NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Om nie 'n afspraak na te kom nie is 'n daad van oneerlikheid en ontrouheid. Dit is vandag 6 April, die dag waarop ons voorsate die HERE belowe het dat ook ons nakomelinge hierdie dag vir altyd tot ‘n vasblywende dank- en biddag sal stel tot eer van God se weldade. Kom dan hierdie afspraak vandag met Hom na.

BRING BYMEKAAR...

   ... WAT UIT INNERLIKE
OORTUIGING BYMEKAAR HOORT

"Met die eerste verjaarsdag van die ANC se verkiesing van 27 April 1994 was die Star se voorbladopskrif na aanleiding van ‘n gesprek met Thabo Mbeki: 'Breakup of ANC inevitable'. "

Een van die ernstigste dinge wat Afrikaners vandag besef, is dat hulle in hul eie land ‘n verowerde volk geword het. ‘n Derde maal in die geskiedenis het die Afrikaners die politieke mag en die vryheid in hul vaderland verloor. In hierdie geval is die oorlog teen die terroriste eerloos en roemloos beëindig, met ‘n feitlik onvoorwaardelike oorgawe deur die De Klerk- regering. Die ANC-SAKP regeer nou die land op hulle voorwaardes. Die “Nasionale” Party-regering was nie bereid om oorlog met oorlog te beantwoord nie, maar het die oorlog beantwoord met sosiale revolusie. Die gevolg is dat daar geen rus en vrede in die land is nie. Ons het te doen met ‘n voortgaande revolusie, net soos na die Engelse oorlog, toe die Boerehater, Alfred Milner, gesê het: "The South African struggle continues. It is no longer war with bullets, but it is war still”.

Oorlog voortgesit

So word die oorlog teen die Afrikanervolk nou na die magsoordrag ook steeds voortgesit. Dit gaan nou om die siel van die Afrikaner. Dit is om horn te dwing tot onderworpenheid en gedienstigheid aan die nuwe mag in Suid-Afrika. Die verskynsels in Suid-Afrika van diefstal, rooftogte, moord, motorkapings, aanrandings, is nie meer net ‘n misdaad- verskynsel nie, dit is ‘n oorlog van lae intensiteit wat volgehou word. En elke oorlog van lae intensiteit se natuurlike ontwikkeling is dat dit verhewig. Dit skaal nie af nie, dit neem toe. En dit is een van die belangrikste dinge waarmee ons rekening sal moet hou vir die toekoms. Die moorde op boereplase, soos in die Mau-Mau-tyd in Kenia, die aanslae op die Afrikaanse taal, die afbreking van beelde soos die van dr Hendrik Verwoerd, die indringing op ons skole, die verknoeiing van ons geskiedenis, is alles die voortsetting van die oorlog teen die Afrikanervolk.

Vir die derde maal het die Afrikanervolk nou as ‘n verowerde volk te doen met die vraag hoe hy gaan voortbestaan. En waar ons tevore in oorlog wat geveg is met eer kon terugkom en opstaan, het ons nou te doen met die mees beskamende oorgawe wat ‘n volk seker te beurt kan val. Sonder ‘n enkele krygsaksie om ‘n Kommunistiese verowering te verhoed, is ons verower, in skerp teenstelling met wat byvoorbeeld gebeur het van 1877 tot 1881 en veral in die oorlog van 1899 tot 1902, wat aan die Afrikanervolk sy groot heroïese epog gegee het — ‘n heldedom waarop ons kon terugval in tye van krisis, en waardeur die wêreld agting gehad het vir die Afrikaner. En omdat die wêreld respek gehad het vir die Afrikaner, het dit selfs in die moeilike toestande van verarming en verowering ná die oorlog die Afrikanervolk vervul met selfrespek en selfvertroue.

Nou het ons vyande en ons vriende min agting vir die Afrikaners, omdat hulle sê: waarom het julle julself laat verower deur ‘n terroristebende wat weinig meer as ‘n militêre papierbendetjie was, sonder dat julle enige militêre verset getoon het? Soos u die gesien het, word daar gespot met “die tier" in die Afrikaner, omdat telkens gedreig was, maar daar nooit iets van gekom het nie. Selfs die geringste vyande spot nou met die Afrikaner. En dit tas natuurlik ons volkstrots en selfrespek aan.

Wat sê die geskiedenis?

Daarom, waar ‘n mens te doen het met die derde maal wat ons ons vryheid verloor het, is dit sinvol om te kyk na die geskiedenis: wat sê die geskiedenis van die vorige twee gevalle waar ons ons vryheid verloor het? Die merkwaardige feit is dat ons tevore tweemaal ons vryheid verloor, maar dit ook reeds twee maal herwin het. Dit is waarskynlik die mees aktuele en betekenisvolle feit by hierdie saak. Ná die verlies van ons vryheid in 1877 het dit net vier jaar geduur tot 1881 toe die vryheid met die wapen herwin is by Amajoeba. Ná 1902 het dit 46 jaar geduur tot 1948, toe die Afrikaners die politieke mag oor Suid-Afrika verower het, en 60 jaar tot 1961, toe Suid-Afrika ‘n republiek geword en die Afrikaners se politieke beskikking oor die hele Suid-Afrika bevestig is.

Die geskiedenis hiervan is vir ons ter sake om meer as een rede. Die twee vrae is: waarom het Afrikaners die politieke vryheid herwin, en op watter wyse? Dit is die twee belangrikste sake wat ons moet bespreek. Nou is die eenvoudige feit in verband hiermee dat die Afrikaners die politieke vryheid herwin het, omdat hulle van die begin af geweier het om die onderwerping te aanvaar. Hulle het nie berus in die onreg van die verowering nie. As daardie enkele besluit nie geneem was nie, sou daar in die rigting geen verdere gevolge uit voortgevloei het nie.

En die tweede is dat in daardie toestand van verowerheid en baie moeilike omstandighede dit hoofsaaklik die moed en die durf van die leiers was wat die proses aan die gang gesit het wat telkens uitgeloop het op die herwinning. Daarmee saam was die trou aan ‘n intuïsie van geroepenheid, ‘n aanvoeling van bestemdheid van hierdie volk in Afrika. Daarby die geloof in die God van hulle vaders, waaruit hulle versterking gekry het. Dit was ‘n groot toets: kan hulle volhard met al die agterstand en teenspoed wat daar was? En moenie vergeet nie: in hierdie beproewende toestande was dit die voortreflike leiding wat die Afrikanervolk gehad het wat resultate gelewer het. Dit was die basiese elemente van die hervatting van die stryd om vryheid na 1877 en weer na 1902.

In 1877 het Shepstone byvoorbeeld gesê die verowering van Transvaal was “onomkeerbaar." Dit is die woord wat hy gebruik het. Hy het gesê net so min as die Vaalrivier sou terugloop na sy oorsprong, net so min sal Transvaal sy vryheid herwin. En tog het die Boere die verowering omgekeer by Amajoeba. Daar is ‘n Engelse skrywer Fisher wat ‘n boek geskryf het oor president Kruger waarin hy ‘n hoofstuk oor Amajoeba het met die titel “Reversing the irreversible”: die onomkeerbare omgekeer. Dit is as gevolg van die houding en hoedanighede wat ek genoem het dat daar in ‘n toestand van verowerheid, ‘n gevoel van weerstand opgewek kon word. Dit is miskien die belangrikste primêre feit: die houding van weiering en weerstand wat deur die moed van die leiers geprikkel is en wat geleidelik gelei het tot die aksies van lydelike verset, van uitdagende verset, en later van openlike fisieke verset teen die vreemde oorheersing.

Daardie lydelike verset moes gedra word deur ‘n gemoedstemming wat die mense bereid gemaak het tot uitdagende aksie. En toe die vonk in die kruitvat gekom het as gevolg van die Engelse se afdwinging van hulle mag op Potchefstroom, toe een van die burgers se ossewa weens ‘n hofbevel verkoop moes word en die burgers dit verhoed het, was die burgers reeds in ‘n gemoedstoestand om te veg teen die veroweraar.

