STRYD TEEN VREEMDE OORHEERSING (13)

LW Bienedell

Lees reeks by Stryd teen vreemde oorheersing

’N VOLk  WAT VEG, GAAN NIE ONDER

15 Oktober 1993

“Dit wys ons daarop dat die Blankes die grond van Suid-Afrika beset, verower en gekoop het. Hulle het die grond bekom volgens elke regmatige bepaling van die volkereg. Daarop het die Blankes elke deel van hulle land ontwikkel, terwyl die Swartes dit nie gedoen het nie. Derhalwe gee dit nie nou die Swartes die reg om aanspraak te maak op Blanke Suid-Afrika nie. Die Blanke het in hierdie land deur stryd, ontberings en opofferings gebou.”

DIE wêreld het nog nie met die Boere afgereken nie, en daarom het hulle mikpunte met die Tweede Vryheidsoorlog misluk. Nou is hulle besig met hulle felste aanvalle teen die Afrikaner sedert daardie tyd, en moet die oogmerke waarvan hulle nog nooit afgesien het nie, nou verwesenlik word.

So het mnr. Jaap Marais gesê tydens die viering van Paul Kruger se verjaardag op 9 Oktober 1993 tydens ’n feesgeleentheid by die Edelweiss Teetuin net buite Pretoria.

Mnr. Marais het daarop gewys dat onder leiding van Paul Kruger op 9 Oktober 1899 die ZAR as een van die kleinste lande in die wêreld ’n ultima­tum gerig het aan die magtige Britse Ryk, die grootste koloniale moondheid van sy tyd, om sy troepe van die Transvaalse grens terug te trek. Die Britte het gedink die oorlog is binne drie maande verby, maar die Boere het die respek van die wêreld gewen deur drie jaar lank ’n vryheidstryd te voer. As gevolg van Majuba en Paul Kruger se diplomatieke stryd teen die Britte het Bismarck hom bestempel as een van die grootste leiers van sy tyd.* Sy praktiese wysheid het hom beter te staan gekom as die boekgeleerdheid van ander leiers. Sonder Kruger sou die geskiedenis van Suid-Afrika baie anders verloop het. Alhoewel die Boere die oorlog verloor het, was hulle by magte om daarna die stryd voort te sit.

Paul Kruger het in sy tyd die stryd tussen imperialisme en nasionalisme meegemaak. Hy staan bekend as die een leier wat die imperialisme van sy tyd ontmasker het en met sukses die stryd daarteen aangesê het. Ten spyte daarvan dat hy besef het dat hy van wee sy getalle nie sou wen nie, het hy sy

In die boek With The Boer Forces (p220) skryf Howard Hillegas:

“Sir Charles Dilke once related a conversation he had with Bismarck concerning Paul Kruger. ‘Cavour was much smarter, more clever, more diplomatically gifted than I, said the Prince, ‘but there is a much stronger, much abler man than Cavour or I, and that man is President Kruger. He has no gigantic army behind him, no great empire to support him. He stands alone with a small peasant people, and is a match for us by mere force of genius. I spoke to him - he drove me into a corner.’ Kruger’s great ability, as delineated by Bismarck, was indisputable.” - volk gelei na sy volk se grootste oomblik. Hy het daarin geslaag om uit te styg bo die materialisme van sy tyd, en het getrou gebly aan sy volk en geloof in sy God.

Ook die strydmetode van die vyand teen vrouens en kinders en die afbrand van plaashuise, wat beskryf is as “methods of barbarism”, het Kruger nie afgeskrik nie. Dit was volksmoord deur Kitchener waarvoor die Britte nooit gedink het om verskoning te vra nie. Milner het net een doel gehad: “To break the dominium of Afrikanerdom.”

Mnr. Marais het daarop gewys dat geskiedenis die geheue van ’n volk is. Dit sê waar jy vandaan kom, maar dui ook die weg aan waarheen jy op pad is. Geskiedenis gee skakeling deur geslagte, en bring perspektief en onderskeiding. Dit wys ons daarop dat die Blankes die grond van Suid-Afrika beset, verower en gekoop het. Hulle het die grond bekom volgens elke regmatige bepaling van die volkereg. Daarop het die Blankes elke deel van hulle land ontwikkel, terwyl die Swartes dit nie gedoen het nie. Derhalwe gee dit nie nou die Swartes die reg om aanspraak te maak op Blanke Suid- Afrika nie. Die Blanke het in hierdie land deur stryd, ontberings en opofferings gebou. Sy heldedom het gekom deur krisis en uitdaging.

So het Paul Kruger deur toewyding uitgestyg tot leierskap. In teenstelling tot pres. Thomas Burgers het hy stryd geken, maar het hy ook sy vyand geken. Daarom was hy veranker in waarheid en trou. Hy het die taak onderneem om die volk te lei in sy voetspore. Daarom was genl. Hertzog na die oorlog in staat om uit die puin van die oorlog die ideale van nasionalisme te haal en daarop voort te bou. Daardie nasionalisme is gebou op rasse- en volkereverskeidenheid.

Ons is vandag ook blootgestel aan die uitdaging van kapitalisme en imperialisme. Ons strydterrein van vandag is ook die stemreg. Die stemreg van die Nie-blanke moet aangewend word om die Afrikaner te breek. Daarom streef hulle ook vandag om rasse- en volksgrense af te breek sodat daar geen diskriminasie moet wees nie. Apartheid het ’n stabiele samelewing in Suid- Afrika geskep, maar nou loop selfs die NG Kerk voor in die tou om apartheid tot ’n sonde te verklaar. Dit kan as niks anders gesien word as ’n poging om Afrikanernasionalisme uit te wis nie. Daar is vandag by die kerk geen begrip meer daarvoor dat die rasse-verskeidenheid ’n Godgegewe werklikheid is nie.

Die probleem vandag is dat die onvolwasse Nie-blanke kieser nie opgewasse is vir die verpligtinge wat die stemreg ’n kieser oplê nie. Verder kan demokrasie net doeltreffend fungeer in omstandighede waar ’n homogene kieserskorps aangetref word. Die UOR sal ook net ’n koalisie tussen De Klerk en die kommuniste wees. Dit is die eerste stap om die mag aan die kommuniste te oorhandig. De Klerk besef dat hy besig is om te abdikeer, daarom het hy al aan sy Amerikaanse meesters te kenne gegee dat hy bevrees is dat die Swartes nie die ooreenkomste wat tot stand gekom het, sal respekteer nie.

Teenoor hom is Paul Kruger, wat vas gestaan het teen die magte wat sy volk bedreig het. Tot vandag toe nog vrees die Engelse koerantredakteur die beeld van Kruger wat teenoor hom stelling inneem, en poog hy om dit te vernietig.

Vanaf Kruger was dit duidelik: Die Afrikaner voer ’n gewaagde bestaan in Afrika. Hy staan alleen. Maar daarin lê sy krag, en moet hy nie skrik vir dreigende isolasie nie. Weldra sal hy weer sy grense moet verdedig teen die buiteland. Maar stryd wek nuwe kragte. ’n Volk wat veg gaan nie onder nie; wel een wat sy selfrespek verloor het.

Die moeilikste stryd wat gestry kan word, is ’n stryd na binne. Dit maak die onderskeiding van die vyand des te moeiliker. Dit beteken dat nuwe strydmetodes bedink sal moet word, net soos die Voortrekkers die walaer en die Boer die loopgraaf uitgedink het. Ingrypende nuwe denke is nodig vir besinning van ons situasie.

Daarom moet die Afrikaner steeds vry en trou aan sy volksideale bly.

Vervolg...