Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Charles Dickens het gesê: “Geluk is goeie vriende, en ook goeie boeke en die vermoë om die lelike dinge van die verlede te begrawe en te vergeet”.
DIE WARE INLIGTING- SKANDAAL (1)
Dr Eschel Rhoodie (1984)
Lees reeks by Die ware inligtingskandaal
Die wêreldwye sielkundige en propaganda-aanslag teen Suid-Afrika het sy hoogtepunt aan die begin van die sewentigerjare bereik en die regering van mnr. John Vorster het vir die eerste keer begin vrees dat isolasie, politieke en ekonomiese isolasie, op die land afgedwing gaan word. Daar is gevrees dat dit net 'n kwessie van tyd was voordat twee dinge sou gebeur het wat meer gevaar as enigiets anders ingehou het: 'n Besluit van die Veiligheidsraad in die VN wat bindend op alle lede sou wees en wat hulle beveel om onmiddellik olieverskaffing aan Suid-Afrika te staak en die instelling van 'n langdurige vakunie-blokkade t.o.v. alle kommunikasie met Suid-Afrika, kabel- en telefoonverbindings, sowel as skeeps- en lugvaart.
Die vakunie-aksie sou deur die "AFLO-CIO" in die VSA gelei word en in Europa deur die Wêreld-federasie van Vakunies, 'n Kommunistiese frontorganisasie wat kategorie A-status saam met UNESCO by die Verenigde Volke geniet.
In so 'n toestand van isolasie sou die bedrywing van massiewe sabotasie en terrorisme, selfs teen burgerlikes, internasionale sensuur kon vryspring. Vir sommige V.V.-lidlande sou die ekonomiese nasleep van 'n blokkade ernstige gevolge, selfs ontberings, ingehou het. Vir Suid-Afrika sou dit ekonomies rampspoedig gewees het.
Issolasie, as 'n wapen om verandering op Suid-Afrika of te dwing, moet nie met totale aanslag en totale reaksie, verwar word nie. Laasgenoemde is politieke skrikbeelde en segswyses wat deur generaal Magnus Malan en mnr. P.W. Botha om politieke, en nie om werklike strategiese redes nie, gefabriseer is. "Totale aanslag" is en bly, politieke bedrog. Om die waarheid te sê, so 'n aanslag bestaan glad nie en is nog nooit teen Suid-Afrika bedryf nie.
Die vrees van isolasie is nooit in die openbaar deur mnr. Vorster of enige lid van die destydse regering te berde gebring nie. Ek bring dit nou aan die lig omdat ek glo dat die moontlikheid van so 'n isolasie verby is. Hopelik vir altyd, danksy die feit dat Suid-Afrika, onder mnr. Vorster, ondersteuning vir Rhodesië se "onwettige" voortbestaan gestaak het. Ook omdat mnr. P.W. Botha uiteindelik besluit het (veertien jaar nadat die regering homself tot hierdie stap voor die Wêreldhof in Den Haag verbind het,) om die risiko te neem van ons eie mense in Suidwes-Afrika op die pad na'n onafhanklike Namibië te plaas. Daar is ander redes ook: die verbeterde sosiale en ekonomiese omstandighede van die swart bevolking; vooruitsigte vir 'n beter politieke bedeling, met magsdeling, vir die Kleurlinge en Indiërs en, natuurlik, die verkiesing van mnr. Ronald Reagan as President van die Verenigde State.
Mnr. Reagan se verkiesing is, wat my betref, nogal ironies, aangesien ek op 'n keer deur die Suid-Afrikaanse Ambassadeur in Washington belet is om enige kontak tussen mnr. Reagan en besoekende Suid-Afrikaanse Kabinetsministers te bewerkstellig. Dit was toe mnr. Reagan nog in Kalifornië en nie in die Withuis gewoon het nie. Dr. Connie Mulder het my wyslik aangeraai om daardie bevel te ignoreer en teen die tyd dat by President geword het, was mnr. Reagan een van die mees ingeligte politici oor Suid-Afrika — in die VSA. Ons Ambassadeur het uiteindelik tog die reis na Kalifornië onderneem — maar in die voetspore van Connie Mulder en verskeie ander kontakte wat Inligting opgebou het. Dit was Connie Mulder wat die eerste keer van "konstruktiewe dialoog" tussen die VSA en Suid-Afrika gepraat het en wat toe later President Reagan se amptelike beleid geword het.