As daardie gebeurtenis op Potchefstroom plaasgevind het in ‘n toestand waarin die mense saggemaak was om die oorheersing te aanvaar, sou daar geen gewapende opstand uit voortgevloei het nie. Dit moet ‘n mens besef: dikwels is dit nie so seer die aktiewe, positiewe beplanning van ‘n volk se leiers wat deurslaggewend is nie, maar die foute en dade van die vyand, wat in gegewe omstandighede ‘n stap doen wat tot reaksie lei wat groot probleme vir hom kan skep.

Twee kante ná 1902

Ná 1902 was daar twee groepe Boereleiers. Die een gaan op by die vyand en die ander staan dit teë: ‘n duidelike grenslyn tussen Botha en Smuts aan die een kant en Hertzog en De Wet en De la Rey aan die ander kant. Aanvanklik het Smuts en Botha groot sukses gehad. Hulle het hul geblaak in die glorie van die Engelse wereld, maar onverbiddelik is hulle dieper en dieper ingetrek by die vyand, sodat twaalf jaar na die vrede, in 1914, toe skiet Botha en Smuts op hulle vorige strydmakkers, op De Wet en Kemp en Maritz. In die Eerste Wêreldoorlog word Smuts ‘n lid van die Britse kabinet, so diep is hy ingetrek by die vyand. En in die proses het hy natuurlik ‘n al groter teenstand en vyandskap teen sy eie mense ontwikkel. Hy het al groter vereenselwiging met die vyand en al groter vervreemding van sy eie mense ontwikkel. Dit is die onverbiddelike wet wanneer jy ingaan by jou vyand, by die vreemde. Dan word dit ‘n proses wat jouself oorweldig.

Genl Hertzog, aan die anderkant, is gesmaad en gehoon. Hy is in 1913 uitgeskop uit Botha se kabinet en dit het gelyk asof dit die einde van sy politieke loopbaan sou wees. Maar kort daarna was daar die gewapende opstand, die Rebellie in 1914, wat misluk het as ‘n krygsdaad. Maar deur die teenwoordigheid van iemand soos genl De Wet is ‘n hoë aansien aan die Rebellie gegee. En die emosionele effek daarvan was stimulerend as gevolg van die betuiging van fisieke weerstand, en dit het ‘n blywende uitwerking gehad. De Wet en Kemp het in die tronk beland. De la Rey en Beyers is doodgeskiet. Maritz moes land uit vlug. Maar 10 jaar later het Hertzog die land regeer — die kulminasie van die besluit dat na 1902 die stryd voortgesit moes word. Nou moet ‘n mens ook besef dat waar die krygsdaad van die Rebellie misluk het om die mag te verower, dit die stryd met politieke middels was wat in 1924 die deurslag gegee het om Hertzog Eerste Minister te maak.

Vir ons is dit belangrik om te besef dat in hierdie toestand na 1902, toe die volk in die grootste ellende verkeer het, daar nie eenheid onder die Boere-generaals was nie. Daar was ‘n skerp verdeeldheid soos reeds gesê.

Dit was met die versameling rondom die beginsels van Afrikanernasionalisme dat die begeestering gegroei het wat uiteindelik gelei het tot die Afrikaners se herowering van die politieke mag in Suid-Afrika. Die verowering van die politieke mag in 1924 was nie positief gebou op die idee van onmiddellike herstel van die voormalige republieke nie, maar hoofsaaklik op die “negatiewe”: die wil om Smuts te verslaan. Dit was die basis waarop genl Hertzog se Afrikaanse Nasionale Party en kol Cresswell se Engelse Arbeidersparty gemene saak gemaak en Smuts in 1924 verslaan het.

Nasionalisme, patriotisme,identiteiteit, heldedom

Die wil tot weenstand is die belangrikste faktor in so ‘n politieke stryd. Om ‘n volk se doel te bereik, moet ‘n teenmag eers ontdoen word. Daartoe is nasionalisme die werktuig. Die begeestering van nasionalisme kan op baie maniere gedefinieer word, maar daar is drie hoofelemente van nasionalisme. Die eerste is patriotisme, die gebondenheid aan die vaderland. Vaderland is ‘n beginsel, en gebondenheid aan daardie beginsel is patriotisme. Wie het hierdie land mak gemaak tot ‘n tuiste van ‘n gevestigde beskawing? Wie het die land se verborge bates ontbloot? Was dit nie die Afrikaner-boer wat die plase aangelê en ontwikkel en die wilde wêreld getem het nie? Wat die land aan die wildernis ontworstel; die dorpe gestig, en die stede gebou het nie?

Die land dra die stempel van die Afrikaner se pionierswerk in elke sin van die woord, soos die name van berge en riviere, visse en diere, bosse en borne, plase en dorpe en stede getuig. Dis ons vaderland, ons het hom nie gesteel nie, ons het horn verwerf op elke wettige wyse van die volkereg: deur besetting, deur verowering, deur die uitruil van gebiede, deur die aankoop van grondgebied. En as ons hierdie land moet prysgee, omdat deur Afrikaners aan ons vertel word dat ons nie die morele reg het om hier te regeer nie, of dat ons nie meer die wil het om hier te rageer nie, dan is dit die ergste verloëning van patriotisme — ‘n rasionalisasie van lafhartigheid en verraad.

Die tweede element van nasionalisme is die kulturele identiteit, die onderskeiding van hierdie volk deur sy taal, en sy kultuur, waarvan die handhawing hom onderskei van ander volke, en wat weens ingebore gebondenheid aan wat hy is en wat hy het, hom die dryfkrag gee om dit te behou.

Die ander element van die nasionalisme is die geskiedenis. Ons is die verlengstuk van ons verlede. En die geskiedenis is die geheue van ‘n volk. As gevolg van die geskiedenis weet ons waarvandaan ons kom en kan die geskiedenis gebruik word as ‘n kompas vir die pad vorentoe. Maar die geskiedenis lewer ook ‘n volk se heldedom wat in tye van krisis ‘n bron van begeestering is.

Wat die geskiedenis betref, moet ons nie net dink aan die geskiedenis wat ver terug lê nie, maar ook aan die geskiedenis van naby en van ons eie tyd: die tyd van ‘n Hans Strijdom en Hendrik Verwoerd byvoorbeeld. Daardie manne het van die dertiger- tot die sestigerjare nie met die wapen geveg nie. Maar met toewyding en opoffering en gebondenheid aan hulle volk se reg en strewe na vryheid het hulle net so ‘n heldestryd gevoer as wat die Boere-generaals in die Engelse oorlog gevoer het. En hulle verdien dieselfde heldeverering. Die aard van hulle stryd toon ‘n sterk parallel met dié van ons eie tyd.

Ons sal moet besef dat die stryd al meer in Suid-Afrika ‘n stryd sal word tussen nasionalisme en kommunisme. Dit is een van die mees voorspelbare dinge waarop ‘n mens jou verwagtings kan stel. Die nasionalisme erken volksgrense. Jy kan net jouself wees en vry wees binne jou eie begrensde volk. En binne jou volk kan jy “menseregte” geniet. Maar sodra jy buite jou volk en oor ras- en volksgrense heen “menseregte” erken, begin die verval van alle waardes. Daar kan geen gemeenskaplike standaarde wees wanneer jy oor die rasse-grense beweeg nie.

Die nasionalisme is niks as dit nie; die erkenning van jou reg op voorkeur vir jou eie. Jy skuld aan niemand ‘n verskoning of verduideliking dat jy voorkeur het vir jou eie nie: of dit jou gesin, of jou eiendom, of jou volk, of jou kerk, of jou land, of jou ras is. Dit is jou mees basiese reg: die reg op voorkeur vir jou eie. En waar hierdie dinge van die nasionalisme gesê is, is dit ook waar, soos een van die skrywers oor genl De Gaulle gesê het — De Gaulle wat waarskynlik in Europa die meeste uitstaande nasionalistiese figuur van na die Tweede Wêreldoorlog is. Hy sê dat De Gaulle se natuurlike impuls was nie net om nee te sê nie, maar op sy gemak was alleen wanneer hy nee gesê het. Die nasionalisme moet die vermoë he om nee te sê vir die vreemde, vir die aantasting van ‘n volk se wortels, vir die versperring van sy strewe. As ‘n volk dié vermoë verloor, het hy klaar sy eie aard verloën en word hy die prooi van sy vyande.

