NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wonder jy of God nog van jou bewus is in jou pyn en lyding? Augustinus het hierdie trooswoorde vir jou: God het één Seun sonder sonde, maar God het géén seuns sonder lyding nie. Al God se kinders hier op aarde word deur lyding beproef, maar ons sink nie soos die godloses daardeur nie want ons loop op die water van dankbaarheid teenoor Hom wat ons bo hou.

KOMMENTAAR SONDER GRENSE (14 - SLOT)

Die SAUK... en die storie daaragter

L J Bothma

1988

Lees reeks by Die SAUK... en die storie daaragter

Televisie en die aanslag op afsonderlike ontwikkeling

Dat die SAUK se Kommentaar bedoel is om ’n klimaat te skep waarin die regering se hervormings wortel moet skiet, is nie te betwyfel nie. Om dit egter in die regte perspektief te sien, moet die rol wat die SAUK-TV in hierdie proses speel ook kortliks uitgewys word.

Televisie is ’n veel magtiger medium as die radio. Dit is maklik om dit te verstaan, want dit wat ’n mens sien onthou jy langer en in meer besonderhede as dit wat jy hoor. Oor die unieke vermoëns van televisie is dit miskien gepas om self die SAUK aan die woord te stel. By wyse van Kommentaar het die Korporasie homself op 4 November 1985 so daaroor uitgelaat: “Televisie is dan ook al bestempel as die ideale propagandamedium, vanweë sy unieke vermoë om die leuen vir die waarheid te verkoop . . . ’n vermoë wat, soos Suid-Afrika tot sy nadeel uitgevind het, gewetenloos vir politieke oogmerke uitgebuit kan word.’’ Hierdie waarheid geld natuurlik vir die SAUK-TV self ook. Eweneens kan die SAUK-TV ook deur die Nasionale Party uitgebuit word om sy eie politieke oogmerke te bevorder en dieselfde geld vir die land se vyande.

Wat waar is, is dat die SAUK-TV, net soos die Nasionale Party, oorlog verklaar het teen die grondbeginsels van afsonderlike ontwikkeling en, algemener gestel, selfs Afrikanernasionalisme. Daar kan maar net gelet word op die SAUK se taalbeleid, programkeuse, advertensies, aanbieding van die nuus en so meer. Wat egter kommerwekkend is, is die toegang wat die land se tradisionele vyande tot ons woonkamers het. Van die dag dat die NP-regering apartheid tot nommer een vyand verklaar het, het hy hom op gemeenskaplike grond met die land se vyande geplaas.

Van ons ou vyande het skielik vriende geword. Hulle stry vandag die stryd teen apartheid op ons eie televisie met die aanmoediging van die regering. Voorheen is ons wysgemaak dat hierdie vyande deel is van die “totale aanslag”. Vandag is hulle klaarblyklik deel van die ‘ ‘totale strategie" wat die NP-regering as teenvoeter vir die aanslag teen die land gestel het.

’n Mooi voorbeeld om dit te illustreer, is die baie gewilde Cosby Show. Bill Cosby se vyandigheid teen die land ken haas geen perke nie. Die Sunday Star van 1 September 1985 het ’n berig bevat met die opskrif: "TV news on South Africa’s unrest reminds Bill Cosby of Nazis.” In die tweede Cosby-reeks wat in Suid-Afrika op beide TVl en TV4 te sien was, het Cosby daarop aangedring dat ’n anti-Suid-Afrikaanse plakkaat in een van die slaapkamers aangebring word. Om dit alles te kroon, het Die Volksblad op 25 September 1987 berig: ‘‘Bill Cosby, een van Amerika se hoogsbesoldigde vermaakkunstenaars, gaan ’n medalje van die Verenigde Volke ontvang vir sy aandeel in ’n veldtog om swart Suid-Afrikaanse aktiviste uit die gevangenis vrygelaat te kry.”

