NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons moenie dink dat ons kinders outomaties in ons geloofspore trap nie – gelowige ouers het 'n groot verantwoordelikheid om hulle kinders met opoffering in die HERE se weë op te voed. Dit laat mens wonder hoeveel moeite die geliefde Koningskind, Dawid, met sy seun Agas gedoen het – Agas het die hele volk gelei om afgode te aanbid en is bitterlik swaar deur God gestraf.

KOMMENTAAR SONDER GRENSE (13)

Die SAUK... en die storie daaragter

L J Bothma

1988

Lees reeks by Die SAUK... en die storie daaragter

Die 1981-verkiesing en die 1983-referendum

Die uitslag van die algemene verkiesing wat op 29 April 1981 plaasgevind het, het ongetwyfeld ’n skokgolf deur die blanke politiek gestuur. Afgesien van die feit dat die Nasionale Party ’n goeie oorwinning behaal het, het die Herstigte Nasionale Party 14 % van die totale uitgebragte stemme op hom verenig. Alhoewel die party nie een setel kon verower nie, was baie NP-setels nie meer veilig nie. Daar was ’n duidelike swaai weg van die Botha-regering se binnelandse beleid en spanning was aan die oplaai binne die kabinet. Die vernaamste uitdaging waarvoor die regering nou te staan gekom het, was die ontwerp van ’n nuwe grondwet vir die Republiek en die inwerkstelling daarvan. Dit het die tafel vir ’n reeks interessante gebeure gedek.

Ná die verkiesing het die argument oral uitgeslaan dat die Nasionale Party stemme verloor het omdat die Regering nie die kieserskorps met hom saamgeneem het op sy pad nie. Dit het mnr Botha klaarblyklik min geskeel en hy het eenvoudig net voortgegaan en die een toegewing na die ander gemaak. Die SAUK se reaksie ná die verkiesing was tweeledig. Eerstens het die Korporasie sy partydigheid vir die Nasionale Party soos nog nooit tevore nie geopenbaar, deur middel van openlike aanvalle op die opposisiepartye. In die tweede plek het die Korporasie ’n sleutelrol gespeel in die Nasionale Party se referendum-veldtog.

Een van die vele veranderinge wat die regering ná die verkiesing aangebring het, was ’n aanpassing in die oorhoofse onderwysbeleid. Die RGN het in 1981 ’n baie omvattende verslag oor onderwys, wat vandag as die De Lange-verslag bekend staan, vrygestel. Die Broederbond-voorsitter, prof J P de Lange, het die ondersoek gelei.

Die aanbevelings van die De Lange-verslag was ingrypend. Die uitgangspunt was dat gelykwaardige opvoedingsgeleenthede vir almal geskep moet word, ongeag ras, kleur, geloof of geslag. Voorts is elf prinsipiële riglyne neergelê, wat almal deur die regering aanvaar is. Hiermee is die rug op die ou beproefde onderwysbeleid gekeer. Die SAUK het hom so oor die verslag uitgelaat: “Sowel die opdrag as die aanbevelings weerspieël ’n heel ander samelewing as dié waarop die opvattinge agter die bestaande onderwysstelsel gegrond is. ” Die verslag was ook instrumenteel tot die nuwe grondwetlike bedeling wat in wording was. Op 12 Oktober 1981 het die SAUK dit so in perspektief gesien: “Die sitting van die parlement wat so pas geëindig het, was ’n nodige voorspel. Die werklike aksie sal volgende jaar begin. En die RGN se verbeeldingryke verslag oor die onderwys is ’n aanduiding van wat verwag kan word.”

Hierdie periode is ook gekenmerk deur ’n verskerpte aanslag teen die Wet op die Verbod op Gemengde Huwelike en die Ontugwet. Die Presbiteriaanse Kerk het byvoorbeeid sy predikante gevra om hierdie wette te verontagsaam en gemengde huwelike te voltrek. Die Regering en godsdiensleiers was duidelik aan die retireer. Mnr P W Botha het verklaar dat die voortbestaan van die Blankes nie afhang van wetgewing oor sulke sake nie — ’n duidelike teken dat hy bereid was om hierdie wette te Iaat vaar.

