NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wanneer iemand deur die kragtige werk van God uit die ou lewe na die nuwe oorgebring word, verander alles. Die versoening en redding wat Jesus gebring het, beteken dat die mense wat deur God nuut gemaak is, nou reeds deel in die orde van die nuwe wêreld wat finaal sal kom met die wederkoms van Christus. Die oue is dus verby, en die nuwe het reeds gekom. Dit is die boodskap van versoening wat die wêreld moet ingaan.

BITTER-SOET

E. van Nantes

Die minister van finansies het aangekondig dat daar planne gemaak word om ‘n suikerbelasting op versoete drankies met ingang vanaf 1 April 2017 in te stel, in ‘n poging om landsburgers te “help om hul uitermatige suikerinname te beperk.”[1]

Die artikel verduidelik verder dat ‘n hoë suikerinname verband hou met oorgewig en diabetes en volgens 'n voorspelling van Priceless-SA, sal die totale gesondheidssorg-uitgawes met betrekking tot diabetes in volwassenes, die land in 2030 tussen $1 en $2 biljoen uit die sak jaag. Volgens die Mail & Guardian sal ‘n 20% belasting op hierdie drankies die regering verseker van ‘n soete ekstra R7 biljoen per jaar. Die tesourie huldig verder die mening dat “fiskale inmenging soos belastings toenemend erken word as hulpmiddels ten einde die epidemie aan te pak”.

Nou toe nou! Met die lees van die artikel wil mens dink dat die minister voortydig sy 2017 April-gek grap aan al wat suikerverbruiker is wil oordra omdat hy bang is dat hy dalk volgende jaar van hierdie “goeie een” gaan vergeet. Maar soos mens verder lees, is dit duidelik dat die regering homself as ‘n ouerfiguur vir elke suikergebruiker in die land beskou – so asof ons ongehoorsame kinders is wat húlle leiding nodig het. Dit is verder lagwekkend dat hulle van mening is dat hierdie belasting, wat deur óns betaal sal word, óns sal help om óns inname van versoete drankies in te perk! Tipies – skep eers skuldgevoelens waarna die kind dan meer bereidwillig sal wees om sy straf te dra.

Ek vind dit verder vreemd dat Priceless-SA (Priority Cost Effective Lessons for Systems Strengthening South Africa, a research institute at the Wits School of Public Health) hul koste-projeksie in Dollars aankondig terwyl hulle in Suid-Afrika gestel is. Wat verder interessant is, is dat Priceless-SA nou alreeds, 13 jaar die toekoms in, vir pappa regering kan sê wat die R/$ verhouding gaan wees, aangesien hospitalisering sekerlik deur Suid-Afrikaanse doktors en hospitale behartig sal word en die rekeninge derhalwe in Rande betaal sal moet word. Ek sal ook graag wou weet presies wíé dan nou toenemend belastings as hulpmiddels beskou in die hantering van epidemies – is dit landsburgers of ander regerings?

Ek is jammer, maar ek sluk maar swaar aan hierdie kwansuise hulp wat my aangebied word deur die regering, óf dat my gesondheid en my lewensverwagting vir húlle van enige waarde is. Ek dink eerder dit is die omgekeerde, naamlik dat die regering, na ‘n tydperk van finansiële vetsug nou  finansiële diabetes onder lede het en spartel om sy eie lewensverwagting te verleng. Vergelyk mens die regering se betrokkenheid by die beperking van plaasmoorde, die daarstel van ordentlike provinsiale hospitale en die verskaffing van noodsaaklike dienste met hul betrokkenheid by die wanbesteding van belastings soos byvoorbeeld om staatsinstansies soos SAA, Petrosa, Eskom, ens, ens, ens aan die gang te hou, en skandale soos Nkandla in beheer te hou, sal jy besef dat dit beslis net oor hulleself en hulle maatjies gaan en niemand anders nie.

Persoonlik is ek, om die minste te sê,  so bietjie laer af as keelvol vir die betaal van belasting en om iks in ruil daarvoor te kry nie. Van persoonlike belasting (waarvoor ek werk want ek kry nie toelaes nie) tot BTW-oorbetalings elke tweede maand (voorraad op my rakke waartoe die regering nie bygedra het tot die finansiering of produksie daarvan of enige risiko daarvoor gedra het of bemark het nie) tot my kind wat ‘n deel van sy erfporsie moet afstaan (waarop reeds deur my belasting betaal is) tot kapitaalwinsbelasting (waar ek alleen die risiko moes dra) tot sondebelasting (waar aborsie, korrupsie en wanbestuur nie sonde is nie) tot toelaes op brandstof tot tolgeld tot koolstof belasting (bande en motors) nie.

Suid-Afrika bevind hom in ‘n kamma kapitalistiese bestel wat binne ‘n Afrika-kraal funksioneer waar die koning voor sy hut sit en reëls maak en verder wag vir die oes om in te kom. In ruil vir belasting is die regering veronderstel om werk te skep, die ekonomie te stimuleer, veiligheid en dienste aan burgers te verskaf, landsgrense te beskerm, kortom, hy moet na die belange van sy inwoners omsien, nie na sy eie nie! Ek kan aan geen diens dink waarvoor ek van die regering afhanklik is nie. In die afwesigheid van ‘n regering verkry privaat hospitale, skole, sekuriteitsmaatskappye, konstruksiemaatskappye, telefoon-, en internet diensverskaffers, vervoerkontrakteurs, lugrederye, energieverskaffers, ens hul beslag. . . en hoe waar is dit nie van Suid-Afrika nie?  Indien u my nie glo nie, Standard & Poors was ‘n paar maande gelede alreeds gereed om die paar maer staatsbeeste wat nog hier rondom die kraal ronddwaal tot rommelstatus te verklaar.

Hierdie kraal-opset werk goed vir die regering, maar dit werk gladnie vir my nie. Dit werk goed vir hom want so kan hy maandeliks die lojaliteit van die werklose massas met toelaes koop en verkiesingstyd weer ‘n paar  T-hemde uitdeel vir stemme. Dit werk goed vir hom deur bloed uit die klippe van belastingbetalers te tap en dan mildelik in die bekers van wanpresteerders te skink onder die dekmantel van prestasiebonusse en goue handdrukke. Dit werk nie vir my nie want ek het geen afhanklikheid en dus geen lojaliteit teenoor hom nie.

Inteendeel, hierdie hele politieke bestel is ‘n klug bloot omdat die aantelers altyd in die meerderheid sal wees. Geen ander party, maak nie saak hoe edel, bekwaam of opreg nie, sal ‘n kans tot oorwinning staan indien dit nie deel van hierdie massa is nie. Die politiek en ekonomie van Suid-Afrika is soos spookasem – weliswaar kleurvol maar sonder enige substansie, waar die parasiet se verterende Afrika-asem die Westerse standaard tot net ‘n spook verander het. Belas maar hierdie suikerdrade en jy sal sien, kort voor lank is die produk nie meer beskikbaar nie – weg is die suikerrietplaas, weg die werksgeleenthede wat daarmee gepaard gegaan het en weg is jou inkomste uit belasting – maar moenie bekommer nie, in ruil daarvoor groei jy die werklose massa wat jou aan bewind sal hou omdat hulle van jou afhanklik is vir daardie maandelikse toelagie waarmee hulle elke dag net ‘n brood kan koop – maar ek is seker jy sal, natúúrlik om die mense te help met hul oormatige koolhidraatinname en gevolglike skeerbuik wat die land in 2032 ‘n beraamde $50 bj gaan kos, daarna sondebelasting op die brood kom instel.

 

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1091 gaste aanlyn