NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As 'goeie' kinders van die HERE het ons geleer om verdraagsaam te wees teenoor baie dinge. Ons moet egter vra of dit reg is om teenoor goddeloses verdraagsaam te wees. Vol passie roep Dawid in Ps 139 uit: "O God, as U tog maar die goddelose wou ombring! En julle manne van bloed, gaan van my af weg! Hulle wat arglistig teen U spreek, u Naam ydellik verhef – u teëstanders! HERE, sou ek dié nie haat wat vir U haat, en 'n afsku hê van dié wat teen U opstaan nie? Ek haat hulle met 'n volkome haat; vyande is hulle vir my!"

KOMMENTAAR SONDER GRENSE (10)

Die SAUK... en die storie daaragter

L J Bothma

1988

Lees reeks by Die SAUK... en die storie daaragter

Quo vadis?

Die Suid-Afrikaanse ekonomie beleef ’n reuse-afswaaifase. Oor die kort termyn is daar telkens 'n geringe verbetering, maar die langtermyn-tendens is afwaarts.

Indien daar nie nou drastiese stappe gedoen word nie, sal die ekonomie van die hele subkontinent in duie stort met katastrofale gevolge vir almal. Die maatreëls wat van tyd tot tyd deur die huidige regering (NP) getref word, is alles net op een oorkoepelende doelwit afgestem, naamlik herverdeling in sy breedste sin. Indien dit nog op 'n deurdagte wyse geskied het, sou die skok vir die ekonomie nie so groot gewees het nie. Instede daarvan word alle ekonomiese wetmatighede net eenvoudig verbreek en die resultaat is al hoe minder groei. Hoe langer die regering aanhou om te herverdeel, hoe minder bly daar oor om verder te verdeel onder al hoe meer mense. Die uiteindelike resultaat moet eenvoudig wydverspreide armoede en revolusie wees.

Om die ekonomie weer op ’n gesonde grondslag te plaas, sal daar inderdaad ingrypende beleidsveranderinge oor ’n wye front gemaak moet word. Die volgende is ’n paar algemene riglyne:

  • In die eerste instansie moet daar eers ’n einde aan die oorlog gemaak word. Solank die huidige revolusionêre klimaat aan die orde van die dag is, kan daar eenvoudig nie sprake wees van enige noemenswaardige ekonomiese herstel nie.
  • Daar sal ook so spoedig moontlik duidelikheid moet kom oor die land se grondwetlike toekoms. Daar is net twee alternatiewe: afsonderlike ontwikkeling of geïntegreerde ontwikkeling. Hoe langer aangehou word om die land en sy mense te mislei en te pamperlang oor die rigting waarheen beweeg word, hoe groter die onsekerheid en agterdog en hoe nadeliger is dit vir die ekonomie. Daarmee saam moet daar opgehou word om verwagtinge by mense te skep wat net eenvoudig nie haalbaar is met die huidige beperkte hulpbronne nie.
  • Die huidige beleid waarvolgens die ekonomie sogenaamd gedepolitiseer word, moet gestaak word. In die praktyk kom dit neer op ’n ontsporing van die ekonomie en die oordra van politieke mag aan buite-parlementere drukgroepe. Dit laat die owerheid met al hoe minder mag tot sy beskikking om die ekonomie te korrigeer aan die hand van gepaste monetêre en fiskale beleid. Indien die regering nie opgewasse vir sy verantwoordelikhede is nie, moet hy bedank instede daarvan om hierdie verantwoordelikheid sogenaamd te privatiseer.
  • Indien die regering herverdeling van welvaart as beleidsdoelwit wil nastreef, sal dit aan die hand van ekonomiese wetmatighede moet geskied. Dit beteken dat ’n arbeider eers sy loon moet verdien voordat hy dit kan ontvang; met ander woorde, skep eers die welvaart en verdeel dit dan volgens verdienste. Tesame hiermee moet streng beheer oor die groei van die geldvoorraad afgedwing word. Dit is rampspoedig om geld te skep wat nie in die produksieproses verdien word nie.
  • ’n Oordeelkundige binnewaarts-gerigte ekonomiese beleid sal die plek moet inneem van die huidige uitwaarts-gerigte beleid. Die land kan eenvoudig nie die verantwoordelikheid dra vir die onstabiliteit wat in die res van Suider-Afrika heers nie. ’n Situasie bestaan tans waar al die land se vyandige bure op hom teer ten koste van sy eie inwoners. Daaruit het tot op hede absoluut geen voordele vir die land gespruit nie. Daarmee saam sal die land sy strategiese minerale moet gebruik as ’n bedingingsmag soos nodig. Die minerale is in die eerste instansie van strategiese belang vir die inwoners van hierdie land self.
    As ontwikkelende land het Suid-Afrika die reg om sy ekonomie te beskerm en te isoleer van ongewenste elemente wat daarop uit is om beleidsrigtings hier te kom afdwing ten einde hul eie belange te bevorder.
  • In die laaste instansie moet in gedagte gehou word dat dit bykans twee dekades van ondeurdagte beleidvoering geverg het om die gesonde ekonomie wat dr Verwoerd nagelaat het, te knak. Dit sal ook tyd neem om die ekonomie weer te herstel.

Die breë Amerikaanse beleid teenoor Suid-Afrika sedert 1970

Amerikaanse beleid jeens Suid-Afrika is van kardinale belang. Hierdie beleid is gerig op duidelik geformuleerde doelwitte wat in die eerste instansie Amerikaanse belange ten goede moet kom. Die haalbaarheid al dan nie van Amerikaanse oogmerke, word in ’n groot mate bepaal deur die reaksie van die Suid-Afrikaanse regering op die beleid wat teen horn toegepas word. Insig in hierdie komplekse verhouding is die sleutel tot begrip van Suid-Afrika se posisie in Suider-Afrika en die internasionale gemeenskap.

Vanaf die vroeë sewentigerjare tot vandag was daar vier veranderinge in die Withuis. Die onderskeie administrasies van presidente Nixon, Ford, Carter en Reagan het elkeen beleid ten opsigte van Suid- en Suider-Afrika geformuleer en toegepas. Een man het egter dwarsdeur hierdie periode 'n mindere of meerdere rol in beleidsformulering gespeel. Hierdie man was Henry Kissinger, eerste buitelands gebore Amerikaanse minister van Buitelandse Sake.

Vanaf 1970 het die SAUK by verskeie geleenthede “veranderinge” in Amerikaanse buitelandse beleid teenoor Suid- en Suider-Afrika gerapporteer. Veral die Carter- en Reagan-eras is skerp met mekaar gekontrasteer. Word die SAUK se eie uitsprake oor die kwessie egter met mekaar vergelyk, dan blyk dit dat Amerikaanse beleid sedert 1970 tot op hede weinig verander het.

Dr Kissinger het op 10 Desember 1969 in sy hoedanigheid as raadgewer sy opsie oor beleid jeens Suid-Afrika op ’n geheime vergadering aan die Amerikaanse Nasionale Veiligheidsraad in Washington voorgelê. Die Raad het dit goedgekeur en die belangrikste punte was onder meer die volgende: die verwerping van geweld, die erkenning dat Amerika se vermoë om sake in die Republiek te beïnvloed beperk is, vyandiggesinde retoriek moes vermy word en Amerika moes poog om as eerlike bemiddelaar tussen die verskillende rassegroepe in die land op te tree. Dit lei dus geen twyfel dat Amerika wel sake in Suid-Afrika sou wou beïnvloed en dat hy hom as ’n vriend moes voordoen om dit te kon vermag.