Vooraanstaande godsdiensleiers uit Afrikaner-kringe het op hulle beurt weer aangevoer dat daar geen Bybelse gronde bestaan vir ’n verbod op ’n huwelik volgens ’n rassegrondslag nie. Die SAUK het ook sy bydrae gelewer in sy kenmerkende suggestiewe styl en op 27 Oktober 1981 die volgende aanslag teen hierdie wette geloods: “Daar is in werklikheid wye konsensus dat die wette op gemengde huwelike en ontug deeglik ondersoek moet word . . . Daar word byvoorbeeld aangevoer dat die wette vir Suid-Afrika se Nie-blanke volksgroepe ’n Blanke houding simboliseer van arrogante meerderwaardigheid waardeur hulle selfs as geneties minderwaardig beskou word. Die opvatting lewer ’n onmeetbare bydrae tot die vervreemding van gemeenskappe wat die grootste enkele struikelblok is in die pad van ’n bestendige bedeling in Suid-Afrika.” Hieruit volg dit duidelik dat die wette in die pad van die nuwe bedeling gestaan het en dat dit noodwendig geskrap sou moes word.

’n Volgende struikelblok wat op pad na die nuwe grondwet oorkom sou moes word, was die Blankes se afkeur aan magsdeling en die Kleurlinge en Indiërs se voorkeur daaraan. Die SAUK het in die verlede gewaarsku teen die gevare van magsdeling en selfs die voorbeelde van Indië en Cyprus aangehaal om aan te toon dat dit nie kan werk nie. Die terminologie-skeppers het egter weer tot die redding gekom en die term “medeverantwoordelikheid” geskep. Nou kon magsdeling onder ’n nuwe dekmantel gepropageer word. Die SAUK het dit dadelik aangegryp en verklaar: "Dit is ’n vars en onverwronge konsep met duidelike betekenis en wye toepassingsmoontlikhede."

’n Ander struikelblok wat opgeduik het, was die vraagstuk van die stedelike swarte. Almal wou weet wat die regering se plan met hierdie mense is. Mnr P W Botha het hierop die versekering gegee dat hulle nie in die Presidentsraad opgeneem sou word nie.

Hierdie versekering is vir die onthalwe van die regse kritici gegee. Aan die linkse kritici is die versekering gegee dat die swartes nie uitgesluit sou word uit die besluitnemingsproses nie. Al die kritiek is toe in ’n mate besweer toe mnr P W Botha aangekondig het dat ’n komitee aangestel is om die posisie van swartes binne en buite die nasionale state te ondersoek. Daarmee is die vraagstuk in ’n groot mate uit die politieke debat van die dag verwyder.

Volledigheidshalwe is dit egter nodig om daarop te wys dat die staatsbeheerde media reeds gedurende hierdie periode begin het om kaptein Buthelezi as ’n “gematigde swarte” aan die kiesers voor te stel. Sy uitsprake teen die toepassing van sanksies teen die land en die gebruik van geweld as middele om verandering teweeg te bring, is gereeld gerapporteer.

Alle moontlike struikelblokke was nou uit die weg geruim en die regering het ’n nuwe departement — die Departement van Staatkundige Ontwikkeling — in die lewe geroep om die voorgestelde grondwetlike veranderinge op koers te plaas.

Die regering het egter ook ’n krisis in eie geledere ondervind. ’n Groep onder leiding van dr Andries Treurnicht wou nie meer die pad saam met die Botha-regering loop nie. Hulle het uit die Nasionale Party bedank en hul eie party, die Konserwatiewe Party, gestig. Hul vernaamste beswaar teen die nuwe rigting van die regering was sy aanvaarding van magsdeling met die Kleurlinge en Indiërs. Hoe dit ook al mag wees, die skeuring het nie in daardie stadium die magsbasis van die Nasionale Party geraak nie en ook nie die regering enigsins van sy koers afgedwing nie.

Die Presidentsraad het voortgegaan met sy taak om ’n nuwe grondwet vir die Republiek op te stel en dit is daarna deur die Regering en al vier die provinsiale kongresse van die Nasionale Party goedgekeur. Terselfdertyd het mnr P W Botha aangekondig dat die Blankes se gevoel oor die nuwe grondwet in ’n referendum getoets sou word. Die regering en die media, wie se ondersteuning hy geniet het, het toe in alle erns begin voorbrand maak vir ’n JA-stem. In hierdie proses het die SAUK 'n belangrike rol gespeel.

