NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die Bybel leer dat die mens se kernprobleem die sonde is. Die sondeval het gelei tot menslike rebellie teen God. Daarby is Satan se lewensdoel om die mens te verlei tot sonde; hy sal dus daarop uit wees om jou in sy mag te kry deur jou ongehoorsaam aan God te maak. Maar al is jyself swak sal die almagtige God jou ook in hierdie nuwe jaar bewaar in Jesus Christus want Hy is ewig.

KOMMENTAAR SONDER GRENSE (12)

Die SAUK... en die storie daaragter

L J Bothma

1988

Lees reeks by Die SAUK... en die storie daaragter

Verkiesings 1974 en 1977

In reaksie op die woelinge in opposisie-geledere ná die verkiesing het die SAUK byvoorbeeld opgemerk: “ ’n Hergroepering en reoriëntering kan plaasvind wat ’n duideliker verdelingslyn tussen liberale en konserwatiewe politieke groepering in Suid-Afrika tot gevolg kan hê. Die verkiesing van 1974 kan 'n waterskeiding in die Suid-Afrikaanse politiek wees.”

Die verkiesing was inderdaad ’n waterskeiding, maar in dié sin dat die Nasionale Party duideliker weggebreek het van afsonderlike ontwikkeling. Op 25 Julie 1974 het die SAUK dit benadruk dat die regering hom verbind het tot "evolusionêre verandering", die nou bekende strydkreet van die Botha-regering. In Oktober 1974 het mnr Pik Botha se bekende ‘‘wegbeweeg-van- diskriminasie-toespraak" in die WO gevolg. Daarmee het hy eintlik die land se vyande gelyk gegegee dat afsonderlike ontwikkeling diskriminerend is en dat die regering sal wegbeweeg daarvan. Daar is dan ook begin om "klein irritasies" — soos die SAUK dit gestel het — uit die weg te ruim. Dit het enersyds die publiek se vertroue in afsonderlike ontwikkeling ondermyn en tweedens die vals beeld geskep dat apartheid hervormbaar is. Die SAUK het hiertoe meegehelp met stellings soos die een op 20 November 1974 dat ‘‘Suid-Afrika nie wil beweer dat afsonderlike ontwikkeling 'n uitvoerproduk is nie”.

Die naakte waarheid is dat apartheid nie hervorm kan word nie, want dit staan op ’n suiwer beginselbasis. ‘n Mens kies een stel beginsels of jy kies ’n ander stel. Die beginsel kan nooit gebuig word nie. Daarom is ‘n nuwe beginselbasis wat totaal en al verskil van die beginsels van afsonderlike ontwikkeling gekies. Dit het bokant al die misleiding van die Nasionale Party en die SAUK uitgestaan. So byvoorbeeld was dit niemand minder nie as mnr P W Botha self wat in 1974 verklaar het dat verandering in die land sal plaasvind volgens die "beginsels van redelikheid en geregtigheid”. In sy reaksie op die sogenaamde Lusaka-manifes waarin die ondertekenaars gevra het dat oorgegaan moet word van groepsongelykheid na gelykheid van die individu, het die SAUK prontuit op 25 Oktober 1974 gesê: ‘‘Dit is presies wat in Suid-Afrika gebeur." Die logiese afleiding is dat die Nasionale Party homself vereenselwig het met die liberale beginselbasis en hom voortaan daarvoor sou beywer. Die nasionalisme sou stelselmatig moes plek maak vir die liberalisme.

Dit was net logies om te verwag dat binnelandse en buitelandse druk gevolglik teen afsonderlike ontwikkeling sou oplaai. Die Arbeidersparty wat die Verteenwoordigende Kleurlingraad beheer het, het afsonderlike ontwikkeling verwerp en aangedring op magsdeling. Die Vorster-regering se verloëning van sy eie beleidsbasis was ook ’n bydraende faktor tot die Soweto-onluste van 1976. Onder die opskrif “Verandering” het die SAUK op 9 September 1976 ’n mooi opsomming gegee van hoe hoog die liberale koors geloop het. Daar is gesê: “ ’n Krampagtige aandrang op ongekwalifiseerde verandering in Suid-Afrika se binnelandse toestand — en veral in sy volkerebeleid is deesdae aan die orde van die dag; sedert die uitbreek van die stedelike onrus in die swart en bruin geledere meer as ooit tevore. Dit kom onder andere van politici, akademici en koerantredakteurs. Volgens die Rand Daily Mail is die skrif aan die muur vir wat hy as die regering se ‘histeriese beleid’ bestempel.”

