AFRIKANERS PRAAT MET DE KLERK (3)

Lees reeks byAfrikaners praat met De Klerk 

" En dit het ons daartoe gebring om op ’n demokratiese manier ons beleid te verander tot een van magsdeling — nie magsoorgawe nie, magsdeling..."
“Afrikaners en Blankes se regte nie beskerm”
Belangrike gesigspunte en feite het tydens die gesprek tussen verteenwoordigers van Afrikaans nasionale groepe en De Klerk aan die lig gekom.
Ek het hom verwys na die uitlating van ’n regter McNally in Zimbabwe volgens The Star van 22 Junie vanjaar, naamlik “dat as ’n regering die grondwet wil ondermyn (“subvert”) en die regte van mense wil wegneem, hy ’n manier sal vind om dit te doen”.
Ek het hom ook verwys na sy eie standpunt in die NP se publikasie Skietgoed  van 1977, wat ek aan hom voorgelees het, en wat soos volg lui:
“Wanneer magshebbers onbillik teenoor ’n minderheid wil optree, dan is daar geen handves wat hulle sal keer nie”.
Hy het my betoog in daardie stadium onderbreek deur te sê: “Ek staan nog daarby, maar ek het verwys na ’n handves”. Ek het dadelik gesê: “Wei, as u sê dat u verwys het na ’n handves, wat is dan ’n ander middel waardeur u sulke regte wil beskerm? Dan moet u dit aan ons sê”. En tydens die hele gesprek het hy dit nie weer aangeroer nie.

Handves kan nie beskerm
Hieruit is af te lei dat hy sonder om enigiets in die plek daarvan te stel, die basiese redenasie van die Suid-Afrikaanse Regskommissie oor groeps- en individuele regte verwerp, naamlik dat minderheidsregte deur ’n handves beskerm kan word. Hieruit is af te lei dat die De Klerk-regering reeds afgesien het van die moontlikheid om minderheidsregte te beskerm.
Hierdie ontlokte reaksie dui ook daarop dat De Klerk reeds aanvaar dat, ongeag wat oor die posisie van Afrikaans tevore gesê en nog gesê sal word, hy geen manier het waarop Afrikaans se status beskerm sal word nie.
Op bladsy 11 van DIE AFRIKANER van 4 Julie 1990 is dit vermeld: “Omdat mnr. De Klerk geen versekering wou gee dat enige minderheidsregte as ononderhandelbaar beskou sal word nie, seifs geen regte hoegenaamd grondwetlik beskerm sou word nie ...” Op dieselfde bladsy ook: “Die antwoord was dat die enigste ononderhandelbare beginsel sal wees dat die kerke — sonder aanduiding watter kerke — vry sou wees om die evangelie te verkondig”.
Dit is die waarneming en afleiding wat algemeen gemaak is deur die groep wat De Klerk te woord gestaan het. Daar was geen verwysing na Afrikaans as ’n ononderhandelbare gegewe nie.
De Klerk se antwoord
Ek het, om die gesprek op ’n konkrete grondslag te stel, gevra dat hy aan ons moet sê hoe hy die toekoms van die Afrikanervolk sien aan die einde van die proses van “hervorming” en “onderhandeling” waarmee hy besig is. Maar om daarby uit te kom, het ek dele van die inhoud van ’n rubriek van Robert Slimp in die VSA, aan hom voorgelees, waarna elders hierin verwys word, met klem op die feit dat volgens die ANC/SAKP Afrikaans, saam met dié Regering, “die rassistiese onderdrukker van die Swartes” is, en vernietig moet word.
Die tersaaklike deel van De Klerk se betoog hieroor was soos volg:
De Klerk:    “Ons sê — u vra hoe sien ek die Afrikaner se toekoms — Ons sê — ons het na ’n lang, diep selfondersoek — dekades lank probeer om die Nieblankes in ’n deel van die land te vestig te kry en te sê die Nieblankes en die Zoeloe daar gevestig te kry in ’n sinvolle land, en te sê die Zoeloes in Zoeloeland en die Tswanas in Tswanaland en die Swartes wat tussen ons woon, drie keer, miskien vyf keer meer is as ons, terug te kry na hulle lande toe op ’n etniese basis, tot die gevolgtrekking gekom dat dit nie kan slaag nie. En dit het ons daartoe gebring om op ’n demokratiese manier ons beleid te verander tot een van magsdeling — nie magsoorgawe nie, magsdeling, na ’n balans van mag soek, wat die motief sal verseker dat die verskillende samestelling van ons bevolking nie uitgelewer word aan onderdrukking en oorheersing deur enigiemand nie.