In die eerste instansie het die Korporasie al hoe duideliker in die idioom van die smeltpot-teoretici begin praat. Waar daar in die verlede aangevoer is dat verskillende volke nie in 'n enkele staat saamgesnoer kan word met ’n gemeenskaplike trou aan die staat nie, is die teendeel nou gepropageer. Op 18 September 1981 het die SAUK dit so gestel: “Suid-Afrika se Blanke, Kleurling- en Asiërgemeenskappe deel ’n grondwetlike toekoms. Hulle sal saam hulle heil in ’n enkele staat moet uitwerk, waarin voorsiening gemaak moet word vir die beveiliging van gemeenskapsbelange, maar wat net kan vooruitgaan in die mate waarin die gemeenskappe saamwerk in die vorming van die staat en ’n gemeenskaplike trou openbaar.” Veel erger nog, het die SAUK gesuggereer dat die land nou op pad is na die normale gemeenskap.

Op 18 Augustus 1982 het Kommentaar se opskrif gelui: “Die normale gemeenskap.’’ Een van die paragrawe het gelui: “Feit is dat Suid-Afrika pionierswerk doen in die formulering van ’n dringend nodige nuwe stel van werkbare norme vir ’n veelvolkige gemeenskap.’’ Waar was die waarskuwing nou oor die gevare wat ’n verloëning van die beginsels van afsonderlike ontwikkeling inhou?

Die SAUK se subtielste aanslag teen die beginsels van afsonderlike ontwikkeling was egter op Republiekdag 1982. Daar is by hierdie geleentheid na twee “wêreldverskynsels” verwys. Die eerste was die bestaan van gemengde gemeenskappe of “multi-etnisiteit”. Daaroor het die SAUK gesê: “. . . dit is een van die uitdagings van die moderne wêreld wat Suid-Afrika besig is om aan te pak." Die tweede "wêreldverskynsel” waarna verwys is, is die sogenaamde verminderde belangrikheid van grondgebied. Hieroor was die SAUK se  kommentaar: “Grondgebied is nie meer so ’n oorheersende, of verdelende, faktor nie. Daarom, wat ook al die grootte van die grondgebied van ’n swart gemeenskap . . . die gebied en die mense sal ingesluit word by die oorhoofse plan vir etniese selfstandigheid en ekonomiese ontwikkeling in Suid-Afrika as geheel. Dit geld ook vir diegene sonder ’n geografiese tuiste.” Die laaste paragraaf, wat ook vermelding verdien, het gelui: “Dit is die struktuur van die nuwe grondwetlike tuiste waaraan gebou word. By sy mondigwording is Suid-Afrika besig om ’n nuwe orde vir homself te skep, en ook ’n model vir die wêreld van die 21ste eeu.’’ Dit waarteen die SAUK sy luisteraars in die verlede gewaarsku het, het hy dus nou gepropageer. Wat anders was hierdie Kommentaar as ’n voorbrand vir ’n eenheidstaat?

Die nuwe idioom waarin die SAUK se kommentaarskrywers nou begin praat het, was die Korporasie se indirekte bydrae tot die Nasionale Party se JA-veldtog vir die referendum. Die SAUK het egter ook ’n meer direkte bydrae tot die Nasionale Party se veldtog gemaak.

In die eerste instansie het die Korporasie die grondwetlike standpunte van die opposisie-partye verdag voorgestel en openlik verwerp. Hier volg ’n paar voorbeelde.

20/4/82     “ Aan die een kant word die skepping van afsonderlike tuislande wat soos die swart state onafhanklik kan word, verwerp as onprakties en ontoepaslik vir die omstandighede . . . Net so word die ander uiterste - die integrering van die kleurlinge en Asiers in die bestaande politieke stelsel, op ’n gemeenskaplike kieserslys wat ’n enkele eenkamer-parlement verkies - ook verwerp.”

14/12/82 "Dus kan nog uiters regses, nog linkses, Suid-Afrika enigsins iets bied in die bou van 'n veilige toekoms."

15/7/81 "Alternatiewe wat nie uitvoerbaar is nie, is enersyds die skepping van ’n verskeidenheid onverbonde volkstate; en andersyds die skepping van ’n enkele, politiek-geïntegreerde gemeenskap."

In die tweede instansie het die SAUK op allerlei maniere en aan die hand van fyn bedinkte argumente propaganda vir ’n JA-stem gemaak.