Toe pres Gerald Ford by pres Nixon oorneem, het hy onder meer verklaar dat hy van voornemens is om sy voorganger se buitelandse beleid voort te sit, insluitende die “pragmatiese, billike en konstruktiewe benadering” teenoor Suid-Afrika, aldus die SAUK se kommentaar op 21 Augustus 1974. Dit is opvallend dat die beleid wat dr Kissinger vir pres Nixon geformuleer het en wat deur pres Ford oorgeneem is, toe reeds ’n “konstruktiewe benadering” genoem is.

Tydens sy verkiesingsveldtog het pres Carter sy beleid ten opsigte van Suider Afrika uitgespel as een van sogenaamde “aggressiewe vrede". Dit het ’n aandrang op politieke en maatskaplike regverdigheid behels en daarmee saam ekonomiese hulp en samewerking om dit teweeg te bring. Die Carter administrasie het geen doekies omgedraai oor wat sy beleid in die praktyk beteken het nie. Dit is by herhaling gestel dat Amerika swart meerderheidsregering in Suid-Afrika net soos in Rhodesië wil sien. Mnr Andrew Young het so ver gegaan om die Suid-Afrikaanse regering as “onwettig” te bestempel. Pres Carter se veiligheidsadviseur, prof Brzezinski, het reguit gesê Amerika beywer hom vir ’n een-mens-een-stem-regering in Suid-Afrika. Hieroor het die Carter-regering hom die gramskap van mnr Pik Botha op die hals gehaal. Hy het daarop die Carter-administrasie as Suid-Afrika se nommer een-vyand bestempel wat die blankes nie revolusionêr nie, maar met verdrag wil onderploeg. (Dit, dieselfde man wat saam met De Klerk Suid-Afrika aan 'n swart terroristebende persent gegee het- wat aandui hoe ver hy vandaan gekom het).  Dit het die Nasionale Party baie gewild gemaak tydens die 1977 algemene verkiesing.

Hoewel dit aan die oppervlakte wou voorkom asof Amerikaanse beleid deur pres Carter verander is, was dit nie die geval nie. Pres Carter se onderminister van buitelandse sake belas met Afrika, mnr Richard Moose, het byvoorbeeld in 1980 gesê Amerika se beleid teenoor Suid-Afrika bly die aanmoediging van vreedsame verandering. Volgens die SAUK sou hy ook gesê het dat Amerika se vermoë om sake in Suid-Afrika te beïnvloed, beperk is (2/5/80). Dit herinner sterk aan die Kissinger-formulering van 1969. Verder het die SAUK op 14 April 1977, tydens die Carter-bewind, Amerika se bemoeienis met Rhodesië as "konstruktief" beskryf. Dit herinner weer sterk aan die huidige Amerikaanse beleid wat op Suid-Afrika toegepas word. Tog het die SAUK ’n skerp onderskeid tussen die Carter- en Reagan-beleide gemaak in sy Kommentaar op 7 Januarie 1983.

Pres Reagan se beleid teenoor Suid- en Suider-Afrika staan bekend as “konstruktiewe betrokkenheid”. Dit is by verskeie geleenthede deur dr Chester Crocker in fynere besonderhede uitgespel. Dit impliseer sowel druk as ondersteuning, het hy onder meer gesê. Amerika sal Suid-Afrika slegs ondersteun as hy daadwerklik voortgaan met die aftakeling van apartheid. Pres Reagan het in 1985 ’n aanduiding gegee van Amerika se erns met sy beleid toe hy gesêe het hy gaan voort met konstruktiewe betrokkenheid, maar met ’n klemverskuiwing. Hy sou glo gesê het dat die betrekkinge tussen die VSA en Suid-Afrika in die toekoms afhanklik sal wees van die resultate van mnr Botha se hervormingsproses (23-5-85). Met ander woorde, hy sal druk op Suid-Afrika uitoefen. Sy klaarblyklike gespook om die Republiek van strafmaatreëls te red, kan dus ook maar met ’n knippie sout geneem word.

Dr Crocker het geen illusies gelaat oor die aard en rigting van die hervormings wat die VSA in Suid-Afrika wil sien nie. Dit moet glo in die rigting van ’n bestel wees wat die steun van die meerderheid van Suid-Afrika se mense geniet. In ’n boek, South Africa— Realities and Red Herrings, gee die skrywers Kitchen en Cluff meer duidelikheid oor hierdie bestel wat die Amerikaanse president en sy administrasie verlang. Hulle noem dit: “A non-racial order". Dan sê hulle dit is niks anders as ’n stelsel van een-mens-een-stem in ’n oop gemeenskap nie. Kan daar dan nog twyfel wees dat die Reagan-administrasie dieselfde doelwit as sy voorgangers voor oë het? Dit is geen wonder nie, want een van die eerste stappe wat pres Reagan na sy bewindsaanvaarding geneem het, was om dr Henry Kissinger as “prominente adviseur" te behou. Dit blyk inderdaad dat sy advies dieselfde gebly het, en met die jare net al hoe duideliker geword het.

Terwyl die SAUK die Reagan-beleid as ’n welkome beleidsverandering teenoor Suid-Afrika aan die publiek voorgehou het, is dit in Amerika self met agterdog bejeën. Sekere kongreslede soos senatore Jesse Helms en John Tower het dit gekritiseer en gesê dit herinner sterk aan die Carter-beleid. Hulle het aangevoer dat konstruktiewe betrokkenheid ’n verandering van styl is, maar nie ’n verandering van inhoud nie. In Suid-Afrika self is daar vraagtekens oor die Reagan-beleid geplaas. Op ’n Amerikaans-Suid-Afrikaanse konferensie wat vroeg in 1984 in Pietermaritzburg gehou is, het sommige sprekers die standpunt van die Amerikaanse senatore onderskryf.

Die SAUK het op 23 Januarie 1984 daarop gereageer en dit as “misleidend” bestempel. Hoe meer die ware motiewe van die Reagan-administrasie op die lappe gekom het, hoe meer het die SAUK dit probeer ontken. Op 1 Augustus 1985 het die SAUK prontuit gesê: “Die siening dat Amerikaanse betrokkenheid by Suid- en Suider-Afrika derhalwe verdag is, is egter onregverdigbaar.”

Tog het die SAUK homself hier weerspreek met sy kommentaar op die kritici. Op 6 November 1984 het die SAUK homself by hulle aangesluit deur onomwonde te verklaar: "Konstruktiewe betrokkenheid het meer op veranderende metodes as op veranderende doelstellings berus." Met ander woorde pres Reagan gaan net anders as sy voorgangers te werk om dieselfde doel te bereik, naamlik ’n een-mens-een-stem-regering. In dieselfde asem waarmee die SAUK op 1 Augustus 1985 vir hier die Amerikaanse beleid in die bresse getree het, het hy ook aan die publiek gesê:

“Veral in die huidige tydsgewrig kan die waarde daarvan (Amerikaanse beleid) vir Suid-Afrika nie oorbeklemtoon word nie.”

Wie probeer nou eintlik vir wie mislei?

Feit van die saak is verder dat die SAUK self op 8 November 1984 gerapporteer het dat pres Reagan in ’n tydskrifonderhoud dit beklemtoon het dat “tradisionele politieke praktyke in Suid-Afrika ’n duidelike bedreiging inhou vir Amerikaanse belange."