“Tweedens sê ons dat die Afrikaner as Afrikanervolk sy toekoms in wisselwerking sal moet vind met ander volkere wat dieselfde grondgebied as land met hom deel. Nou wil iemand sê hy dink dit kan nie werk nie, maar ek wil werklik vir u sê ek is keelvol daarvan om beskuldig te word dat ek dit nie glo nie en ek reageer nie net persoonlik nie, ek praat nou namens almal van ons wat hierdie standpunt huldig. My Afrikanerskap, en my kollegas hier se Afrikanerskap, lê niks vlakker in ons hart nie en ek het nou die dag by die Afrikaanse Taalbond baie sterk uitgekom oor die absolute noodsaaklikheid daarvan dat Afrikaans ook ’n amptelike taal moet wees, ook in ’n nuwe Suid-Afrika. U mag argumenteer, soos ek argumenteer, maar dit sal nie slaag; ek dink u roete sal die weg van ondergang van die Afrikaner en Afrikaans in Suid-Afrika wees, maar u moenie my bonafides en dit wat ek verteenwoordig in die openbare lewe se bonafides... nie. Ek het dit nog nooit met u gedoen nie.
Marais:    (onduidelik)
De Klerk:    Nee, maar dit word gereeld met my gedoen. Van u gespreksgenote die verwyt my.
Marais:    As u dit my wil verwyt, kan ons bespreek wat u van my gesê het, en dan kan ons wekelank daaroor praat.
De Klerk:    “Kom ons gaan bietjie verder, ek sien die Afrikaner se toekoms as ’n trotse toekoms. As inherente onvernietigbare deel van hierdie land. Ek sien hom as gevolg van sy inherente krag en as gevolg van die lewensruimte wat veral ook gebied moet word in ’n nuwe grondwetlike bedeling, in ’n steeds leidende, belangrike rol. U vra oor die ander state van Afrika in Suider-Afrika. Nêrens in Afrika was, as ek ’n wetenskaplike term mag gebruik, was die Blankes ’n kritiese massa nie. Met ’n kritiese massa bedoel ek dis ’n faktor wat niemand kan wegpraat en niemand ooit kan vernietig nie”.
Kritiese massa
De Klerk se beskrywing van die Afrikaners as “’n kritiese massa” het onbewustelik ’n uiters bedenklike implikasie. Die frase “kritiese (of kritieke) massa” kom uit die ontwikkeling van die atoombom. Dit verwys na twee halwe balle of bolle, gevul met kritieke materiaal, wat op mekaar moet sluit wanneer die bom afgewerp is en die byeengevoegde uranium dan “'n oorkritieke massa” maak, waardeur die kettingreaksie aangeset word wat die kernontploffing veroorsaak.
De Klerk moet daaraan dink dat hy deur konstitusionele en politieke praksering kritieke materiaal, Wit en Swart, van twee kante teen mekaar wil bring, wat “’n oorkritieke massa” sal maak, met ’n kettingreaksie wat plotseling ’n verblindende politieke ontploffing kan veroorsaak.
Ras nie erken
Die standpunt dat “die Afrikaner as Afrikanervolk sy toekoms in wisselwerking sal moet vind met ander volkere wat dieselfde grondgebied met hom deel”, moet aanvaar word as die grondliggende filosofie van die huidige NP-leiding. Dit is gekoppel aan die beginsel van een mens, een stem, wat reeds aanvaar is, en die feit dat De Klerk nie ’n handves van menseregte beskou as ’n middel tot beskerming van volksregte nie. Daarby kom die feit dat Gerrit Viljoen volgens Beeld nog op 28 Maart 1990 in New York betoog het dat “’n tweede kamer rassegroepe en miskien geografiese streke sal verteenwoordig”, maar dat De Klerk kort na die betrokke gesprek met ons in ’n TV-onderhoud (op 27 Junie 1990) gesê het dat “selfs die Bevolkingsregistrasiewet sal verdwyn”, waardeur natuurlik die identifisering van rassegroepe uitgeskakel word. Dit is drie maande na Viljoen se verklaring! Dit is hoeveel waarde geheg kan word aan De Klerk se “sterk uitgekom oor die noodsaaklikheid dat Afrikaans ook ’n amptelike taal moet wees”. Dit het geen geloofwaardigheid nie.