Dit ly geen twyfel nie dat die linkse politiek sy opgang in die land sedert die sewentigerjare te danke het aan die gunstige klimaat wat die NP-regering daarvoor geskep het. Die regering het die een toegewing na die ander gemaak. Die SAUK het deurlopend hierdie veranderinge aan die publiek gesuggereer. Die Korporasie se reaksie op die onluste van 1976 was onder meer die volgende: "Wat die politieke ontplooiing betref, is daar seer seker ruimte vir verbetering op onder andere die terreine van konsolidasie van tuislande, burgerskap en voorregte in blanke gebiede en oorhoofse skakeling met die sentrale regering."

Die belaglikste van alles was die feit dat die NP-regering nou die gekoördineerde internasionale veldtog teen die land met toegewings beveg het en dat die SAUK dit aan die publiek opgedis het as ’n sukses. Onder die opskrif "Suid-Afrika veg terug", het die Korporasie op 23 Augustus 1977 die NP-regering se “onkreukbare buitelandse beleid en sy bereidwilligheid om binnelandse politieke verbeterings aan te bring" as voorbeelde genoem van hoe daar suksesvol teen die buiteland geveg word.

Dit druis in teen alle logika dat ’n mens ’n vyand kan beveg deur presies dit te doen wat hy van jou verwag. Andersom gestel, sulke optrede kom alleenlik daarop neer dat jy jou vyand gelyk gee dat daar iets skort met jou saak, en dit was presies die boodskap wat die totale beleidvoering van die NP-regering uitgestraal het. Dit nuut ingeslane rigting was nie weg van die land se vyande nie, maar ná hulle toe.

Die vraag wat gevolglik oorbly, is hoe het die Vorster-regering dit dan reggekry om in 1977 so ’n oorweldigende oorwinning by die stembus te behaal as sy beleid dan so onlogies was? Die antwoord op hierdie vraag is geleë in die fyn strategie wat die NP in die verkiesing gevolg het.

Die 1977-verkiesing en die stand van die Vorster-beleid

Die twee belangrikste strydvrae van die algemene verkiesing op 30 November 1977, was buitelandse inmenging in die grondwetlike voorstelle wat later bekend geword het as die ’77-voorstelle.

Die opvallendste kenmerk van die verkiesing was waarskynlik die feit dat mnr Vorster ’n mandaat van die kiesers gevra het teen buitelandse inmenging, terwyl sy totale beleidvoering juis buitelandse inmenging uitgelok het. Die Vorster-regering het egter hierdie mislukking gebruik om die kieserskorps agter hom te verenig.

Die druk van buite is as ’n aanslag teen die land as geheel beklemtoon en die NP-regering het hom voorgestel as die groot kampvegter vir die handhawing van die land se soewereiniteit.

Op 27 Oktober 1977 het mnr Vorster byvoorbeeld gesê die bedoeling van die buitewêreld is om “. . . ons skade te berokken. . . en om ons te ontneem, dit wat ons s’n is”. ’n Paardae later het hy in ’n toespraak gesê: “Ons het amper by die punt gekom waar niks meer van ’n self-respekterende land gevra kan word nie as om te sê: so ver en nie verder nie.”

Die kiesers was oortuig dat mnr Vorster hul steun in nasionale belang nodig gehad het en dat hy halt geroep het. Wat in werklikheid gebeur het, was dat die Vorster-regering die verset in die binnelandse geledere teenoor die oplaaiende buitelandse inmenging suksesvol by die stembus gemobiliseer het, terwyl die einste NP-regering die klimaat vir die inmenging van buite gekweek het. Hoe groter die buitelandse druk was, hoe sterker kon die kieserskorps agter die regering verenig word. Dit was die hoofrede vir die NP se sukses in die verkiesing.

Die SAUK se reaksie op die verkiesingsuitslae bevestig bogenoemde stellings in ’n hoë mate. Op 1 Desember 1977 het die Korporasie ook die vraag gestel: ”Nou wat is die redes vir hierdie groot stemmeswaai na die Nasionale Party?” Daarop is self geantwoord: "Een van hulle is beslis die besef van die kieserskorps dat daar nou saamgestaan moet word; en hoewel sulke eenheid nie noodwendig beteken dat daar vir een party gestem moet word nie was dit klaarblyklik hoe baie mense gevoel het.