Dit alles ten spyt, borrel die SAUK en die regeringspers oor van lof vir die Cosby Show. Dit is glo een van mnr Riaan Eksteen, SAUK-baas, se gunstelingprogramme, skryf Rapport van 7 September 1986. Beeld van 26 Augustus 1985 het ’n berig bevat onder die opskrif: ‘‘Cosby wys wat geluk is.” In ’n hoofartikel het Die Volksblad, regeringskoerant van die Vrystaat, hom op 12 Augustus 1985 so oor die Cosby Show uitgelaat: “Die waarde van hierdie gemoedelike reeks lê daarin dat dit eerder ooreenkomste as verskille tussen blankes en swartes wat op dieselfde sosio-ekonomiese peil leef beklemtoon — almal is maar ewe klein mensies, gelyk geskape met dieselfde soort probleme - en dat dit ongegronde vooroordele afbreek.” Die Cosby Show is dus duidelik bedoel om ’n gemene deler te wees vir alle rassegroepe in die land, Cosby se vyandigheid teen die land skeel die SAUK blykbaar min, net so ook die regeringspers. Op 30 November 1985 het Die Volksblad byvoorbeeld so gereageer op die anti-Suid-Afrikaanse plakkaat wat in die reeks vertoon word: “Gelukkig is Suid-Afrika se kykers volwasse genoeg om nie toe te laat dat die plakkaat hulle uitsig verberg nie. Wanneer die nuwe reeks in Suid-Afrika vertoon word, kan kykers gerus maar by die plakkaat verby kyk. Die Cosby-reeks is immers 'n heerlike reeks — vol liefde tussen ’n man en ’n vrou, kinders teenoor hul ouers en omgekeerd. Wat die kleur van hulle velle is, is bloot toevallig.”

Dit maak klaarblyklik min vir die SAUK saak wie en wat op die skerm verskyn, net solank dit kan help om apartheid af te breek en dit die regering se idee van ’n breë universele nasionalisme kan bevorder. Waar dit darem te ooglopend handuit ruk, tree die SAUK op ’n manier op wat duidelik bedoel is om hoogstens hul eie gewete te sus.

So byvoorbeeld het die SAUK in Maart 1985 ’n verbod geplaas op die musiek van die swart Amerikaanse sanger, Stevie Wonder, omdat hy 'n Oscar aan Nelson Mandela opgedra het. Tog kon die liedjie “There must be an angel” deur die Britse groep Eurythmics waarin Wonder die mondfluitjie speel, wel uitgesaai word. Die rede? ’n Woordvoerder van die SAUK het gesë dit is toelaatbaar net solank daar nie van Wonder se bydrae melding gemaak word nie! In September dieselfde jaar het die SAUK egter besluit om die verbod op Wonder se musiek op te hef. Beeld van 18 September het berig: “Wonder se musiek het gisteroggend die grootste gedeelte van Radio 5 se Breakfast Show in beslag geneem.” Hierdie eierdans moes beslis water op die meul van swart aktiviste gewees het.

Dan was daar ook nog die geval Cagney en Lacey wat op TV4 vertoon is. Een van die sterre in die reeks, Tyne Daly, is openlik teen apartheid gekant en volgens berigte het sy die akteurs en vervaardigers van die reeks oorreed om ’n deel van hul inkomste aan die ANC te gee {Die Volksblad 18/3/86).

’n Fyn metodiek lê die toegang wat ons land se tradisionele vyande tot ons televisie het ten gronde. In ’n artikel in Die Hervormer van November 1985, het dr Jaco Naudé daarna verwys as kognitiewe dissonansie. Dit is ’n metode wat konsentreer op twee komponente van die menslike lewe, naamlik sy waardesisteem (sy geloof, norme en oortuigings) en sy leefwêreld (dit wat die mens om horn waarneem en aan moet deelneem). Kognitiewe dissonansie het dan ten doel om konflik te veroorsaak tussen ’n kyker se waardesisteem en die leefwêreld wat hy op die televisieskerm waarneem. Uiteindelik word gehoop dat die kyker sy waardesisteem so sal verander dat dit sal inpas by die wêreld op die televisieskerm. Veral die jeug is bestem om hierdie metode ten prooi te val.

Die wêreld wat die kykers vandag op ons televisieskerms sien, is inderdaad die volksvreemde Amerikaanse wêreld. In welke mate die kykers al hul tradisionele waardesisteem verander het om daarby in te pas, is ’n ope vraag. Alles dui daar op dat die kykers besig is om te swig voor die aanslag. Op 8 Augustus 1986 het Die Volksblad. berig: "Wat sou die SAUK tog sonder Amerikaanse TV gedoen het? Al tien programme op die gesamentlike lys van gewildste programme van TV1 en TV4 kom uit Amerika.”

