VOLKSREGERING (24)

Lees reeks by VOLKSREGERING

Natuurlik   –   Doelmatig

Beskrywing  van  die  enigste regverdige  politieke  bedeling

vir  enige  volk,  hetsy klein  in  getalle  of  groot

Dirk  Denker

NAASBESTAAN  VAN  VOLKE

Dit is onteenseglik bevestig dat twee of meer volke nie in 'n gemengde gemeenskap in vrede kan saamleef nie. Kyk wat het gebeur tussen die Vendas en Tsongas in Noord-Transvaal wat geensins by mekaar ingelyf wil word nie. Sedert 1960 (apartheidjare) was die aparte inwoners vir 34 jaar gelukkig en vrede het geheers. In 1994 was 'n gemengde regering van nasionale eenheid in Suid-Afrika in alle opsigte 'n mislukking. Om vas te klou aan 'n foutiewe siening, is kortsigtig en hardkoppig. Die bewyse is tog duidelik dat apartheid rassehaat ontmoedig en dit met rasse skrede uitskakel.

In vrede saamleef is net moontlik as 'n gemeenskap (volk) dieselfde beginsels, taal, sienswyses en doelwitte nastreef. Die vreedsaamste oplossing as volke naas mekaar bestaan, is waar elkeen sy eie sake sonder inmenging op 'n beskaafde wyse hanteer. Die voordele hieraan (aan apartheid) verbonde is onder meer:

Elke volk dra sy eie verantwoordelikheid vir sy eie mense met hulp van ander volke op gebiede waar hulp nodig is en verleen hulp aan ander wanneer dit gedoen kan word.

Eie grondgebied bied die geleentheid aan elke volk om 'n eie bestuurstelsel vir hulself te skep en elkeen kan in vergaderings, staatskantore, hofsake, kerke, sportsoorte, feeste en so meer hulself in hulle eie taal uitdruk en hulle eie reëlings tref. Dit sluit in eie onderwysers, predikante, howe, waar werklike en regverdige ordening maklik toegepas kan word. Elke volk se boere kan ongestoord voedsel produseer en mekaar bystaan.

Wat hieruit voortvloei is die uitskakel van botsings tussen kulture, gelowe, huistale, openbare tale, watter skool die kinders moet besoek, en die taal van onderrig. Wat geskiedenis betref, het elke volk 'n eie siening oor gebeure in die verlede. Dieselfde gebeure word anders beskou en die een volk sal sy kant van 'n saak verskillend aan sy nageslag oordra soos wie of wat 'n oorlog laat ontketen het en wie sy helde was.

Waar gelyke erkenning aan elke volk gegee word, is hulle trots op wat hulle eie is. Sodanige reëlings laat vryheid van denke toe, is menslik en billik. Die volke staan gelyk teenoor mekaar. Kyk hoe beproefd dit in Europa is waar Duitsland, Nederland, België, Frankryk, Switserland, Italië en Oostenryk hulself regeer. Hierdie volke (state) se grondgebied is saam heelwat kleiner in oppervlakte as Suid-Afrika, digter bevolk en leef rustig teenoor mekaar.

Vra maar aan 'n Nederlander of hy dit sal aanvaar as Nederland en Duitsland 'n gesamentlike regering vorm. Met 'n verhouding van ongeveer 1 teen 5 sal Duitsland die meerderheidstem hê. Dit geld vir enige twee of meer state. Weer word verwys na Lesotho, Swaziland en Botswana waar elke volk homself regeer. Daardie suksespatrone kan net so op Suid-Afrika toegepas word.

In 1908 het die Rand Daily Mail (anti-Afrikaner) nugterheid openbaar dat  "the principle of discrimination between black and white is an absolute essential principle of any successful policy for the peaceful governing of South Africa". Met  "discrimination"  is glashelder bedoel die korrekte begrip wat skeiding beteken en nie die verwronge begrip wat later ontstaan het nie, naamlik onderdukking.

Twee jaar later, in 1910, skryf die Rand Daily Mail:  "It is necessary that the white people of South Africa should do their utmost to maintain the purity of their race". Duideliker as dit kon wysheid en beginselvastheid nie tot uiting kom nie, en dit van nie-Afrikaners. Wat hier veral opsienbarend is, is dat die Rand Daily Mail en ander soortgelyke koerante gewoonlik teen apartheid gekant is.