Die grondwetlike voorstelle het voorsiening gemaak vir drie parlemente vir onderskeidelik die Blankes, Kleurlinge en Indiërs. Elke parlement sou 'n eerste minister en ’n kabinet hê en die Senaat sou afgeskaf word. Daar is ook 'n sogenaamde Raad van Kabinette voorgestel om wetgewing vir die verskillende parlemente aan te voor. ’n President met uitvoerende magte sou deur ’n kieskollege van die drie volksrade aangewys word. Die Raad van Kabinette sou ’n uitvoerende kabinet wees waarin ’n gelyke aantal Blankes, Kleurlinge en Indiërs sou sit. Dit was ’n radikale afwyking van die grondwetlike koers wat dr Verwoerd in die vooruitsig gestel het en ’n voorbeeld van magsdeling op die hoogste vlak.

Die SAUK se eerste reaksie op die voorstelle was dat dit ’n “verbeeldingryke nuwe konstitusionele plan is wat ’n lewenskragtige oplossing bied vir een van Suid-Afrika se tradisionele politieke turksvye: die posisie van die Kleurling- en Indiërbevolkingsgroepe”. Hieruit is dit duidelik dat die SAUK sy gewig volledig agter die NP se nuwe grondwetlike koers ingegooi het en toe reeds effektief ’n JA-stem vir die 1983-referendum gepropageer het.

Ná die verkiesing was dit duideliker as ooit tevore dat die NP se binnelandse beleid ’n mengsel van nasionalisme en liberalisme was. Tog het die NP nog steeds verkies om homself as regs voor te stel. Omdat die party egter in die middel van die politieke spektrum gestaan het, moes hy hom onderskei van die tradisionele regse beginselbasis. Daarom is die HNP geêtiketteer as ver-regs en het die SAUK dan ook ná die verkiesing gesê “die ver-regse vleuel in die Suid Afrikaanse politieke spektrum het geen indruk gemaak nie". Links van die NP het die NRP en die PFP gestaan en laasgenoemde het ná die verkiesing die amptelike opposisie geword.

Afgesien van die beoogde grondwetlike veranderinge om die Kleurlinge en Indiërs te akkommodeer, was daar ook nog die swartes binne blanke gebiede. Voor die verkiesing is aangekondig dat ’n kabinetskomitee ondersoek gaan instel na hul posisie. Daarna is in beginsel aanvaar om stedelike swartes volle seggenskap oor eie plaaslike bestuursaangeleenthede binne die blanke gebiede te gee aan die hand van ’n stelsel van gemeenskapsrade. Nuwe wetgewing het gevolg wat volle huisbesit vir swartes in blanke stedelike gebiede moontlik sou maak. Alles het daarop gedui dat die regering die teenwoordigheid van die stedelike swartes as permanent aanvaar het.

Wat die swartes in die tuislande betref, het kaptein Buthelezi van KwaZulu volstrek geweier om onafhanklikheid vir sy gebied te aanvaar. In 1975 het hy die leier van die Zoeloe-kultuurliggaam bekend as Inkhata geword. Dit was gou duidelik dat dit nie ’n nasionalistiese organisasie is nie, maar ’n swartmag-organisasie.

Gewone lidmaatskap van Inkhata is oop vir almal. Vroeg in 1978 is dan ook op ’n vergadering op Nongoma probeer om ’n alliansie tussen Inkhata, die Kleurlinge en die Indiërs tot stand te bring.

Dit was vrugteloos. Swart nasionaliste soos kaptein Lukas Mangope van die huidige onafhanklike Bophuthatswana wou ook niks weet van Inkhata nie. In Maart 1976 het hy gewaarsku: "As ons nog ’n Angola wil vermy, moet ons Inkhata vermy.” Hoofminister Lennox Sebe van die Ciskei se antwoord was: “Ek het nie kaptein Buthelezi se Inkhata as ’n nasionale bevrydingsbeweging nodig nie.”

Inkhata het vanuit die staanspoor swart meerderheidsregering geëis en dit duidelik gestel dat hy met niks minder as dit tevrede sal wees nie. In 1978 het die SAUK onomwonde verklaar dat hierdie standpunt van Inkhata vir die oorgrote meerderheid van Suid-Afrika se Blankes onaanvaarbaar is. Die SAUK het bygevoeg: "lndien Inkhata ’n positiewe rol wil speel en konfrontasie en verwoesting wil vermy, moet hy tot sy oorspronklike rol terugkeer - die bevordering van die identiteit en gees van die Zoeloevolk."