Hy het natuurlik na apartheid verwys. Die enigste belange wat Amerika in Suid-Afrika kan hê, is sakebelange. Daaruit volg dit logies dat apartheid in die pad van Amerikaanse sakebelange in Suid-Afrika is en daarom verwyder moet word. Amerika sal Suid-Afrika daarmee help, maar as Suid-Afrika nie vinnig genoeg vorder nie, sal hy druk op die Republiek uitoefen. Dit is in kort wat “konstruktiewe betrokkenheid” beteken. “Destruktiewe betrokkenheid” sou ’n beter beskrywing daarvan gewees het. Vir hierdie rol word die Reagan administrasie deur die SAUK toegejuig. In wie se belang praat die SAUK nou?

Die vraag kan maklik self beantwoord word aan die hand van verdere stellings deur die SAUK. So byvoorbeeld is op 7 Augustus 1985 gesê: “Vir demokratiese hervormers in Suid-Afrika is daar geen betroubaarder bondgenoot as die president van die VSA nie. ” Daaruit is dit duidelik dat hervormers in Suid Afrika, waarvan die Botha-regering die vernaamste is, daardie hervormings aanbring wat Amerika ten doel het. Daarom het die regering so ’n betroubare bondgenoot in die persoon van pres Reagan. Die hervormings wat die Botha regering dus in die naam van nasionale belang in werking stel, is gevolglik ook in Amerikaanse belang.

Kortom gestel, die Suid-Afrikaanse regering gee uitvoering aan "konstruktiewe betrokkenheid". Gevolglik is die SAUK se kommentaar in belang van sowel die NP-regering as die Amerikaners. Sedert 1970 was daar nog geen grondliggende verandering in Amerikaanse beleid jeens Suid-Afrika nie. Daar was wel vier presidente in die Withuis wat elk sy eie styl en metodes gevolg het om dieselfde doelwit te bereik. Hiermee is besliste vordering gemaak. Op die huidige oomblik is die Suid-Afrikaanse regering en die Reagan-regering saam-saam besig om mnr Pik Botha se vergesig van 1977 te bewaarheid. Soos hy dit gestel het: om die blankes nie revolusionêr nie, maar met verdrag onder te ploeg.

Die ironie van die saak is dat dit geskied met mnr Pik Botha se aktiewe samewerking. Hy het so byvoorbeeld alreeds ’n swart president vir die land in die vooruitsig gestel.

Die tersaaklike vraag is nou die volgende: Hoe het dit gebeur dat ’n soewereine staat soos Suid-Afrika nou na al die jare op ’n grondwetlike pad is wat sy vyande nog altyd van hom geëis het? Waarom die skielike enersdenkendheid met Amerika? ’n Deelvan die antwoord is beslis geleë in Suid-Afrika se verhouding met Amerika. Aangesien enige land se verhoudinge met die internasionale gemeenskap in sy buitelandse beleid tot uiting kom, moet ’n kritiese ondersoek by hierdie punt begin. Gevolglik is ’n studie van die Suid-Afrikaanse buitelandse beleid sedert 1970 nodig. Dit kan in twee tydperke ingedeel word, naamlik die Vorster-era tot 1978 en die Botha-era vanaf 1978 tot op hede.

Mnr John Vorster en detente

Daar was ’n merkwaardige ooreenkoms tussen die buitelandse beleid van mnr Vorster en die buitelandse beleid van Amerika. Albei het bekend gestaan as detente, alhoewel mnr Vorster ook, daarna verwys het as 'n “uitwaartse beleid”.

Die grondlegger van Amerika se konstruktiewe benadering teenoor Suid-Afrika, dr Henry Kissinger, het ook ’n sleutelrol gespeel in die formulering van pres Nixon se detente-beleid. Toe pres Nixon hierdie beleid ingelui het, het hy dit kortliks as volg beskryf: "Ons is besig om ’n bestendige nuwe grondslag te skep waarop ons vrede kan bou. Krag en gewilligheid om te onderhandel is die weg na vrede." Per implikasie het detente dus beteken dat vrede langs die weg van onderhandeling gesoek moes word.

Dr Kissinger het as minister van Buitelandse Sake die rol van vredemaker en held gespeel. Dit is opvallend dat hy feitlik deurgaans deur die SAUK as ’n held vereer is. So byvoorbeeld was die opskrif van Nuuskommentaar op 18 Januarie 1974: "DieTowerformules van Henry Kissinger." Hy is geprys vir sy rol in die Midde-Ooste, sy rol in die beëindiging van die Viëtnamese oorlog waarvoor hy die Nobel-prys vir Vrede ontvang het, asook sy bydrae tot Amerikaans-Sjinese en Amerikaans-Russiese betrekkinge. By nadere ondersoek blyk dit egter gou dat Amerika meestal die onderspit gedelf het waar dr Kissinger ’n rol in die onderhandelinge gehad het. Toe hy in 1976 ook by die Rhodesiese konflik betrokke raak, was die SAUK baie vinnig om sy rol te verwelkom. Wat daarna met Rhodesië gebeur het, is vandag reeds ou nuus.

Mnr John Vorster het sy buitelandse beleid geformuleer aan die hand van die volgende vertrekpunte: Suid-Afrika is deel van die Weste; Suid-Afrika is van strategiese belang vir die Weste; Amerika is die leier van die Weste; en daar bestaan ’n magstryd tussen die Weste en die Ooste. Aan die einde van sy openbare loopbaan het die SAUK dan ook opgemerk dat tydens sy bewind die Oos-Wes-konfrontasie op ’n “skokkende wyse” in Suid-Afrika posgevat het.

Mnr Vorster se beleidsbasis het per implikasie die volgende beteken: Suid-Afrika se belange is gelyk gestel aan Westerse belange en daarom sou die Weste voortaan toets of Suid-Afrika se doen en late in Westerse belang is. Dit het verder beteken dat Suid-Afrika die volgeling van Amerika geword het, want die bestaan van ’n leier impliseer inderdaad dat daar ook volgelinge moet wees. Vir ’n land wat jaloers waak oor sy soewereiniteit, is sulke soort verbintenisse baie gevaarlik. Die SAUK het op 1 Desember 1976 dr Christopher Bertram, direkteur van die Internasionale Instituut vir Strategiese Studies in Londen, soos volg hieroor aangehaal: “Hy het naamlik die standpunt ingeneem dat Suid-Afrika se buitelandse beleid nie gekompromitteer moet wees tot gevestigde belange in die internasionale magstryd nie, en dat dit vir ’n klein land wat sy politieke selfbeskikking wil behou, soos in die geval van Suid-Afrika, nie wenslik is om homself as van strategiese belang aan die groot moondhede voor te hou nie. Vanaf die oomblik wat dit as sodanig aanvaar word, het die land sy soewereiniteit en selfbeskikking uit sy hande laat gaan."

Vandag is Suid-Afrika inderdaad gedoem tot hierdie pynlike ervaring. In plaas daarvan dat die SAUK dit as waarskuwing tot mnr Vorster gerig het, het hy dr Bertram net aangehaal om by die publiek die indruk te wek dat Suid-Afrika se soewereiniteit nie ter sprake is nie. Daarom het die SAUK dr Bertram se uitlating “omstrede” genoem en bygevoeg: “Al is hy (Amerika) ons bondgenoot en leier van die Weste, . . . Suid-Afrika se binnelandse beleid sal uitsluitlik bepaal word deur die eise van die Suid-Afrikaanse situasie self." Vandag sê die einste SAUK aan die publiek Amerika is die Suid-Afrikaanse regering se bondgenoot in die verandering van die land se binnelandse beleid!