Op 16 September 1982 het die SAUK gepraat asof die JA-stem reeds geseëvier het, deur op te merk: “Die grondwetlike akkommodasie van Suid-Afrika se Kleurling- en Asiërgemeenskappe sal binnekort ’n realiteit wees.”

Daar is ook gereeld na die uitslae van meningspeilings en studies verwys om die JA-argumente groter gewig te gee. Op 24 Desember 1982 het die SAUK so hiervan gebruik gemaak:

"...’n studie het bevind dat steun vir die huidige politieke aanpassings toeneem." Op 15 Maart 1983 was ’n RGN-studie oor politieke gesindhede jeens die grondwetlike veranderinge aan die beurt en die SAUK het gesê: “Dit is duidelik dat ’n groot mate van konsensus oor die voorgestelde grondwetlike bestel bestaan.”

Die argument is ook by geleentheid geopper dat die nuwe grondwet maar net ’n voortsetting van ’n proses is wat al jare gelede begin het. In hierdie verband is op 13 Julie 1983 gesê:

“Die uitdaging aan die land is om die grondwetlike proses wat dekades gelede begin is, deur te voer ...”

Die feit dat die politieke groepe aan weerskante van die Nasionale Party ’n NEE stem gepropageer het, het die regering handig te pas gekom. Die regeringsgesinde media het dit aan die kiesers gestel dat indien die NEE-stem sou wen, dit ’n Nee na regs en na links sou wees. Die SAUK het ook op 26 Augustus 1983 sy bydrae tot hierdie debat gemaak en gesê: “ ’n NEE-stem sal een van twee wyd-uiteenlopende, selfs botsende standpunte weerspieël - een ten gunste van ’n herstrukturering op ’n grondslag van staatkundige onafhanklikheid vir die Kleurling- en Asiërgemeenskappe, en die ander ten gunste van ’n veel nouer assosiasie as waarvoor voorsiening gemaak word in die voorgestelde grondwet, en wat ook swartmense sal insluit.” Watter reg het die SAUK om sulke blatante propaganda vir die Nasionale Party te maak?

In hul referendumveldtog, het die HNP en die KP gewys op die pad wat die destydse Rhodesië geloop het en aan die hand daarvan die kiesers aangespoor om Nee te sê. Dit was 'n dodelike argument, maar die SAUK het dit op ’n slinkse wyse in ’n hoë mate geneutraliseer. Reeds sedert die dae van mnr Vorster het die Korporasie met reëlmaat aan die kiesers gesê die Westminster-grondwet van die Republiek is uitgedien en dit verreken nie etnisiteit nie. Die SAUK het die breek met die Westminsterstelsel dan ook uitgesonder as die belangrikste gebeurtenis in 1980. Toe die tirannie in Zimbabwe losbars nadat Robert Mugabe die bewind oorgeneem bet, toe lê die SAUK dit voor die deur van die land se Westminster-grondwet wat glo nie etnisiteit verreken nie.

Kommentaar van 16 Februarie 1985 is ’n mooi voorbeeld in hierdie verband. Daar is toe opgemerk: “Die naakste feit van die toestand in Zimbabwe is dat die staat se Westminster-grondwet die politiek van rasse-oorheersing in sy blatantste vorm gekweek het.’’ Regdeur die loop van 1983 is daar toe na die gruweldade in Zimbabwe verwys om bogenoemde argument groter gewig te gee. Daarteenoor is die nuwe grondwet as die meerdere van die Westminsterstelsel voorgestel omdat dit glo nou etnisiteit verreken en sou help om ’n herhaling van die Rhodesiese episode te verhoed. Dit was egter ’n misleiding van die ergste graad, want die SAUK het terselfdertyd die bestaan van rasseverskille geminag met opmerkings soos hierdie een: “Talle Westerlinge glo dat die woord etnisiteit glad nie in ’n grondwetlike woordeskat tuis hoort nie. ” Dan moet daar nooit vergeet word hoe die einste SAUK die Blankes van Rhodesië tot die aanvaarding van ’n swart meerderheidsregering aangemoedig het nie.