In die laat sestiger-jare het Suid-Afrika ekonomies van die nasleep van die Sharpeville tragedie herstel, maar op politieke vlak, veral internasionale politiek, het die situasie nie verbeter nie — dit het inderdaad verswak. Senior amptenare by die Department van Inligting, wat die verslae van die departement se verteenwoordigers dwarsoor die wêreld en van 22 streekskantore in Suid-Afrika gelees het, het geweet dat die politieke druk op Suid-Afrika toegeneem het; dat die land in toenemende isolasie deur die aksies van sy kritici en vyande oorsee, sowel as deur die negatiewe beleidsrigtings van sy eie regering geforseer was, terwyl Swart ontevredenheid binnelands, net onder die oppervlakte gesmeul het.
Toe ek in 1972 Sekretaris van Inligting geword het, het die toegang tot wêreldwye verslae en evaluerings deur die Buro vir Staatsveiligheid aan my getoon hoe donker die prentjie eintlik was. Suid-Afrikaners is nie deur hul regering ingelig oor hoe sleg die nuus was nie, maar dit wat die gemeenskap wel via die pers bereik het, was sleg genoeg. Rasse-geíntegreerde sportgroepe is deelname aan die Olimpiese Spele geweier; Suid-Afrikaanse Lugdiens kon nie
oor Afrika vlieg nie; in die Verenigde State en elders het honderde maatskappye dit oorweeg om ekonomies bande met ons te verbreek; Suid-Afrikaanse wetenskaplikes is toegang tot internasionale konferensies geweier; kortom, Suid-Afrika was besig om van die internasionale gemeenskap geisoleer te word. Dit is nog steeds 'n voortgaande proses. Kyk maar ná die uitsluiting van die Suid-Afrikaanse afvaardiging na Zimbabwe, waar hulle in 1983 die Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur sou bywoon. Kyk maar na die uitsetting van ons Afrikaanse Kerke deur die Wêreld Alliansie van Gereformeerde en Hervormde Kerke. Van die uitwysing van ons professionele gholfspelers uit Swede. Alles net in 1983.
Wat nie aan Suid-Afrikaners vertel is nie, was dat al hoe meer Westerse regerings geweldige politieke en diplomatieke druk op blank-Suid-Afrika uitgeoefen het om demokratiese magsverdeling met die swartes te aanvaar - om dit onomwonde te stel — om voorbereidings vir uiteindelike abdikasie tref. Meer en meer Westerse regerings het die idee van ekonomiese sanksies begin oorweeg. Eise is deur regerings gestel vir drastiese korttermyn veranderings in Suid-Afrika. Meer en meer deure is vir Suid-Afrika gesluit, nie deur die Derde Wêreld-lande nie, maar deur die direkte optrede van Westerse regerings wat vroeër die houding van "wag-en-kyk" ingeneem het, of selfs simpatiek teenoor ons gestaan het.
In die Verenigde State was die situasie uiters sorgwekkend.
Suid-Afrika se lugmag offisiere wat in die Koreaanse Oorlog in bomwerper-eskader van die VSA geveg het en wat die hoogste eretekens gedra het wat die Amerikaners aan vlieëniers toegeken het, kon nie meer die VSA besoek nie, selfs nie wanneer hulle hul Amerikaanse eretekens gedra het nie.
In plaas daarvan dat die Amerikaanse Kongres en Senaat gehelp het om hulle regering se houding teenoor Suid-Afrika gedurende die sestiger-jare vas te stel, is daar toegelaat dat dit die eksklusiewe voorreg van die Staatsdepartement geword het. Hierdie Departement het van vyandiggesinde anti-Suid-Afrikaanse inmengers gewemel, mense wie se hele benadering tot wêreldwye politieke probleme nie deur die harde werklikhede van die dag bepaal is maar deur akademies-politieke teorieë en sogenaamde politieke patrone hulle vir elke situasie ontwerp het. Verder het hulle hul eie denkwyses onder die massa onrealistiese en anti-wit-rassistiese retoriek laat wegsink wat debatte oor Suid-Afrika in die Algemene Vergadering van die VV gekenmerk het.
VSA-beleid teenoor Suid-Afrika is uiteindelik bepaal deur die houding die Organisasies vir Afrika Eenheid en die Algemene Vergadering van die Verenigde Volke ingeneem het, en nie deur wat sy eie kongres geglo het nie. Inderwaarheid was daar geen Amerikaanse beleid ten opsigte van Suid-Afrika nie. Dit het internasionaal geword.
Die tragedie was dat Suid-Afrika se buitelandse beleid op daardie tydstip reg in hulle hande gespeel het. Dit was op so 'n lae noot dat dit byna "ondergronds" was.
