Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Om te vas is in ons tyd nie 'n opdrag van die HERE of noodwendig deel van ons liefdesverhouding tot God of ons naaste nie – dit kan egter bydrae om as ootmoed voor Hom te dien. Maar waarteen gewaak moet word is dat die misbruik van voedsel tussen ons en Hom staan, 'n sonde wat talle mense pleeg deur onverantwoordelik daarmee om te gaan sonder om te dink daaraan as 'n oortreding.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (10)
083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die Engelse inligtingstuk)
Heightened corruption in government circles and increased theft of state moneys, such as state pension funds.
-Genl Roland de Vries
*
“Success is not final, failure is not fatal: it is the courage to continue that counts.”
― Winston S. Churchill
*
The most terrifying force of death, comes from the hands of men who wanted to be left alone. They try, so very hard, to mind their own business and provide for themselves and those they love. They resist every impulse to fight back, knowing the forced and permanent change of life that will come from it. They know, that the moment they fight back, their lives as they have lived them, are over.
The moment the men who wanted to be left alone are forced to fight back, it is a form of suicide. They are literally killing off who they used to be. Which is why, when forced to take up violence, these men who wanted to be left alone, fight with unholy vengeance against those who murdered their former lives.
They fight with raw hate, and a drive that cannot be fathomed by those who are merely play-acting at politics and terror. True terror will arrive at these people’s door, and they will cry, scream, and beg for mercy... but it will fall upon the deaf ears of the men who just wanted to be left alone.
- Aleksandr Solzhenitsyn
*
“With a wimper or a bang?” was die Engelse vraag op baie se lippe en in hulle gemoed. Sou Suid-Afrika sag en geleidelik – as die woord “sag” as contratictio in terminus of te wel oksimoron aanvaar word – in die doldrums van anargie sak, of met ‘n slag, of te wel ‘n “bang”?
Om die vraag uit ‘n ander hoek te benader: sal daar voldoende waarskuwing wees om voor te berei, om betyds skuiling te verkry, of weg te beweeg vanaf gevaarlike plekke?
Indien ‘n mens te vroeg onttrek, en die probleem kom eers maande later, wat van jou werksgeleentheid, kinders se skool, jou vrou se besigheid? Aan die ander kant, as jy te lank wag, sal jy jou en jou gesin se veiligheid in gevaar stel deur in ‘n verwoestende gemaal in te ry en geen uitkoms kry nie? Hoe moet ‘n man die veiligheid van sy gesin opweeg teenoor die ekonomiese veiligheid van sy werk, praktyk of besigheid?
Dus: gaan dit geleidelik gebeur of met ‘n slag? Of, indien ‘n mens die optimistici glo, sal dit nie so ver agteruit gaan dat alles inmekaar stort nie. Dan sal die regering van die dag genoeg intelligensie aan die dag lê om alle ineenstorting om te keer, alle mislukkings om te swaai na sukses.
Eskom sal weer alle eenhede herstel kry, die mense wat die spoorstawe weggedra het, sal dit terugbring en in plek sweis, die paaie sal herbou word, die Poskantoor kan weer vertrou word met alle briewe, vanaf kerskaartjies tot pakkies met duur inhoud, alle verlore posstukke sal hulle weg weer na die geadresseerdes terugvind, korrupte staatsamptenare sal ophou steel of vervang word met kundige werkers, daar sal vrede wees, misdaad sal eensklaps ophou, werksgeleenthede sal geskep word om die dertien miljoen werkloses in diens te neem, die buitelandse skuld sal afgeskryf word as ‘n teken van goedertrou, skole sal eensklaps weer onder dissipline kom, onderwysers wat onbekwaam is sal binne dae vervang word met opgeleides, die polisie en weermag sal bekwaam word, alle uitgediende en stukkende voertuie en toerusting sal vervang word, BEE, Transformasie, Regstellende Aksie word afgeskaf en daar word weer van kundige blankes gebruik gemaak, Denel sal skielik weer Rooivalke, Rooikatte en tenks aan die weermag verskaf, alle onwettige (ongedokumenteerde) immigrante sal hulleself aanmeld vir deportasie, en misdadigers by die gevangenisse.