Oor die invloed wat die oorwegend Amerikaanse programme op die jeug het, het Beeld van 14 April 1987 ’n psigiater, dr Michael Edwart-Smith, aangehaal. In ’n toespraak by Wits se Herfsskool het hy onder meer gesê: “Die hele waardestelsel wat die TV en die media aan hulle (die jongmense) voorhou, pas nie by die tradisionele waardestelsel van Suid-Afrika nie ...” Hy het voorts gesê jongmense het ’n onrealistiese beeld van die werklikheid en hy het dit voor die deur van die popkultuur gelê - ’n kultuur wat deur die media aangemoedig word en “. . . wat jongmense aanmoedig tot selfverwesenliking sonder die inagneming van ander en tot die afbreek van ou en tradisionele waardes”.

Dit is waar dat wanneer ’n volk gebreek moet word, daar baie aandag aan so 'n volk se jeug gegee word. Een van die maniere om 'n volk te knak is derhalwe ook om ’n volk se helde in diskrediet te bring en die jeug nuwe helde te gee. Dit is opvallend dat die TV-helde van die jeug feitlik deur die bank volksvreemde karakters is met totaal ander waardestelsels. Die meerderheid is openlik vyandiggesind teenoor Suid-Afrika, praat uitsluitlik Engels en 'n aansienlike persentasie is swart. ’n Nuwe geslag is inderdaad nou aan die opkom met ’n volksvreemde heldedom.

Wat skokkend is, is die onverskilligheid wat daar oor hierdie toedrag van sake binne die geledere van Afrikaners self heers, terwyl ander lande daarop bedag is. Rapport het byvoorbeeld op 30 November 1986 berig: “Wêreldwyd is daar ’n toenemende weerstand teen die verspreiding van Amerikaanse kultuur deur middel van rolprente en televisie. In Kanada en Wes-Europa word van Amerikaanse ‘kulturele imperialisme’ gepraat.” Desnieteenstaande het mnr Hendrik Sloet, voorsitter van die FAK, soos volg gereageer oor die SAUK se besluit om minder Duitse en Franse prente te vertoon: "Dis kultureel vreemd. Dit is makliker om tuis te voel in die Amerikaanse situasie” {Die Volksblad 12/04/86).

Die “Amerikaanse situasie” is natuurlik een wat lynreg met die “Suid-Afrikaanse situasie” bots. Daarom is die bedoeling van die baie Amerikaanse programme op televisie om Suid-Afrika ryp te maak vir ’n samelewingsorde geskoei op die Amerikaanse model van ’n “open society". In dié sin word die SAUK-TV gebruik om ’n nuwe gemeenskap te kweek waarin ras as ’n onderskeidingsfaktor tussen mense totaal en al gelgnoreer sal word. Dit is egter nie al nie. Daar word gestreef om ’n “nuwe nasie” daar te stel wat rondom ’n stel gemeenskaplike waardes gebind moet wees.

Dit is klaarblyklik presies ook waarvoor die uitsaaiwese in Suidwes-Afrika ingespan word. Die Republikein van 18 Julie 1985 het byvoorbeeld by wyse van ’n hoofartikel gesê: “Dit is goed dat die Nasionale Vergadering horn uitgespreek het ten gunste van ’n daadwerklike rol vir die SWAUK in die nasiebou-proses van SWA/Namibië.”

In die proses van nasiebou word soveel moontlik gemeenskaplike grond tussen die verskillende rassegroepe skoongemaak. Een manier is om gemengde verhoudings op die kassie voor te stel as sou dit normaal wees. Die eerste gemengde egpaar wat in Suid-Afrika in ’n TV-reeks opgetree het, was waarskynlik Tom en Ellen Willis in die program “The Jeffersons”. In die SAUK se eie TV-reeks, “Faulkner’s Law”, was daar ook ’n liefdesverhouding oor die kleurgrens te sien. In die reeks raak ’n bruin meisie, Prudence Solomon, en ’n blanke man, Andrew Buckland, verlief op mekaar.

Die SAUK se taalbeleid is waarskynlik ook deel van dieselfde proses van nasiebou. Die Engelse taal, wat blykbaar bestem is om die universele taal te wees, is altyd die beste daaraan toe.