Teen hierdie tyd was dit ook reeds duidelik dat afsonderlike ontwikkeling in die pad van die georganiseerde sakelui gestaan het. Die voorgestelde grondwetlike bedeling het dus in die verlengstuk van hul toekomsvisie vir die Republiek gelê en daarom wou hulle die JA-stem sien wen. Die Gefedereerde Kamer van Nywerhede, Assocom en die AHI het gevolglik hul steun aan die beoogde grondwet toegesê. Die SAUK het ook van hulle argumente gebruik om propaganda vir die JA-stem te maak. Op 13 Julie 1983 is onder andere ook gesê: “. . . daar is lank reeds eenstemmigheid dat die volke van Suid-Afrika ekonomies so interafhanklik is, en hul belange so verweef, dat algehele skeiding nie ’n lewensvatbare grondwetlike alternatief is nie.”

Die fynste bedinkte en vooraf berekende argument waarmee die regeringsgesinde media vorendag gekom het, was egter dié een dat diegene wat Nee stem in die hande van die kommuniste en die ANC sou speel. Op die vooraand van die referendum het mnr P W Botha op 'n vergadering in Johannesburg gesê mense wat Nee stem is in die geselskap van die verbode ANC. Die volgende dag het al die vernaamste koerante opskrifte gehad met die strekking dat die ANC ’n NEE-stem wil hê. Die taktiek het ongetwyfeld gehelp dat die JA-stem met 'n tweederdemeerderheid geseëvier het.

Die SAUK het maande en selfs jare voor die tyd die kiesers voorberei om almal agter die regering in te spring as die woord kommunisme of die naam ANC genoem word. Op 13 Desember 1982 kon die Korporasie rapporteer: “Reaksie op verlede week se blitsaanval op ANC-neste in Maseru toon ’n groot mate van eenstemmigheid onder Suid-Afrika se politieke partye en koerante.” Die SAUK het op 16 Maart 1983 hieruit munt geslaan en met die volgende uitlating vorendag gekom: ‘ ‘In die woorde van die Amerikaanse Departement van Verdediging beywer die Sowjet-Unie hom vir die verydeling van ’n vreedsame skikking in Suider-Afrika.” Dit het mnr Louis le Grange se ‘‘onthulling” voorafgegaan dat hy oor inligting beskik het dat die ANC van voornemens was om die referendumveldtog op gewelddadige wyse te ontwrig.

Na ’n aanval op die ANC in Maputo in Meimaand 1983, het die SAUK weer gesorg dat gemeenskaplike grond tussen al die kiesers voorberei word deur op te merk: ‘‘Deur hierdie afstootlike daad waarin burgerlikes nie ontsien is nie, het die ANC Suid-Afrika verenig in sy veroordeling van terreur." Die dag daarna het die Korporasie weer die argument geopper dat hervorming in die pad van die ANC se doelwitte staan en dit hulle tot meer geweld sou aanspoor. Op 22 Junie 1983 is hierdie argument beter in perspektief gestel met ’n ou bekende opmerking: “Die Sowjet-Unie beywer hom vir die vertroebeling van ’n vreedsame skikking in Suider-Afrika." So het die SAUK sy bydrae gemaak om die kieserskorps sielkundig voor te berei vir die troefkaart wat die regering en die koerante op die vooraand van die referendum gespeel het: “ANC eis NEE-stem.”

Nadat die SAUK elke moontlike argument gebruik het om ’n JA-stem te propageer, het hy die kiesers op 28 Oktober 1983 opgeroep om te kom stem. Onder die opskrif, “Die verpligting om te kom stem’’, is opgemerk: “Dit is duidelik dat ’n wegblystem jeëns enige politieke oorweging nie sin maak nie, in die eerste plek omdat dit nie onderskei kan word van die wegblystem van die afsydiges nie.’’

Na afloop van die referendum en die oorweldigende JA-stem is ’n voorstel by die Britse Laerhuis ingedien waarin mnr P W Botha gelukgewens is met die referendum-sukses. Mnr P W Botha self het gesê: “ ’n Nuwe grondslag vir nasionale eenheid is gelê waarop hervorming langs evolusionêre weg met behulp van stabiliteit gebou kan word.”

Wat sou volgende aan die beurt wees? Die SAUK het geantwoord: “Wat nog uitstaande is, is ’n konstitusionele kanaal om op hoë vlak te handel met wyer sake wat die alledaagse lewe van die stadswarte raak.”

Op die pad na swart meerderheidsregering

Die laaste fase van 'n proses wat aan die begin van die jare sewentig deur mnr John Vorster geaktiveer is, het nou ’n aanvang geneem. Die uiteinde moet noodwendig ’n swart meerderheidsregering in die een of ander vorm wees.

