NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Welgestelde mense word dikwels deur ander beny en bewonder. Rykdom besit egter die gevaar om jou afgod te word en dan is daar nie ruimte vir God in jou lewe nie. As iets vir jou te belangrik geword het, vertrou die Here om jou daarvan te verlos. God kan 'n kameel deur 'n naald se oog kry – Hy kan 'n ryke laat afsien van sy verknogtheid aan sy aardse goedere en hom red.

SO IS ONS VERNEUK!

Dr JJ Snyman

Ek het onlangs die boek van professor Sampie Terreblanche, Lost in Transformation: South Africa's Search for a New Future Since 1986 aangekoop. Nie dat ek enige bewondering vir die man het nie; inteendeel. Hy is 'n onrehabiliteerbare liberalis en klaarblyklik sal nie eens die sigbare verval en agteruitgang in hierdie land hom van daardie kwaal kan genees nie. Die boek het in 2012 verskyn en bevat baie belangrike inligting juis omdat Terreblanche van belangrike gebeure kennis dra en selfs deel van daardie stuk geskiedenis was. Opnuut word ook besef hoe die Blanke in die 1992-referendum verneuk is.

Die skrywer merk tereg op dat die uitstaande kenmerk van die tydperk 1994 tot 2012 die intensifisering van die sosiale probleme van armoede, werkloosheid en ongelykheid is.

Hierby moet natuurlik gevoeg word geweld, misdaad, onstabiliteit, wanorde en gepaardgaande vrees en onsekerheid. Hy skryf dit toe aan die feit dat Suid-Afrika (en by uitstek die swart ANC-elite) voor die 1994-verkiesing permanent gekoöpteer is as 'n satelliet van die Amerikaanse neo-liberale wêreldryk. Die gevolg daarvan was dat 'n nuwe swart elite geskep is in Suid-Afrika wat hulle aangesluit het by die bestaande wit elite en tot uitsluiting van die res van die bevolking. Hierdie elite werk nou saam met die korporokrasie van die VSA.

Volgens hom is sedert veral 1986 druk uitgeoefen op die NP-regering deur die minerale energie kompleks (met aanhitsing vanuit die VSA en Brittanje) om 'n nuwe bedeling te implimenteer geskoei op die voorskrifte van die Amerikaanse globale ryk. Sowat 40 000 transnasionale maatskappye van die VSA gee wêreldwyd die pas aan en het deur gesamentlike druk daarvoor gesorg dat daar geen beperkings op hulle imperialistiese strewe gestel word nie.

Die groot gevaar vir die korporokrasie in 1994 was 'n Nelson Mandela wat sou staan by sy sosialistiese strewes soos ook verwoord in die Freedom Charter. Gevolglik is geen steen onaangeroer geraak om Mandela (en uitgesoekte ANC-leiers) onmiddellik te betrek by geheime onderhandelinge wat deur Harry Oppenheimer te Little Brenthurt en later ook by die Ontwikkelingsbank gehou is. Inderwaarheid het die eintlike onderhandelinge hier, eerder as by KODESA plaasgevind. Die KODESA-onderhandelinge is uitgerek om die korporokrasie die geleentheid te bied om die ekonomiese model in plek te kry. Nadat dit in plek was, het die NP (snaaks genoeg!) skielik afstand gedoen van sy voorheen "onverbiddelike" eis vir 'n minderheidsveto en magsdeling. Nou word ook verstaan waarom 'n liggewig soos Roelf Meyer by KODESA was — die res was seker almal by Little Brenthurst!

Hierdie swart elite (Mandela en sy trawante) is inderwaarheid omgekoop om die voorskrifte van die korporokrasie te aanvaar. Terreblanche stel prontuit dat alle soorte onheiligheid ("unholiness") daar moes plaasgevind het ten einde Mandela te oorreed om van 'n suiwer sosialistiese strewe te beweeg na 'n uitgangspunt waar die Amerikaanse neo-liberale dogma aanvaar is. Toe die Tussentydse Oorgangsraad wat Suid-Afrika vanaf 1993 tot en met 1994 regeer het, dringend 'n lening van $850 miljoen nodig gehad het, het die IMF (Internasionale Monetêre Fonds) toegesien dat 'n dokument onderteken word wat die ekonomiese beleid van die nuwe Suid-Afrika uitgespel het voordat die lening toegestaan is. Dus, die gepeupel het geen sê hierin gehad nie! So is Suid-Afrika verbind tot die Amerikaanse model van neoliberalisme en markfundamentalisme. Dit het gepaard gegaan met beloftes van investering, hoër groeikoerse, minder werkloosheid en dreigemente dat as die nuwe model nie aanvaar word nie die Suid-Afrikaanse ekonomie ontwrig sou word. Van hierdie beloftes het min, indien enige tereg gekom.

Met die aanvaarding van GEAR in 1996 het die ANC finaal gekapituleer voor hierdie Amerikaans-geleide aanslag. Terreblanche stel dit soos volg:

            ...the ANC was deceived on such a massive scale by false prophets who led South Africa, not to the promised land, but into a desert in which the poorest part of the population was doomed to live permanently in a systemic condition of abject poverty.