So byvoorbeeld het die SAUK se koppeluitsendings wat op 1 Julie 1986 ’n aanvang geneem het, skerp kritiek van die land se voorste Afrikaanse skrywers en taalkundiges uitgelok. Een van die besware was dat daar nou al hoe minder aansporing vir nie-Afrikaanstaliges sal wees om na Afrikaans te luister, want die oorspronklike klankbaan is in ongeveer negentig persent van die gevalle Engelstalig. Prof I C Steyn, skrywer van die boek Tuiste in eie taal het in sy reaksie op hierdie gebeure gesê: “Die een taal op aarde wat spesiale dienste die minste nodig het, word bevoordeel en die klein tale word in die koue gelaat. Langsamerhand moet die publiek die gevoel kry dat Afrikaans onnodig is. Vir mense wat Afrikaans wil uitfaseer, is die besluit oor koppel-televisie water op die meul.’’

Die bekende skrywer, W A de Klerk, het gesê: “Afrikaans word al hoe meer in ’n hoekie ingedruk. Ek is verslae, want dit was met groot moeite wat Afrikaans vir hom ’n trotse plek in die uitsaaiwese oopgetrap het” {Die Volksblad, 12/04/86).

Die SAUK se reaksie op die kritici kon beswaarlik die Korporasie se strewe na gemeenskaplikheid tussen rasse op die terrein van die taal verberg. Een van die SAUK se argumente was dat die kykers die wenners is. ’n Segsman van die Korporasie, mnr Willie Visagie, het byvoorbeeld gesê: "Uiteraard is dit ’n opwindende ontwikkeling, want daardeur word TV2 en TV3 se oorgeklankte programme toeganklik vir die blanke kykers, wat dan die oorspronklike klankbaan kan volg wat in meer as negentig persent van die tyd Engels is. Dit bied ’n veel groter verskeidenheid programme vir die blanke kyker van televisie” {Die Volksblad, 12/04/86). In die praktyk beteken dit egter ’n groter verskeidenheid Engelse programme en ’n kleiner verskeidenheid Afrikaanse programme.

Dat die SAUK hierdie waarheid besef, blyk duidelik uit die reaksie van mnr Riaan Eksteen. Volgens Beeld van 12/07/86 sou mnr Eksteen in ’n toespraak voor die FAK gesê het: “Die SAUK wil nie ’n taal opdwing nie.” Mnr Eksteen het glo ook verwys na ’n studie wat vir die SAUK gedoen is en wat bevind het dat die meeste Afrikaanssprekende kykers Amerikaanse TV-programme in die oorspronklike Engelse klankbaan verkies. Dit skep inderdaad die gevoel dat Afrikaans oorbodig is en ’n mens vra jouself die vraag af of die Korporasie ook bedoel dat hy nie Afrikaans aan die Afrikaanssprekendes wil opdwing nie?

Die SAUK het kategories ontken dat dit sy bedoeling is om Afrikaans te verwaarloos. Die Korporasie se besluit om ’n Komitee vir Taalaadvies in die lewe te roep, is in ’n mate geneem om die kritici te sus. ’n Lid van die Komitee, prof F F Odendal, van die RAU, het bevestig dat die Komitee niks met die taalbeleid van die SAUK te doen het nie. “Die Komitee het slegs te doen met die gehalte van Afrikaans wat in die uitsaaiwese gebruik word, " het hy gesê. {Die Volksblad, 17/01/76.) In sy reaksie op hierdie verwikkelinge het Die Vaderland egter op 14 Januarie 1987 die spyker op die kop geslaan deur te sê: “Om Afrikaans te ondermyn, hoef die SAUK nie sig- en hoorbaar aftakelend te wees nie. Hy hoef maar net sy Afrikaanse programme met onderbevoorregting as ’n bykomendheid aan te bied om te veroorsaak dat die taal se status ook in die oë van die publiek minderwaardig word.

Dit gaan nie net om die suiwerheid van Afrikaans wat wel op die televisie en oor die radio gebesig word nie. Dit ook. Maar dit gaan om hoeveel Afrikaans daar gebesig word en met welke inhoud.”

Dat die SAUK stadig maar seker besig is om Engels ten koste van al die ander tale te bevoordeel, is gewis. Beeld van 8 Augustus 1986 het ’n berig bevat met die opskrif “TV los taalgrense vir vermaak". In die berig is na TV4 verwys as ’n ‘ ‘unieke veelkultuur en veeltalige kanaal” wat alle rassegroepe bedien. TV4 saai natuurlik oorwegend in Engels, die universele taal vir alle rassegroepe, uit. Ook swartes merk op wat aan die gebeur is.