Dit ly geen twyfel nie dat, indien dit mnr Vorster se eerlike voorneme was om apartheid te handhaaf, hy ’n paar fundamentele oordeelsfoute gemaak het in soverre dit die formulering van sy buitelandse beleid betref. Vervolgens is dit nodig om in fynere besonderhede in te gaan op die ontplooiing van die Vorster-beleiden die geldigheid van hierdie stelling te toets.

Die pad na die Weste deur Afrika.Ten einde aansluiting by die Weste en spesifiek by Amerika te vind, het mnr Vorster sy beleid op Afrika gerig. Daarom die bekende strydkreet van die Vorster-administrasie: “Suid-Afrika is deel van Afrika en sy pad na die Weste loop deur Afrika.”

Daar is afgeskop deur toenadering te soek tot die Franssprekende Ivoorkus en Senegal. Dit was klaarblyklik net die sagmaakproses, want die eintlike teikengebied was die vyandiggesinde Frontliniestate suid van die ewenaar. Die rooi ligte het egter onmiddellik begin flikker toe nader huiswaarts beweeg is. So byvoorbeeld het Frontliniestate kaptein Buthelezi, wat op besoek aan hulle was, meegedeel dat hulle slegs hulle houding ten opsigte van Suid-Afrika sou verander indien daar ook betekenisvolle dialoog binne Suid-Afrika gevoer word.

Dit was dus onmiddellik duidelik dat mnr Vorster se sogenaamde uitwaartse beleid die land se binnelandse beleid onder druk sou plaas. Detente sou slegs suksesvol wees indien apartheid opgeoffer word. Daarom was dit geensins verrassend nie dat detente en veranderinge aan die binnelandse beleid gelyklopend was.

Niemand anders as mnr Pik Botha het in Oktober 1974 in sy hoedanigheid as ambassadeur by die WO die wêreld in kennis gestel van mnr Vorster se voorneme om toe te gee aan die druk deur bekend te maak dat Suid-Afrika gaan "wegbeweeg van diskriminasie”. Dit was waarvoor die wêreld gewag het. Die SAUK se betekenisvolle kommentaar op 31 Oktober 1974 daaroor was:

“Suid-Afrika het die skaal ongetwyfeld in sy guns laat swaai." Van toe af sou mnr Vorster net kon vorder met detente in soverre hy bereid was om verdere toegewings te maak.

Nadat hy hierdie pragmatiese benadering gekies het, het mnr Vorster voortgegaan op sy ingeslane weg en gesê: “Afrika was goed vir Suid-Afrika en Suid-Afrika het ’n plig om die goeie dinge wat hy ontvang het aan Afrika terug te gee.” Hier deur het hy Afrika se onderontwikkeldheid Suid-Afrika ten laste gelê.  Dit was tipies van sy detente-beleid.

Op 26 April 1976 is hierdie beleid baie mooi verduidelik deur die destydse minister van Buitelandse Sake, dr Hilgard Muller. Hy het in die Volksraad onder meer die volgende gesê: “Suid-Afrika wil van militêre konfrontasie wegkom. Hy verlang vrede in plaas van oorlog wat op verwoesting gemik is. As Afrika-land soek Suid-Afrika sy toekoms in Afrika en wil hy sy verhoudinge met alle Afrikalande wat ook in vrede glo normaliseer.” Hy het dit gestel asof Suid-Afrika die aggressor was wat verantwoordelik was vir die “abnormale” verhouding met Afrika. Om verhoudinge met Afrika te normaliseer beteken net een ding. Dit is om dit te verwyder waarteen Afrika sy stryd rig, naamlik apartheid. Dit is inderdaad die pad wat mnr John Vorster gekies het, wetende of onwetende.

Om dit beter te begryp is dit nodig om te kyk na wat die resultate en implikasies was van mnr Vorster se beleid soos wat dit gerig was op Mosambiek, Angola, Rhodesië en Suidwes-Afrika.

Dit is opvallend dat mnr Vorster hierdie beleid met soveel geloofwaardigheid kon deurvoer.

Mosambiek

Die gebondenheid aan die Weste het mnr Vorster in die oë van die publiek ’n goeie argument vir sy beleid gegee. Die anderkant van die muntstuk, naamlik dat die stryd nie swart-teen-wit is nie, het hom boonop ekstra geloofwaardigheid gegee. Die geval Mosambiek illustreer hierdie punt baie mooi.

Ná die staatsgreep in Portugal in April 1974 was dit duidelik dat die skrif vir Mosambiek aan die muur was. Mnr Vorster het die gaping wat hy vir homself oopgelaat het, onmiddellik benut deur te verklaar: “Al waaroor ons besorg is, is nie of daar ’n wit of swart regering in Mosambiek is nie, maar dat dit ’n goeie en stabiele regering is.” Daarby het die SAUK die volgende gevoeg om hierdie stelling groter gewig te gee: "Dit is nie ’n vreemde of nuwe standpunt nie. Nog altyd het hy in daardie standpuntstelling die aspek van stabiliteit beklemtoon” (30/5/74). Mnr Vorster se maatstaf was dus “stabiliteit”. Die feit van die saak is egter dat die swart kommunisties-gesinde regering wat die bewind oorgeneem het, veel meer onstabiel as die bestaande bewind was. Ironies genoeg het die SAUK se Kommentaar enkele maande later gelui: “Die toestand in Mosambiek het in minder as vyf maande verander van relatiewe stabiliteit tot bykans volslae anargie. Daar was geen sprake van enige demokratiese proses nie." Toe die blankes (wat die stabiliserende faktor was) die mag met 'n staatsgreep wou oorneem, was die SAUK se minagtende opmerking: “Deur staatsgrepe te probeer toepas en neerhalende aanmerkings te maak, kan die spanning net oplaai en die toestand versleg. Die blankes in Mosambiek kan nie meer die gety keer wat begin het met die staatsgreep in Portugal in April nie” (29/10/74).

Die Frelimo-oorname het verreikende implikasies vir Suid-Afrika en sy bondgenoot, Rhodesië, ingehou. Suid-Afrika se reaksie op die gebeure was egter ook van deurslaggewende belang vir Rhodesië. Uit die aard van sy detente-beleid het mnr Vorster onmiddellik ’n gematigde houding teenoor die nuwe bewind in Maputo ingeneem. Pres Machel het op sy beurt weer sy grondgebied beskikbaar gestel as afspringplek vir die terroriste van Robert Mugabe om Rhodesië vanuit die Ooste aan te val. Voorts het hy sy grens met Rhodesië gesluit en ’n reeks ooreenkomste met die Sowjet-Unie onderteken.

Rhodesië se gevoeligste slag was egter Suid-Afrika se reaksie. Ondanks die nuwe bewind het Suid-Afrika die ekonomiese slagaar van Mosambiek gebly. Ingevolge die Mosambiekse Konvensie van 1928 is sestig persent van die ongeveer 60 000 Mosambiekse mynwerkers se dienste op die Suid-Afrikaanse myne in goud, teen die prys van 48 dollar per ons aan Mosambiek uitbetaal. Mosambiek het dit dan weer teen die heersende markprys verkoop en op hierdie manier winste van tot 250 persent gemaak.