Kommunisme en Liberalisme

Die kommunisme staan daarteen. En laat ‘n mens dan dadelik sê: die grenslyn tussen die kommunisme en die liberalisme is baie gering. Want die gemeenskaplike waardes tussen hulle bv is dat alle grense van ras, taal en kultuur misken word. Grense moet platgedruk word. Die mens moet nie beoordeel word as lid van die bepaalde gemeenskap nie, maar bloot as ‘n individu, en weens verslaafdheid aan die ekonomiese magte, net as eenhede van verbruik en eenhede van arbeid. Hy moet verbruiksgerig leef, gestroop van idealisme, van sy volk se geskiedenis en waardes. En die reg op voorkeur vir sy eie moet hom nie net misgun word nie, dit moet hom verbied word deur die ideologie van “menseregte” wat ons nou ook in Suid-Afrika gekry het, en waardeur ons ook in SA met alle middels gedwing word tot gelykmaking. En dit vereis dat die Witman verarm moet word tot die ekonomiese peil van die Swarte; dat sy instellings wat hy oor die jare verwerf en opgebou het oopgestel moet word, sodat hy daaruit verdring en van sy waardes vervreem kan word.

Ons het nou in Suid-Afrika te doen met ‘n regering wat homself die African National Congress noem en deur die Kommuniste beheer word. Die woord “National” in African National Congress het geen sin nie. Die African National Congress is nie ‘n nasionalistiese beweging nie. Dit is ‘n suiwer rassistiese beweging, wat bo-oor die volksgrense en nasionalismes van die swart volke strek. En in hoë mate verteenwoordig dit ook ‘n verlengstuk van kulturele imperialisme van die Engelse wêreld, die Engelstalige wêreld van Brittanje en die VSA. Verbeel jou dat ‘n Xhosa-oorheersde swart organisasie onder Kommunistiese beheer, hom beywer vir die Engelse taal! Om watter aardse rede sal ‘n nasionalistiese beweging hom beywer vir ‘n vreemde taal? Net as hy die verlengstuk van daardie kulturele imperialisme is, wat ook gebruik is teen die Afrikaners toe die Engelse taal op ons afgedwing is as ‘n strydmiddel teen Afrikanernasionalisme.

Die keuse van die vyand: Rhodes, Oppenheimer

Nou, die aard van die stryd, moet u besef, word bepaal deur die keuse van ‘n vyand. Alle politieke stryd word daardeur bepaal. As ‘n mens kyk na die Afrikanervolk, wie was ons vyande? Nie altyd omdat ons hulle gekies het nie, maar omdat hulle ons as die vyand gekies het. Daar is baie getuienis om die vraag te beantwoord. Ek het al tevore verwys na die uitlatings van mnr Harry Oppenheimer toe hy op die 75ste verjaarsdag van die Jameson-inval in 1975 ‘n gehoor op Grahamstad toegespreek en met verwysing na die Afrikaner-republieke van die vorige eeu gesê het: “As daar ‘n Blanke gemeenskap was wat so vas aan die ou weë was, so selfvoldaan, so agterdogtig teen vreemde invloede, dat hulle selfs teen groot morele koste geweier het om saam te werk aan die bou van ‘n verenigde moderne land, dan moes die gemeenskap vemietig word”. Dit was die motivering vir die Jameson-inval, waaragter Rhodes en die Britse Minister Joseph Chamberlain gesit het. En Oppenheimer sê: “Die lewe van ‘n groot moderne staat kon, soos Rhodes begryp het, nie versoen word met stamhoudinge binne sy grense nie, hetsy die stamme wit of swart is... Dit kan ook nie versoen word met ‘n weiering om verandering te erken of met ‘n onbehoorlike teerheid teenoor ‘n tradisionele leefwyse nie”. Dit beteken net een ding: dat as nasionalisme in die pad staan van hierdie magte van finansiële vraatsug en politieke magsug, dan moet dit vernietig word. Rhodes en sy Britse borge het die Afrikaner gekies as hulle vyand, en Oppenheimer vereenselwig hom met die keuse van die Afrikaner as die vyand.

In ‘n latere tyd was daar die voorbeeld van die redakteur van die Cape Araus. Morris Broughton, wat die boek geskryf het Press and Politics. Hy skryf daarin: “Daar is ook die nodigheid om ontslae te raak van die onsigbare man wat aan die oorkant van die redakteurstoel sit in byna elke Engelse koerantkantoor. Daar is hy: verergerend, swygsaam, plegtig. Die gees van Paul Kruger. Dit is teen hom en teen sy beeld wat fundamenteel die inkvaatjies van hoon, spot, woede, welsprekendheid en verwerping nog steeds uitgegiet word”. Dit was so onlangs soos 1960 toe hy gesê het dat in byna elke Engelse koerantkantoor die gees van Paul Kruger oorkant die redakteur sit. En dis teen hom as simbool van Afrikanernasionalisme wat al die haat uitgegiet word. (Vandag is dit nie ‘n oordrywing nie om te sê dat in die meeste redakteurskantore van die Afrikaanse koerante die gees van Hendrik Verwoerd aan die oorkant van die lessenaar sit).

In daardie sestigerjare was mnr Paul Sauer, wat maar eintlik aan die liberate kant in die Nasionale Party was, op ‘n oorsese besoek. En toe hy terugkom, sê hy dat hy getref is deur “die stroom van gif wat sy oorsprong in Brittanje het. ‘n Mens is gedurig bewus daarvan. Byna alle lande het Engelse koerante en almal saai gif teen Suid-Afrika. Dieselfde geld vir die BBC. Wat vandag uit Brittanje kom, is niks minders as ‘n haatgesang teen SA nie”. So is die “Boer War” teen die Afrikaner-regering voortgesit vanuit Brittanje, Milner se ‘War without bullets”. En dit is die land wat dan SA se groot vriend sou wees! Dis die land waaroor in Beeld die berig verskyn het: “Britte dra De Klerk, hulle held, op die hande”. Natuurlik, omdat hy hulle politieke lakei is wat die Afrikanervolk moes verraai aan ‘n Kommunistiese-beheerde Swart getalsoormag.

Ek het enkele voorbeelde genoem om dit weer op die hart te druk: die Afrikaner is gekies as die vyand van die Engelstalige wêreld. En hulle gebruik die Swartes as hulle verlengstuk in hul stryd teen die Afrikaner. Elke Kommunis wat uit Suid- Afrika moes vlug, het nie na Moskou gevlug nie, maar na Londen. Elke ondermyner het ‘n plek vir die holte van sy voet gevind onder Britse beskerming. Mnr P W Botha het by geleentheid gesê die ANC en die Kommunistiese Party stig revolusie in Suid-Afrika aan vanuit Londen.

“Anti-apartheid” is eintlik “anti-Afrikaner”

Ek het gesê die keuse van vyand bepaal die hele aard van die politieke stryd; en die Afrikaner is as die vyand van die Britse magshebbers gekies. Maar in plaas van regstreeks die Afrikaner aan te val, het hulle die Afrikaner vereenselwig met die beleid van apartheid. En deur apartheid aan te val, weet hulle val hulle die Afrikaner se politieke mag aan. En as die Afrikaner se politieke mag gebreek moet word, moet ‘n enkele voorwaarde gestel word: apartheid moet verdwyn, sodat ‘n stelsel van een mens, een stem ingestel kan word. Dan het jy die Afrikaner uitgelewer aan die mag van miljoene wat geen benul van demokrasie het nie en opgesweep teen Afrikaners is. (“Kill a farmer, kill a Boer”). En dis presies wat die propaganda vanuit die Engelse wêreld se doel teen ons was.

Verdeeldheid en wat moet gedoen word

Nou is die vraag: wat gaan die Afrikaners doen? Ons is almal bekommerd oor die verdeeldheid in ons volk. Vroeër was ons ook verdeeld, en ondanks die verdeeldheid na 1902 het ons uiteindelik weer ons vryheid gekry. As ons moet soek na ‘n verklaring, dan is dit omdat ‘n deel van die Afrikaners, ‘n minderheid van die Afrikaners, hulle gestel het op die regte beginsels en die regte waardes. En dit het ‘n magnetiese sentrum geword wat mense aangetrek en gebind en begeester het, en wat hulle eindelik weer tot vryheid gevoer het. Daar is geen ander vertolking nie as dat ondanks die verdeeldheid wat daar was, ons hierom kon slaag om weer ons vryheid te kry. Dit het nie vanself gekom nie; dit het harde stryd gekos, moed, durf, volharding. Maar die oorwinning is behaal. En nou is daar weer groot aandrang op eenheid. Dit kom van verskeie oorde en waarskynlik uit verskillende oorwegings.