Die twee breë strominge in die swart politiek was dus steeds daar, maar hoe meer die NP Afrikanernasionalisme ondergrawe het, hoe gunstiger het die klimaat geword vir swartbewussyn om wortel te skiet ten koste van swart nasionalisme.

Die smeltpot-teorie

Die nuwe rigting wat die Vorster-regering aan die binnelandse beleid gegee het, was die begin van ’n bedeling waar ras en kleur uiteindelik nie meer bepalend sal wees in die grondwetlike ontwikkeling van Suid-Afrika nie. ’n Bedeling sal in die afsienbare toekoms ontstaan waarna in die verlede verwys is as ’n “smeltpot”.

Die sogenaamde “smeltpot-teorie” is die liberale alternatief vir nasionalisme en die beleid van afsonderlike ontwikkeling wat daaruit voortvloei. Die SAUK het die “smeltpot-teorie” op 8 Augustus 1975 so gedefinieer: “Die na-oorlogse geloof dat die aspirasies van verskillende etniese groepe vervang kan word deur ’n gemeenskaplike lojaliteit aan die staat, ongeag hoe kunsmatig die grense daarvan gestel is.” Hierdie siening kom dus neer op die verwydering van etniese grense en dit is presies wat nou in Suid-Afrika aan die gang is.

Brittanje en Amerika was veral bestem om die model te word van so ’n ongedifferensieerde gemeenskap. In die ná-oorlogse jare is Brittanje letterlik oorstroom deur swart en bruin immigrante uit die Statebond en teen die einde van die sewentigerjare was ongeveer 4 % van die Britse bevolking Nie-blankes. Daar is in alle erns gepoog om hulle in een “pot” saam met die Blankes van die land te gooi.

Die Britse publiek is in die laat sewentigerjare wreed ontnugter met hierdie beleid toe rassegeweld losgebars het en dit duidelik was dat etnisiteit nie geïgnoreer kon word nie. Skeiding tussen rasse het die beste oplossing geblyk te wees. In April 1977 het die liberale Britse koerant, The Guardian, byvoorbeeld ná ’n diepteondersoek oor die rassetoestand tot die slotsom gekom dat die rasseharmonie wat daar wel bestaan het, daaraan te danke was dat wit en swart apart bly by die werk en in die gemeenskap.

In dieselfde asem het die Britse statutêre kommissie vir rassebetrekkinge in ’n verslag verklaar dat rasseverhoudinge sal verbeter as wit en swart apart woon. Terselfdertyd het die kommissie vir rassebetrekkinge ’n soort rasseklassifikasie voorgestel waarvolgens werkgewers gedetailleerde opgawes van die etniese oorsprong van hulle werkers moes hou. Die rassekwessie was inderdaad ’n groot geskilpunt in die Britse politiek en die leier van die opposisie, mev Margaret Thatcher, het gesê die toestand hou ’n bedreiging in vir “basiese Britse eienskappe”.

In die Verenigde State is die “smeltpot-teorie’ ’ in die ná-oorlogse jare met groot ywer gepropageer en toegepas. In 1954 het die Hooggeregshof byvoorbeeld beslis dat skole geïntegreer moes word. Later is ’n program ingestel om diskriminasie op alle vlakke af te breek. Kolleges, universiteite, die staatsdiens en die sakewêreld is gevra om studente en werknemers aan te stel ooreenkomstig die verhouding wat hulle etniese groep van die totale bevolking uitmaak. Dit het daarop neergekom dat 1 uit elke 10 studente en werknemers swart moes wees.

’n Groot opskudding is in 1978 veroorsaak toe die Hooggeregshof in die Bakke-saak beslis het dat die kwotastelsel strydig is met die Amerikaanse grondwet. Allan Bakke, ’n Blanke Amerikaner, het in 1972 en weer in 1973 aansoek gedoen om toelating tot die mediese fakulteit in Kalifornië. In beide gevalle is sy aansoek geweier en 16 swartes met laer kwalifikasies as hy het by elke geleentheid toelating verkry. Bakke het na die Hooggeregshof van Kalifornië geappelleer en die saak het op die ou end in die Amerikaanse (Federate) Hooggeregshof geëindig. Bakke se appel is met vyf stemme teen vier gehandhaaf en derhalwe die hof se beslissing dat omgekeerde diskriminasie ongrondwetlik is. Swartes het die uitspraak as ’n groot terugslag vir hul regte beskou.