In die tydskrif Frontline het ’n berig op 28 Februarie 1987 verskyn onder die opskrif: "A bit more understanding for SABC now it’s lost its purity.” ’n Gedeelte van die berig wat oor die verandering van die SAUK se taalbeleid gehandel het, het gelui: “Only black faces were to be seen, and the languages so pure that many blacks could hardly understand them. Now the SABC has abandoned the quest for purity. We see more and more integrated performances, and large numbers of interviews and discussion programmes are in English.”

Hierdie rigting wat die SAUK nou ingeslaan het, pas die Afrikaner se tradisionele vyande soos ’n handskoen. In ’n artikel oor die oorklanking van programme het Barry Blake op 21 April 1987 die volgende in The Star geskryf: ”... dubbing into indigenous languages is an attempt to enforce ethnicity on blacks . . . Thus black television is the media equivalent of separate development. "

Hy het voorts gevra dat alle programme in die oorspronklike taal (meestal Engels) uitgesaai moet word. Op hierdie wyse sal daar ook verseker word dat die verskillende rassegroepe later feitlik geen onderskeid sal kan tref tussen TV1 en T2 en TV3 nie. Dit sal die argument verskaf om kultuurgebonde TV-kanale in die ban te doen. Die bedoeling om verskillende kultuurgroepe aan te moedig om na mekaar se TV-kanale oor te skakel, word nie net versterk deurdat programme vir almal toeganklik gemaak word deur die oorspronklike Engelse klankbaan uit te saai nie. Die kwaliteit van die programme wat op elke kanaal uitgesaai word, speel ook ’n rol om kykers te lok.

So byvoorbeeld word die opvoedkundige program “Educational Rendezvous" op TV2 uitgesaai. The Star het die kykers op 15 Mei 1987 so aangemoedig om daarna te kyk: “See TV2 from 1 to 4 for quality." Voeg daarby nog die gemengde en soms uitsluitlik swart advertensies wat op TV1 uitgesaai word en niemand hoef te twyfel dat daar enersyds ’n kultuurvervlakking op TV1 aan die gang is nie, maar dat daar terselfdertyd ook gepoog word om ’n universele kultuur te skep wat vreemd is aan die volkere van Suid-Afrika.

Die voorstanders van hierdie Amerikaans-georienteerde samelewingsorde het ’n deurslaggewende hupstoot gekry toe die regering besluit het om ook die uitsaaiwese te privatiseer. Dit wat die integrasie-gerigte sake- en perslui voorheen net by wyse van koerante en tydskrifte kon propageer, kan hulle nou ook deur middel van die magtige televisiemedium doen. Veel erger nog, die pers en die SAUK het in vennootskap met mekaar gegaan.

Die saketydskrif, Finansies en Tegniek, het op 5 Julie 1985 berig: "Privatisering van SAUK begin. "Luidens die berig is ’n ooreenkoms gesluit tussen’n perskonsortium, M-Net (Elektroniese Medianetwerk), en die SAUK. M-net sluit die volgende koerantgroepe in: Nasionale Pers, Argus, Daily Dispatch, Natal Witness, Perskor en South African Associated Newspapers. Volgens die ooreenkoms sal M-Net ’n 30 persent-aandeel in TV4 hê en die SAUK ’n 30 persent aandeel in M-Net se subskripsie-TV (STV). In die praktyk kom dit neer op ’n vennootskap tussen die pers en die regering omdat laasgenoemde die SAUK beheer.

Die NP-regering was van meet af aan in sy skik met M-Net. Beeld het op 2 Oktober 1986 berig: “M-Net begin met Pik se steun.” Mnr Pik Botha sou glo gesê het:    . . dit (is) ’n bykomende kanaal waardeur met die mense van die land gekommunikeer kan word. Dit moet in beginsel verwelkom word. Ons (die regering) sien M-Net as komplementêr, as aanvullend tot die SAUK se taak.”

Wat M-Net egter "aanvullend" tot die SAUK doen hoef niemand te raai nie. Beeld van 12 September 1986 het berig: ‘ ‘Van 1 Oktober af is die dae verby dat een liggaam besluit wat TV-kykers gaan sien en wanneer hulle dit gaan sien.” Op 28 September dieselfde jaar het Rapport berig: "Riaan se M-Net bars deur die seksgrens." Interessant genoeg is dieselfde ou argument gebruik om M-net se koms te regverdig, naamlik dat die kykers die wenners gaan wees {Beeld, 12/09/86).