Vanuit sekere Broederbond-gesindes is daar die aandrang op ‘n eenheid, ‘n eenheid wat ook “Afrikaanses” moet insluit — nie meer net die Afrikaners nie. Die “Afrikaanses” moet almal wees wat Afrikaans gebruik, nie as ‘n volkseie onderskeiding nie, maar net as ‘n gebruiksmiddel. Dit is ‘n verskuilde resep om ‘n veelrassige samelewing te bevorder in naam van die Afrikaanse taal. U het in Rapport gesien Myburgh Streicher, die voorsitter van die “Nasionale” Party se parlementêre koukus, bepleit dat daar ‘n nuwe party moet kom. Sonder dat hy dit se, gee hy te kenne dat die “Nasionale” Party nie meer ‘n bestaansreg het nie. Hoekom sal daar andersins ‘n politieke party moet kom? In die tweede plek word in Beeld deur die Amerikaansgesinde Tim du Plessis geskryf dat net ‘n swart “Nasionale” Party die ANC kan verslaan. Dis die dinge wat reeds aanvaar word. Maar dit is tegelyk die verskillende grondslae van eenheid wat in daardie twee oorde bepleit word. Niemand sal ween by die begrafnis van die “Nasionale” Party nie. ‘n Mens voel amper oor hom soos wanneer jy ‘n ou hond gaan doodskiet — in ‘n mate tog geroer oor die vergaan van iets wat eenmaal goed was.

Laat aan een ding geen twyfel wees nie: Afrikaner-eenheid waarna gesoek word, is politieke eenheid. Hierdie verbrokkelheid op kerklike en kulturele gebied spruit alles uit die politieke verbrokkeling wat ingetree het ná die sluipmoord op dr Verwoerd. Ons as Afrikaners is ‘n moeilike definieerbare eenheid, maar tog ‘n eenheid bo-oor die kerklike en kulturele en politieke grense. Maar die versugting wat daar is na eenheid, is na politieke eenheid, ten einde weer ‘n mag te wees. En u sal besef dat net soos na die Engelse oorlog Smuts en Botha teenoor Hertzog en De Wet, heeltemal onversoenbaar was, net so is daar vandag die liberaliste wat die "Nasionale" Party beheer en nie te versoen met nasionalisme is nie.

U weet daar was altyd in ons geskiedenis Afrikaners, en naas hulle Afrikanernasionaliste. Smuts, Botha en Jan Hofmeyr was Afrikaners, net soos Wimpie de Klerk en F W de Klerk en Roelf Meyer en Constand Viljoen en Van Zyl Slabbert vandag as Afrikaners deurgaan. Maar tussen hulle en die Afrikaner-nasionaliste is daar ook ‘n totaal onoorbrugbare kloof. Hulle is nader aan die Amerikaanse liberalisme en selfs van die ANC-SAKP as aan die Nasionale Party van Hertzog, Malan, Strijdom en Verwoerd.

Die liberalisme kan geen gemene saak hê met die nasionalisme nie. Daarom, met die huidige verdeeldheid, moet ‘n mens aanneem dat as daar gepraat word oor eenheid, dit nie moontlik is om jou polities te versoen en jou te verenig met hierdie liberaliste nie. Die Afrikaner-eenheid moet dus, soos tevore, 'n beperkte eenheid wees van dié wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort.

Volkstaat en eenheid

Daarnaas moet ‘n mens in tye waar daar gepraat word oor herstel van eenheid, die vraag stel: Het die volkstaatgedagte die volk verenig of enigsins bygedra tot die strewe na eenheid? Het dit die volk aangespoor tot weerstand en verset en goed moontlik tot gewapende opstand om sy regte te beskerm teen die uitverkopers? Of was dit die verskoning vir vredesonderhandelinge met die ANC-SAKP? U weet die ANC het vanjaar in Januarie aan die Chicago Tribune gesê hulle strategie was om die regterkant aan die praat te hou solank as moontlik om daardeur enige ander aksie uit te skakel. Die gepraat het gegaan oor ‘n volkstaat. Dit het nie net gelei tot verdeeldheid nie, maar tot groot frustrasie onder Afrikaners.

En in hierdie tydsgewrig waar ons te maak het met ‘n volgehoue oorlog teen die Afrikaner, moet u uself afvra of dit enigsins ons hoogste prioriteit was en is om te pleit vir ‘n volkstaat, en dit by jou vyand.

U weet in die geskiedenis na 1902 — as ‘n mens oor ‘n hele tydvak spring — toe die politieke stryd teen 1924 hewig was, was die prioriteit van die Nasionale Party van genl Hertzog nie om die voormalige republieke te herstel en politieke vryheid te kry nie, maar om Smuts te verslaan en om in ‘n politieke posisie te kom waarin hy sy regmatige strewe kon voortsit. Op daardie grond het genl Hertzog en kol Creswell bymekaar gekom met net een enkele gemeenskaplikheid: die

Smuts-regering moet verslaan word. En nadat hulle dit gedoen het, het hulle verder gegaan met hulle strewes.

In 1948 het dr Malan en mnr Klasie Havenga weer saamgestaan bo-oor verskille en die enkele uitgangspunt gehad: Smuts moet verslaan word. En nadat Smuts verslaan was en hulle die mag gekry het, het hulle stap vir stap hulle beleid uitgevoer. En dan ook: na 1902 in daardie erg verinneweerde toestand van die volk, het hulle nie gestreef na ‘n verkleinde mag nie, maar eers na alles wat hulle vroeër gehad het, maar uiteindelik na meer uitgebreide mag — nie net stryd om Transvaal en Vrystaat se status te herstel nie, maar ook die twee voormalige Britse kolonies, Kaapland en Natal, republiek te maak, los van Brittanje.

Met al die regmatige fundamentele en sentimentele verknogtheid aan die idee dat ons onsself moet regeer binne ons eie grondgebied, moet ons aanneem dat die volkstaatgedagte nie eenheid bevorder het nie, en in die kritieke stadium klaar daartoe gelei het dat nie weerstand opgewek is teen die magte wat ons wil vertrap nie, maar dit juis daarvan weggelei het na vredesonderhandelings.

Dit was in teenstelling met wat gebeur het in die vorige eras, toe daar sukses behaal is langs die teenoorgestelde weg. Ons het in ons geskiedenis geen parallel met iets soos die huidige strewe na ‘n volkstaat nie, waardeur Afrikaners bereid is om die mag oor hulle land prys te gee, en dan te sê hulle sal, nadat alles prysgegee is, ‘n stukkie grondgebied gaan terugvra. Daar is geen heldefiguur in ons geskiedenis wat vereenselwig word met so ‘n volkstaatstrewe nie. Daar is wel in ons geskiedenis die Afrikanerleiers wat gesê het ons moet vir onsself ‘n toestand skep waar ons oor onsself kan regeer. Hulle was tegelyk bereid om volkstate te gun aan alle ander volke in Suid-Afrika, maar geen reg aan hulle om oor ons te regeer nie. Die idee van meerdere volkstate is nie verwerklik nie, omdat die proses kortgesluit is deur die moord op dr H F Verwoerd. Maar die beleid het nie misluk nie: dit is verraai deur swakkelinge aan die politieke leiding. Die Afrikanervolk moet nie toelaat nie dat aan hom vertel word dat hy sy land skuld aan die Swartes, en dat hy nadat alles prysgegee is, ‘n stukkie moet gaan terugvra vir homself. Dit is ‘n gruwelike vernedering in ‘n elke patriotiese sin.

