NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons sterf nie soos diere nie.  Jesus gee ons die belofte dat ons aardse lewe nie die enigste lewe is nie.  Daar wag ‘n heerlike hiernamaalse lewe op alle gereddes.

STEM VIR JOU VOLK - MET 'N WEGBLYSTEM

Waarom ek nie vandag gestem het nie

Dr SH Gregan

Daar is soveel redes om nie te stem nie. Trouens, ek kan net my kop in verontwaardiging skud as ek sien hoe Afrikaners verkiesing na verkiesing gedwee in toue gaan staan om 'n kruisie te trek. En dan nogal dink dat hulle hulle "plig"  gedoen het!

Waarom het ek nie vandag gestem nie?

1.         In 1992 is 'n referendum onder Blankes gehou met as vraag of hulle ten gunste is van onderhandeling met die ANC met die oog op die daarstel van 'n nuwe grondwet. Toe aan FW de Klerk, die destydse president, in die parlement gevra is of dit beteken dat die nuwe grondwet aan die Blankes voorgelê sou word vir goedkeuring na afloop van hierdie onderhandelings het hy dit beaam. Dit is nooit gedoen nie. Hy het die Blankes met talle soortgelyke valse beloftes bedrieg. Die Blankes het dus nie hulle goedkeuring gegee vir die nuwe grondwet nie. Daarom was dit 'n onwettige oordrag van mag en regeer die ANC sedert 1994 onwettig.

2.         Die nuwe grondwet verklaar dat die Afrikaner se geskiedenis een groot onreg is. Dit wil sê ons verlede word as misdadig uitgebeeld. Onlangs het 'n sekere regter Jafta verklaar dat die Afrikaner se geskiedenis tot die asblik hoort. Die grondwet misken ons volk in elke opsig; sy geskiedenis, sy kultuur, sy taal, sy tradisies, sy eiendomsreg — sy bestaansreg. Hofsaak na hofsaak moet gemaak word om te poog om te red wat nog te redde is. Universiteit na universiteit word verengels en verswart. Wat die effek van dit alles is, is dat die grondwet inderwaarheid oorlog teen ons totale volksbestaan verklaar het. Daarom verbaas dit my dat Afrikaners glo die grondwet moet beskerm word. Ek verwerp hierdie grondwet met die minagting wat dit verdien.

3.         Die grondwet misken die Drie-enige God en verhef die mens tot sy eie god. Die huidige grondwet is onchristelik. Dit keur aborsie, homoseksualisme, dobbelary, afgodsdiens en elke denbare vorm van afskuwelike gedrag goed onder die dekmantel van “menseregte”. Hierdie “menseregte” druis in teen ons Blankes, en veral ons Afrikaners se Christelike waardes. Deelname aan die verkiesing impliseer erkenning met, en goedkeuring van, hierdie goddelose bestel. Parlementslede lê dan ook ‘n eed af in die parlement om hierdie onchristelike grondwet in stand te hou!

4.         Die nuwe bestel met sy grondwet misken volkere en die reg op selfbeskikking binne jou eie grondgebied. Daar is geen plek vir enige politieke party om binne die raamwerk van die grondwet na vryheid te strewe nie. Daarom kan geen party wat vryheid vir ons volk in sy eie land beoog, dit doen in terme van die grondwet nie. Die grondwet bied geen ruimte daarvoor nie. Artikel 235 van die grondwet is 'n suigstokkie waaraan mense wat graag 'n salaris in die parlement wil verdien suig om ons wys te maak dat dit wel moontlik is. Feit is die bewoording daarvan sluit afskeiding (sesessie) geheel en al uit. Jy kan dus nie aan 'n verkiesing deelneem en vir 'n party stem wat vir ons weer ons eie land gaan gee nie. Daar is ook nie so 'n party wat deelneem aan die verkiesing nie. En die verkiesings wat gehou word gaan ook nie daaroor nie. Dit gaan wel daaroor om aan die meerderheidsparty die mandaat te gee om die land vir 'n volgende termyn te regeer volgens die grondwet.

5.         Wanneer jy registreer en stem erken jy implisiet dat die ANC die land wettig regeer en dat hy in terme van die grondwet kan optree. Waarom dan kla oor onteiening? Waarom dan kla oor Afrikaans wat afgeskaf word? Waarom, ja waarom? Die grondwet magtig al hierdie stappe wat die ANC met sy aangestelde regters tot uitvoer bring. Hoekom is Blankes werkloos? Hoekom verlaat hulle die land? Hoekom lewe hulle in vrees en word hulle vermoor? Gaan soek die fout by die grondwet!

