VOLKSREGERING (25)

Lees reeks by VOLKSREGERING

Natuurlik   –   Doelmatig

Beskrywing  van  die  enigste regverdige  politieke  bedeling

vir  enige  volk,  hetsy klein  in  getalle  of  groot

Dirk  Denker

GOEIE BEDOELINGS VAN AFRIKANERSTAATSMANNE

Oud-president Steyn:  "Voogdyskap oor die swartes . . . is 'n plig . . . ons, die blankes, moet hulle optrek . . . na die lig van die evangelie en die beskawing". Genl Botha, 1912:  "Aan gelykstelling (in dieselfde grondgebied) kan nie gedink word nie. Die swartes moet 'n mate van selfbestuur kry:  Onder toesig van die blankes sodat hulle hulself kan opwerk". Genl Smuts, 1912:  "Daar moet nie getrag word om van 'n swart siel 'n blanke siel te maak nie. Naturelle moet ontwikkel volgens eie etniese lyne. Hulle vatbaarheid moet in aanmerking geneem word. Met hulle eie inrigtings kan daar vir hulle 'n groot toekoms wees".

Toe genl Hertzog in 1912 minister van Naturellesake geword het, het hy die volkevraagstuk met toewyding aangepak. Hy het skeiding tussen blank en Bantoe bepleit en gesê dat die hele Suid-Afrika nie net vir die blankes geneem mag word nie. Die Bantoe moet ook 'n regmatige deel daarvan kry. Daar moet hulle die geleentheid hê om in ooreenstemming met hulle eie aard te ontwikkel. In die Bantoegebiede moet die witman verhinder word om grond te koop of te huur of bedrywe te vestig. In die blanke gebiede weer moet die Bantoe net so aan bande gelê word. 'n Wet is in 1913 aangeneem waarin genl Hertzog se siening vasgelê was.

Volgens genl Hertzog is daar 'n verskil in die volksaard, volksgewoonte, volksontwikkeling en beskawing. Hou in gedagte dat weinig swartes kon lees of skryf en niks van landadministrasie af geweet het nie. Ook het hulle geen kennis van nywerhede of finansiële sake gehad nie. Dus moes hulle opgelei word. Die eerlikheid, opregtheid en hulpvaardigheid van die blanke is weer hier bewys.

Die streke wat in die betrokke wet omskryf was, was aanvanklik deur die onderskeie swarte volke besit, dog deur ander verdryf. Genl Smuts het in 1917 beklemtoon dat wit en swart nie op dieselfde grondslag behandel kan word nie. Hulle verskil nie alleen in kleur nie, maar ook in politieke bevoegdheid, daarom is stappe daadwerklik gedoen om onafhanklike selfbesturende instellings vir hulle te skep.

Het apartheid eers in 1948 onder die Nasionale Party (Afrikaners) in Suid-Afrika posgevat?  Wat van die vroeëre Hollandse (1652) en Engelse regeerders (1806) en vorige regeerders vanaf 1910 tot 1948, en wat van die dinkende Engelssprekendes wat apartheid na 1948 en na 1961 waardeer het?  Die Transkei en Boputhatswana, sowel as ander volke, was heel tevrede met die geregtigheid.

Elke volk het verantwoordelikhede wat hy moet nakom om gelyke erkenning in afsonderlike grondgebiede te laat slaag. Afsonderlik beteken nie afsondering nie. Gee erkenning aan veelvolkigheid. Aanvaar die beginsel van eie selfstandige gemeenskappe. Aanvaar moedertaalonderrig as natuurlik en noodsaaklik binne volkverband, kultuur en volk-uitdrukkings. Strewe na ordeliewende wedersydse respek vir tradisies en oogmerke. Verwerp gesamentlike beheer tussen volke omdat dit voortdurend tot ernstige twispunte lei. Dit is die wese van apartheid.

Op sy eie kweek 'n volk 'n gevoel vir sy eie heil en seën en dit waarborg deurlopendheid in strewe en dade. Daar word self in eie gemeenskapbehoeftes voorsien wat die gemeenskaplewe bevorder sonder inmenging deur ander volke. 'n Gevoel van prestasies of strewes na eie welvaart en trots word gewek.

'n Diepgaande beslissende verskil in die getal, volkaard, ‒gewoonte en ‒ontwikkeling van volke het tot stand gekom, terwyl 'n diep kloof tussen swart en wit bestaan wat betref  geestelike lewe, gevoel in kultuur, strewe en behoefte. Daarom kan wit en swart in toepassing nie sonder ernstige wrywing en geweld vermeng nie. Hierdie werklikheid is deurlopend in die geskiedenis bewys.

Dit gebeur gereeld dat een volk 'n ander kan bystaan wanneer daar 'n probleem opduik soos dat bepaalde produkte tot almal se voordeel uitgeruil kan word. Soms kan 'n sprinkaan– of ander plaag soos voëlgriep of bek-en-klouseer tussen naburige lande uitbreek en kan gesamentlike optrede redding bring. In afsonderlikheid, nie afsondering nie, steun volke mekaar makliker omdat hulle besef dat oorheersing nie 'n gevaar is nie.