Verdeeldheid, verwarring, verwatering

Ons het as gevolg van die volkstaat-gedagte meervoudige verdeeldheid, want binne die volkstaatgedagte is daar minstens vier modelle, plus ‘n groot verwatering en verwarring wat daaruit voortgevloei het. Constand Viljoen het in Septemer 1993 reeds gesê die volkstaat se belangrikste grondslag is ‘n eie grondwet wat aan internasionale vereistes voldoen, onder meer sonder diskriminasie, wat net ‘n napraat van die Nasionale Party is. Hier is die Memorandum van Ooreenkoms wat hy aangegaan het met Thabo Mbeki en waarvan die eerste artikel lui: “Both parties are committed to the development of non-racial democracies”, dit wil sê in meervoud. Albei partye is verbind tot die ontwikkeling van nie-rassige demokrasieë. Wat die volkstaat betref, is al waartoe die ANC hom verbind soos volg: ‘They both accept that many Afrikaners have expressed a desire for self-determination in a volkstaat. The parties agree that this desire should be addressed expeditiously”. Dus, geen verbintenis van die ANC tot ‘n volkstaat nie; nee, hulle verbind hulle net daartoe dat die saak bespreek sal word. Maar Constand Viljoen is verbind tot ontwikkeling van nie-rassige demokrasieë! Dit is van die verwarring en verwatering wat ingetree het, wat van die volkstaatstrewe ‘n bespotting maak, en wat nog groter verdeeldheid veroorsaak onder Afrikaners.

Met die instelling van die Volkstaatraad het mnr Johan Wingard, die voorsitter van die Volkstaatraad, gesê: “Volksnasionalisme word deur kundiges gesien as ‘n magtige middelpuntvliedende krag met enorme vernietigingspotensiaal”. Nou vra ek vir u: die voorsitter van ‘n Volkstaatraad, wat ‘n volkstaat tot stand moet bring, spreek ‘n vloek uit oor volksnasionalisme. Dit sou ‘n vernietigingspoterisiaal hê. Maar nie net dit nie. Hy sê ook: “Daarenteen word die krag van die ekonomie gesien as ‘n middelpuntsoekende krag, ‘n saambindende krag wat die strategiese en ekonomiese belange in ‘n streek kan laat saamvloei”. Dit is suiwer die taal van die liberaliste en Kommuniste en die groot geldmag om nasionalisme te diskrediteer en ekonomiese determinisme op te hemel. Geen volkstaat wat op daardie basis tot stand kom, het die geringste aanspraak op die titel volkstaat nie. Dit is die verwarring wat ingetree het rondom hierdie gedagte.

Die behoefte aan enkelsinnige korttermyn-oogmerke, die behoefte aan ‘n enkelsinnige strategiese doelwit, word weggeveeg deur die onmiddellike verwikkelings random die volkstaat-idee. Daarom praat ek oor die dinge. Ons moet praat oor die basis waarop daar werklik eendrag en eensgesindheid kan wees. As hierdie teenstrydighede die basis van ‘n volkstaat is, is dit ‘n verdelingsfaktor en vloek dit teen elke beginsel van nasionalisme.

As ons ‘n volkstaat moet kry, dan sal dit alleen tot stand kom wanneer Afrikanernasionalisme, as ‘n bewegingsmag in Suid-Afrika, die volk aandryf tot bereiking daarvan. As ‘n volkstaat in gedagte is en ‘n volkstaatstrewe bevorder moet word, is die eerste vereiste dat Afrikanernasionalisme tot ‘n mag opgebou moet word. Dis die primêre vereiste. Net soos die Nasionale Party van 1934 nie as hulle onmiddellike oogmerk die totstandbringing van ‘n republiek gestel het nie, maar deur ‘n hele reeks van prioriteite gegaan het van 1948 tot 1960, twaalf jaar lank — voordat hulle gekom het by die daad om ‘n republiek tot stand te bring. Al die voorwaardes moet eers nagekom word, en in die proses moet die volk opgevoed en opgelei word tot die daad wat verrig moet word om die vryheid te kry.

Maniere van eenheidsherstelling

As ons dink aan eenheid herstel, is daar net een van twee maniere waarop dit gedoen kan word: ‘n vinnige sameflansing, wat gewoonlik plaasvind rondom die argument: die toestand het so sleg geword, die ellende is so groot, die bedreiging is so geweldig, dat ons dadelik almal moet saamstaan. Dan kry ‘n mens die verskynsel soos by die stigting van die Afrikaner-Volksfront. Dit is gestig in Mei 1993. Tien maande later, in Maart 1994, spat dit uitmekaar, en toe is daar groter verdeeldheid weens daardie saamgeflansde eenheid. As daardie pad nie gevolg word nie, is die alternatief dat daar ‘n sentrum van gesag en geloof en beginsel gevestig moet word. Daaromheen moet mense versamel word wat gebind word deur hulle geloof en hulle beginsels en idealisme. Dit is die duursame manier waarop ‘n mag geskep word wat nie gemanipuleer kan word nie. So ‘n sentrum van geloof en beginsel moet eerstens wees rondom ons Witmanskap. Ons is Witmense, en ons word onderskei van ander rasse. Elke volk het ‘n rassegrondslag. Diep onder is die Blanke volke ondanks al hul verskille in verskillende gebiede van die wêreld een in hulle algemene rasse-afkoms. In die tweede plek, ons godsdiens. In die derde plek ons vaderland. In die vierde plek ons Afrikanerskap. En dan die sedelike waardes, die verbintenis tot waarheid en eerbaarheid, waardeur jy in die wêreld agting en respek kan geniet. Dít is die dinge waarop ons kan verenig.

In die huidige situasie in Suid-Afrika is daar veral twee groepe mense wat hulleself feitlik aanwys om saam te staan. Die een is die mense wat nie deelgeneem het aan die verkiesings van 1994 en 1995 nie. Daarnaas is die ontnugterdes, mense wat selfs in die Nasionale Pary is, en wat totaal ontgogel is oor die dinge wat aan hulle vertel is en waaraan hulle geglo het, maar waarvan niks gekom het nie.

Hierdie twee groepe mense lê klaar die grondslag vir ‘n eendragtigheid. Uit daardie saamwees kan daar ‘n samegroeiing en ‘n verdigting van die eendragtigheid kom. Wanneer dit bestaan, kan geleenthede geskep en benut word waarby daar in gemeenskaplike aksies gegaan word wat weer tot groter hegtheid prikkel. Vanuit so ‘n versameling moet byvoorbeeld gesamentlike feesdae van die Afrikaners gereel word.

Is dit nie ‘n merkwaardige verskynsel nie dat rondom die onverwagte arrestasie van genl Magnus Malan en ander manne wat die regeringsbeleid gevolg en uitgevoer het, daar onder die Afrikaners skielik bo-oor verdeeldhede ‘n algemene simpatie met hierdie mense is? Dit is om net een rede: dit verteenwoordig ‘n anti- ANC-sentiment. Die soort verskynsel sal waarskynlik al meer toeneem in die toekoms, en as ons die kern van mense het wat saamstaan en wat geleidelik organisatories al meer gebind word, sal die benutting van die soort gebeurtenisse al groter produktiwiteit oplewer.

Ons sal moet besef dat as ons eenheid wil hê, ons ook die keuse van die vyand duidelik moet hê. Op die oomblik is dit ‘n groot vaagheid. Wie is ons vyand? ‘n Mens moet in die onmiddellike omstandighede veg teen die verloopte Afrikaners. Jy moet veg teen die buitelandse inmenging; teen die finansiele imperialiste, en teen hierdie regering wat vandag feitlik net ‘n apologie vir regering is en verwoesting en verwildering laat toeneem. Maar ons sal moet besef dat die werklike vyand die Kommunisme is wat agter die regering opereer en ook skuil agter die liberaliste. Die Kommuniste is die beweging wat Swartes gebruik teen Afrikanernasionalisme. As ons die fokus van vyandskap daar vestig, het ons onmiddellik ook aan die teenkant die versterking van Afrikanemasionalisme, met beklemtoning van al die fasette daarvan — taal, kultuur, geskiedenis, vaderland — maar tegelyk ook op die nie-blanke groepe se potensiaal van ‘n versterkte gevoel van onderskeidende identiteit om hulle te verset teen die oorheersing van die Kommuniste.