Hoe het Suid-Afrika dit regverdig om ’n “ten volle kommunistiese staat" (aldus mnr Harry Oppenheimer) ekonomies te onderhou terwyl hierdie staat terroriste teen sy vernaamste bondgenoot huisves? Die SAUK het op 10 Mei 1977 die volgende regverdiging hiervoor gegee: “Elke swart staat behoort ’n ontsnaproete na die Weste te hê, en daarvoor is Suid-Afrika daar.” Dit is egter onsinnig om te dink Mosambiek sal na Suid-Afrika en spesiflek na sy beleid van apartheid ontsnap! In dieselfde asem het die SAUK self hierdie moontlikheid van die tafel gevee toe hy dit baie sterk gestel het dat dit “ ’n fatale fout sou wees om pres Machel van Mosambiek se stelling nie ernstig op te neem nie dat Suid-Afrika die Marxistiese magte in Afrika se uiteindelike doelwit is. Die Marxistiese prioriteite vir Suider-Afrika is herhaaldelik uitgestippel: eers Zimbabwe-Rhodesië, dan Suidwes en uiteindelik Suid-Afrika (28/9/79). Die argumente wat mnr Vorster gebruik het om sy optrede te regverdig, het egter die naakte verraad teen Rhodesië met groot geloofwaardigheid verberg.

Vir Suid-Afrika self het die gebeure niks goeds ingehou in soverre dit sy binnelandse beleid aangegaan het nie. Die terroriste se sukses het ’n geweldige stimulus aan swart bewussyn dwarsoor die subkontinent gegee. Mnr Ian Smith se woorde onmiddellik na die staatsgreep in Portugal was ’n raak vooruitskouing van hierdie feit. Hy het naamlik opgemerk dat die “teorie” van die terroriste is “. . . .dat die blankes op vlug is, dat Mosambiek op die punt van ineenstorting is, en dat Rhodesië sal volg". Hy kon met groot gemak Suid-Afrika en Suidwes-Afrika ook bygevoeg het. So sterk het die gebeure in Mosambiek in Suid-Afrika aanklank gevind dat die studente-organisasie SASO en die Black Peoples Convention lede van Frelimo uitgenooi het om swart saamtrekke hier te kom toespreek. Die regering was toe verplig om in te gryp en het dit verbied.

In die buiteland het ook ’n koor van stemme opgegaan dat die gebeure in Portugal se Afrika-gebiede tot ’n beleidsverandering in Suid-Afrika moes lei. Mnr Vorster se reaksie op die eise vanuit die buiteland was dat die gebeure geen rede was vir Suid-Afrika om sy binnelandse beleid te verander nie, allermins die beleid van afsonderlike ontwikkeling. Tog het hy op daardie kritieke stadium die binnelandse beleid amptelik verander na "wegbeweeg van diskriminasie". Hierdie polarisasie tussen binnelandse en buitelandse beleid is so goed verberg dat die breë publiek vas bly glo het dat die Vorster-regering koersvas met afsonderlike ontwikkeling volhard het.

Angola

Die Portugese staatsgreep het natuurlik ook lotsbepalende implikasies ingehou vir die grootste en rykste van Portugal se Afrikakolonies, Angola. Toe die bloedige burgeroorlog in 1975 tussen drie strydende faksies uitbreek, is geraam dat Angola die moederland teen die jaar 2000 in ekonomiese bestuur sou verbysteek.

Onnodig om te sê, hierdie vooruitsig lê lank reeds aan skerwe. Die Oos-Wes-siening het die lyne tussen die strydende faksies getrek. Aan die kant van die Weste was Unita en die FLNA en aan die kant van die kommuniste die MPLA. Die twee supermoondhede het egter nie direk met mekaar in konfrontasie gekom nie, maar elk sy eie handlangermag na die front gestuur.

Die Russe het die Kubane ingespan en Amerika het Suid-Afrika in samewerking met die CIA gebruik. Na ’n reeks suksesse moes die Westerse magte egter vroeg in 1976 die aftog blaas toe Amerika sy steun onttrek het.

Suid-Afrika het ’n duur prys betaal vir sy deelname aan die oorlog. Buiten ’n aantal van sy soldate wat gedood en gevang is, het die internasionale gemeenskap, veral die Weste, die Republiek as die aggressor gebrandmerk. So byvoorbeeld is die gevange Suid-Afrikaanse soldate wêreldwyd op televisie vertoon.

Dit was egter weens Suid-Afrika se verklaarde Westers-gebondenheid dat hy by die oorlog betrek is. Mnr Vorster is byvoorbeeld op 7 Januarie 1976 deur die SAUK aangehaal as sou hy gesê het dat Suid-Afrika getel word onder diegene wat die ateïstiese imperialisme van die kommunisme wil teenstaan. Dit is met hierdie soort argument dat mnr Vorster Suid-Afrika se rol in die oorlog regverdig het.

Indien Suid-Afrika se rol uit ’n ander hoek bekyk word, kom die ware implikasies na vore. In die eerste instansie het Suid-Afrika hom as ’n handlangermag van Amerika laat gebruik. Daarom kon die Kubane hulle met sulke groot geloofwaardigheid in Angola ingrawe. Die etiket wat Suid-Afrika om die nek van Kuba gehang het, is deur die wêreld om sy eie nek gehang. Mnr Vorster se buitelandse beleid wat hy aan die wêreld as ’n vredesbeleid bemark het, is geheel en al in diskrediet gebring. Dit was juis op 'n stadium toe die aandag van die internasionale gemeenskap skerp op hierdie beleid gevestig was.

Seer sekerlik die opvallende implikasie vir Suid-Afrika, was die feit dat die aandag van ’n uiters vyandige Westerse wêreld teen 16 Junie 1976 skerper as ooit tevore op hom gevestig was. Die stand van sake was vir die Vorster-regering en sy beleidsrigtings alles behalwe geleë. Die SAUK se reaksie op daardie dag se gebeure vertel hierdie verhaal: “Die gebeure in Soweto het as ’n skokgekom” (17/6/76). “Die skokgolwe van die onluste in die swart woongebiede en in dele van die tuislande wat nou hier gevoel word, sal nog vererger namate die gevoel in die buiteland teen Suid-Afrika opbou” (22/6/76).

Die agitators se tydsberekening kon nie beter gewees het nie. In een dag het hulle meer bereik as wat hulle in die vorige vyftig jaar kon regkry. Die SAUK moet die krediet kry dat hy hulle dit in soveel woorde gelyk gegee het deur op 4 Augustus 1976 te sê: “Selde, indien ooit tevore is Suid-Afrika so skielik en onverwags oorspoel deur ’n gees van pessimisme ten opsigte van die sukses van sy binnelandse beleid, sy plek en rol in Afrika, sy status in die internasionale gemeenskap en dergelike aangeleenthede wat sy voortbestaan as ’n staat in die Westerse tradisie raak.

En dit pas nadat by verskeie geleenthede die afgelope twee maande gewys is op die nuwe aansien wat die Republiek in die Weste - by name in die Verenigde State - geniet, en op sy moontlike konstruktiewe rol in Afrika.