6.         Nou is daar diegene wat sê dat ons moet stem om te verhoed dat die ANC 'n 2/3 meerderheid kry. Die argument wil dit hê dat die ANC met ‘n 2/3 meerderheid die grondwet sal verander of selfs sal afskaf. Dit is natuurlik 'n bloot praktiese argument wat bostaande beginselargumente totaal en al miskyk. Maar ook dit het geen meriete nie. Die ANC het vir die afgelope 22 jaar ‘n 2/3 meerderheid gehad en nie die grondwet verander nie. Feit is, die ANC sal die skyn van ‘n grondwet handhaaf soos wat Zimbabwe dit nog deurentyd doen. Daarmee word die buitewêreld gesus. ‘n Grondwet staan nie in die pad van ‘n terroris en 'n kommunis om te doen wat hy wil nie. Enige meerderheid is vir die barbaar genoeg. Wat die ANC in hierdie land gedoen wil hê, word in elk geval deur die grondwet gemagtig.

7.         Kan die ANC verslaan word? Daar is maar sowat 4 miljoen Blankes waarvan slegs ongeveer 2 miljoen stemgeregtig is. Die Swartes se getalle beloop enigiets van 40 tot 50 miljoen waarvan ongeveer 20 miljoen stemgeregtig is. Vir elke Blanke stem is daar gevolglik minstens 10 Swart stemme. Alles dui daarop dat tot soveel as 80% van Swartes vir die ANC stem. Daar moet gevolglik stemme by Swartes gewerf word om die ANC te verslaan. Die DA sal al swarter moet word (en later netsoos die ANC praat en doen) as hy die bewind wil oorneem. En na al die verval en wanbestuur wat ons beleef, stem swartes in elke geval steeds vir die ANC! Feit is dat Swartes nie vir sogenaamde Blanke partye wil stem nie want Swartes wil ‘n “Swart” party aan bewind sien. Blankes wil ook nie vir die ANC stem nie, juis omdat dit ‘n Swart party is wat Swart belange bo dié van Blankes stel. Wantroue is ingebou in so 'n stelsel en niks sal dit ooit verwyder nie. Die Blankes is gereduseer tot ‘n magtelose minderheid in die parlement. Die ANC maak met sy meerderheid net wat hy wil. As alle ander partye (d.w.s swart en wit!) saamstaan sal hulle steeds nie die ANC verslaan nie en selfs al sou dit gebeur is hulle ook gebonde aan die Afrikaner-vyandige Grondwet.

8.         Die volgende liegskoot is dat 'n wegblystem 'n stem vir die ANC is. Dit is dieselfde misleiding waarmee die destydse NP tydens die referendum in 1992 gekom het. Toe moes almal “ja” stem omdat ‘n nee-stem kwansuis ‘n stem vir die ANC sou wees. Na die referendum het die NP saam met dieselfde “vyand”, die ANC, in die bed geklim. So wat eintlik gevra word van beginselvaste Afrikaner is om hulle beginsels prys te gee en tog net uit praktiese oorwegings te stem om iets wat reeds aangetoon heeltemal onhaalbaar is, te probeer regkry. En dan word hierdie beginselvaste Afrikaners boonop verkwalik as hulle dit nie doen nie!

Wat sou dr Verwoerd, generaals De la Rey en De Wet, presidente Steyn en Kruger en Andries Pretorius vandag gedoen het. As beginselvaste Afrikaners sou hulle 'n stelsel van een mens een stem verwerp het. Hulle het hulle immers vir die vryheid van die Afrikaner in sy eie land beywer. Ek skaar my liewer by hulle. Uit die geledere van verloopte Afrikaners soos Piet de Wet en FW de Klerk word u opgeroep om te stem. Is dit dan nie juis 'n waarskuwing om nie te stem nie?

Weiering om aan die verkiesing deel te neem, is ‘n daad van verset.  Deur nie te stem nie, sê ons vir die wêreld ons berus nie in hierdie verraderlike toestand waarin ons volk verkeer nie. So ‘n wegblystem is ‘n stem vir jou volk en téén hierdie grondwet.

Die Afrikaner se toekoms lê buite hierdie bestel en buite die parlement. Vryheid in ‘n eie vaderland kan nie verkry word deur te stem nie, maar juis deur weg te bly. Elke volk moet homself in sy eie vaderland regeer. Deur nie te stem nie, sê jy vir die wêreld dat ons niks minder wil hê nie as ‘n eie vaderland, ‘n eie parlement en ‘n eie regering. Die keuse is daarom duidelik:  Bly weg van die verkiesing. Kom in verset buite die bestel. Verenig in verset buite die bestel.

Ek glo steeds aan 'n vrye Afrikanervolk wat homself regeer in sy eie vaderland. My trots vir my volk is nie beperk tot die sing van 'n liedjie (nou en dan) wat my weer goed laat voel oor my Afrikanerskap nie. My trots en eerbied vir my voorgeslagte se stryd het my die voor die hand liggende keuse laat maak om nie te stem nie!

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1475 gaste aanlyn