Die toekoms

Dit is sinvol dat by so bespreking mense hulle rekenskap gee van wat die verwagtings is in die toekoms wat vir ons voorle. Daar is natuurlik korttermyn-ontwikkelings, mediumtermyn, langtermyn. Dit is moeilik om ‘n grens te trek tussen korttermyn, mediumtermyn en langtermyn. Maar oor die korttermyn kan u aanneem die land en die samelewing gaan beheers word deur misdaad. Misdaad gaan nie afneem nie, want die respek vir gesag en wet en orde het verval. En in ‘n bevolking waar grense afgebreek word en mense nie meer deur sterk sosiale bande gebind word nie, ken mense mekaar al minder en word die sosiale afkeer van misdaad al meer uitgeskakel. Namate die misdaad toeneem, sal dit waarskynlik lei tot ‘n al hewiger soort oorlog in Suid-Afrika bo-oor die etniese grense, maar ook tot versameling van mense wat hulleself sal moet beskerm. Die Readers Digest het in Junie vanjaar bevind dat Suid-Afrika die moordadigste land in die wêreld is. Die Star het gerapporteer: een voertuig word elke 54 minute geskaak. Een moord elke 30 minute. Een verkragting elke 28 minute. Een rooftog elke 6 minute, een motorvoertuig gesteel elke 6 minute. Een diefstal uit ‘n voertuig elke 3 minute. Een huisbraak elke 2 minute. Dus, u kan sien wet en orde het heeltemal verval. Hierdie regering is nie in staat om mense se eiendom en lewens te beskerm nie. Waarskynlik een van die koddigste dinge wat gebeur het, is ‘n berig in Beeld wat kom uit Klerksdorp: ‘“n Interkerklike biddag vir misdaadvoorkoming”, lui dit, “word môre by die kerke in die stad gehou”. Dit is deur die Polisie geïnisieer! As die Polisie heeltemal moed opgegee het om wet en orde te handhaaf, gaan hulle nou maar bid en kyk of hulle daardeur iets kan bereik! Dit demonstreer waarskynlik die beste hoe ver hierdie dinge ontwikkel het.

Naas die misdaad en wat die nouste verband daarmee hou, die ekonomiese toestand. Daar is geen manier waarop die ekonomie deur die regering reggeruk kan word nie. Hier is Beeld van 28 Junie 1995, waar hulle sê: “Mandela het ‘n buitengewone werkgroep saamgestel, bestaande uit homself en Thabo Mbeki en F W de Klerk”. Die woorde daarna is “om Suid-Afrika se ekonomie reg te ruk”. Hulle moes verslag doen op die 16de Augustus 1995. En 16 Augustus het gekom en gegaan en jy het niks daarvan gehoor nie. Toe blyk dit veel later dat hulle een vergadering gehou en ‘n voorlopige verslag opgestel het, wat hulle toe aan minister Trevor Manuel gestuur het. Trevor Manuel was so skaam vir die ding dat hy dit net weggepak het. Dit is ‘n erkenning van die Staatspresident dat hulle geen plan kon maak om die ekonomie “reg te ruk” nie. Watter hoop is daar dat enigiemand anders iets met die ekonomie sal kan regkry?

U weet in die huidige begroting word 91% van die inkomste bestee aan lone en salarisse, welsynstoelaas, onderwys, en rente op staatskuld. Net 9% bly oor vir die res. Net in 1 jaar, 1994 tot 1995, het die staatskuld gestyg van R192 miljard tot R245 miljard. Vanjaar gaan dit gewis nog verder styg. Die rentelas op staatskuld word net al groter en groter.

Oor werkloosheid word gesê dat daar ‘n groei van 5% moet wees net om die huidige werkloosheid uit te skakel. Om die nuwe arbeid elke jaar te akkommodeer, moet daar ‘n groei van tussen 6 en 7% wees. Dan het jy nog net die bestaande en potensiële werkloosheid gehanteer. As jy groei wil hê, moet daar groei van 10% wees. U weet hoe die groei die afgelope 4 jaar gemiddeld skaars 1% was. Daar is geen manier waarop hierdie verrinneweerde ekonomie weer op ‘n gesonde basis gestel kan word deur hierdie Swart regering nie.

Die hele Afrika is ‘n aanskouingsles dat Swartes nie ‘n parlementêre demokrasie kan bestuur nie. Waarom sal hier ‘n uitsondering wees? En Mandela, wat veronderstel is om die staat te bestuur, dié reis rond in die buiteland; hy ontvang eregaste hier; hy hou groot verjaardagpartytjies, en sy mense verander die name van damme en geboue en provinsies. Die parlement kan dikwels nie fungeer nie, en raadgewers van buite is aangestel om te gaan help. Maar wat gaan aan in die land? Daar is prakties geen regering nie, want sonder enige regering sou die land waarskynlik beter daaraan toe gewees het as met dié een. So, op die korttermyn kan ‘n mens verwag dat effektiwiteit sal daal en die ekonomiese toestand en die misdaad sal vererger. Êrens sal dit ‘n breekpunt bereik. Jy kan nie met so ‘n beleid in so ‘n toestand aangaan sonder dat dit by ‘n breekpunt kom nie.

Die ANC-SAKP

Die spanning in die ANC-SAKP sal as gevolg van die mislukkings al groter word. En die ANC is geen hegte eenheid nie. Die ANC sit met ernstige probleme wat net nie dikwels aan die groot klok gehang word nie. Hier is die Star van Desember 1994; “Problems riddle Mandela’s party”. Probleme ry Mandela se party. ‘n Bietjie later het die Star gerapporteer dat ‘n dokument wat deur Mbeki opgestel is, “Shows a growing concern, bordering on paranoia about differences inside the ANC itself and between it and its allies”. Verskille wat grens aan paranoia, vervolgingswaan, bestaan in die ANC. Nou, u sal tog nie dink dat dit sommer net sal weggaan nie.

Die ANC is geen hegte organisasie nie, en die botsing tussen die ANC en die vakbonde gaan waarskynlik een van die dinge wees wat tot ‘n ontploffing kan lei. Met die eerste verjaarsdag van die ANC se verkiesing van 27 April 1994 was die Star se voorbladopskrif na aanleiding van ‘n gesprek met Thabo Mbeki: “Breakup of ANC inevitable”. Mbeki sê dit sal miskien nie dadelik kom nie, maar dit kom. Wat gaan dan gebeur?

U sien hoe ‘n Joods-Sionistiese groep hulle versamel rondom Mbeki om hom die leier te maak. ‘n Moslem-lndiër-groep versamel rondom Ramaphosa. U sal besef die Joodse bevolking is verspreid oor die wêreld. Die Moslem-bevolking is ook verspreid oor die wêreld. As daar ‘n botsing moet kom as gevolg van die opvolging van Mandela, deur watter een van die twee ook al, sal dit reperkussies afgee. Die Jode sal waarskynlik nie met Ramaphosa gediend wees nie. Net so sal die Moslems nie vir Mbeki aanvaar as leier nie. Dit kan ‘n ontvlamming van geweld in Suid-Afrika aansteek wat in ‘n baie wye kring in die wêreld sal uitdy.

Vigs

In die mediumtermyn sit hierdie regering met ‘n probleem wat elke regering sou laat duisel het. Dit is die probleem van Vigs. Vigs is ‘n epidemie wat ‘n hele bevolking kan uitwis. En almal weet dit. Maar die regering durf nie sê wat hy gaan doen nie, omdat elke ding wat hy kon doen, politieke komplikasies sal hê wat hy nie wil erken nie. As hy Vigs ‘n aanmeldbare siekte maak, kry hy die homoseksuele bevolking op sy nek. As hy Vigslyers laat afsonder, soos melaatses, is dit nog erger. Daarom word net gesê mense moet maar net opgevoed word.

Hier skryf die Sunday Times in Februarie vanjaar in ‘n berig uit Harare: “More than a quarter of public health spending in Zimbabwe is going to Aids care. Half the beds in major hospitals are taken up by patients afflicted with the disease” — die helfte van die beddens in die hoofhospitale word deur Vigslyers beset. ‘n Medikus sê: “80% of Zimbabwe’s best paid men are infected with Aids". En in Zambië skryf die Sunday Times verlede Desember: “Mourners are digging graves at Zambia’s largest cemetry because Lusaka’s hundred and ten grave diggers cannot cope with the increasing number of burials, largely due to Aids”. Die Stadsklerk van Lusaka sê: “We have no more land and no more labour to bury the dead”. As dit daar so gaan, dink u dit sal hier nie gebeur nie?