Uit die ontnugtering en verwarring wat in die laat sewentigerjare in Brittanje en Amerika losgebars het oor die idee van ’n ongedifferensieerde samelewing, was dit baie duidelik dat nie een van die twee lande die reg gehad het om op grond van eie ervaring aan Suid-Afrika voor te skryf oor sy rasseverhoudinge nie.

As die SAUK wou beweer dat afsonderlike ontwikkeling nie 'n uitvoerproduk was nie, dan was die "smeltpot-teorie" allermins ’n invoerproduk. Die tragiese van alles was dat mnr John Vorster en sy regering reeds die integrasie-pad gekies het in ’n stadium toe die land se vyande ontnugter is met die idee wat nou ’n “multi-racial society’’ genoem word. Niks kan die saak beter in perspektief stel as die SAUKse Kommentaar op 7 Junie 1978 oor “Groepsgebiede in Brittanje” nie. Die eerste paragraaf het soos volg gelui:

“Dieselfde dag dat Suid-Afrika die oopstelling van 26 teaters in verskeie stede aan lede van alle rasse aangekondig het, het die stadsraad van Groter Londen planne bekend gemaak vir die vestiging van afsonderlike woongebied vir Bengali-immigrante uit Bangladesh”

Ewe tragies was die feit dat die SAUK nie die gebeure in Brittanje en Amerika gebruik het om die Vorster-regering tot besinning te maan nie. Op 15 Junie 1978 was die Korporasie se reaksie op die gebeure eerder een van aanmoediging. Daar is gesê:

“Terwyl begrip nou eers in Brittanje posvat van die skade wat ’n laat-maar-loop-beleid aan rassebetrekkinge veroorsaak, beweeg Suid-Afrika se duidelike beleid bestendig in die rigting van gemeenskapsveiligheid en die uitskakeling van diskriminasie. ” Opmerklik is niks ter regverdiging van afsonderlike ontwikkeling as sodanig gerep nie, omdat daar reeds gekies is om dit te verloën.

Vandag is dit duidelik dat mnr Vorster dieselfde rigting as die vyande van Suid-Afrika gekies het met sy “wegbeweeg-van-diskriminasie”-beleid. Dieselfde ontnugtering is besig om pos te vat onder die Suid-Afrikaanse bevolking as elders ter wêreld waar die “smeltpot-teorie” toegepas is. Van die veelgeroemde “gemeenskapsveiligheid” waarmee die SAUK die Suid-Afrikaanse publiek aan die slaap gesus het, kom al hoe minder tereg. Mnr P W Botha regeer vandag met ’n noodtoestand en bejaardes is nie meer hulle lewens seker nie as gevolg van aanvalle deur geweldenaars.

Mnr P W Botha aan die bewind

Toe mnr John Vorster in September 1978 as Eerste Minister bedank het, was die grondslae van ’n nuwe Suid-Afrika, gebou op die liberale beginselbasis, bo alle twyfel reeds gelê. Mnr P W Botha wat die premierskap oorgeneem het, het dit op hom geneem om op hierdie grondslae voort te bou.

In sy kommentaar op 29 September 1978 het die SAUK mnr Botha se taak so gesien:  "Niemand is beter toegerus om die plan (magsdeling met Kleurlinge en Indiërs) in werking te stel as die nuwe Eerste Minister nie, aangesien hy voorsitter was van die kabinetskomitee wat die plan opgestel het. . . mnr Botha is aangewys om Suid-Afrika tot ’n historiese vervulling te lei. Om dit te bereik is die leiding van die lewende hand van die verlede noodsaaklik, maar daardie dele wat dood is, moet weggesny word” (hakies bygevoeg).

Die vraag het spoedig vanuit die kieserskorps begin opduik: waarheen is mnr P W Botha met Suid-Afrika op pad? Die SAUK het op 19 November 1979 hierdie vraag aan die kiesers beantwoord onder die opskrif “ ’n Eindelose Pad". Die laaste paragraaf het soos volg gelui: "Die Kleurlinge, swartmense en Blankes — almal in Suid-Afrika, soos alle mense elders is op ’n pad, waarvan die einde (as daar een is), nie sigbaar is nie en ook nie gedefinieer kan word nie. Maar dit is noodsaaklik om te beweeg, nie na een of ander onbepaalde einddoel nie . . . maar vorentoe. En dit sal alleen moontlik wees as daar orde, welwillendheid, en vertroue onder die leiers is en ’n bereidwilligheid is om standpunte te stel en te onderhandel. ”

Ongeveer ses maande later het mnr P W Botha op ’n gesamentlike sitting van die Volksraad en die Senaat ’n soortgelyke antwoord op dieselfde vraag gegee. Hy het gesê: ‘‘Ons loop voel-voel in die donker totdat die lig val op wat ons gedoen het. Ons beskik nie oor daardie lig nie. ” Hierdie uitspraak volg op ’n verklaring wat hy in Augustus 1979 in KwaZulu gemaak het toe hy gesê het: ‘‘Ons sal die beleid aanpas elke keer dat dit in belang van Suid-Afrika nodig is.”

