VIRUSSE: BLEIKMIDDELS VERSUS ALKOHOL

In 2014 het die Wêreld Gesondheidsorganisasie in Genève, Switerland, vergader om die 
verspreiding van epidemiese en pandemiese akute infeksies te bespreek.
Die kern van die besprekings was hoofsaaklik om die verspreiding daarvan te voorkom.
Daar is bevind dat verskillende lande verskillende ontsmettingsprotokol volg onder andere
ook die soort ontsmettingsmiddels. Sommige is meer effektief teen virusse en ander weer
teen bakterië.
Dit het dus nodig geblyk om ook die gebruik van en verskil tussen ontsmetmiddels met 
alkoholbasisse teenoor bleikmiddels uit te wys.
Beide hierdie twee is as aanvaarbare chemiese ontsmetmiddels bevestig wanneer dit korrek 
gebruik word.

Alkohol:
Ethyl alkohol is bevind as baie effektief teen meeste virusse indien daar minstens
70% volume sterkte in die oplossing teenwoordig is. Dit is ver meer effektief as
isopropyl alkohol.

Bleikmiddels: 
Die Universiteit van Belgrado in Serbië in die suidooste van Europa op die Balkan Peninsula, 
skryf in sy navorsing dat bleikmiddels ‘n oksidant is wat uit organiese  molekules bestaan.
Daarom kan dit basies enige organiese vorm van lewe vernietig, ( ook alle virusse insluitende
die Covid-19) indien die konsentrasie hoog genoeg is. Die konsentrasie van organiese
materiaal in die res van die oplossing moet egter nie te hoog wees nie anders verminder dit
die effektiwiteit van die sodium hipochloried in die bleikmiddel.

 Bleikmiddels is ‘n baie sterk en effektiewe ontsmetting met sy aktiewe bestanddeel sodium
hipochoried wat bakterië, swamme en virusse kan dood. Dit sluit in alle griepvirusse.
Die voorwaarde bly dat dit korrek aangemaak moet word.

Om bleikmiddels reg aan te maak:  

  • Beveilig die oë. (Spoel vir 15min lank met water indien dit daar gespat het).
  • Meng bleikmiddels slegs in goedgeventileerde areas.
  • Meng bleikmiddels altyd met KOUE vloeistowwe.
  • Meng 100ml bleikmiddel met 1 liter koue vloeistof.
  • Los gemengde produk minstens 30 minute oop vir gasse om te ontsnap voor toeskroef. Let daarna goed op of nuwe drukking ontstaan en ontprop dit weer indien wel. Dit sal nie gebeur indien water as mengmiddel gebruik word nie.
  • Moenie bleikmiddels met ander huishoudelike middels meng nie; gevaarlike chemiese reaksies kan ontstaan. ‘n Giftige gas kan vorm wat dodelik is wanneer dit met middels met ‘n suur inhoud gemeng word.
  • Onverdunde bleikmiddels skei ‘n giftige gas af indien dit aan sonlig blootgestel word. Bêre dit dus in ‘n koel, donker plek en in ‘n donker, ondeursigte houer.
  • Sodium hipochloried verslaan mettertyd, moet dit nie te lank stoor nie.
  • Dit is veiliger om elke 24 uur ‘n nuwe mengsel aan te maak wat meer effektief sal werk.