NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Martin Luther het by geleentheid gesê dit is die allerbeste teken wanneer as antwoord op ons gebede, skynbaar die teenoorgestelde gebeur. Net soos dit ook geen goeie teken is as in antwoord op ons gebede alles na wense verloop nie. Daarom gaan God teen ons gedagtes in sodat dit lyk of Hy ná ons gebede nog meer toornig op ons is as voor ons gebede. Dit doen Hy alles slegs omdat dit in sy aard is om eers tot niet te maak wat in ons is voordat Hy ons sy gawes skenk.

KOMMENTAAR SONDER GRENSE (7)

Die SAUK... en die storie daaragter

L J Bothma

1988

Lees reeks by Die SAUK... en die storie daaragter

Die Goeie Hoop-konferensie en daarna

Die implikasie van die Carlton-konferensie strek egter veel verder en dieper. In die eerste instansie het dit die weg gebaan vir nog byeenkomste yan hierdie aard. Soos mnr P W Botha aan die einde van die konferensie gese het: “Dit sal jammer wees as vandag se belangrike beraadslaging net hier sou eindig. "

Weer eens is die klimaat voorberei vir nog ’n byeenkoms deurdat die sakelui al hoe nouer betrek is by besluitneming van openbare belang. Kort nadat die Schlebusch-kommissie die afskaffing van die Senaat aanbeveel het, het die SAUK weer die klimaat help skep en gesê: “Noudat daar van die Westminster-stelsel afgewyk word, sal dit moontlik wees om onmiddellik deur benoeming, ervaring en deskundigheid van die hoogste gehalte in die regeringstelsel in te voer uit die geledere van die nie-politieke gemeenskap. Dit is veral wenslik in die tegnologiese tydvak en sal dien om die vennootskap tussen die openbare en privaatsektore verder te konsolideer.” Dit alles het die weg gebaan vir die skepping van die Presidentsraad, ’n liggaam bestaande uit lede uit die private sektor. Dit het aan die sakelui direkte inspraak op die hoogste vlakke van besluitneming gegee. Ondervinding het geleer dat, wanneer ’n wet eers vir ondersoek na hierdie liggaam verwys word, dit eintlik beteken dat die wet geskrap gaan word.

In November 1981 het nog ’n byeenkoms tussen die regering en sy vennoot plaasgevind, die Goeie Hoop-konferensie. In sy toespraak het mnr P W Botha verwys na die "uitstekende samewerking" wat daar tussen die twee partye bestaan het. Vordering is gemaak sedert die Carlton-konferensie. Hy het die skepping van die Presidentsraad, die Kleinsake-Ontwikkelingskorporasie, die Ontwikkelingsbank, die nuwe arbeidsbedeling en swart onderwys genoem. Dit is opvallend dat die klem duidelik op swart ontwikkeling geplaas is. Suid-Afrika is in 8 ontwikkelingstreke opgedeel, wat oor landsgrense heen strek. Die bedoeling was duidelik dat Suider-Afrika nou ekonomies en nie meer polities nie, opgedeel moes word. Dit sou ’n aanslag op een van die hoekstene van apartheid, naamlik die tuislandbeleid, wees. Om seker te maak dat die nuwe rigting die groots moontlike aanvaarding by die breë publiek geniet, het mnr Botha die ou beproefde taktiek gebruik deur te sê die plan is gemik teen Sowjet-ekspansionisme.