Hierdie gebeure het aan beide Suid-Afrika se binne- en buitelandse beleid ’n kleur van mislukking gegee. Die wesenlike oorsaak hiervan moet by die buitelandse beleid gesoek word. Dit was gegrond op vrede en gepaardgaande onderhandeling met vyandiggesinde swart state. Dit kon alleenlik as ’n sukses opgeeïs word indien die buiteland sy stempel van goedkeuring daaraan sou verleen. Daarom was dit krities belangrik dat die Vorster-administrasie soveel as moontlik buitelandse aandag op hom vestig. Toe die onluste uitbreek, was die wêreld se aandag op Suid-Afrika. Die wêreld het gevra waar is die binnelandse vrede? Waar is die binnelandse onderhandeling en goeie verhoudinge met swart leiers?

Dit ly geen twyfel nie dat die Vorster-regering homself in ’n geloofwaardigheidskrisis soos min in die internasionale gemeenskap bevind het. Feit van die saak was dat detente as die hoeksteen van buitelandse beleid apartheid as die hoeksteen van binnelandse beleid onder druk geplaas het. Die agitators het die gaping gesien, sukses behaal en op hierdie wyse ’n streep van mislukking oor albei beleidsrigtings geverf.

Wat was die Vorster-regering se reaksie op hierdie krisis? Daar hoef nie ver na hierdie antwoord gesoek te word nie, want die reaksie was presies dieselfde as na die val van Mosambiek. Eerstens is daar groter toegewings ten opsigte van apartheid gemaak om die binnelandse krisis te probeer afweer. Die SAUK het dit mooi opgesom met hierdie opmerking: “Suid-Afrika het hom verbind om diskriminasie uit te wis - vyandiggesindheid en geweld sal die proses belemmer"(5/8/76). Belangrik om te besef hier, is dat hierdie toegewings nodig was om die buitelandse beleid uit sy krisis te lig. Om laasgenoemde krisis verder te oorbrug is die Vorster-administrasie genoop om weer eens groter druk op sy Rhodesiese bondgenoot te plaas om voor die terroriste te kapituleer. Dit is wat die buiteland wou sien voordat hulle mnr Vorster krediet sou gee, of altans so het hy gehoop.

Reeds in Februarie 1975 het die Londense Times in ’n hoofartikel geskryf dat swart state die Republiek meer geredelik sou aanvaar as lid van die Afrika- gemeenskap as hy swart meerderheidsregering in Rhodesië en Suidwes kon teweegbring. Dit was inderdaad die opsie wat die Vorster-regering toe gekies het.

Rhodesië

Rhodesië het Zimbabwe-Rhodesië geword en vandag staan dit bekend as Zimbabwe. Wat is die verskil? Rhodesië is deur die blankes geregeer en was ’n bondgenoot van Suid-Afrika. Zimbabwe word deur kommunistiesgesinde swartes geregeer en is ’n vyand van Suid-Afrika, wat huisvesting aan die ANC verleen. Het die Suid-Affikaanse regering ’n rol in hierdie ommekeer gehad en wat was die implikasies daarvan?

Aan die oppervlak het die Suid-Afrikaanse regering ’n baie vroom en simpatieke houding teenoor sy bondgenoot ingeneem. So byvoorbeeld het mnr Vorster in Desember 1974 gesê: “Dit is nou die tyd dat state en organisasies buite Rhodesië dit aan die land se mense oorlaat om ongehinderd die finale oplossing vir hulle vraagstukke te vind.” Daar is verder verklaar dat Suid-Afrika ’n beleid van geen inmenging in Rhodesië se huishoudelike sake volg. Brittanje het dieselfde beeld by geleentheid voorgehou. Dit was alles skyn. In werklikheid het mnr Vorster baie nou met die Weste saamgewerk om die Smith-regering tot ’n val te bring.

In Augustus 1975 het mnr Vorster byvoorbeeld reeds ’n prominente rol gespeel by die historiese Brugberaad by die Victoria-waterval. Aan die wêreld is dit uitgebasuin as ’n triomf. Na afloop van die beraad het mnr Vorster grootdoenerig gesê dat niks en niemand Suid-Afrika nou meer kan keer nie. Hierdie sogenaamde sukses is toe ongedaan gemaak deur Suid-Afrika se deelname aan die Angolese burgeroorlog en die Soweto-onluste. Om die bal weer aan die rol te kry, was mnr Vorster genoodsaak om baie nouer met die leier van die Weste saam te werk. Rhodesië het die geleentheid hiervoor gebied. Amerika se planne met Rhodesië was ’n ope geheim. Dr Kissinger het dit baie duidelik gestel dat dit meerderheidsregering is en dat hy sy politieke en ekonomiese invloed sou gebruik om dit te bereik. Hy het ongetwyfeld bedoel dat hy Suid-Afrika sou inspan om hom te help. Die Vorster-administrasie was hiervoor te vinde.

Toe die nuwe Amerikaanse inisiatiewe vroeg in 1976 begin deurskemer het, het dr Hilgard Muller dit onmiddellik verwelkom. Die SAUK se reaksie het mnr Vorster se dienstigheid aan die Amerikaanse beleid verraai. Daar is gesê: “Hierdie alternatief, wat Amerika nou blykbaar gekies het, is presies die rigting wat Suid-Afrika se Eerste Minister, mnr Vorster, die afgelope paar jaar al volg" (19/5/76). So asof mnr Vorster nou Amerikaanse beleid vooruit geloop het! In werklikheid het die SAUK die VSA se inisiatiewe as ’n sukses vir mnr Vorster opgeëeis sodat hy geloofwaardigheid by die publiek vir sy mislukte buitelandse beleid kon kry. Op 7 Julie 1976 het die SAUK op dieselfde trant voortgegaan en weer die Amerikaanse inisiatiewe as ’n regstreekse uitvloeisel van mnr Vorster se vredesinisiatiewe bestempel. "Enersyds het dit Suid-Afrika onteenseglik as Afrika-staat aanvaar gekry; andersyds het dit die weg gebaan vir ’n nuwe bondgenootskap tussen Westerse en gematigde middelslaglande vir die bestryding van Russiese imperialisme," is gesê.

Die Oos-Wes-troefkaart is weer gespeel om Suid-Afrika en Amerika se geknoei teen die Smith-regering te regverdig. Die teenoorgestelde argument dat die stryd nie swart teen wit is nie, is net soos in die geval van Mosambiek weer gebruik om die verraad teen die blankes te verberg. So het die SAUK verwys na “. . . die groeiende besef in Amerika dat die konfrontasie hier ter sprake nie een tussen blank en swart is nie, maar een tussen ekstremiste en gematigdes — met Suid-Afrika aan die kant van die gematigdes” (14/6/76). Die klem op “gematigdheid” was ’n onontbeerlike sleutel tot die aanvaarding van meerderheidsregering. Dit het verseker dat die Vorster-regering se standpunt dat hy meerderheidsregering in Rhodesië steun, die nodige aanvaarding by die Suid-Afrikaanse publiek gekry het en hy gevolglik sonder vrese hierdie doelwit saam met die Amerikaners kon najaag. Die futiliteit van sogenaamde “gematigdheid” is later bewys.

