RAMAPHOSA SE HOEKIE

Cyril Ramaphosa draai homself al hoe vaster

Meinhard Peters

Lees meer by OORSIG EN REPLIEK           

Skryf in vir die gereelde gratis volledige uitgawes by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Soos ons berig het in die uitgawe van Oorsig & Repliek Nommer 5, het die ANC se topleiding die politieke bande met die Anglo-Amerikaanse magte weer stewiger gebind. Ons ontleding in die vorige uitgawe van OORSIG is onder-streep deur die besoek van Cyril Ramaphosa aan Brittan-je waar hy deur koningin Elizabeth II hartlik ontvang is. Die Britse koningshuis het vir dekades lank geen blanke regeringsleier uit Suid-Afrika ontvang nie, behalwe vir FW de Klerk nadat hy die ANC en die SA Kommunistiese Party ontban het. Nelson Mandela is natuurlik met groot gulhartigheid en uitspattige vreugde ontvang. Koningin Elizabeth II het Mandela selfs in Suid-Afrika besoek.

Ramaphosa het pas van die Britse regering ’n belofte van geldelike hulp ontvang wat R850 miljoen bedra. Dit sal oor die volgende vier jaar glo in SA investeer word. Hierdie bedeltoer van Ramaphosa was in werklikheid ’n internasionale vernedering vir Suid-Afrika. Dat Rama-phosa bakhand in Brittanje moes gaan staan vir geldelike steun is ’n skande. Geen blanke regering het na 1948 dit ooit nodig gehad om ons land so te verneder nie. Dit is natuurlik betekenisvol dat die Britse regering meen hulle moet Ramaphosa met geld huistoe stuur. Dit is naakte omkooppolitiek, en goed moontlik nog ’n beloning vir politieke dienste.

Ramaphosa moes egter sy bedeltoer vinnig kortknip toe daar onluste in die Noordwes-provinsie uitgebreek het. Dit het sy glans-en-glorie-toer bederf. Op die tuisfront (waar sy aandag na regte moes wees) het dinge sedert die begin van sy termyn begin skeef loop. Binne die eenparty-opset is Suid-Afrika sigbaar onstabiel as gevolg van faksies, korrupsie en vreemde groeperinge wat uit die Zuma-era dateer. ’n Uitgerekte politieke stryd word steeds binne leiersgeledere van die ANC gevoer. Van die faktore waarmee Ramaphosa nou te doen kry, is die volgende:

(1) Voortslepende verdeeldheid en faksiestryde in die KZN-provinsie. Een politieke kommentator het verklaar dat die provinsie tans leierloos is. Dit is waar baie Zoeloes nog met smeulende Zuma-wraaksug vervul is. Ramaphosa moes in Februarie die Zoeloe-koning gaan paai toe laasgenoemde bekommerd geraak het dat sy trustgronde sonder vergoeding onteiein sal word. Onteiening sonder vergoeding word deur baie stamhoofde as ’n bedreiging gesien. Die stamhoofde of “konings” is sedert 1994 almal omgekoop deur middel van subsidies, toelae en verspotte salarisse. Dit hou hulle polities passief. Politieke sluipmoorde onder die ANC en IVP-lede kom gereeld in KZN voor en die ANC moes reeds ’n spesiale kommissie aanstel om die voortslepende geweld te ondersoek.

(2) In die Mpumalanga-provinsie is moeilikhede met grootskaalse korrupsie nog lank nie bygelê nie. Dié provinsie is al geruime tyd gelede onder administrasie geplaas. Dit beteken dat die provinsiale regering onbevoegd verklaar is. Dit is ’n klinkende getuigskrif vir mislukte regering onder swart leierskap. Julius Malema se EFF sorg vir sporadiese proteste en direkte botsings met die ANC se provinsiale gesag en met die sentrale regering. Dit is juis Malema se ambisie om hierdie provinsie vir die EFF te verower.

Behalwe die Malema-kopseer het Ramaphosa in Mpumalanga te doen met die eertydse Zuma-ondersteuner, David Mabuza. Mabuza het ’n greep op Ramaphosa omdat hy in die doodsnikke van die ANC se leierstryd sy steun van Nskosazana Dlamini-Zuma onttrek het en dit aan Cyril Ramaphosa toegesê het. Dit het die skaal in die guns van Ramaphosa geswaai. Ramaphosa mag hierdie feit natuurlik nie vergeet nie, en hy moes David Mabuza as vise-president in die regering aanstel.

David Mabuza is ’n magshonger politikus met ’n verdoemende agtergrond. Forensics for Justice het in hulle spesiale ondersoek aangetoon dat Mabuza en sy “sakevennoot”, Sonnyboy Maphanga, valse grondeise ingedien het toe eersgenoemde nog lid van die uitvoerende komitee vir landbou in Mpumalanga was.

(3) Terwyl Cyril Ramaphosa in Aprilmaand in Londen gekuier het, het geweld skielik in Mahikeng in die Noordwes-provinsie uitgebreek. Ramaphosa moes inderhaas terugkeer na Suid-Afrika. Swart betogers het die strate ingevaar en winkels begin plunder; in baie gevalle is die winkels van buitelanders (Indiërs, en andere) vernietig en aan die brand gesteek. Die geweld het oor die hele Noordwes-provinsie versprei en byna in elke dorp is eiendom beskadig of paaie gesluit.