Regters, landdroste en staatsaanklaers sal hulleself as onbekwaam verklaar en vra om vervang te word. Alle mense wat in die Zondo-kommissie se verslag genoem word, sal oop kaarte speel met die Valke en hulleself tydelik (of permanent) uit hulle poste verwyder en alle geld wat uit oneerlike bronne ontvang is, terugbetaal aan die fiskus.
Die Guptas sal terugkom na Suid-Afrika toe en met die geld wat hulle vir hulle herehuise in Dubai gekry het, om genade pleit by die hof en die burgers van Suid-Afrika. Die waterbronne sal onmiddellik skoon word en kinders sal weer daarin kan speel, mense uit tuinslange kan drink sonder vrees vir e-coli, elke gesin ‘n behoorlike huis kry by die staat en elkeen sal hulle omgewing skoon en rommelvry hou. Diegene wat hulle verryk het aan onwettige tenders, sal hulle ruim huise oopstel vir ontheemdes. So kan die lys aangaan.
Indien dit nie gebeur nie, sal Suid-Afrika eenvoudig in chaos, wanorde en anargie verval. Dit is nie ‘n “miskien” nie, maar ‘n “beslis”. En slegs diegene wat hulle nie laat mislei het deur vroom praatjies en mooi soetsappighede nie, sal uiteindelik oorleef. Die mense wat glo dat die huidige regering dinge kan herstel, of selfs ‘n ander party wat aan bewind kan kom, sal ook glo in die sprokies van Grimm, die tandmuis, dat die aarde plat is en dat daar groen mannetjies op die maan woon.
Die groot probleem is om te besluit wie om te glo. Natuurlik is die hoofstroommedia onder dwang van hulle base. Wat die grootkoppe besluit, is wat die pers moet druk of die televisie moet uitsaai, al stem die joernalis nie altyd saam nie. Aan die ander kant is daar soveel oningeligte “onafhanklike” nuusjagters wat nie altyd die vermoë, breë blootstelling of finansies het om ‘n storie behoorlik na te vors nie. Dan sit elkeen te kampe met die probleem van die doel van ‘n stuk nuus. Is dit bloot om soveel blootstelling as moontlik te kry en sodoende geld, of is daar ‘n meer sinistêre rede agter die rede? Is daar ‘n verdere politieke agenda daaragter?
Uiteindelik is dit elkeen se verantwoordelikheid om die situasie te ontleed, sy verstand te gebruik en die regte besluit op die regte tyd te neem. Jou en jou gesin se lewens mag daarvan afhang.
*
Maya hurk in die skaduwee van ‘n groot klip en ‘n aangeplante bloekomboom, terwyl sy oor die dorp kyk. Dis nog baie vroeg, met die sonnetjie wat sy kop wil-wil oor die horizon druk. Dis vir haar baie duidelik dat die krag steeds af is. Daar behoort teen hierdie tyd van die vroeg-oggend nog heelwat ligte aan te wees, soos wat mense sou gereed maak om ontbyt te nuttig voordat hulle gaan werk of skool toe gaan. Dis egter na nog ‘n paar minute vir haar duidelik dat dit nie gaan gebeur nie.
Ver na die onderkant van die berg, net anderkant ‘n oop stuk veld, of park, is daar beweging. ‘n Ouerige man loop versigtig uit na buite, en as sy hom deur die geweer se teleskoop volg, sien sy hy het een of ander jaggeweer in sy hande. Aan die manier waarop hy beweeg, sou sy raai dat hy militêre opleiding gehad het, of is net baie op sy hoede. Hy loop by sy huis se motorhek uit, gaan staan op die hoek en kyk met die pad op na die Ooste, waar die teerpad net ‘n ent verder in grondpad verander.
Sodra hy seker is dat die pad skoon is van enige gevaar, kyk hy in die teenoorgestelde rigting en uiteindelik ook na die suidekant. Sy vermoed hy sien iets, want hy bring die geweer op na sy skouer, sodat hy deur die teleskoop kan kyk. Tevrede dat daar niks in die verte skuil nie, laat sak hy die geweer en aan sy houding kan sy sien hy bring ’n tweeriging radio tevoorskyn, roep waarskynlik na iemand en antwoord iets, wat sy natuurlik op hierdie afstand nie kan hoor nie.