In Augustus 1976 het dr Hilgard Muller Suid-Afrika op die kongres van die Nasionale Party van Natal amptelik met Amerika verbind in sy bemoeienis met die Rhodesiese kwessie. Onder die opskrif, “Suid-Afrika se vennootskap met die Verenigde State” het die SAUK in sy kommentaar hierdie verbintenis so opgesom:

“Suid-Afrika is nou in vennootskap met die magtige Verenigde State in ’n gemeenskaplike strewe om kommunistiese uitbreiding te stuit en die probleme van Suider-Afrika vreedsaam op te los" (26/8/76). Mnr Vorster en dr Kissinger was twee van die hoofkarakters in hierdie vennootskap. Dit was belangrik om die publiek se vertroue in hulle te sterk en die SAUK het deeglik daarvoor gesorg. Van mnr Vorster is gesê: “Die mate waarin Suid-Afrika se rol in die subkontinent. . . verander en uitgebrei het, kan gemeet word aan die feit dat mnr Vorster nou, in die laaste week van sy eerste dekade, as die spil gesien word waarom die toekoms van Suider-Afrika draai” (6/9/76).

Oor die rol van dr Kissinger is gesê: “Die vredespogings kan net baat vind by die feit dat ’n man met dr Kissinger se diplomatieke vindingrykheid en insig . . . nou eerstehandse kennis begin opdoen van die ontsaglike probleme waarmee Suid-Afrika in sy verhoudingspolitiek te kampe het” (8/9/76).

Hierdie vennootskap was ’n harde slag vir die Smith-regering. In die eerste plek was die uitslag van die Angolese burgeroorlog vars in die geheue van die blankes. Dit was beslis vir hulle ’n morele neerlaag en ’n oorwinning vir swart bewussyn regoor Suider-Afrika. Om dit te vererger het Suid-Afrika pas nadat hy deur Amerika in die Angolese burgeroorlog in die steek gelaat is, ’n vennootskap met daardie land gesluit teen sy bondgenoot Rhodesië. Geen blanke Rhodesiër kon enige vertroue in so 'n alliansie gehad het wat van meet af swart meerderheidsregering geëis het nie. Dit was nog ’n knou vir hul wil tot weerstand en gevolglik ook ’n terugslag om die konferensietafel. Met die bestryding van kommunisme het die vennootskap weinig hond haaraf gemaak. Inteendeel, die uitslag van hierdie gesamentlike Suid-Afrikaans-Amerikaanse bemoeisiekheid was dieselfde as in die geval van Angola - ’n oorwinning vir die kommunisme. Mnr Ian Smith het al in September 1975 verklaar dat mnr Vorster se ontspanningspolitiek sy land se betrekkinge met Suid-Afrika onder spanning geplaas het. Hierdie gesamentlike aanslag moes hom eenvoudig net verder verlam het. Dit het ’n nuwe fase van eksterne druk ingelui. So byvoorbeeld het dr Hilgard Muller opgemerk dat Amerika se betrokkenheid ’n verpligting op hom (Amerika) plaas om veel meer te doen as om bloot druk op die blanke gemeenskap van Rhodesië uit te oefen.

Terwyl die SAUK alles moontlik gedoen het om die Vorster-beleid as ’n sukses aan die publiek voor te hou, is die gordyn dig toegetrek oor die implikasies wat sy beleid vir apartheid ingehou het.

Die publiek was grootliks onbewus van die onhoudbare spanning wat op hierdie vlak ontstaan het. Op 4 Augustus 1976 is die publiek soos volg gerusgestel: “Ons onmiddellike taak is voor die hand liggend: die wêreld se opvatting van die Republiek se binnelandse beleid moet verkeerd bewys word. En hiervoor is dit nodig dat dit so spoedig moontlik tot sy radikale, logiese konsekwensies ontplooi word. ” ’n Maand later het die SAUK voortgegaan deur te sê: "Suid-Afrikaners se huidige taak is versnelling, ratwisseling en nie koersverandering nie.”

Daar was egter diegene wat besef het dat die Suid-Afrikaanse regering druk uitoefen op Rhodesië om ’n bedeling te aanvaar wat radikaal verskil van die Republiek se eie interne beleid. Dr Hilgard Muller het in Augustus 1976 so hierop geantwoord: "Wat die veronderstelling betref dat meerderheidsregering onvermydelik is, is dit nie vir ons om daaroor standpunt in te neem nie. Wat ons eie beleid in hierdie verband vir Suid-Afrika is, weet almal.

Maar Rhodesië het oor die jare ’n ander beleid gehad wat fundamenteel van ons beleid van afsonderlike vryhede verskil." Tog het die Vorster-regering ’n definitiewe standpunt oor meerderheidsregering vir Rhodesië ingeneem. Op 14 September 1976 is dr Muller soos volg deur die SAUK aangehaal: “In dié lig kan niemand van Suid-Afrika verwag om sy steun van dr Kissinger en ander se pogings te weerhou bloot omdat meerderheidsregering hul uitgangspunt is nie. ” Dit was onteenseglik, Suid-Afrika sou hom voortaan saam met die Amerikaners beywer vir meerderheidsregering in Rhodesië. Dr Muller het net ’n argument gesoek om sy regering se standpunt by die Suid-Afrikaanse publiek te regverdig.

Om die minste te sê, die Vorster-regering kon sy skynheilige gekonkel saam met die Amerikaners beswaarlik verbloem. Terwyl mnr Vorster deurgaans volgehou het dat sy regering se beleid oor die Rhodesiese kwessie "nie-inmenging" is, het hy dieselfde soort suggestiewe uitsprake as sy minister van Buitelandse Sake gemaak. So byvoorbeeld het hy by geleentheid in Zurich gesê hy sal nie druk op mnr Smith uitoefen nie, maar hom wys op die realiteite en alternatiewe van ’n skikking met swart Rhodesiërs. Met sy terugkeer na Suid-Afrika het hy dit so gestel:

“Suid-Afrika het nie opdragte aan Rhodesië gegee nie. Rhodesiërs is ’n trotse volk wat sy eie besluite neem en sy eie beleid neerlê” (14/9/76).

Twee jaar later het mnr Vorster in ’n TV-onderhoud, wat deur mnr Pik Botha as “indrukwekkend en uitstaande” bestempel is, ontken dat hy enige aandeel gehad he in druk op Rhodesië om 'n swart meerderheidsregering te aanvaar. Daar is egter genoegsame getuienis wat mnr Vorster se rol in die hele aangeleentheid duidelik stel.

Die SAUK self het op 16 Augustus 1978 genoem hoe die Amerikaanse onderminister van Buitelandse Sake, mnr Richard Moose,voor ’n komitee van die Huis van Verteenwoordigers getuig het dat bande nie verbreek moes word met Suid-Afrika nie. Daar is gevrees dat dit die Republiek se agterdog kon versterk en mnr Moose het gesê dit kon die land se samewerking om meerderheidsregerings in Suidwes-Afrika en Rhodesië te bewerkstellig in gevaar stel.

In Desember 1979 het die Londense koerant, TheTimes, geskryf dat Suid-Afrika en die Frontliniestate ’n belangrike rol gespeel het om ’n skikking in Rhodesië te bewerkstellig. Oor die presiese rol van die Vorster-regering het die SAUK egter geswyg tot op hierdie oomblik. In haar boek, The Elite; The Story of the Rhodesian Special Air Service, gee die skryfster Barbara Cole ’n aanduiding van die rol van mnr Vorster. Sy skryf:

"South Africa turned her attention towards Rhodesia’s main export and import artery which ran through South Africa. Soon some Rh $125 m (R72 m, US $82 m£50 m) worth of Rhodesian goods had piled up in South Africa. The border was closed during the Kissinger Summit and Rhodesia’s precious oil supplies were down to an all time low of 19,6 days.” In The Sunday Tribune van 10 November 1985 het mnr Smith self die sluier gelig oor mnr Vorster se rol. Hy het verklaar: “In the end it was John Vorster who decided over fate when he said, we can’t go on supporting you... In the end it was Vorster whom we had to accept. If it had been Kissinger I could have said ‘Hop off!’; if it had been the British I could have said the same. There was only one person in the world to whom 1 could not say that — and that was Vorster.”

