there is currently no vaccination for the virus.”
Denmark rushes through emergency coronavirus law, (The Local, 13/3/20)

During the state of emergency, people will only be allowed out on to public streets for the following reasons: to buy food, basic or pharmaceutical items; to attend medical centres; to go to and from work …” Spain orders nationwide lockdown to battle coronavirus (The Guardian, 14/3/20)

Police are patrolling the streets to ensure we only leave our homes for work and health-related reasons … we must fill and carry certificates stating our reasons. If caught out without a certificate, we will be fined and face up to three months in jail.”
LIFE UNDER ITALY’S CORONAVIRUS LOCKDOWN, (Newsweek, 13/3/20)

There are also plans for soldiers to protect quarantine zones with the police, if that ever came into force.”Coronavirus: Thousands of armed forces staff could be put on standby over COVID-19 spread, (Sky News, 16/3/20)

Israel has authorized the country’s internal security agency to tap into a vast and previously undisclosed trove of cellphone data to retrace the movements of people who have contracted the coronavirus and identify others who should be quarantined…”
To Track Coronavirus, Israel Moves to Tap Secret Trove of Cellphone Data, (NYT, 16/3/20)

We are at war – a public health war, certainly but we are at war, against an invisible and elusive enemy,” Macron said, outlawing all journeys outside the home … anyone flouting the new regulations would be punished, he said.”
Coronavirus: France imposes lockdown as EU calls for 30-day travel ban, (The Guardian, 16/3/20)

The interior minister, Christophe Castaner, said 100,000 police officers would be deployed to enforce the lockdown … Macron said that if necessary, the government would legislate by decree …”
France ‘at war’: how Parisians are coping with life under lockdown, (The Guardian, 17/3/20)

We have the ability to do martial law … if we feel the necessity.”
Coronavirus: California prepared to enact martial law if its a ‘necessity’, governor says (Yahoo News)

Police and immigration officials would be able to place people in ‘appropriate isolation facilities’ under plans.”
Coronavirus: Sweeping emergency powers announced (BBC, 18/3/20)

Germany’s 83 million citizens have been told they risk being confined to their homes from Monday unless they behave responsibly this weekend.”
Coronavirus: Italy and Spain record highest single-day death tolls, (The Guardian, 20/3/20)

“A final option: ‘Permanent changes in our behavior that allow us to keep transmission rates low’ … that could include strict policies of testing and quarantine for anyone who comes down with COVID-19 — or even long-term bans on large gatherings.”
Coronavirus ‘exit strategy’ could be months — or years — away, (New York Post, 21/3/20)

The Justice Department has quietly asked Congress for the ability to ask chief judges to detain people indefinitely without trial during emergencies — part of a push for new powers that comes as the coronavirus spreads through the United States.”
DOJ seeks new emergency powers amid coronavirus pandemic, (Politico, 21/3/20)

America’s top coronavirus expert has warned Covid-19 is the new normal – and that the killer virus might never go away.”
Top coronavirus expert warns killer virus may be ‘new normal’ and never go away , (Metro, 7/4/20)

“Security officers in several African countries have been beating, harassing and, in some cases, killing people as they enforce measures aimed at preventing the spread of Covid-19.”
Coronavirus in Africa: Emergency laws v individual rights, (BBC, 9/4/20)

East Asian countries have demonstrated that a robust regime of surveillance is essential to fighting a pandemic. Western democracies must rise to meet the need for ‘democratic surveillance’ to protect their own populations.”
Coronavirus and the Future of Surveillance, (Foreign Affairs, 6/4/20)

It’s an extraordinary moment that might call for extraordinary surveillance methods.”
PRIVACY EXPERTS SAY RESPONSIBLE CORONAVIRUS SURVEILLANCE IS POSSIBLE, (The Intercept, 2/4/20)

Dit is krygswet wat ingeklee word as ‘n ramp. Of dan ‘n “ramp” wat krygswet “regverdig”. In ons eie land vind ons dieselfde. Ons “heilige onaantasbare regte” ingevolge die “beste” grondwet in die wêreld is ons ontneem. Die reg op privaatheid, die reg op vryespraak (om te verskil van die hoofstroom), ons reg om te werk, ons reg op vreedsame samekoms, ons reg op aanbidding (in ‘n kerk), om maar enkeles te noem. En alhoewel die heilige grondwet ons verseker het dat die regte nie so ingeperk mag word (selfs in ‘n noodtoestand) dat die inhoud van die reg ook verdwyn nie, is dit presies wat gebeur het.