Die Sunday Times het verlede jaar gesê: “The Aids epidemic is starting to flood South African hospitals. One in every five patients admitted for treatment to medical wards at Johannesburg Hillbrow Hospital is infected with the virus that causes Aids”. Een uit elke vyf, 20%. Citizen rapporteer verlede jaar in November "The spread of Aids in Southern Africa is alarming. Not just victims, but insurance firms are wondering how they can remain afloat. We have to do something or we sink, go insolvent, said Theo Hartwig, spokesman for Old Mutual”. So, versekeringsmaatskappye maak klaar dat hulle kan bankrot speel as gevolg van Vigs. En op 1 Desember, het Citizen berig: "Two million in South Africa infected with Aids virus: almost two million South Africans are infected with HIV virus — a dramatic increase from 5 000 in 1990”. In vyf jaar het dit gestyg van vyfduisend na twee miljoen.

Vigs onder Blankes

Ons as Blankes moet besef wat gaan gebeur in hierdie, noem dit maar, mediumtermyn. Sanlam se ondersoek deur die Panos Instituut, drie en ‘n half jaar gelede, het bevind dat een uit elke 80 Swart mans reeds MIV besmet is, en een uit elke 60 Swart vrouens. Maar by die Blankes is dit een uit 2 000 Blanke mans. En een uit 45 000 Blanke vrouens. Een uit 60 Swart vrouens en een uit 45 000 Blanke vrouens; een uit 80 Swart mans, een uit 2 000 Blanke mans. U kan sien hoe groot die gaping is tussen Swart en Wit. En daar is beramings dat 80% van die Swartes in Suid-Afrika sal sterf as gevolg van Vigs, teenoor 20% van die Blankes. Maar die ontstellende ding hierin is die groot verskil tussen die Vigsbesmetting van die Blanke mans en die Blanke vrouens: een uit 2 000 Blanke mans teenoor een uit elke 45 000 Blanke vrouens. Die verklaring is klaarblyklik dat dit Blanke mans is wat oor die kleurgrens geslagsgemeenskap gehad het en so die besmetting gekry het. En die boodskap hiervan is baie duidelik dat as die Afrikanervolk wil oorleef, hy nog strenger standaarde van kuisheid sal moet handhaaf. Dit is ‘n saak wat die toekoms gaan bepaal.

Ander sake

Naas die Vigs-probleem is daar die etniese botsing wat nie weggeraak het as gevolg van die “miracle” van 1994 nie. Die oorlog tussen die Zoeloes en Xhosas woed al van voor Jan van Riebeeck af. Dit sal nie weggaan nie. Die Blanke se weerstand gaan toeneem. Daar’s geen twyfel daaraan nie. Hierdie opflikkering rondom die inhegtenisname van genl Magnus Malan-hulle is reeds ‘n vroeë flits daarvan.

Dr Jan du Plessis het nou die dag geskryf dat die Suid- Afrikaanse staat net in naam bestaan. Die regering neem wette aan en hulle neem besluite. Maar hulle het nie die vermoë om dit uit te voer nie. Hy sê dit is soos ‘n inploffing: die struktuur buite-om staan, maar binnekant het dinge inmekaar gestort, soos byvoorbeeld die Ouditeur-Generaal reeds aangedui het: die staatsdiens stuur af op ‘n ineenstorting. Hoe lank kan ‘n staat bestuur word op hierdie manier?

So, neem dit aan: oor die mediumtermyn is hier klaar ingeboude faktore wat gaan ingryp in die toedrag van sake. En dit gaan net daarvan afhang of die Afrikaners hulleself in hulle gemoed voorberei het en organisatories ingerig is om uit sekere omstandighede voordeel te trek.

Ineenstorting en geweld wag

Oor die langtermyn sal die staatsbestel wat geskep is, inmekaar stort. Lees maar die les van Afrika en Sentraal- Europa. En dit moet u op die hart gedruk word: hierdie bestel sal inmekaar stort, en wanneer so ‘n bestel inmekaar stort, gaan dit gepaard met geweld. Dis onvermydelik. En as die Afrikaners nie georganiseerd is nie, sal hulle die prooi van geweldenaars wees. As daar een rede is waarom ons moet sorg dat ons uit hierdie toestand van gedisorganiseerheid moet losbreek, is dit die antisipasie van die ineenstorting van hierdie bestel.                                

Swart en Wit en Bruin sal nooit tot ‘n enkele nasie gemaak word nie. Selfs in minder heterogene bevolkings kan so ‘n bestel nie slaag nie, soos in Nigerië en Somali byvoorbeeld.

In Amerika voer hulle al vir die afgelope honderd-en-vyftig jaar ‘n beleid van gelykmaking van Swart en Wit. En een van die groot agitators teen rasseskeiding in Amerika uit die jare ‘60, James Meredith sê in die laat tagtiger jare: “Integration is the biggest con job ever pulled on any group of people”. Rasse-integrasie was ‘n verneukery. Hy sê: “American blacks are worse of now than at any other time in their history”. Hier sal die integrasiedrywing veel kwader gevolge hê.

Opgaan, Ingaan?

As gesê moet word wat die riglyne is wat gevolg moet word, is die eerste dat ons vir onsself moet sê: ons berus nie in hierdie bedrogvolle en verraderlike verowering van ons land deur ‘n terroriste-organisasie deur die toedoen van De Klerk nie. En wanneer dit besluit is, is die vraag: hoe moet daar te werk gegaan word? Gaan jy in in hierdie bestel, soos genl Botha en Smuts na 1902, en word jy al dieper ingetrek totdat jy later op jou eie mense skiet? Of gaan jy in met die verwagting dat jy sal uitgaan wanneer jy ‘n stukkie van jou land teruggekry het, soos die gedagte van sekere volkstaatvoorstanders is? En die aanduidings is reeds goed wat gaan gebeur. Mandela prys reeds genl Constand Viljoen en sê hy moet beloon word vir die rol wat hy gespeel het in “die vreedsame oorgang” deur nie te veg teen ‘n Kommunistiese oorname nie, maar te onderhandel vir ‘n volkstaat. Dink u die mense gaan ooit loskom uit die sisteem?

Dit klink kras, maar ek moet dit vir u sê: daar kom sterk finansiële en persoonlike oorwegings by mense wat eenmaal deur so ‘n optrede in ‘n begunstigde posisie van vergoeding kom. Die Volkstaatraadlede ontvang R155 000 per jaar. Die voorsitter kry R225 000 per jaar. Wat dink u gaan gebeur as hulle uiteindelik 'n volkstaats sou totstand bring en hulle sou hulle eie salarisse moet beëindig deur te trek na ‘n volkstaat? Die gevolg is dat hulle eerder sal praat en praat solank as wat gepraat kan word. En vir die Parlementslede en Provinsiale Raadslede van die Vryheidsfront geld dieselfde. Hulle besoldiging is nog groter.

Mandela sal baie gelukkig wees solank hulle praat, want dan het hy geen ander moeilikheid met hulle nie. Van die gepraat sal niks kom nie. Dit is hoe dinge werk. Ek het dit gesien in die Volksraad toe die krisis gekom het in 1969. Manne het saam met ons gevoel, maar was so gebind aan hulle plek in die Volksraad dat hulle nie kans gesien het om weg te breek nie. Dit was goeie Afrikaners. Daar was nie fout met hulle Afrikanerskap nie, maar dit is eenvoudig harde feite waarmee rekening gehou moet word. Vir mense wat eenmaal ingegaan het met die verwagting dat hulle sal uitkom, word dit ‘n totale krisis wanneer hulle die keuse moet maak.

Bly buite

In die derde plek is daar nog een keuse: jy bly buite. Jy qaan nie in hierdie bestel in nie. En as u kyk na ons geskiedenis: die Groot Trek was ‘n daad om buite te kom, om buite te wees, om jouself te weesDie republieke wat daaruit gekom het, was om buite die Britse gesag te wees.