Op 28 Junie 1982 het die SAUK onder die opskrif, “Die nuwe landkaart van Suid-Afrika", die punt gestel dat die politieke grense van Suider-Afrika as “versperrings vir handel en ekonomiese interaksie” in die algemeen dien. Daarom was dit glo nodig om ’n nuwe stel grense, die sogenaamde ekonomiese grense, te trek.
Dit sal egter met verloop van tyd ’n onhoudbare spanning op die tuisland-beleid plaas. So byvoorbeeld het die Londense Times in Maart 1982 in ’n artikel die mening uitgespreek dat Suid-Afrika se beleid, gegrond op etniese selfbestuur, vernietig is deur die gevolge van “ekonomiese groei”. Die SAUK het op 11 November 1982 in dieselfde idioom begin praat deur te sê: “Die afgelope tyd is toenemend aanvaar dat die fondament vir ’n groter Suid-Afrika ekonomies moet wees. " ’n Jaar later is dit opgevolg met die volgende stelling: “Baie mense besef klaarblyklik nie in watter mate sekere ekonomiese realiteite noodwendig die politieke koers van die land beïnvloed nie..” In hierdie verband is die ekonomiese interafhanklikheid tussen lande in Suider-Afrika en die interafhanklikheid tussen bevolkingsgroepe in Suid-Afrika genoem. Dit was dus duidelik dat die ekonomiese koersveranderinge die instandhouding van afsonderlike ontwikkeling in sy totaliteit omvergewerp het. Trouens, dit het ’n drukkrag geword waarmee apartheid aangeval is. Op 2 Oktober 1985 het die SAUK byvoorbeeld gesê: “Wat belangrik is, is daadwerklike vordering met sosio-ekonomiese hervorming — nie net in eie reg nie, maar ook as ’n middel om die welslae van politieke vordering te verseker.”

Die Goeie Hoop-konferensie is opgevolg deur ’n derde konferensie van die aard. Hierdie slag het die regering op 7 November 1986 sowat 200 sakeleiers in Pretoria ontmoet. Die sakelui het van die geleentheid gebruik gemaak om verdere eise te stel. Onder meer is gevra vir die dringende uitfasering van die Groepsgebiedewet wat glo die "beweeglikheid van arbeid" belemmer. Op 'n perskonferensie ná die beraad het dr Kerneels Human ook verwys na ’n plan om die sakelui wat die beraad bygewoon het, toe te laat om die aangekondigde hervormingsprogram te “monitor".
Dit op sigself was ’n hoogtepunt in ’n proses wat oor ’n paar jaar opgebou het waarvolgens die linkse sakelui eintlik die grondwetlike inisiatiewe in die land by die regering oorgeneem het. Die groter mag wat aan die private sektor gegee is, voortspruitend uit die vryemark-beleid, het eenvoudig groter ruimte vir sakelui geskep om op eie stoom hervormingsinisiatiewe te loods.

Die vryemark-ideoloog en prominente lid van die Vryemarkstigting, prof Jan Lombard, het op 13 November 1984 by die RAU ’n referaat gelewer met die volgende betekenisvolle titel: “Die vryemark-gedagte in die politiek van Suid-Afrika." Hy het dit prontuit gestel dat “Suid-Afrika dit nie kan bekostig dat die proses van staatkundige hervorming vanuit die ekonomiese na die politieke lewe op die verkeerde ideologiese voet begin nie”. Hy het natuurlik die vryemark-ideologie bedoel. Die voorsitter van die Presidentsraad, dr Piet Koornhof, het hom feitlik woordeliks nagepraat en gesê: “My eerlike mening is dat grondwetlike hervorming in Suid-Afrika slegs sinvol is indien dit op vryemark-
beginsels berus." Die beginsels, waaronder die verheerliking van individuele vryheid en menseregte, is egter nog so onlangs asAugustus 1979 in Redaksionele Kommentaar uitgewys as sou dit bydra tot "selfvernietiging". Dit het nou die nuwe stel beginsels geword waarmee sakelui nuwe rigting aan die politiek begin gee het. Daarin word hulle ondersteun en nagedoen deur die regering.

So byvoorbeeld het min Chris Heunis gedurende 1984 ’n uitnodiging tot die Vereniging van Kamers van Koophandel (ASSOCOM) gerig om ’n voorlegging aan 'n Kabinetskomitee te maak oor die politieke toekoms van stedelike swartes. Hierdie taak is opgedra aan mnr Dennis Paxton, bygestaan deur proffjan Lombard en J A du Pisanie. Hulle het toe in Junie 1985 ’n verslag ter tafel gelê wat genoem is ’n “agenda vir onderhandeling”.
Daarin is dit pertinent gestel dat die sakesektor ’n belangrike rol te speel het in die hervormingsproses. Daar is ook onder meer gevra vir die beskerming van menseregte en ’n federate of konfederale stelsel is vir Suid-Afrika voorgestel. Prof Jan Lombard het egter alreeds by ASSOCOM se jaarkongres in Oktober 1983 ’n federate stelsel bepleit.