Die rede wat deur die media vir die geweld aangegee word is “wye ontevredenheid met die premier….” Die betogers sou dan opgetree het teen korrupsie in die provinsie. Dit was egter duidelik dat daar baie meer agter die wekelange betogings gesit het. Betogers het toegesak op die winkels van “buitelanders”. Hierdie handelaars is blankes, Indiërs, Sjinese en swartmense uit ander Afrikalande. Skielik het die openbare media die woord “xenofobiese geweld” vergeet. Xenofobiese geweld is per definisie rasse- of etniese geweld. Om sulke gedrag te beklemtoon sou die natuurlik die mislukking van sosiale integrasie onderstreep — die rampspoedige gevolge van die vermenging van rasse, volke en kulture. En dit mag nie! Daaroor mag daar nie gepraat word nie!

Om dit as “rassistiese geweld” in te klee pas die media nie. Twee sake wat uit die gesprekke geweer word is:

           (a) Die klaarblyklike neiging tot vandalisme, barbaarse optrede en anargisme tydens die politieke proteste. Dié beskrywing pas die massamedia nie, want hulle mag nie swartmense beledig op grond van hulle gedrag nie. Alles word gerasionaliseer as “politieke verset teen die premier”, Supra Mahumapelo.

           (b) Die tweede aspek wat liefs verswyg word is die voortslepende verdeeldheid binne die ANC. Die leierstryd tussen die Zuma-faksies en die Ramaphosa-faksies het nog nie oorgewaai nie. Dit is onderliggend aan die ontevredenheid in Noordwes, aangesien die premier, Supra Mahumapelo, tydens die leierstryd vir Nskosazana Dlamini-Zuma teen Ramaphosa gesteun het.

Die ANC-regime het nou opdrag gegee dat die Noordwes-provinsie onder administrasie geplaas word, en ’n ministeriële komitee is aangestel om die klagtes van die inwoners te ondersoek. In die besonder moet hulle kyk na die verval van mediese dienste, die klagtes oor korrupsie en die ontevredenheid met die premier. Opvallend genoeg was Ramaphosa nie bereid om Supra Mahumapelo dadelik af te dank nie. Ramaphosa het dus aangekondig dat die provinsie vir minstens ses maande onder die nasionale regering se gesag geplaas moet word. Intussen weier Mahumaphelo hardkoppig om te be-dank, nadat die ANC hom versoek het om te gaan.

(4) In die Wes-Kaap het onluste en anargie terselfdertyd op verskeie plekke uitge-breek. In Phillipi is motors met klippe bestook en het die polisie 30 mense in hegtenis geneem. Ook hier kan verskeie faktore aangedui word as oorsake. In die meeste gevalle is daar sprake van gebrekkige dienslewering, maar etniese botsings was duidelik deel van die prentjie. In Mitchellsplein het ontstelde Kleurlinge in opstand gekom teen die geweld en anargie wat uit naburige swart plakkerskampe aangestig word. Van die Kleurlingleiers het gesê dat die swart proteste tot gevolg het dat hulle kinders nie skooltoe kan gaan nie en dat dienste en besighede wat vir almal bedoel is afgebrand of vernietig word – onder andere vulstasies, klinieke, kafees en ATM-masjiene. Oral in die Kaapse skiereiland spring swart plakkerskampe op en dan word daar betoog vir elektrisiteit, vars water, behuising, riolering en ander dienste. Kleurlinge sê nou reguit: “genoeg is genoeg!”. Ook hierdie protesaksies en konflikte word nie in die media as etniese botsings of rassekonflik beskryf nie, alles ter wille van politieke korrektheid.

(5) Bo en behalwe die bogenoemde voorvalle het grondbesettings die afgelope twee weke in Johannesburg voorgekom. Swartes daag eenvoudig op met voertuie vol goedkoop boumateriaal soos pale en sinke, en hulle rig dan binne ’n enkele dag ’n groot getal hutte en pondokke op. Dit word onder andere deur leiers van die EFF en die Black First Land First-beweging (BLF) aangemoedig en georganiseer. Enersyds plaas dit groot druk op die ANC en die DA op plaaslike vlak, en andersyds word dit die verskoning vir die ANC op nasionale vlak om grondonteiening te bespoedig.

Die bogenoemde kwellinge wat die ANC onder Ramaphosa in die gesig staar is besig om deur te werk na die ekonomiese terrein waar sakelui die euforiese verwagtings wat hulle in Januarie 2018 gekoester het vinnig begin aanpas. Die ANC het boonop te doen met ’n reeks van ondersoeke wat nuwe skandale stuk-stuk oopvlek, onder andere die ondersoeke na die Guptas se wydverspreide korrupsie. Ses verskillende ondersoeke vind tans in Eskom plaas, en daar is nuwe ondersoeke na wanbestuur in die SA Lugdiens. Al hierdie aksies sal in die volgende maande groot skandes op die lappe bring wat die ANC-regering in die verleentheid gaan stel en dit sal sy verkiesingsveldtog vir 2019 beslis benadeel.