Benewens die SAUK se verbloeming van die ware feite het die Korporasie self ook uiters subtiel meegewerk om by die Suid-Afrikaanse publiek ’n sekere mate van ongeduld teenoor die Smith-regering te verwek. In 1977 het die Verenigde Volke Suid-Afrika gedreig met oliesanksies indien daar nie betekenisvol in die rigting van ’n skikking in Rhodesië gevorder word nie. Dit was duidelik bedoel om sielkundige druk op die Suid-Afrikaanse publiek te plaas om teen die Smith-regering te draai. Die SAUK het presies dit gedoen wat die WO wou bereik toe teenoor die publiek opgemerk is: “Dit moet vir mnr Smith duidelik wees dat wat in Rhodesië gebeur, nie net Rhodesiers raak nie, maar ook Suid-Afrika en die hele Suider-Afrika” (13/9/77).

Daar is reeds gewys op die doelbewuste aksentverskuiwing in die siening van die aard van terroristestryd in Rhodesië. Die klem op gematigdheid versus radikalisme was inderdaad om onder andere die Suid-Afrikaanse regering se standpunt dat hy meerderheidsregering in Rhodesië steun, by sy kiesers te regverdig. Die gebeure in Rhodesië sedert Januarie 1979 veral, het die futiliteit van hierdie siening beklemtoon. Die SAUK se wysmakery en mistasting oor “gematigdheid” was so groot dat dit hier gerapporteer moet word. Dit is ’n aanskouingsles vir elke blanke in Suid-Afrika, veral noudat die SAUK met ’n soortgelyke wysmakery aan die gang is.

Einde Januarie 1979 is ’n referendum onder die blankes gehou waarin hulle gevra is om JA of NEE te sê vir ’n nuwe grondwet wat deur die veelrassige tussentydse regering opgestel is. Die SAUK het hierdie grondwet bestempel as ’n “geloofsdaad deur gematigdes, wit en swart" om die land “van die kommunisties- gesteunde Patriotic Front van Mugabe en Nkomo te red”. Sou die blankes NEE sê vir hierdie grondwet, het die SAUK hulle wysgeraaak, sou dit die “weg open vir ’n oorname deur die Patriotic Front” (30/1/79). Meer as agt uit elke tien blanke kiesers het toe JA gestem. Die SAUK se reaksie hierop was as volg: “Die uitslag is ’n duidelike uitdaging aan andere. Die blanke Rhodesiërs het gekies ten gunste van samewerking met die swartman, en dit berus nou by die gematigde swart leiers om te bewys dat dit die korrekte besluit was.”

Verder is gesê: “Die diepste betekenis van die Rhodesiese referendum is die feit dat dit bewys dat ’n lewensvatbare strategie vir oorwinning nie ontbreek nie” (1/2/79). Die referendum is egter deur sowel Brittanje as die Patriotic Front verwerp. Daarna is die onafhanklikheidsverkiesing op 20 April dieselfde jaar gehou. Weer eens het die SAUK die twee kampe so voorgestel: "In werklikheid is dit ’n stryd om vrede en vooruitgang deur wit en swart pragmatiste teen Marxisties-gesteunde revolusionere groepe” (28/3/79).

Die verkiesing het plaasgevind sonder die deelname van die Patriotic Front, terwyl daar, na wat berig is, 12 000 van sy terroriste ten tyde van die verkiesing in die land was. Weer eens het Brittanje en Amerika die verkiesings teengegaan. SAUK-reaksie op die verkiesing was die volgende: “Die helde is die kiesers van Rhodesië, maar dit is Suid-Afrika wat hul prestasies moontlik gemaak het" (23/4/79).

’n Dag later is gesê: “Die uitdrukking van die wil van die mense in Rhodesië . . . is die grootste slag wat die Russiese prestige nog in Afrika suid van die Sahara toegedien is” (24/4/79). Daarna het Rhodesië Zimbabwe-Rhodesie geword. Die naamsverandering was juis ’n aanduiding van die samewerking tussen gematigde blankes (Rhodesiërs) en swartes (Zimbabweërs).

Daarna het die gebeure gevolg wat tot die uiteindelike val van Rhodesië gelei het. Brittanje het aangedring op ’n tweede verkiesing en ’n konferensie, waarheen die Patriotic Front uitgenooi is, is in Londen gehou. Dit het alombekend geword as die Lancasterhuis-beraad. Daarvolgens het Brittanje regstreekse beheer oor Rhodesië oorgeneem en ’n verkiesing, waaraan die Patriotic Front sou deelneem, sou volg. Dit het die tussentydse regering se posisie verswak. Rusland het onmiddellik ingespring en volgens berigte R15 miljoen aan die Patriotic Front beskikbaar gestel om die verkiesing te veg. Opruiende uitsendings is vanuit Mosambiek op die bevolking gerig. Op die vooraand van die verkiesing het biskop Muzorewa nog ’n laaste desperate beroep op die Weste gedoen om weerstand te bied, maar tevergeefs.

In die verkiesing het die Patriotic Front 77 van die 80 swart setels verower en biskop Muzorewa, pro-Westers en ’n voorstander van vrye onderneming, slegs drie. Die SAUK se kommentaar op die uitslag was: “Die PF het deur die stembus en die konferensietafel bereik wat hy nie deur oorlog kon bereik nie.” Daarmee is ruiterlik erken dat “gematigdheid” nie ’n kans teen die terroris by die stembus het nie. Die blankes van Rhodesië is om die bos gelei. Vandag poog die SAUK en die regering van mnr Botha om die blankes van Suid-Afrika in dieselfde rigting in te dwing.

Mnr Vorster het gekies om sy bondgenoot uit te verkoop in die hoop dat hy daardeur internasionale wins vir Suid-Afrika sou maak. Dit het egter totaal en al anders vir hom uitgewerk. Die uitslag van die beslissende verkiesing moes ook vir hom ’n ontnugtering gewees het. Die onmiddellike verloop van sake daarna moes hom eweneens tot nadenke gestem het. So byvoorbeeld het ’n senior amptenaar van die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake gesê dat met die Rhodesiese geskil agter die rug sal Suid-Afrika in die tagtigerjare die vernaamste kwessie vir die Verenigde State wees. Die wrede werklikheid het nog duideliker geword toe mnr Vorster se detente-vennoot, dr Kaunda, opgemerk het: “Mosambiek, Angola en Rhodesiê is nou bevry. Namibiê is more aan die beurt en Suid-Afrika die dag daarna.” Zimbabwe het selfs sy uitsaaidiens verbied om die naam Republiek van Suid-Afrika te gebruik en slegs te verwys na die “Pretoria-regime”.

Die uiteinde van die Rhodesiese geskil was ’n neerlaag vir mnr Vorster en detente. Suid-Afrika se posisie in Afrika en die ganse internasionale gemeenskap was verswak. Hoewel hierdie ontnugtering onder die Botha-bewind gekom het, moet mnr Vorster in die eerste instansie die skuld daarvoor kry.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1062 gaste aanlyn