Laat ons oor baie ander voorbeelde gaan tot genl Hertzog wat in 1913 uitgeskop word uit die Suid-Afrikaanse Party. En in plaas van terug te gaan na die ou Sap-party, stig hy die Nasionale Party daarbuite, om van buite die Afrikaner se stryd voort te sit. In 1934 — baie van die ouer mense het dit belewe — toe die samesmelting van die Sap-party met die Nasionale Party plaasgevind het en Malan en Strijdom en Verwoerd en Eric Louw en C R Swart en ander buite gebly en daardeur Afrikanernasionalisme opgevoer het tot die oorwinning van 1948. En Verwoerd wat in 1961 by die Statebond voor die krisis staan: as hy nie hulle voorskrifte aanvaar nie, gaan Suid-Afrika se bande gebreek word met die Statebond. En hy besluit: liewer buite die Statebond as om in dié geselskap te bly. En buite die Statebond voer hy Suid-Afrika tot die grootste prestasies wat die land ooit in die geskiedenis bereik het.

Elke keer wanneer die Afrikanervolk na ‘n nuwe hoogte beweeg het, was dit terwyl hy van buite geveg het. Daar is binne so ‘n bestel die dood in die pot. En as jy buite bly om van buite te stry, vereis dit ‘n gees van weerstand, want dit is deur ‘n gees van weerstand dat jy in staat word om gebeurtenisse van buite te beïnvloed en om geleenthede te benut wanneer die vyand horn misreken of foute maak. Dit is een enkele netwerk waarin gemoedstoestande en besluite inmekaar vleg tot ‘n geheel.

Vyande bevorder Afrikanerstrewe

As jy kyk na die groot opkoms van die Afrikanernasionalisme na 1902: byna nie een van die werklike groot ontwikkelings was beplan deur die Boeregeneraals nie, maar was alles die gevolge van dade of foute van die vyande. Die vroeë verlening van verantwoordelike regering aan die voormalige republieke deur die Liberale Party-regering van Brittanje, in teenstelling met wat die Konserwatiewe Party sou gedoen het. Dit het gelei tot die prikkeling van politieke aktiwiteit in die voormalige republieke. Die uitskop van genl Hertzog uit die Botha-kabinet was nie deur die Boereleiers beplan nie, maar ‘n fout van vyande. En dit het gelei tot die stigting van die Nasionale Party, wat van buite gaan veg het. Die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog, wat ook nie deur die Boereleiers beplan was nie, en daarmee saam, die uitbreek van die Rebellie en genl Smuts wat Jopie Fourie laat doodskiet op ‘n Sondag, wat ‘n hele ontploffing van rasionale emosie veroorsaak het. In 1919 Louis Botha wat sterf, ook nie as gevolg van die beplanning van die Boereleiers nie, en Smuts wat minder populer is hom opvolg tot voordeel van die Nasionale Party. In 1922 die uitbreek van die mynwerkersstaking en Hertzog en Creswell se partye wat as gevolg daarvan bymekaar kom. In 1924 sterf die Sap-volksraadslid vir Wakkerstroom — ook nie ‘n beplanning van die Boeregeneraals nie — en Smuts verloor die tussenverkiesing en roep ‘n algemene verkiesing uit waarin hy verslaan word. En Hertzog word Eerste Minister van SA.

Die hele reeks gebeurtenisse was veroorsaak deur die vyande. En die Boereleiers was in staat om die voordeel daarvan te benut. Wanneer daar so ‘n gegewe is, en daar is ‘n gees van weerstand, moet dit lei tot aksie, soos in die tydperk 1877 tot 1881 in Transvaal, waar weerstand omgesit het tot lydelike verset. Na 1877 het Kruger en Marthinus Wessel Pretorius en Piet Joubert die volk se weerstand opgewek deur saamtrekke by Wonderfontein en ander plekke, en deur ander aksies. Maar geleidelik is die volk voorberei vir lydelike verset, wat weer ‘n versterking van die gees van weerstand en die wil tot vordering meegebring het.

Prioriteite

Wanneer oor die dinge gepraat is, is die nodigheid om prioriteite te bepaal. En laat my by herhaling sê: ons moet die vyand kies, sodat ons die grense kan trek. Hierdie verwardheid van grenslyne is ons grootste frustrasie. Ons moet ‘n enkelsinnige benadering hê vanwaar jy die vyand kan identifiseer. En as die Kommunis gekies word as vyand, dan betrek dit elkeen wat rondom hom is. En u sal sien, as die Kommunis aangeval word, hoe hierdie liberaliste tot dié se hulp gaan kom. So, dit is die eerste vereiste. Die tweede, nadat die vyand gekies is, is om georiënteer te word tot stryd. ‘n Volk kan nie dink dat hy sonder stryd en opoffering en toewyding enige ideaal kan bereik nie. Dit was die lesse van 1877 tot 1881 en van 1902 tot 1961. En as jy praat van prioriteite en jy praat van lydelike verset en die moontlikheid van geweld wanneer hierdie stelsel inmekaar stort, is die eerste prioriteit: organiseer; maak die volk weer sterk deur die organiese eenheid te herstel in oganisasies wat Afrikanernasionalisme as basis het.

By al die pogings wat daar in die hierdie eeu was en waarby geweld deur Afrikaners gebruik is, kon sukses nie behaal word nie. Dit was telkens die politieke stryd wat ons volk na hoogtepunte gevoer het. Dit was die politieke leiers wat die groot vordering gebring het — 1924, 1948, 1961. Waar die politieke aksie nie gepaardgaan met wapens nie, vra dit ook wel vreesloosheid, moed, geloof, bereidheid tot toewyding, bereidheid tot opoffering. En dit is wat ‘n volk verhef en veredel wanneer gestry word vir iets bo en buite die persoonlike voordeel.

Bring bymekaar

As ons bo-oor politieke verdeeldheid wil voortgaan sal ons op die korttermyn gesamentlike aksie moet probeer aan die gang kry en gebeure beïnvloed. Soos ek gesê het , ons sal ons gemoedstemming moet regkry dat ons nie in die verraad berus nie. En ons sal ons moet beroep op die mense met wie ons ’n gemeenskaplikheid het: die nie-stemmers en mense wat misnoegd en ontnugterd is. OP dié banier daar agter staan: Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort. En die innerlike oortuiging is die gehegtheid aan ons Witmanskap, ons kultuur en ons ras. En daarnaas die onbreekbare wil om vry te '‘wees van oorheersing deur buitelandse magte; vry van oorheersing deur finansiële imperialiste; vry van oorheersing deur swart getalle; en vry van oorheersing deur Kommunistiese diktators. Dit is die dinge wat ons saam kan bind. Dit is die innerlike oortuiging waaromheen ons kan vergader.

Uitdaging

Dit is wat die kort- en mediumtermyn behels. Op die langtermyn moet daar een onverbiddelike strategiese doelwit wees: Dié land is óns land. Ons sal weer ons vryheid verwerf, kom wat wil. Ons sal weer die onomkeerbare omkeer. As ons nie vir mekaar dit sê nie, is ons as Afrikanernasionaliste nie eerlik in hierdie stryd nie. En watter opoffering dit ookal sal meebring, al sal daar bloed moet vloei, ons sal daartoe bereid moet wees. Dis die uitdaging wat deur die geskiedenis aan ons gestel word. Die een groot feit van die Afrikanergeskiedenis is dat die Engelse mag nog nooit daarin kon slaag om die Afrikanervolk permanent onder te kry nie. Telkens het ons weer oorwin.

Stryd stel ‘n groot toets aan mense se geloof, want soos in die Bybel gesê is: geloof is ‘n oortuiging aangaande die dinge wat die mens nie sien nie, en ‘n bewuste verwagting van wat die mens hoop. Dit is geloof wat ons volk se leiers gedra het. In tye van krisis moet geloof, trou en volharding die volk uit sy beknelling lei. En dit is altyd die minderheid in ‘n volk wat die geskiedenis maak, wat die boodskap van die geskiedenis hoor en die verwagtings vir die toekoms aanvoel. Moenie vir u laat vertel dat as ons ‘n minderheid is, ons magteloos is nie. Wanneer sy saak reg is, is ’n minderheid ’n mag.

Die toekoms behoort altyd aan die wat bereid is om te ly en te stry vir iets groter as hulleself; wat hulle blik rig op die hoë spitse; en wat marsjeer op die tromme van hulle volk se heldedom.

Jaap Marais

2 Desember 1995

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1087 gaste aanlyn