Die voorspoed wat Suid-Afrika vroeg in die sewentiger jare beleef het was indrukwekkend — maar dit was slegs 'n relatiewe voorspoed. Indien Afrika in staat was om sy regmatige plek in Afrika in te neem — om konferensies wat hy wou, by te woon; om 'n "hoë profiel" by alle tegniese en wetenskaplike byeenkomste te handhaaf; om tot sy maksimum kapasiteit handel te bedryf; om die maksimum aantal opgeleide immigrante te werf; om maksimum buitelandse belegging te kon trek; en om maksimum kontak (kultureel, tegnies en polities) met lande soos die Verenigde State, Japan, Brasilië, Wes-Duitsland, Kanada en Frankryk te kon geniet — clan sou die voorspoed van die vroeë sewentiger-jare nog maar net die onderste sport verteenwoordig.
Gedurende die vroeë sewentiger-jare het dit vir ingeligtes duidelik geword dat, in plaas daarvan dat dit afgeneem het, die kritiek op afsonderlike ontwikkeling eerder wyer versprei het. Westerse lande het al hoe meer na Suid-Afrika as 'n "ontwrigtende invloed" verwys, selfs as 'n "duidelike gevaar" vir vrede in Afrika. Apartheid is nie langer as bloot rasse-ideologie gesien nie, maar as 'n vorm van institusionele geweld. Swartsmeer en hardloop taktiek
van buitelandse televisiespanne het toegeneem: "Last Grave at Dimbaza" 'n klassieke voorbeeld. Nadat die Nederlandse televisiestasie, IKOR, hierdie 40-minuut-lange film gebeeldsaai het, het die aankondiger gesê dat gedurnder die program 30 kinders in Suid-Afrika by gebrek aan voedsel dood is. Dit het Jan Brandt, redakteur van Die Telegraaf beweeg om te skryf dat volgens sy berekening swart vroue in Suid-Afrika deur die bank twee keer per jaar geboorte skenk. Daar kon geen ander logiese rede wees om die aanwas van die swart bevolking te verklaar nie. Later het Malcolm Muggeridge gepraat oor televisie-verslae in Brittanje oor die algemeen, en gesê: "Ons wat gewoond is om daarmee te werk, weet dat dit in staat is tot onbeperkte bedrog, miskien die uitnemendste vorm van bedrog".
In Milton Shulman se boek, Ravenous Eye, het hy na televisie as die "halwe-waarheid-masjien" verwys. Die pers, radio, televisie en kerke het al hoe meer op kleinlike apartheid, loongapings tussen swart en wit en verbandhoudende vraagstukke begin te hamer: eksklusiewe blanke sport; Suid-Afrika se volgehoue ondersteuning Rhodesië; sy teenwoordigheid in Suidwes-Afrika; en dat goudaankope en ekonomiese beleggings in Suid-Afrika die saak van apartheid bevorder. "Kruger Rands Kill" was die banieropskrifte van advertensies in die Verenigde State. Hier is 'n uitknipsel daarvan:
KRUGERRANDS KILL.
The Krugerrand is a gold coin, minted by the racist government to South Africa. Money from the sale of South Africa Krugerrands supports apartheid —a government system of racial exploitation.
This is what apartheid and the sale of Krugerrands means:
* Between 1973 and 1975, there were 2 993 deaths in South African mines and 110 169 serious injuries.
* 90 % of mine workers are black, 75 % of which are migrant workers forced to live separated from their families for 11 months of the year.
* The average monthly wage for the black miner is $124. White miners get an average of $563.
* Over half the people born on South African reservations die before they reach age five.
* The overwhelming majority of the, people have no say in government. Voting is a privilege reserved for whites only.
The sale of Krugerrands in Portland is offensive to all of us standing for human dignity.
Buying the Krugerrand is supporting Apartheid!
Portland Citizens Against Racism, call 281-7886
Die mees kritiese verslae het in lande soos die VSA, Nederland, Brittanje Kanada, Australië en Wes-Duitsland verskyn.
Die tradisioneel vyandige houding van die Derde Wêreldlande het ook tot buitensporige driftigheid gegroei en terselfdertyd het anti-apartheidsorganisasies oral oor die Wêsterse wêreld soos paddastoele verrys.
Verskeie kerke, veral in Holland, die Verenigde State, Wes-Duitsland en Brittanje het na die voorste linies van die "boikot-en-isoleer-Suid-Afrika"-brigade beweeg. Dwarsoor die wêreld het verdraaide, onjuiste of onvolledige en veral valse verslae in die nuusmedia toegeneem. "Ewewigtige verslaggewing" oor Suid-Afrika was 'n siniese grap.