Die Botha-regering het reeds die nodige grondliggende skuiwe gemaak waarop die “nuwe" Suid-Afrika gebou word. Al wat nog kortkom, is ’n paar aanpassings rondom die nuwe beginselbasis waarop die Nasionale Party nou staan. In hierdie laaste fase speel die SAUK — by wyse van sy Kommentaar - sy rol as klimaatskepper vir die nuwe samelewingsorde beslissender as ooit tevore.

Kort na die Referendum het die SAUK dit op 25 November 1983 kaalkop gestel: “Plaaslike regering vir die stadswartes is die begin, nie die einde nie.” Vroeg in 1984 het die sielkundige voorbereiding vir ’n volgende referendum (?) ’n aanvang geneem toe daar op 3 Januarie gesê is: “Die nuwe grondwet is nie — en kon nie - die laaste hoofstuk in Suid-Afrika se grondwetlike ontwikkeling wees nie.” Op 28 Augustus dieselfde jaar het die SAUK hierdie opmerking net so herhaal. ’n Jaar later, op 14 Augustus 1985, het die Korporasie dit prontuit gestel dat die volgende nuwe grondwet op pad is. Daar is gesê: “Daar sal ongetwyfeld ook ’n mate van fundamentele grondwetlike herstrukturering moet plaasvind terwyl daar nader beweeg word aan die doelstelling wat hierdie land vir homself stel.”

Tot tyd en wyl daar nog nie by die doelstelling (swart meerderheidsregering) uitgekom kan word nie, doen die SAUK alles in sy vermoë om die kiesers daarvoor voor te berei. ’n Deel van hierdie voorbereiding sluit ’n verwoede aanslag teen die laaste oorblywende strukture van die Verwoerd-beleid in. ’n Goeie voorbeeld hiervan is die Korporasie se aanvalle op wette teen gemengde huwelike en ontug.

Na die referendum het die SAUK voluit te velde getrek teen hierdie wette. Op 12 Julie 1984 is byvoorbeeld gesê: “Op ’n persoonlike vlak word die vernedering en verleentheid wat dit veroorsaak wyd erken . . . daar word aanvaar dat daar geen Skriftuurlike gronde bestaan vir ’n verbod op huwelike of gemeenskap bloot op rassegroepering nie.” Op 8 Februarie 1985 is 'n volgende aanval op die wette geloods onder die opskrif "Kwetsende wetgewing". Uit hierdie Kommentaar het dit duidelik aan die lig gekom dat die wette in die pad van die Botha-regering gekom het. Daar is gesê: “Dit kan nie betwis word nie dat die wette in hulle huidige vorm ’n ernstige struikelblok is, wat verhoed dat die grootste uitdaging waarvoor die land se gemeenskappe staan, met welslae aangedurf word.” Toe die wette uiteindelik deur die regering geskrap is, het die SAUK die stap op 17 April 1985 toegejuig as “. . . een van die beste nuusitems wat vanjaar uit die Parlement gekom het". Ter nagedagtenis is bygevoeg:

"Suid-Afrika en al sy mense kan heeltemal goed klaarkom sonder die vernederende wette. Die verdwyning daarvan sal nie eens opgemerk word deur die oorgrote meerderheid nie.”

Dat die SAUK nog sy woorde sal moet sluk is nie te betwyfel nie. Op ’n vraag van mnr Louis Stofberg oor die stand van gemengde huwelike in die land, het mnr Stoffel Botha, minister van Binnelandse Sake, in Maart 1987 ’n skokkende antwoord gegee.

Tussen 19 Junie 1985 en 29 Januarie 1987 was daar reeds 673 gemengde huwelike voltrek. Al die kinders wat uit hierdie huwelike (en die wat nog kom) verwek word, sal noodwendig ’n volgende vlaag gemengde huwelik tot gevolg hê die dag wanneer hierdie kinders trou. Dit moet ook noodwendig ’n sneeubal-effek hê wat die gemeenskap as geheel oor die langtermyn sal verander in die “utopiese multi-racial-society” wat die liberaliste so graag in Suid-Afrika wil sien.

Die SAUK praat reeds in hierdie liberale idioom. Op 14 Februarie 1985 is na ’n sogenaamde ‘‘onafskeidbare interafhanklikheid” van die “groepe” verwys en op 19 Mei 1985 is van ’n “Suid-Afrikaanse Nasie” gepraat. Hierdie begrip suggereer inderdaad die nuwe soort nasionalisme wat glo in die nuwe Suid-Afrika sal posvat. Voorwaar ’n nasionaliteitlose nasionalisme!