Hy kyk weer in alle rigtings om seker te maak en loop dan terug na sy hek toe, wat hy versigtig toemaak en met ‘n slot stewig sluit. Maya is in haar alleenheid beïndruk met die man se optrede. Instinktief besluit sy om teen die berg af te beweeg en na sy huis te loop. Sy het geen idee wie dit kan wees nie, maar sy hou sommer net van hom.
Die roete af ondertoe neem nie baie lank nie, soos die kraai vlieg nie meer as vyf honderd meter nie, maar sy loop ‘n draai, om nie deur of naby die huise in die straat tussen dit te loop nie. Na ‘n driekwartier, waarin sy seker maak niemand gewaar haar nie, is sy by die huis op die hoek, waar sy die man gesien het. Sy beweeg vinnig oor die straat en hurk by die heiningmuur.
“Juffrou, wie jy ookal is, kan ek jou help?”
Maya skrik as die stem net anderkant die heining haar aanspreek. Hoe het hy haar gesien?
“My naam is Maya Pentz. Ek is deel van die weermag se spesmagte...”
“Was jy saam met Arno, Rob, Bert en Skeer?”
“Ek was. Hoe het jy geweet?”
“Kan jy ongesiens oor die muur kom, of moet ek die hek vir jou oomaak?”
Daar is ‘n effense geritsel en Maya kom amper geluidloos oor die muur. Sy kyk in die loop van ‘n groot rewolwer vas. Agter die wapen staan ‘n groot man, lank, skraal en glad nie meer jonk nie. Oor sy skouer hang die geweer wat sy van ver af gesien het.
Na ‘n oomblik laat sak hy die wapen.
“Welkom, Maya. Jy sal seker kan doen met ontbyt en ‘n koppie koffie?”
*
Die inwonertal van Vuilbaardsvlei groei stelselmatig. Na drie weke is daar meer as drie maal soveel mense as vantevore. Stadig maar seker verander hulle die dorpie in ‘n fort. Die boere van die omgewing het genoeg trekkkers en grondverskuiwingsmasjiene om walle te bou, eers net by die oop dele, maar later regom die plekkie. Feitlik al die grootmense het vuurwapens en loop daarmee rond. Een maal per dag sal ‘n aantal van die manne die dorp verlaat en kos en ander voorraad gaan haal op die plase, selfs die dieselsleepwaens en waterkarre.
Stadigaan raak hulle nie net gewoond aan die onnatuurlikheid van hulle bestaan nie, maar kort voor lank het hulle ‘n skooltjie ingerig en die grootmense maak nie net beurte om die kinders in gevesigde vakke soos wiskunde, natuurwetenskap, letterkunde, Afrikaans, Engels en selfs Duits te leer nie, maar ook in praktiese rigtings, soos boerdery, naaldwerk, sweiswerk, die herstel en bou van toerusting en eenvoudige meganika.
Die dorpsleiers maak seker dat almal genoeg kos kry, dat die plek netjies en skoon gehou word en dat normale dinge soos werk, ontspanning en interaksie so normaal as moontlik aangaan.
Natuurlik sal sukses ander mense lok, maar ‘n goedgemikte skoot of twee sal voornemende plunderaars of geweldenaars van hulle planne laat afsien.
Daar is ook ‘n terugkeer na tradisionele geloof, met die besef by die mense dat die onsinnighede wat verkondig is die afgelope dekades nie werklik sin maak nie. In plaas van gesondheid, rykdom en voorspoed wat sentraal hierin gestaan het, het die meeste mense uiteindelik alles, of ten minste die meeste van hulle besittings verloor. Die profesieë van Goddelike ingryping het nie gerealiseer nie en die emosionele ekstase van oordrewe, en meestal mensgerigte “praise and worship” het nie die Here se arm gedraai nie, maar voel nou eintlik leeg en waardeloos.
Die Bybel word weer in diepte bestudeer. Dominees word met vrae gepeper en sukkel soms om die antwoorde te kry. Dit maak dat ook hulle weer gaan soek na behoorlike teologie en die gemeentes vind opnuut waarde in Skrifgefundeerde prediking, eerder as emosie-opswepende retoriek, wat niks anders is as goedvoel-praatjies met ‘n christelike sousie oor nie.
Dis vreemd hoe ‘n ingrypende krisis mense se oë oopmaak.