M-Net self is baie beslis oor sy rol in die uitsaaiwese. In ’n artikel wat in die tydskrif De Kat van November 1986 verskyn het, is M-Net soos volg aangehaal: “Ons glo dat ons personeelsamestelling ons filosofie dat ons vermaak aan alle Suid-Afrikaners bied, ongeag geloof, ras of kleur, weerspieël.” Die artikel was vergesel van ’n foto van twee jong blanke mans en twee jong nie-blanke vroue wat sosiaal verkeer.

M-Net het ook sommige nadelige neigings in die uitsaaiwese verder versterk. Terwyl die SAUK nog vir Afrikaans ’n bietjie moeite doen oor TV 1, bied M-Net byna geen programme in Afrikaans aan nie.

Net soos wat M-Net ten doel het om ’n universele karakter te handhaaf, net so is dit blykbaar die bedoeling van die regering met die SAUK. Mnr Alwyn Schlebusch, minister van Administrasie en Uitsaaiwese, is byvoorbeeld op 8 Desember 1986 soos volg deur Die Volksblad aangehaal: “Mense moet my nie gedurig bel en sê hulle neem aanstoot aan die of daardie program nie. Ek het genoeg vertroue in ons bevolking om te weet dat die gemiddelde luisteraar en kyker ’n redelike norm handhaaf ten opsigte van pornografie, wat goed of kwaad is, of verrykend of nie verrykend is nie. Ek wil net waarsku — hierdie land sal net so vaal en oninteressant soos enige kommunistiese land word as net sekere mense se norme toegepas word.”

Tog wil dit voorkom dat, wanneer dit by die rapportering van nuusgebeure kom, daar net ’n sekere stel norme toegepas word.

In dieselfde berig het mnr Schlebusch dit duidelik gestel dat die SAUK se alleenreg om nuusdienste oor radio en televisie uit te saai, nie geprivatiseer kan word nie.

Wat nuusgebeure betref, is dit dus in die hande van die SAUK alleen om norme neer te lê. Wat presies die SAUK se norme is, is nie baie duidelik nie. Tog het iets daarvan aan die lig gekom na aanleiding van ’n berig, "So sorg SAUK vir halwe waarheid’’, wat op 23 April 1986 in Die Vaderland verskyn het. Memorandums van die SAUK het in die koerant se besit gekom, waaruit dit geblyk het dat die SAUK luisteraars onder ’n wanindruk oor die buitelandse mening oor Suid-Afrika bring. Net “positiewe nuus" word glo gerapporteer. Die Vaderland het ’n hele paar voorbeelde genoem. Onder andere was daar een op 4 Maart 1986 toe Jannie Botes ’n berig aan Spitstyd gestuur het oor 'n perskonferensie wat mnr Pik Botha oor Suidwes-Afrika gehou het. Mnr Botes se weergawe is vervang deur ’n onderhoud wat vanuit Spitstyd se eie ateljee met mnr Botha gevoer is. Die onderhoud was "op aandrang van die minister self" is in die memorandum gesê.

Twee dae later, op 25 April, het Die Vaderland berig dat dit glo standaard gebruik van die SAUK is dat omsendbriewe oor riglyne ten opsigte van bydraes daagliks uitgereik word. Die SAUK het gereageer op die berigte by monde van mnr Leon Shirley, hoof van die Korporasie se Departement van Openbare Betrekkinge.

Hy het ontken dat die SAUK halwe waarhede verkondig of die volle waarheid wil verswyg. Volgens hom kan die SAUK hom egter nie beskikbaar stel as ’n propagandaplatform nie.

Tog oordeel die regering blykbaar dat die SAUK soms halwe waarhede verkondig. So byvoorbeeld het mnr P W Botha in 1987 persoonlik by die aanbieding van TV-nuus ingemeng. Mnr Botha was duidelik ongelukkig oor TV-nuus se hantering van die bedanking van eerw Alan Hendrikse uit die kabinet. Mnr Botha het aangevoer dat die eerste weergawe van die betrokke gebeure nie die ware feite aan die lig gebring het nie en derhalwe moes hy ingryp. Die Volksblad het voorts op 16 September 1987 berig:

"President Botha het dit duidelik gestel dat hy in die toekoms weer so sal optree as hy dit nodig vind. "