Nog die SAUK, nog die Botha-regering wou dus in duidelike terme aan die publiek sê waarheen die nuwe pad lei. Die SAUK het egter ‘n paar versekerings aan die kieserskorps deurgegee om hulle vrese te besweer. Hier volg ’n paar voorbeelde:

“Die liberale formule van magsdeling word van alle kante verwerp.’’

“Daar is reeds herhaaldelik daarop gewys dat enige afwyking van die grondbeginsels van afsonderlike ontwikkeling in die Suid-Afrikaanse verband, gelykstaande aan selfmoord sal wees.”

“Vandag word die gevare van magsdeling algemeen besef. "

“Die verheerliking van individuele vryhede en menseregte dra by tot die selfvernietiging van die Christendom.”

“Die moontlikheid dat ’n enkele, ongedifferensieerde, veelrassige staat in Suid-Afrika tot stand kan kom, is uitgeskakel.”

‘"Onderhandeling met diegene wat verbloemend ‘ware leiers’ genoem word, maar in werklikheid verteenwoordigers van die Sowjet-geleide ANC is, sou die begin van kapitulasie wees.”

“Eerstens is die Suid-Afrikaanse regering nie te vinde vir die gedagte van ’n meerderheidsregering in ’n verenigde Suid-Afrikaanse staat nie.”

Die Botha-regering en die SAUK het egter al hierdie standpunte en waarborge binne ’n paar jaar verloën.

Vir eers is daar besluit om afsonderlike ontwikkeling finaal in diskrediet te bring. Op 19 Augustus 1980 het die SAUK oënskynlik regverdiging vir sy standpunt oor hierdie beleid gekry en toe soos volg berig: "Partisie het deur die jare sy voorstanders gehad . . . as ’n lewensvatbare opsie vir Suid-Afrika het dit waarskynlik reeds die doodskoot gekry met die afgelope naweek se publikasie van die uitslag van ’n studie deur die Buro vir Ekonomiese Navorsing, Samewerking en Ontwikkeling. Die Buro het gevind dat ondanks die grootste pogings gedurende die afgelope 10 jaar, Suid-Afrika se nasionale state net in staat was om ’n kwart van hulle nuwe werksoekers elke jaar in diens te neem, en dat per kapita-inkomste ongunstig gegroei het vergeleke met dié in die meeste Afrika-lande."

Bogenoemde is absoluut geen regverdiging om te sê afsonderlike ontwikkeling het misluk nie. Dit is opvallend dat die Buro juis daardie tien jaar (sedert 1970) ondersoek het toe afsonderlike ontwikkeling in trurat gegooi is. As hierdie studie iets bewys het, dan is dit juis dat afsonderlike ontwikkeling die aangewese beleid was instede van mnr Vorster se wegbeweeg-van-diskrimi-

nasie-beleid. Die SAUK, of wie ook al, het geen bewyse om te sê dat afsonderlike ontwikkeling misluk het nie. Die naakte waarheid is dat die beleid stelselmatig ondermyn is deur mnr Vorster, asook deur die SAUK met sy suggestiewe uitsprake en goedkeuring aan die Regering se doen en late.

Op 13 November 1979 het die SAUK ’n betekenisvolle uitspraak gemaak om die Blankes voor te berei op die pad wat sou volg.

Daar is reguit gesê: "Wat die Blankes betref, moet hulle aanvaar dat daar green waarborge van groepvoordele sal wees in die nuwe orde wat ontstaan nie.” Onlangs het ’n werksdokument van die Broederbond in die openbaar gesirkuleer waarin ook gesê is dat die Blanke nie enige waarborge vir groepsregte sal hê nie. As in aanmerkiing geneem word dat die Broederbond nog altyd ’n sterk houvas op die SAUK gehad het, dan kom die vraag onwillekeurig op of die SAUK se uitlating in 1979 nie ook vanuit die binnekringe van die Broederbond deurgegee is nie. En die antwoord daarop is duidelik: ja!