Die SAUK het hom gevolglik ook aangesluit by daardie media wat hervorming teen ’n bekwame spoed wil sien. Dit is egter noodsaaklik dat daar vinnig genoeg vordering gemaak moet word om die massas gereed te maak vir vinnige hervorming. Hiermee het die SAUK homself reeds onderskei. Die volgende is ’n paar opskrifte van die Korporasie se Kommentaar gedurende Augustus 1985:

5/8/85 ‘‘Bestendigheid: Voorvereiste vir hervorming”

6/8/85 “Vordering met hervorming”

12/8/85 “Voort met hervorming”

14/8/85 “Die tempo van hervorming”

19/8/85 “Hervormingsoptrede en reaksie”

28/8/85 “Die onus op hervorming”

Bogenoemde help om ’n idee te vorm van hoe fel die SAUK se aanslag op die publiek se wil tot weerstand is. In die proses van klimaatskepping word al die ou bekende argumente en taktiek gebruik.

Die oudste truuk is om ’n stelling te maak en dit dan te veralgemeen. Hier volg ’n paar voorbeelde in verband met hervorming:

29/5/84 “Suid-Afrika beskou self nie sy grondwetlike reformasie as afgehandel nie en daaroor is daar by alle groepe in die land eenstemmigheid."

1/5/85 "Breedweg heers daar konsensus oor die politieke koers waarin die land moet beweeg.”

22/7/85  "Die meeste Suid-Afrikaners besef wel deeglik dat die langtermynoplossing ’n politieke een is: ’n manier moet gevind word om aan die swartmense inspraak op die hoogste vlak te gee.”

Die gebruiklike blatante aanvalle op die regse politiek bly ook nie uit nie. Op 14 Mei 1985 is prontuit gese: "Die oorspronklike doelwit van skeiding is uitgeskakel weens die onmoontlikheid om werk en leefruimte in die nasionale state te verskaf aan alle swart mense.” Op 3 September 1985 is dit opgevolg met hierdie opmerking: ‘‘Daar kan met reg gesê word dat apartheid . . . onvoorwaardelik verwerp word."

Om gewig te gee aan sy anti-regse stellings verwys die SAUK gereeld na die uitslae van meningspeilings en studies wat sy eie linkse sentimente pas - net soos gedurende die referendumveldtog van 1983.

Die RGN se verslag oor tussen-groep-verhoudinge was net wat die SAUK nodig gehad het om sy argumente die nodige skyn van wetenskaplikheid te gee. So het die Korporasie die verslag teen die regse politiek ingespan op 4 Julie 1985: ‘‘Daarbenewens - so is in die RGN-studie bevind — het die verbondenheid tot algehele skeiding tussen die bevolkingsgroepe uitgeloop op politieke strukture en maatskaplike en ekonomiese patrone wat op sigself die belangrikste oorsake van verhoogde spanning in Suid-Afrika geword het.” Afsonderlike ontwikkeling het nou die ‘skuld’ gekry vir die onrus in die land — daarmee het die SAUK Suid-Afrika se vyande gelyk gegee. Om seker te maak die luisteraars sluk hierdie argument is die betrokke Kommentaar afgesluit deur te sê: ‘‘As sodanig is die RGN-studie ’n inset van onskatbare waarde in die politieke debat. Dit verdien grondige oorweging.” Op 23 Oktober 1985 het die SAUK sy uitlatings oor die RGN-studie opgevolg en berig: "Soos uit die jongste RGN-meningspeiling blyk, het blanke steun vir die afskaffing van sekere diskriminerende wette tussen Maart verlede jaar en Junie vanjaar wesenlik toegeneem." Hierdie voorbeelde dui inderdaad op die fyn sinchronisasie wat daar tussen die onderskeie media bestaan in hul veldtog teen afsonderlike ontwikkeling.

Behalwe dat die SAUK hom aangesluit het by diegene wat apartheid as die nommer een-sondebok van alle probleme uitsonder, het die SAUK ook in sekere mate sy simpatie aan die onlusmakers gegee deur te sê “...daar is heelwat geregverdigde griewe’’.