Wanneer die SAUK as ’n propagandaplatform teen die regse partye beskikbaar is, maak dit egter nie saak nie. So byvoorbeeld het die regisseur van die TV-reeks “Heroes”, Manie van Rensburg, byvoorbeeld gesêe: “Wat ek in Heroes wou uitbeeld, is ’n waarskuwing teen enige vorm van polarisasie, want dit lei noodwendig tot geweld. Dit is die mense wat hervorming teenstaan, die ver-regses, wat vir ’n bloedige revolusie verantwoordelik sal wees” {Die Volksblad, 19/04/86). Dan is daar nog die program “Aanpassings”, waaroor Die Volksblad horn op 2 September 1987 so uitgelaat het: “Die program is duidelik op wit Afrikaners gemik vir wie dit nuus mag wees dat die toekoms eise en toegewings gaan vra. "

Dit staan soos ’n paal bo water dat wat die SAUK by wyse van sy Kommentaar oor die radio suggereer, hy op televisie doen en propageer. Na al die jare van indoktrinasie deur die SAUK en beleidsveranderinge deur die regering is die “nuwe” Suid-Afrika nou aan die ontwikkel. Tye het nie maar sommer net verander nie. Die regering en die regeringsgesinde media het die klimaat vir veranderende omstandighede gekweek. Wanneer al die hervormings tot hul logiese uiteinde deurgevoer en deurgewerk het, sal die massas slegter daaraan toe wees as in die dae van dr Verwoerd.

Slot

Die twee hoofgevolgtrekkings wat uit hierdie studie voortkom is dat die Verwoerd-beleid nooit misluk het nie, maar inderwaarheid in trurat gegooi is rondom die begin van die jare sewentig, en dat die SAUK se Kommentaar 'n instrument tot hierdie veranderinge was en nog steeds is.

Daar is in hierdie studie ook krities gekyk na al die fasette van beleidvoering en in die proses is ’n wye verskeidenheid van aktuele onderwerpe en strydpunte aangeraak. Sekere perspektiewe is uitgelig wat voorheen nog nooit in die openbare debat gefigureer het nie, terwyl ander minder bekend is aan die publiek.

Daar is byvoorbeeld aangetoon dat dr Verwoerd sy breë beleidvoering op sy binnelandse beleid gegrond het, terwyl sy opvolgers die relasie omgedraai het en hul beleid van buite na binne gerig het. In die praktyk het hierdie ommeswaai daarop neergekom dat ’n totaal nuwe basis geskep is waarop die politiek van die dag bedryf word. Die Verwoerd-beleid was gebou op die nasionale beginselbasis en per implikasie het dit onder meer beteken dat die ekonomie hom moes skik volgens hierdie bepaalde politieke filosofie. Die nuwe beleid kom daarop neer dat die relasie nou omgedraai word en dat die politiek hom nou moet skik volgens die ekonomiese filosofie wat bekend staan as die vrye mark. Apartheid het die onderskeie rassegroepe en nasionalismes beklemtoon, terwyl die vrye mark die individu en die internasionalisme beklemtoon.

Wat op die huidige oomblik in Suid-Afrika gebeur, is dat die ganse samelewingsorde besig is om homself te skik na gelang van die vryemark-filosofie. Die geweldpleging en onstabiliteit is die resultaat van die onuithoudbare spanning wat hierdie proses verwek. So byvoorbeeld is die ekonomiese beleid feitlik volledig op die individu (ongeag sy ras, kleur of geloof) gefokus, terwyl die politieke beleid deels nog staan op die basis van rassegroepe. Hierdie “groepsbasis” is egter stadig besig om te verkrummel voor die aanslag vanuit die ekonomie. Uiteindelik sal ekonomiese magsdeling ook volledig sy ekwivalent in die politiek moet hê.

Onnodig om te sê, enige politieke bestel wat op die individu fokus, moet ’n swart meerderheidsregering in die een of ander vorm wees. Niemand kan hiervan wegkom nie.

Die verskillende fasette van beleidvoering is fyn gesinchroniseer en almal is op hierdie nuwe bestel wat nog in wording is gerig. Daar is in hierdie verband uitgewys dat die verdedigingsfilosofie en -beleid eenvoudig beteken dat die veiligheidsmagte nie die oorlog kan beëindig nie en dat die oorlog stop die dag wanneer die terroris by die stembus wen. Die Verdedigingsbeleid is Nasionale Party-beleid wat daarop neerkom dat die vyand irrelevant hervorm moet word. Dit is ongekend in oorlogvoering dat ’n vyand verslaan kan word deur dit te vernietig waarteen die vyand sy stryd rig. Om in die proses die vyand aanhoudend gelyk te gee dat hy teen ’n “onregverdige” bestel veg en “geregverdigde griewe” het, is om die stryd te verloor nog voordat dit begin het.