Op 12 Augustus 1980 het die SAUK twee verdere “perke” gestel vir onderhandeling oor die Nuwe Suid-Afrika. Die een is dat "elke van die land se gemeenskappe vry moet wees van oorheersing deur andere" en tweedens "dat daar in die Nuwe Suid-Afrika geen aantasting moet wees van die waardigheid van die individu nie”. Hierdie uitlatings van die SAUK is in lyn met die Kommentaar op 25 Oktober 1974 toe die Korporasie gesê het dat die oorgang van groepsongelykheid na gelykheid van die individu presies is wat in Suid-Afrika gebeur. Dit is nog ’n mooi voorbeeld van hoe (die SAUK die Blankes op ’n subtiele wyse voorberei vir ’n verandering wat soms jare in die verskiet lê. En verder, wat van die waarskuwing oor die gevare wat die verheerliking van individuele vryhede vir die Christendom inhou?

'n Paar nuwe terminologieë is ook rondom die begin van die tagtigerjare geskep wat die nuwe gees in die Suid-Afrikaanse politiek weerspieël het. So byvoorbeeld is "wegbeweeg van diskriminasie” opgebreek in “onnodige” en “nodige” diskriminasie.

Op 22 Junie 1979 het die SAUK so tussen hierdie twee terme onderskei: “Duidelikheidshalwe sal ons dus na ‘nodige’ diskriminasie verwys as differensiasie en ‘onnodige’ diskriminasie bloot as diskriminasie.” Differensiasie op sy beurt weer was ‘‘nog altyd die riglyn van afsonderlike ontwikkeling” en ‘‘die doelstelling met differensiasie is gemeenskapsveiligheid”, aldus die SAUK.

Die doelstelling met hierdie soort van onderskeid was egter maar net om die Blankes gewoond te maak aan ’n volgende paaiement van oorgawe, want net in die volgende sin is die aap uit die mou gelaat met hierdie opmerking: ‘‘Een groep kan net in ’n atmosfeer van gemeenskapsveiligheid vry wees van die bedreiging van oorheersing of inmenging deur ’n ander groep.” Hierdie uitlating verraai dat “nodige” diskriminasie ’n totale breuk met afsonderlike ontwikkeling is, want dit (die uitlating) is die presiese idioom waarin die Nasionale Party in 1987 praat. Vandag hoor ’n mens nie meer van iets soos ‘"nodige" diskriminasie nie, want die Regering durf nie teenoor die buiteland sê sy beleid huisves diskriminasie nie. Die keuse van die begrip “groep” in plaas van “rassegroep” het eweneens die nuwe rigting verraai. ’n “Groep” kan mense van verskillende rasse insluit, maar ’n “rassegroep” kan net lede van ’n spesifieke ras insluit. Waarom dan praat van ’n “groep” as daar eintlik ’n “rassegroep” bedoel word? Weer eens was dit fyn sielkundige voorbereiding.

Die SAUK het ook in hierdie tyd in alle ems begin om ’n “nuwe" taktiek op die kieserskorps te gebruik ten einde hulle oor te haal om die nuwe rigting te aanvaar. Dit was naamlik om in die Kommentaar te verwys na studies en meningspeilings wat “regverdiging" gegee het aan die argumente van die linkse politiek. Die studie oor afsonderlike ontwikkeling is so ’n voorbeeld. Op 4 Februarie 1980 het die SAUK ook na aanleiding van 'n meningspeiling van die Markinor-organisasie gesê: “. . . daar is toenemende getuienis dat die aanpassings wat die afgelope paar jaar in Suid-Afrika aangebring word, die gewenste uitwerking op rasseverhoudinge in die land het. "

Al hierdie sielkundige voorbereiding, suggesties en toegewings na links het die wet van stygende verwagtinge onder die Nie-blankes in sy hoogste versnelling geplaas. By hulle het ’n beeld begin vorm kry van ’n witman wat op die vlug is soos wat dit oral in Afrika die geval was. Die Botha-regering moes noodgewonge die een toegewing na die ander maak en die belangrikste van alles was die feit dat hy alliansies moes sluit met diegene wat nog altyd die vurigste teenstanders van afsonderlike ontwikkeling was, naamlik die groot sakelui.