In die TV-gesprek was De Klerk (volgens The Citizen, 28 Junie) “beslis oor grondwetlike waarborge vir minderhede” — dlt, in die lig van wat hierin vooraf behandel is in verband met sy opmerking oor ’n handves. Erger nog: “maar hy kon nie sê watter vorm dit sou aanneem nie, of wat die samestelling van die sogenaamde minderhede sou wees” (The Citizen, 28 Junie 1990)! Dus, hy het nie ’n plan om dit te doen nie.
Dat ’n Staatspresident wat in ’n uiters kritieke stadium van die geskiedenis oor die Afrikanervolk se konstitusionele posisie onderhandel met Kommunistiese vyande so ’n stelling kan maak, laat ’n mens totaal stom. Maar dit verwyder enige illusie dat die De Klerk-regering enige opregte bedoeling en ’n werkbare plan het om die posisie van Afrikaans te beskerm teen die uitgesproke haat vir Afrikaans by De Klerk se Kommunistiese gespreksgenote.
Rykes sal apartheid koop
Uit wat Wynand Malan van die DP gesê het na ’n gesprek met De Klerk (Rapport, 15 Julie 1990), is dit enigsins te begrype waarom De Klerk nie kon of wou sê hoe “minderheidsgroepe” saamgestel sou wees nie. Malan het gesê: “Waar die groepgedagte mense bymekaar gehou het, sal ekonomiese waardes dit in die toekoms doen”. Dit beteken dat daar geen groepserkenning sal wees nie, en dat skeidslyne getrek sal word tussen die wat baie het en die wat min het. Dit sal meebring dat die rykes hulle apartheid sal koop, en die res sal noodwendig deurmekaar woon, swem, skoolgaan, busry en in hospitale lê. Dlt is wat geword het van De Klerk se belofte van beskerming van minderhede se regte!
En dlt nadat Gerrit Viljoen in die Parlement gesê het dat “onder ’n Swart meerderheidsregering Blankes feitlik tot magteloosheid gereduseer sal wees.” (The Star, 6 Februarie 1990)
’n Mandaat” volgens ’n geheime agenda
Die Regering beweer dat hy op ’n demokratiese manier ’n mandaat gekry het, maar hy is reeds jare lank besig om ’n geheime agenda te volg, waaroor kiesers nie in vertroue geneem word nie, en as gevolg waarvan die grondslag van demokratiese regering gekorrupteer is. ’n Regering kan nie op ’n mandaat aanspraak maak as die kiesers wat vir hom gestem het, nie geweet het waaroor hulle gestem het nie.
’n Regering wat hom beroep op demokratiese beginsels kan ook nie voor ’n verkiesing beloftes maak of versekerings gee en ná die verkiesing in stryd daarmee optree nie.
Dr. HF Verwoerd het as Eerste Minister van Suid-Afrika en as leier van die Nasionale Party in sy Nuwejaarsboodskap van 1960 gesê:
“Geen party kan ontrou aan sy beginsels wees nie, of regeer in botsing met beloftes wat hy aan die kieserspubliek gedoen het nie”.
Dit is ’n standpunt wat deur gewone, openbare eerbaarheid voorgeskryf word, ’n Party wat hom nie daaraan hou nie, verbeur alle geloofwaardigheid, vernietig sy integriteit en regeer onregmatig.
Onderhandel nie met ANC
In die jongste verlede het De Klerk byvoorbeeld kort voor die algemene verkiesing van 6 September 1989 in ’n TV-uitsending verklaar: “Die Nasionale Party sê hy is bereid om met almal te onderhandel wat nie geweld bedryf nie ... Solank as wat die ANC homself diskwalifiseer in dié verband, is ons nie ten gunste van onderhandeling met die ANC nie”.