Om die revolusionêre klimaat te ontlont het die Korporasie verdere hervorming aan die hand gedoen. Op 20 Novemer 1984 is byvoorbeeld gesê: “Elke stap om ’n geldige massagrief te verwyder, verminder die revolusionêre se kanse op sukses.” Wat die SAUK hier gevra het, is niks anders as kapitulasie nie.

Feit van die saak is dat hervorming juis revolusie aanstig. Gesaghebbendes het reeds male sonder tal daarop gewys dat hervorming die wet van stygende verwagtinge in werking stel en sodoende die klimaat voorberei vir revolusie. Hoe meer die regering hervorm, hoe groter die geweldpleging. Op 28 Februarie 1985 het die SAUK self gebieg: "Niemand sal sy (mnr Louis le Grange)

stelling betwis dat ’n revolusionêre klimaat die afgelope twee jaar

in die land posgevat het nie. ” Op 2 April 1985 is dit nog duideliker gestel toe gesê is: “Bowendien wek die proses van hervorming self nuwe verwagtings waaruit nuwe eise voortspruit. " Dit kan natuurlik nie anders nie, want die regering het hom in beginsel verbind om dit ongedaan te maak waarteen die land se vyande hulle stryd rig. Derhalwe is die Botha-regering se binnelandse beleid niks anders as kapitulasie in paaiemente nie. Die volgende paaiement is magsdeling met swartes wat noodwendig op ’n eenheidsregering moet uitloop. Die SAUK het dit reeds op 23 Mei 1985 gesuggereer deur te wys op ’n sogenaamde “ooglopende behoefte dat die onderskeie gemeenskappe ten nouste op die politieke terrein moet saamwerk.”

Om mee te begin moet die blankes net eers omgehaal word om in te stem tot magsdeling ook met swartes. Die SAUK was ooglopend tevrede dat die land se blankes reeds magsdeling met die ander bevolkingsgroepe aanvaar het en derhalwe is op 22 Augustus 1984 opgemerk: “Magsdeling is nou verskans in die grondwet, die grondliggende regsdokument van die staat." Vergete was die Korporasie se vroeëre waarskuwings teen die “gevare van magsdeling". Vervolgens het die SAUK een van die voorste pleitbesorgers in die land vir magsdeling geword en op 2 Oktober 1985 so daarvoor standpunt ingeneem: “Die politieke grondbeginsel is dat die besluitnemingsmag deur alle gemeenskappe in Suid-Afrika gedeel moet word.” Net die volgende dag het die SAUK die boodskap na alle uithoeke van Suid-Afrika gestuur:

“Magsdeling (in een of ander vorm) in ’n onverdeelde Suid-Afrika, met een burgerskap en algemene stemreg is reeds ’n uitgemaakte saak.” Dit is dieselfde taktiek wat voor die 1983-referendum gebruik is toe dit ook gestel is asof die JA-stem reeds gewen het.

Die bedoeling hiermee kan alleenlik maar wees om die blankes moedeloos te maak.

Met hierdie soort van ondersteuning gaan die Botha-regering onverpoos voort op sy weg na ’n swart meerderheidsregering. Mnr P W Botha gaan absoluut uit sy pad uit om erkende swart leiers oor te haal om op ’n vreedsame wyse met sy regering te kom beraadslaag. Swart leiers het geleer dat ’n leier wat in Afrika as “gematig” bekend staan sy eie keel afsny. Daarom is dit opvallend dat selfs kaptein Buthelezi, wat klaarblyklik uitverkore is vir hierdie rol, nie bereid is om hom tot offerlam te laat maak nie. Daarteenoor hou die ANC hom streng by sy filosofie van geweld net soos Frelimo en die Patriotic Front tot aan die bitter einde gedoen het. Hoe meer toegewings die Botha-regering ten opsigte van binnelandse beleid maak, hoe meer begroet die ANC dit met groter geweld.

Die tragiese van alles is dat die gemiddelde blanke nie besef wat werklik aan die gebeur is nie. Die SAUK het hierdie feit mooi toegelig deur te sê: “. . . omdat mense die geleentheid kry om aan stapsgewyse verandering gewoond te raak, gaan die geheelbeeld van ingrypende hervorming verlore." Hierdie selfde waarheid geld ook vir die SAUK se Kommentaar. ’n Mens kan slegs ’n geheelbeeld daarvan kry deur ’n diepte-studie daarvan te maak.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 959 gaste aanlyn