NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wees nie haastig met jou mond nie, en laat jou hart nie gou 'n woord uitbring vor die aangesig van God nie; want God is in die hemel, en jy op die aarde. Daarom moet jou woorde min wees - Prediker 5:1

'N HUWELIK UIT DIE HEL?

DA-EFF-koalisie

Dr JJ Snyman

Bespiegelinge dat die DA en die EFF moontlik in alliansie sal gaan om sekere munisipaliteite te regeer mag dalk vir baie na 'n onmoontlikheid lyk, gesien die EFF se radikale standpunte oor sake soos grondonteiening, ensomeer. Ook waar die twee partye as onderskeidelik sosialisties en kommunisties geklassifiseer kan word.

James Selfe van die DA het volgens Rapport van 14 Augustus 2016 verklaar dat die DA en die EFF sal kan saamwerk:

     Daar was uiteraard skerp ideologiese verskille, maar ons het tog gevind dat daar sterk ooreenkomste is. Nadat ons verskille in taalgebruik in die onderskeie manifeste ontleed het, het ons agtergekom dat daar eintlik merkwaardige ooreenkomste is.

Dr Dan Roodt (op PRAAG se webwerf) skryf dat die keuse tussen die partye die volgende behels het op stemdag:

     Die kieser by die stembus het ‘n keuse tussen links-liberale sosialisme (die DA), demokratiese kommunisme (die ANC) of revolusionêre kommunisme  (die EFF).

Mens sou wou glo dat daar tog 'n verskil is tussen die links-liberale sosialisme en die revolusionêre kommunisme. Tog is dit nou duidelik nie die geval nie. Reeds het die DA te kenne gegee dat hulle net oor die metode van grondonteiening van die EFF verskil, en nie oor die beginsel nie!

Feit is dat elke party wat hom binne die raamwerk van die Grondwet bevind, oor grondonteiening saamstem want die Grondwet magtig dit! So ook oor al die ander sake waaroor Parlementslede 'n eed aflê juis om die Grondwet te eerbiedig! Dis nou aborsie, homoseksualisme, afgodsaanbidding, ensomeer. Daarbenewens is al die partye (die VF Plus inkluis) se politieke beleidsrigtings op mekaar afgestem. Trouens dit word beweer dat selfs die VF Plus by hierdie alliansie betrek gaan word!

Reeds in 1990 het mnr Jaap Marais na die onverkwiklikheid van 'n grondwet soos dié wat ons tans het, verwys:

     In so 'n stelsel sou die politieke beleidsrigtings van die politieke partye oorbodig wees of ten minste 'n groot mate aan tersaaklikheid inboet. .... Met die instel [van so 'n grondwet] word 'n eenmalige politieke oorwinning behaal. Hierna is liberale dogma en egalitariese beginsels in die posisie van regering: is dit permanent amptelike staatsbeleid. Diegene wat dus 'n liberale politieke standpunt huldig, se probleem is finaal opgelos. In plaas van gedurig aan die politieke stryd deel te neem en die risiko's van politieke klimaatsveranderinge te trotseer, moet hulle nou slegs 'n enkele politieke oorwinning behaal en die nodige kontitusionele strukture daarstel. Sou die politieke klimaat verander en 'n groep aan die bewind kom wat die idees van die [grondwet] teenstaan en wil verander, word so 'n groep tot politieke magteloosheid gereduseer. Nieteenstaande hulle oorwinning en nieteenstaande hulle standpunt ten gunste van 'n ander politieke program is hulle steeds verplig om die liberale idees van die [grondwet] uit te voer.

Sosialisme is die beleidsrigting van die Kommunisme. Die DA se sosialisme en die EFF se sosialisme verskil net oor die metode van grondonteiening; nie oor die beginsel nie. Die DA en die EFF het dan ook reeds in die parlement saamgespan teen die ANC. Nou kan die huwelik amptelik voltrek word. Dit gaan dus nie oor verskil in beleid nie, maar om 'n opponent te verslaan wat (volgens die DA) korrupter as Malema is! So gesien, kan die DA ewe maklik met die ANC in alliansie gaan. As Zuma verwyder word behoort dit mos geen probleem te wees nie? Opportunisme het die plek van beginsels ingeneem.

Nou wonder ek net of daardie Afrikaners wat DA gestem het tevrede is dat die DA en die EFF vir hulle moontlik "beter dienste" gaan lewer, maar gaan saamspan om die Blanke (hulle mede-Afrikaners) van sy grond te ontneem? En wie gaan in elk geval vir die beter dienste betaal? Het ons politiek so oppervlakkig geword dat dienslewering die einddoel van ons bestaan geword het?

Dit het laat in die dag geword as die Afrikaner se toekomsvisie so kortsigtig geword het. Moontlik het dit te doen met die liberale drukgang waarin die media ons geplaas het waar alternatiewe nie eers meer bespreek word nie uit vrees vir aanklagte van rassisme en om tog net polities korrek te wees.

Enige politieke party wat die Grondwet onderskryf stel homself in vyandskap op teen die Afrikaner. Die Grondwet verklaar die Afrikaner tot misdadiger en lê die basis vir die onteiening van die Afrikaner se grond, werk, taal, kultuur en geskiedenis. Gestroop daarvan moet die Afrikaner dus na strooihalms gryp soos "beter dienslewering".

Die alliansie tussen die DA en die EFF is 'n logiese stap tussen partye wat dieselfde uitgangspunte handhaaf juis omdat hulle die Grondwet onderskryf. As jy dus vir die DA gestem het kon jy netsowel vir die EFF gestem het. Afrikaners wat dit doen is onbewustelik besig om hulle Afrikanerskap af te sweer.

Die DA is besig om goedgelowige Afrikanerstemme te misbruik vir sy eie geheime agenda  — een wat allermins tot langtermynvoordeel van die Afrikaner strek!

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1541 gaste aanlyn