Wat buitelandse beleid betref, is bevind dat dit vir alle praktiese doeleindes ondergeskik is aan Amerikaanse beleid en derhalwe die Amerikaanse beleidsmikpunte vir Suider-Afrika in die hand werk. Hierdie mikpunte het sedert 1970 nog nie verander nie en sluit onder meer ’n swart meerderheidsregering vir Suid-Afrika in. Omdat die onderskeie regerings van mnre Vorster en Botha ’n buitelandse beleid daargestel het wat in belang van die Weste en sy leier is, moet daar nou ook ’n binnelandse beleid gevolg word wat die goedkeuring van die Weste geniet. Daar is uitgewys hoe mnr Botha die slagoffer van mnr Vorster se buitelandse beleid geword het. Dit was die Vorster-regering wat dit uitgebasuin het dat betrekkinge met Afrika “genormaliseer” moet word. Vandag moet mnr Botha die binnelandse beleid “normaliseer”.

Op die ekonomiese terrein het die regering ook dit gedoen wat die Republiek se vyande van hom verwag. Die nuwe beginselbasis wat as gevolg hiervan na vore gekom het, het die Nasionale Party in beginsel gelyk gestel aan die Progressiewe Federate Party.

Daarom sal die verdelingslyn tussen hierdie twee partye later totaal en al verdwyn. Die regering se privatiseringsbeleid, wat voortkom uit die vryemarkfilosofie, het ’n forum vir sakelui geskep om afsonderlike ontwikkeling finaal te knak.

Privatisering val binne die kader van die regering se voorneme om beleidvoering sogenaamd te depolitiseer. Depolitisering beteken in die praktyk dat die regering die politieke mag in 'n sekere sin na buite-parlementere groepe verplaas. Dit beteken nie dat die politiek losgemaak kan word van die ekonomie, sport en die onderwys nie. Die felste aanslae denkbaar word vandag vanuit die geledere van die sport- en sakelui op die binnelandse beleid geloods. Dit is die sakelui wat met die ANC onderhandel en wat die grondwetlike inisiatiewe oorgeneem het. ’n Punt is bykans bereik waar die regering vir niks meer verantwoordelikheid wil aanvaar nie.

Dit ly geen twyfel nie dat die nasionalisme die regering se ware opposisie geword het. Daarom sien mnr P W Botha die vyand al hoe meer na regs en al hoe minder na links. Die regering propageer die liberalisme in die naam van ’n breë ‘‘Suid-Afrikanerskap", wat die vernietiging van alle nasionalismes in Suid-Afrika ten doel het. Hierin word die regering deur die SAUK ondersteun.

Die Nasionale Party is inderdaad besig om ’n “Eerste Nasionale Party” te word wat niks met die nasionalisme te doen het nie, maar iets vir almal wil wees — ’n soort internasionale party!

Wat staan die Afrikaner te doen? Die antwoord op hierdie vraag is nie maklik nie. Dit sou miskien makliker wees om te sê wat moet die Afrikaner nie doen nie. ’n Paar breë riglyne kan tog afgelei word uit hierdie studie. Die belangrikste is om Afrikanernasionalisme op elke moontlik wyse te voed. Nasionalisme oorwin altyd. In Suid-Afrika sal óf Afrikanernasionalisme óf die een of ander swart nasionalisme die uiteindelike oorwinnaar wees. Die Afrikaner moet egter bedag wees op leiers wat in die naam van nasionalisme die liberalisme en die saak van die internasionalisme bevorder. Derhalwe sou dit fataal wees om ’n alternatief te stel op die grondslag van die Vorster-beleid. Dit is die Botha-beleid in eerste rat.

Presies hoe die alternatief moet lyk, is ’n saak wat buite die terrein van hierdie studie val. Die onderskeie aanhangers van die Boere-volkstaat, die Blanke Tuisland en Blank Suid-Afrika behoort egter almal waarde te put uit hierdie werk. Dit sou miskien net nuttig wees vir almal — ook die kritici — om te onthou dat dit bykans twintig jaar geverg het om apartheid af te breek. Derhalwe sal dit ook tyd neem om die skade te herstel wat die Vorster- en Botha-regerings aangerig het aan die politiek, die ekonomie, die Weermag en Suid-Afrika se beeld in die internasionale gemeenskap.

EINDE

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 785 gaste aanlyn