In dieselfde trant het die Gefedereerde Kamers van Nywerhede (FCI) ’n sogenaamde “Sakehandves van sosiale, ekonomiese en politieke regte’’ opgestel. Daarna het hulle samesprekings met sowel die ANC as die Suid-Afrikaanse regering daaroor gevoer, aldus ’n berig in The Star van 22 Januarie 1986. Volgens die FCI se regsadviseur, prof Marinus Wiechers, is die Sakehandves soortgelyk aan die ANC se Freedom Charter. Daarby het die uitvoerende
direkteur van die FCI, dr Johan van Zyl, gesê hulle het ’n gunstige reaksie van die regering op die Sakehandves gehad. Volgens hom is die FCI se doel nie om voorvereistes vir onderhandeling voor te skryf nie, maar om die klimaat te skep om al die betrokke partye (waaronder die regering en die ANC) bymekaar te bring.
Dit herinner sterk aan die ASSOCOM-dokument wat glo ook nie ’n “bloudruk” is nie, maar net ’n “agenda vir onderhandeling”. Daarom is dit betekenisvol dat mnr P W Botha reeds die ANC na die konferensietafel genooi het op voorwaarde dat die organisasie geweld afsweer. Die sakelui het inderwaarheid die klimaat daarvoor geskep. Later in 1986 het besoeke deur mnr Gavin Relly en Tony Bloom aan Lusaka gevolg, waartydens weer met die ANC onderhandel is.

Amerikaanse sakelui

Net soos Suid-Afrikaanse sakelui georganiseerd optree om hulle wil op die regering af te dwing, doen oorsese sakelui dit ook deur middel van sowel sigbare as minder sigbare organisasies.

Die bekendste en opvallendste van hierdie organisasies is die Amerikaanse Kamer van Koophandel (AMCHAM) wat in 1977 deur sowat 350 Amerikaanse maatskappye in Johannesburg gestig is. Waarskynlik die magtigste organisasie van hierdie aard is ’n groep bekend as die Bilderbergers. Bitter min word in die media oor hierdie groep se werksaamhede openbaar gemaak. Die SAUK het self slegs eenmaal iets oor hierdie organisasie gerapporteer (21/12/79). Volgens die SAUK is die “geestelike leier” van die groep die voorsitter van die Chase Manhattan Bank, mnr David Rockefeller. Die “informele groep vooraanstaande Westerse persoonlikhede" aldus die SAUK, sluit glo onder meer in bankiers, internasionale nyweraars, presidente, eerste ministers en akademici. Voorts is net vermeld dat hulle “besonder magtig” is, vrye onderneming voorstaan, Suid-Afrika as van deurslaggewende belang vir die Weste voorhou en derhalwe ’n ekonomiese boikot teen Suid-Afrika as strydig met Westerse belange beskou.
Wat nog interessant was, was die feit dat die SAUK ’n parallel getrek het tussen mev Thatcher van Brittanje en die Bilderbergers. In wat die SAUK ’n "interessante kombinasie van omstandighede” genoem het, is vermeld dat albei verbete vegters vir die kapitalisme is. Daar kon ook met veiligheid bygevoeg gewees het dat albei verbete teenstanders van Suid-Afrika se binnelandse beleid is.