Die eerste konkrete stap in hierdie rigting was die Carlton-beraad wat later opgevolg is met die Goeie Hoop-konferensie en waarna reeds verwys is. Vervolgens het mnr Botha uitvoering gegee aan die aanbeveling van die Schlebusch-kommissie dat die Senaat afgeskaf moes word. In die plek daarvan het die Presidentsraad tot stand gekom en dit het aan die linkse sakelui ’n direkte inspraak in besluitneming op die hoogste vlak besorg. Daarmee is afsonderlike ontwikkeling die doodskoot toegedien.

Die sakelui het trouens ’n vastrapplek oor die wyds moontlike spektrum van beleidmaking gekry. Die SAUK het op 28 Augustus 1980 berig: "Mense wat buite die regering staan is sterk verteenwoordig in die verskillende liggame wat die Eerste Minister adviseer." Nou het die linkse sakelui ook vir die eerste maal die kans gekry om Suid-Afrika se grondwetlike koers direk te bepaal.

Aangesien hierdie sakelui die verlengstuk van die internasionaal-georganiseerde sakelui is, was die verdere implikasie van hierdie stap die internasionalisering van Suid-Afrika se grondwetlike vraagstukke. Oor die taak van die Presidentsraad het die SAUK dan ook op 6 Oktober 1980 gesê: “Dit is ’n lewensbelangrike onderneming vir Suid-Afrika. . . en aangesien dit ’n wêreldvraagstuk is, is dit ook in die belang van die wêreld in die algemeen."

Dit is ou nuus dat die wêreld nie afsonderlike ontwikkeling as van belang vir die Weste beskou nie, maar ’n swart meerderheidsregering. Mnr Botha kon gevolglik nie anders as om aandag te skenk aan die eise van die leiers van die swart bewussyn-beweging nie. Biskop Desmond Tutu het byvoorbeeld in 1980 gesê onrus word ’n permanente faktor in Suid-Afrika en dit sal so bly totdat werklike verandering plaasgevind het. Werklike verandering, het hy gesê, is magsdeling. Mnr Botha het biskop Tutu en sy geesgenote soos kaptein Buthelezi probeer paai en ’n sogenaamde Swart Raad voorgestel om as spreekbuis vir die swartes te funksioneer. Hulle het dit summier verwerp en aangevoer dat dit net ’n stelsel sal wees waarin diskriminasie voortgesit sal word. Die SAUK se reaksie hierop het boekdele gespreek: “Die stelsel van twee rade is nooit beskou as ’n doel opsigself nie, maar ’n middel of instrument; nie as die voltooide artikel nie, maar as die tussentydse gereedskap. Dit is die einde van die proses, die voltooide artikel, wat van wesenlike belang is. En oor die noodsaaklikheid om dit te bereik stem Blanke en swart leiers saam. Wat kan die "voltooide artikel" dan nou eintlik anders wees as ’n swart meerderheidsregering?

Wat die Kleurlinge en Indiërs betref, het mnr Botha hom ook teen verset vasgeloop. Die Arbeidersparty het hom eenvoudig beroep op die aanbevelings van die Du Preez-komitee wat verskillende grondwetlike alternatiewe ondersoek het. Hierdie komitee het ’n eenheidstaatstelsel aanbeveel, gegrond op algemene stemreg. Voorts het eerw Hendrikse die vrylating van Nelson Mandela geëis en hy staan tot op hede by hierdie eis.

Die Regering moes eenvoudig ’n argument kry om sy onderhandeling met die swartbewussyn-leiers in die oë van die Blankes te regverdig. Dit het die Botha-regering in sy middeweg-opsie gevind. In Augustus 1980 het mnr Pik Botha aan ’n Britse televisiespan gesê: “Ons kan nie die linkse en regse radikale akkommodeer nie." Diegene vir wie hierdie etikette om die nek gehang is, is vir alle praktiese doeleindes uit die debat uitgeskuif. Die SAUK het hierdie punt mooi duidelik gemaak toe die Korporasie op 23 Oktober 1980 gesê het dat “. . . die politiek van onversoenlikheid nie langer toepaslik is nie, en dat diegene wat dit beoefen, begin agterkom dat hulle nie meer ter sake is in die politieke proses nie’’. Wie is dan ter sake? Die SAUK het geantwoord: “ ’n Groeiende vennootskap van gematigdes uit alle gemeenskappe."

Teen hierdie agtergrond het mnr P W Botha sy eerste algemene verkiesingsveldtog sedert hy premier geword het, geveg.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 922 gaste aanlyn