In 1974 het die Britse pers tien maal meer ruimte bestee aan die politieke furore wat die Britse Leeus se rugby-toer na Suid-Afrika voorafgegaan het, as aan die vorige algemene verkiesing of mnr Vorster se leiersberaad met swart tuislandleiers in Suid-Afrika.
Die dubbele standaarde wat deur die Westerse media en Westerse regerings toegepas is mag miskien nie sy hoogtepunt teen die einde van die sestiger-jare en die begin van die sewentiger-jare bereik het nie, maar dit was baie na aan daardie hoogtepunt. Teen daardie tyd het koerante soos The New York Times en The Washington Post meer artikels oor die skending van menseregte in Suid-Afrika gepubliseer as in Kuba, Noord-Korea, Kambodja, Uganda en 'n dosyn ander eenmandiktatorskappe gesamentlik. (In 1982 het The New York Times, met die slagspreuk: "Al die nuus wat werd is om gedruk te word", byna 1200 keer na Suid-Afrika verwys en net ongeveer 600 keer na die Sowjet-Unie
Mugabe se verkragting van die demokrasie in Zimbabwe het net sowat 220 verwysings verdien, ongeveer dieselfde as Angola.
Twee ander baie belangrike verwikkelinge rakende Suid-Afrika se "beeld" in die wêreld het teen die einde van die sestiger- en begin sewentiger-jare na vore gekom. Die een was joernalistiese rassisme en die ander was die toenemende kleurbewustheid van die Westerse wêreld, wat homself in omgekeerde politieke diskriminasie openbaar het.
Joernalistieke rassisme is in (skynheilige) Nederland vervaardig en verpak en vandaar het dit vinnig na Skandinawië, Brittanje, Kanada, Wes-Duitsland en die Verenigde State versprei. Koerante soos The New York Times, The Washington Post, The Guardian, The Observer in Londen, Trouw in Nederland, Dagens Nyheter in Swede en Der Spiegel in Wes-Duitsland het die voortou geneem. Hierdie nuwe joernalistiek het voorgegee dat dit intens oor die menswaardigheid, politieke regte en die ekonomiese en sosiale welsyn van swartmense bekommerd was — maar — en dit is die kern van die saak — nie alle swartmense nie. Net dié wat in kontak met witmense kom. Indien die menswaardigheid van swartmense, of hulle politieke en godsdienstige regte vertrap is, of selfs vernietig is, soos dit met swart Christene in die Sudan en in Mosambiek gebeur het, en met ander swartes in Guinee, Burundi of Angola, dan is 'n diepgaande ondersoek van hierdie gebeure, of vyandige publisiteit, opsetlik vermy. Menswaardigheid was, in terme van rassistiese joernalistiek, net 'n twispunt binne die raamwerk van swart-wit-verhoudings. Wat swart aan swart, bruin aan bruin of geel aan geel in ander dele van die wêreld gedoen het, was van geen belang nie.
Dit verduidelik ook die skynbare obsessie wat groot Westerse koerante oor toestande in Suid-Afrika, Rhodesië en Suidwes-Afrika aan die dag gelê het. Om 'n voorbeeld te noem: die slagting van 200 000 swart menslike wesens in Burundi in 1972 het baie minder publisiteit in The New York Times ontvang as die Sharpeville-insident, waar daar sowat 70 dood is. Om die waarheid te sê, indien jy nie 'n gereelde leser van The New York Times was nie, sou jy nooit eers geweet het wat in Burundi gebeur het nie. Maar "Sharpeville" is aan elke leser van die koerant bekend.
In 1969 het Voortrekkerpers my boek The Paper Curtain uitgegee. Die boek het, onder andere, oor hierdie rassistiese houding van die wit Westerse nuusmedia gehandel en het uitdruklik na The Guardian, 'n baie prominente koerant in Londen, as 'n mede-oortreder verwys. 'n Suid-Afrikaanse verteenwoordiger van hierdie koerant, het destyds my ontleding bespot. Ek moes ses jaar wag voordat The Guardian in sy hoofartikel van die 11 e Julie 1975 (my verjaardig) soos volg geskryf het:
"Om voor te gee dat die gruweldade en onderdrukkings wat onafhanklike(swart) Afrika af en toe pleeg, op 'n manier as 'n newe-produk van onkunde of oorgeërfde stamtwiste verskoonbaar is, is om omgekeerde rassisme to bedryf. Dit is net so afskuwelik soos die wit-teen-swart-probleem. Sharpeville sal, altyd tereg onthou word as gevolg van die slagting van 67 swartes. Waaraa herinner name soos byvoorbeeld Kigali en Bujumburu 'n mens? Mense is daar in hul tien-duisende doodgemaak, maar daar is 'n gevoel dat, omdat hulle deur mede-swartes om die lewe gebring is, hulle dood nie 'n politieke kwessie is nie Dit is nie waar nie".