Daar moet onthou word dat die vryemark-beleid Suid-Afrika se ekonomie onder andere meer “oop” gemaak het en dus meer blootgestel het aan oorsese invloede en toestande. Die Suid-Afrikaanse regering se toenadering tot die binnelandse sakelui het ook noodwendig die klimaat vir oorsese sakelui geskep om vir hulle ’n kleim hier te kom afsteek. So byvoorbeeld het 30 Amerikaanse sakemanne, waarvan die meeste miljoeners, in 1980 in Johannesburg vergader. Een van hulle, mnr George Munroe, het verklaar: “Ons het ’n aandeel in Suid-Afrika se toekoms. Ons meen ons deelname aan ’n groeiende ekonomie kan ’n bydrae lewer tot vooruitgang vir almal in die land.” Op die oog af ’n baie vrome bekentenis, maar oor tyd sou dit duidelik word dat Amerikaanse sakelui net eie belang in Suid-Afrika voor oë het.

In 1983 het die Amerikaanse Departement van Handel ’n kantoor in Johannesburg geopen met mnr Stanley McGeehan aan die hoof. Hy het prontuit gesê: “Ons wil ons aandeel in die mark beskerm.” Baie betekenisvol het dr Chester Crocker by geleentheid gesê dat konstruktiewe betrokkenheid nie beteken dat Amerika ’n ekonomiese oorlog met Suid-Afrika moet aanknoop nie.
Daar moet glo nie onnodige struikelblokke geplaas word in die weg van Amerika se posisie in die Suid-Afrikaanse en wêreldmarkte nie. Net soos vir alle sakelui draai dit dus vir die Amerikaanse sakelui suiwer om winste en die beskerming van hulle eie posisies.

Indien apartheid ’n struikelblok vir die binnelandse sakelui is, is dit des te meer so vir veral Amerikaanse sakelui. Hoe groter hul aandeel in die land en hoe groter hul vryheid van optrede, hoe beter is hulle in staat om apartheid te ondermyn en groter winste te maak. Daarom is dit nie snaaks dat AMCHAM in 1984 in ’n opname bevind het dat 80 % van sy lede teen ekonomiese boikotaksies teen Suid-Afrika gekant was nie. Dit stem duidelik ooreen met die Amerikaanse regering se beleid van ‘ ‘konstruktiewe betrokkenheid: waarvolgens strafmaatreëls teenoor Suid-Afrika afgekeur word, maar die land aangemoedig en ondersteun word om apartheid af te breek. Pres Reagan het dan ook by geleentheid gesê apartheid bedreig Amerika se belange. Watter ander belange het Amerika in Suid-Afrika as sakebelange? Dit is waarna die SAUK op 3 Junie 1982 verwys het toe gesê is: “Daar is egter 'n omvattende nie-politieke onderbou aan die Reagan-administrasie se beleid van konstruktiewe betrokkenheid. "Die bedoeling hiermee is dat Amerikaanse sakelui ’n “omvattende" rol speel om apartheid af te takel.

Dit was dus geensins verrassend dat AMCHAM al sy lede gevra het om die Sakehandves van die FCI te ondersteun en dit die wydste moontlike publisiteit in die VSA te gee nie. Op 11 Augustus 1986 het AMCHAM self ook sy ware kleur openbaar gemaak met die publikasie van volblad-advertensies in al die vernaamste koerante. Dit is onomwonde gestel: “Apartheid is geheel en al teenstrydig met die begrip van vrye onderneming. Korn ons verwyder apartheid eens en vir altyd uit die wetboek. Kom ons versnel die pas.’’ Dit is gevolg deur ’n lys van geskilpunte wat glo dringend aandag moet geniet. Dit sluit onder meer in: vrylating van politieke aangehoudenes, afskaffing van die verbod op politieke organisasies, onderhandeling met erkende leiers oor magsdeling, politieke regte vir almal, herroeping van die Bevolkingsregistrasiewet, herroeping van die Groepsgebiedewet en gemeenskaplike en gelyke onderwys.

Daar kan nooit enige twyfel wees dat binnelandse en buitelandse sakelui georganiseerd optree om apartheid af te takel en in die plek daarvan die klimaat te skep vir ’n bedeling wat hul eie belange ten goede moet kom nie.

Die Vryemark-beleid versus die Sosialisme, Marxisme en Kommunisme – vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 818 gaste aanlyn