Asemrowende ekonomiese geleenthede is vir die nuwe swart elite geskep om hulle te voeg by die bestaande wit elite; iets wat vir feitlik een en almal van hulle (behalwe moontlik Chris Hani) onweerstaanbaar was. So was BEE (swart ekonomiese bemagtiging) en regstellende aksie maar net nog 'n metode (slenter) (vanuit die wit elite) om aan die swart elite, eerder as die veramde swart massas geleenthede te bied tot blitsrykdom.

Die gevolge van bostaande geheime onderhandelinge (komplot) is vandag vir almal sigbaar. Sowat 14 miljoen hoofsaaklik swartes ontvang maandeliks 'n maatskaplike toelaag. Werkloosheid het toegeneem tot 25% (dalk eerder 33%?) van die bevolking. 50% van die bevolking (waarvan 23,7 miljoen swartes) lewe in armoede en ontvang slegs 7,8% van die land se totale inkomste, terwyl die top 20% sowat 75% van die totale inkomste ontvang. Die swart elite het nou wel aangegroei tot 'n aansienlike 6,3 miljoen.

Wat ook besef moet word is dat die "kompromie" wat in 1993 bereik is tussen die ANC-elite en die Amerikaans-geïnspireerde korporokrasie 'n raamwerk daargestel het vir deurlopende konsultasie ten einde gemelde ooreenkoms in stand te hou. Dit verklaar dan ook waarom iemand soos Jacob Zuma verhinder word om sy eie minister van finansies aan te stel. Baie duidelik sal daar elke keer as buite die raamwerk van hierdie magsgroep opgetree word, 'n berekende aanval op die Suid-Afrikaanse ekonomie gemaak word. Duidelik is daar 'n regering agter die regering en is die parlement van Suid-Afrika maar net 'n rubberstempel vir die besluite wat in die eintlike regering (die Amerikaans-geleide korporokrasie) gemaak word. Die aanval op Zuma het baie meer te doen met die feit dat hy sy rug op die VSA-beheerde korporokrasie draai as sy onbevoegdheid en dan veral ook sy voorneme om eerder bande met veral China aan te knoop. Ramaphosa se gewildheid in die geledere van die korporokrasie (en sy rykdom) en sy steun aan hulle minister van finansies, Pravin Gordhan, verklaar ook tot welke mate Ramaphosa deur hierdie kliek omgekoop is.

Daar het baie boeke en artikels die afgelope 22 jaar verskyn oor die bedrog van ons huidige sogenaamde demokrasie en nog baie meer oor die verpletterende gevolge van die Amerikaanse ryk soos dit sedert veral die Reagan-jare ontplooi het. John Perkins, skrywer van Confesssions of an Economic Hitman en Hoodwinked wys op die geweldige invloed wat hierdie korporokrasie uitoefen in feitlik elke land van die wêreld.

            Almost no politician gets elected without money that flows through them and their stockholders. They control the mainstream media, either through direct ownership or advertising budgets.

In die VSA is daar sowat 30 00 betaalde stemmingmakers ("lobbyists") wat betaal word om die openbare mening sodanig te beïnvloed dat die korporokrasie se standpunte en beleid sal seëvier. Om die mees geslepe vrou in die VSA en boonop geestelik siek en fisies bedwelm voor te hou as die ideale president van die magtigste land ter wêreld, getuig van absolute onaantasbare mag en daarteenoor, verstommende oningeligtheid en tragiese onmag.

Dit bring mens by die vraag waarom Afrikaners, wat hieroor ingelig is en bewus is van hierdie feite — veral dan oor die regering deur die elite in ons land en die komplot om dit te kon bereik en steeds in stand te hou — daaroor swyg? Die antwoord is tog duidelik dat hulle deel van hierdie elite is en in- en omgekoop is deur die korporokrasie en geen saak het met die armoede en ellende van mede-Afrikaners nie, ondanks pretensies tot die teendeel. Ek laat my nie vertel dat hulle nie bewus is hiervan nie.

Met hierdie toedrag van sake sal daar voortgegaan word om lippediens te bewys aan die versugting van die armes en is die saad gesaai vir toenemende spanning, geweld en misdaad in ons land. Aan die ontvangkant is die middelklas wat in die slag sal bly sou hierdie stand van sake voortduur. Dit is die middelklas wat geteiken word deur onteiening en wat hulle sal voeg tot die bedelstand. In die res van Afrika is dit trouens opmerklik om te sien dat daar van 'n middelklas geen sprake is nie, maar wel net van 'n swart elite en 'n bedelstand wat maar te bly is vir elke krummel wat na hulle kant toe gegooi word. Ons is, terwyl baie van ons dit steeds nie wil glo nie, vinnig daarheen op pad.

Intussen word ons ure lank vermaak met onsinnighede soos die ''krisis'' in Suid-Afrikaanse rugby, terwyl ons vermoë om weerstand te bied elke dag verder gebreek word. Ons is klaarblyklik meer ontsteld oor gebreinspoelde beginsellose sportmanne wat te veel betaal word om swak rugby aan ons op te dis as oor die uitwissing van ons volk.

Mag die Afrikaner tog dringend tot kentering kom want soos gesien word uit die res van Afrika is 'n bedelstand duidelik nie in staat om weerstand te bied teen die onheil van hierdie bose geldmagte nie!

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 966 gaste aanlyn