'n Bietjie laat — maar ten minste baie ter sake.
Hand-aan-hand met hierdie joernalistieke rassisme het 'n nuwe probleem Suid-Afrika gekonfronteer: Omgekeerde Rassisme. Hierdie probleem kan in een eenvoudige polities-realistiese vergelyking saamgevat word. Indien mnr John Vorster 'n swartman was en hy en sy regering presies aan die blank( gedoen het wat mnr. Vorster-hulle vir meer as 'n dekade aan die swartes Suid-Afrika gedoen het, sou mnr. Vorster nie alleen Voorsitter van die OA gewees het nie, maar Suid-Afrika self sou as die mees progressiewe, verligte liberale staat in die ganse Afrika bekend gestaan het. Dit geld ook vir mr. P.W. Botha, mnr. Vorster se opvolger.
Dit gaan nie om wat mnr. Vorster of mnr. Botha gedoen het nie, maar die feit dat hulle wit is, wat die vyandige politieke koeëls laat klap het. Die proses van "omgekeerde diskriminasie" het 'n instelling by die Verenigde Volke en in regeringskringe in Skandinawië, Nederland en en Wit Westerse lande geword. Hoe minder nie-Blankes in 'n besondere land, hoe feller die kritiek. Toenemende diplomatieke en politieke druk is op Suid-Afrika uitgeoefen juis omdat dit 'n blanke regering gehad het. Maar hierdie verskuiwing van rassemoraliteit, veral in die VV, was ten minste die laaste strooi vir enkele eerlike kritici in wit liberale kringe.
'n Uitstaande voorbeeld hiervan is miskien dié van die voormalige redakteur van The New Statesman, Paul Johnson. Op 31 Oktober 1975 het hy in hierdie tydskrif geskryf: "Die VV is vinnig op pad om een van die mees korrupte korrupterende maaksels in die hele geskiedenis van menslike instellings word . . . ek is bevrees die treurige waarheid is dat die kerse van die beskawing baie flou brand. Die wêreld word al hoe meer regeer nie soseer deur kapitalisme of kommunisme, of sosiale demokrasie, of selfs stam-wreedheid nie, maar deur 'n valse woordeboek vol politieke 'cliches' wat met die verloop van 'n halfeeu versamel is en nou 'n soort gedegenereerde priesterlike gesag aangeneem het. Ons weet almal wat hierdie cliches beteken: dat manne met gekleurde velle niks verkeerds kan doen nie en dié met wit velle niks reg nie mits hulle hulself natuurlik kommuniste noem; dat moord op onskuldige mense om politieke redes aanvaarbaar is, mits jy jouself 'n "guerilla" noem; dat onder die regte politieke omstandighede, 'n stuk dinamiet "moreel" verhewe is bo rasionele bespreking". Die probleem is net dat hierdie soort borsslanery en bekering te laat gekom het om vir ons van hulp te wees. Suid-Afrika het terselfdertyd bygedra tot die vyandigheid omdat by nie die toenemende kleurbewustheid van die Weste begryp het nie. Diskriminasie of onderskeiding op grond van kleur was as die mees weersinwekkende politieke beleid van ons tyd beskou, nie alleen deur die pers en die akademiese samelewing nie, maar ook deur die meeste politici en regerings. Dit maak nie saak hoe patrioties ons ook al probeer wees nie, dit bly nog die waarheid dat wetgewing in Suid-Afrika destyds grotendeels op kleur, en nie op meriete, gebaseer was nie. Gedurende die dekade voor die vroeër sewentigerjare het mnr. Vorster se regering baie min gedoen om van diskriminasie suiwer op grond van kleur weg te beweeg. Ons vyande het met groot sukses apartheid aan Nazi-isme gelykgestel, net soos hulle vandag nog doen deur maar net die Ontug- of die Groepsgebiede-wet aan te haal. Dit laat almal onmiddellik aan die Jode vervolging in Nazi Duitsland dink, waar soortgelyke wette bestaan het.
Vervolg...