Om ook te glo dat dinge weer na normal sal terugkeer is wensdenkery. Lees byvoorbeeld hoe die 1% dink oor die toekoms:

We all want things to go back to normal quickly. But what most of us have probably not yet realized—yet will soon—is that things won’t go back to normal after a few weeks, or even a few months. Some things never will.”

https://www.technologyreview.com/2020/03/17/905264/coronavirus-pandemic-social-distancing-18-months/

Ons reg en plig om te werk (deur God aan ons gegee) en om brood op die tafel vir ons en ons kinders te sit is vir my en miljoene eenvoudig weggevat. En dan is daar wragties mense wat praat van die “droëhout” wat maar uitgeskakel moet word – seker maklik om so te praat as jy tans in ‘n goeie finansiële posisie is. Wat ons moet besef is dat die 99% baie gou almal droë hout gaan word. En dat dit nogal (dalk vergeefse) moeite gaan verg om deel van die 1% te word of te bly.

Om te glo dat in ‘n land waar die “trotse” erfgename van die Kerkstraatbom hulle nou oor Afrikaner-ellende gaan ontferm is die toppunt van naïewiteit. Sulke mense lees seker in hierdie tyd Rooikappie ook met groter begrip.’n Regime wat in 25 jaar ‘n rekord van mislukking opgebou het , selfs van die kleinste dingetjies, word nou skielik geloof en vertrou om een van die grootstes op te los? Asseblief!

Ons het al vermeld dat hierdie episode in ons geskiedenis waar ons verkies het om slagoffer te speel deur by die huis te sit eerder as aktief weerstand te bied teen die drakoniese magte wat nou ingestel word (en sal bly!) dalk die grootste oorlogsmisdryf is wat ooit gepleeg word. Dis ‘n volkere-moord wat plaasvind waarin die aard van die virus se skade mikroskopies klein is gemeet teen die gevolge van die virus. Vergeet van die Holocaust en apartheid – hier is die misdryf teen die mensdom!

Waarom noem ons dit ‘n misdryf? Want dit is beplan. Dit het nie maar per ongeluk gebeur nie. Daarom dan ook die verbete soeke na “pasiënt zero” en die oor en weer beskuldigings tussen Sjina en die VSA. Hulle weet goed dat die mensdom antwoorde sal soek vir hierdie mensgemaakte tragedie. En soos met die 9/11 gebeure in New York en in ander dele van die VSA sal hulle natuurlik regstaan met ‘n wetenskaplike verslag oor wie die skuldiges is.

Terloops, in hierdie tyd is dit weliswaar bo alle redelike twyfel bevind dat die gebou bekend as WTC7 nie deur ‘n brand ingeplof het nie, so dit was ‘n beplande inploffing. Maar wat maak dit nou saak as jy bereid is om net regeringspropaganda te glo?

https://www.globalresearch.ca/wtc-7-not-destroyed-fire-concludes-final-university-alaska-fairbanks-report/5707783

Liberales en linkes het konserwatiewe sennasionaliste altyd gespot oor hulle “conspiracy theories”. Nou vind ons egter wie regtig in Rooikappie glo! En nou sal ons dalk meer begrip kry daarvoor dat daar wel bose magte is wat saamsweer teen die mensdom. In die Bybel het die Fariseërs ook“saamgesweer” om Jesus te vermoor. Maar nou ja, dal lees ons die verkeerde vertaling…

Die Nuwe Wêreldorde is hier. Die vraag is wat ons gaan doen om daaruit te kom? Want binne daardie orde met sy kontantlose samelewing, ‘n entstof met ‘n “bio-chip” om jou dop te hou, beperkte voorregte in plaas van Godgegewe regte, ‘n welsynsloon (“fooitjie”) en ‘n woning en foon wat deurentyd gemonitor word, wil ons beslis nie bly nie. Laat die wat saamstem dan eerder begin werkaan ‘n teen-offensief eerder as om alles gelate te aanvaar.