Dit is ’n duidelike versekering wat aan kiesers gegee is, en wat volgens alle opvattings van eerbaarheid De Klerk gebind het. Hy kan op geen wyse daarop aanspraak maak dat hy ’n mandaat het om in stryd met die versekering op te tree nie. Binne maande ná die verkiesing het De Klerk egter dié versekering van hom onder die voet getrap en lynreg in stryd daarmee opgetree deur nie meer te eis dat die ANC geweld moet afsweer voordat onderhandeling met hom aangeknoop word nie. En om te beweer dat daar nie met die ANC/SAKP onderhandel word nie wanneer sameprekings gevoer word oor politieke verskille en twispunte, is blote misleiding. Die Regering het al met die ANC regstreeks en onregstreeks begin onderhandel toe Mandela nog ’n gevangene was. Om ’n onderskeid te probeer maak tussen die “gesprek oor onderhandeling” wat reeds plaasgevind het en voortduur, en “onderhandeling” self is gewoon politieke bedrog.
Dit is ondenkbaar dat De Klerk in Augustus 1989 so ’n versekering kon gee met die natuurlike veronderstelling dat hy daaraan gebonde sou wees, en dan ses maande later die teenoorgestelde standpunt kon inneem. Die afleiding moet derhalwe gemaak word dat De Klerk die kiesers mislei het deurdat hy nie sy werklike voornemens in verband met die ANC aan die kiesers bekend gemaak het nie. Dit beteken dat hy werk volgens ’n geheime agenda waarvoor hy uiteraard nie ’n mandaat gevra en derhalwe nie gekry het nie. En dit is juis ter sake oor die kwessie van onderhandeling met die ANC.
Broederbond
Die Broederbond het reeds in 1986 die geheime agenda hieroor voorberei. In die geheime Werksdokument van die Broederbond het die laaste paragraaf samesprekings met die ANC bepleit, soos volg:
“Dit is noodsaaklik dat verteenwoordigers van verskeie magsgroeperinge aan die opstel van ’n nuwe grondwet deelneem. Daar moet getrag word om die wydsmoontlike verskeidenheid tot deelname te beweeg. Dit sluit groeperinge in wat deur hulle nie-deelname of uitsluiting ’n nuwe grondwet kan laat misluk al voldoen hulle aan die besliste voorvereistes van die afswering van geweld”.
Hieruit is dit duidelik dat die beleid wat die Broederbond in 1986 in die geheim verkondig het, in 1990 deel van die Nasionale Party se geheime agenda geword het, hoewel De Klerk nog in Oktober 1988 rugby-administrateurs vernederend aangespreek het omdat hulle met die ANC gesprek gevoer het. De Klerk het volgens Beeld van 20 Oktober 1988 onder andere hieroor gesê:
“Samesprekinge soos dié word deur die ANC vir propaganda aangewend om homself as redelik en gematig voor te stel terwyl ons weet dat hy nie werklik so is nie en net belangstel in die oorname van die mag in Suid-Afrika.
“Sulke samesprekinge is demoraliserend. Daar word ooreenkomste gesluit met mense terwyl daar van ons seuns verwag word om dieselfde mense te beveg.
“Vir die ANC moes dit ’n groot deurbraak gewees het, veral omdat dit die administrateurs was van die nasionale sport wat die gewildste onder die Blankes is. Die ANC sal die samesprekinge gebruik om homselfas gematig en redelik voor te hou en om weg te kom van sy beeld as 'n terroriste-organisasie.
“Die samesprekinge met die ANC tas die geloofwaardigheid van die Regering aan”.
AI hierdie beskuldigings van De Klerk teen rugby-administrateurs was in Februarie 1990 nog net so geldig as in Oktober 1988.
Al wat verander het, is De Klerk self, want minder as agtien maande later voer hy en sy Ministers gesprek met die ANC, welwetende dat die ANC dit aanwend om “homself as redelik en gematig voor te stel, terwyl hy net belangstel in die oorname van mag in Suid-Afrika!”. Hulle gun dus die ANC/SAKP hierdie strewe.
Hoe skreiend die publiek mislei is, blyk byvoorbeeld uit minister Kobie Coetsee se vroeëre opmerking dat samesprekings met die ANC “aan verraad grens”. Maar so word met ’n volk se sedes en waardes omgegaan as ’n regering ’n geheime agenda het.
Vervolg...

AFRIKANERS PRAAT MET DE KLERK (3)

Lees reeks by Afrikaners praat met De Klerk

“’n Mandaat” volgens ’n geheime agenda