NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons beleef in hierdie dae soveel dinge wat pyn veroorsaak dat ons gerus kan leer om daarna op te let by diegene vir wie ons omgee; en dit is nie moeilik om raak te sien nie want pyn is anders as dinge soos hardheid van die hart wat agter geveinsde vreugde en gelag weggesteek kan word – pyn dra nie 'n masker nie, dit wys duidelik in die vensters van 'n siel.

ONSTABIELE S.A. - GELDMAGTE SE SKULD

WAAROM BEGEER DIE GELDMAGTE 'N ONSTABIELE SUID-AFRIKA?

Dr JJ Snyman

Dit mag vir baie mense vergesog klink om te beweer dat die Amerikaanse geldmagte 'n onstabiele Suid-Afrika begeer. Juis omdat 'n ekonomie van 'n land mos eerder floreer in stabiele en vreedsame toestande. Die probleem is net dat dit vir die geldmagte nie gaan om 'n ideale vryemark situasie in vreedsame toestande nie; of soos ons dit altyd genoem het — kapitalisme — nie, maar eerder 'n verworde kapitalisme.

Wat word daarmee bedoel? In 'n landsekonomie waar daar stabiliteit is en aan elkeen die volle geleentheid gegee word om sy talente te ontwikkel is daar kompetisie en daardie kompetisie is meestal heilsaam vir al die inwoners van die land. Dit het deurgaans as kapitalisme bekend gestaan. Die Blanke veral was ten gunste van hierdie soort kapitalisme.

Wat egter wêreldwyd gebeur het is dat sterk maatskappye die oorhand begin kry het; hetsy deur onbillike bevoorregting van regerings of deur die kleiner maatskappye eenvoudig uit die mark te dwing deur byvoorbeeld prysoorloë, ensomeer.

Die gevolg was monopolievorming waar kapitaal (en goedere en dienste) al meer gekonsentreerd geraak het in die hande van enkele maatskappye (en indiwidue). Dit kan beskryf word as super-kapitalisme omdat dit nie net die antitese van kapitalisme is nie, maar ook baie vyandig is teen enige kompetisie.

 

Dit is eenvoudig nie moontlik vir een maatskappy om al groter en groter te word sonder dat mededingers kleiner en minder word nie. As eienaarskap dus stelselmatig verskuif na die groot maatskappye en hulle aandeelhouers, beteken dit noodwendig dat dit weggeneem word van die res. So skryf Stephen Lendman op die webwerf www.globalresearch.ca na aanleiding van 'n pas vrygestelde verslag van OXFAM dat:

In 2015, 62 billionaires had more wealth than half the world’s population – compared to 388 in 2010. The wealth of 62 richest people increased 44% since 2010 to $1.76 trillion. In contrast, resources of humanity’s bottom half fell over $1 trillion, a 41% decline. Half of all newly created new millennium wealth went to the top 1% – at the expense of the world’s least advantaged.

Een persent van die wêreld se bevolking besit tans netsoveel soos die ander 99%. Is daar 'n beter bewys dat superkapitalisme aan die orde van die dag is?

Maar wat is superkapitalisme werklik? Dit is niks anders nie as sosialisme! Maar anders as die sosialisme wat ons ken wat hoofsaaklik gesetel is in regeringstelsels (dus daardie lande wat as Kommunisties bekendstaan), is hierdie sosialisme nie in regerings gesetel nie, maar in indiwidue. En dit is hulle wat die toutjies agter die skerms trek. In die VSA kan geen presidentskandidaat van die Republikeine of Demokrate dit waag om enigiets te doen wat hierdie superrykes se belange aantas nie. Dit sal nog gesien moet word of Donald Trump 'n uitsondering op hierdie reël sal wees.

Pas voor Nelson Mandela as president verkies was, het Anglo American hom onder hande gehad. Die res is geskiedenis. Mandela het soos Mbeki en Zuma, die geldmagte gedien. Geen werklike populistiese president, (wat werklik die belange van almal - en dus ook die armes - wil bevorder), sal hier aan bewind kom nie, want dit sal beteken dat die beskikbare bronne meer eweredig verdeel moet word. As bronne meer eweredig verdeel moet word, sal van die superrykes weggevat moet word om aan die armes te gee (en nie van gewone boere deur hulle plase weg te vat nie!). Die geldmagte sal dit nooit toelaat nie.

Maar terug by die vraag waarom onstabiliteit vir die geldmagte belangrik is. Dit is belangrik omdat vreedsame toestande, en regerings wat nie deur die geldmagte aan bande gelê word nie, gewoonlik billikheid tussen almal wil en kan bevorder. Almal weet reeds dat die ANC sy nomenklatura (amptenary) beskerm omdat hulle die ANC elke vier jaar weer aan bewind hou. Die een sorg vir die ander. Hoe groter die nomenklatura, hoe groter die ANC se kieserskorps. Die geldmagte het eerstens daarvoor gesorg. Toe die ontevredenheid oor hierdie toedrag van sake dreig om te begin handuit ruk, moes die geldmagte 'n teenvoeter vir die ANC daarstel — die EFF. Laasgenoemde se agenda word eweneens beheer omdat sy fondse beheer word.

So word die ANC nie net in toom gehou nie, maar heers daar 'n toestand van beheerde chaos. Die huidige onluste is bewys daarvan. In sulke toestande kan die regering geen besluit neem sonder om die geldmagte se toestemming daarvoor te kry nie. Die ANC-regime se magte is grootliks aan bande gelê deur die geldmagte en dien tans net een doel, naamlik om wetgewing deur te voer wat uiteindelik die geldmagte sal bevoordeel. Elke Afrikastaat getuig hiervan. Daardie leiers en regerings wat weier om gehoor te gee, word verwyder. Ghaddaffi kon wees wat hy wil, maar hy het gesorg vir sy mense. Hy het egter vierkantig in die pad van die Amerikaanse geldmagte gestaan en is brutaal verwyder onder die dekmantel van demokrasie. Is daar enige land wat nou vreedsaam is nadat die VSA daar toegetree het?

Daar is baie redes waarom Suid-Afrika meer brutaal en gewelddadig sal word. Kultuurverskille en persepsies en verwagtinge wat verskil, is van die grootste redes. Daarby 'n korrupte regering wat alles sal doen om aan bewind te bly en hoop dat die geldmagte nie sy krane sal toedraai nie. Die chaos is dus enersyds gewaarborg deur die kultuur- en ander verskille, maar word andersyds bevorder deur die magte agter die skerms. In chaotiese toestande trek monopolieë geweldige voordeel. Gaan kyk maar na Irak vandag en nou ook Libië. Terwyl die gewone burger sukkel om te oorleef, word die superrykes astronomies ryker.

Ons situasie is hagliker as wat ons dalk self besef. Die geldmagte se media hou graag 'n ander prentjie aan ons voor. Hulle word betaal om dit te doen. Daar is geen sterk alternatiewe media in hierdie land (soos byvoorbeeld Russia Today), wat Media 24 en al die ander media monopolieë die stryd kan aansê nie. Die situasie kan egter heeltemal handuit ruk en my voorspelling is dat die VSA deur middel van  AFRICOM ook hier gaan toetree om die chaos (beter) te beheer, indien die Suid-Afrikaanse veiliigheidsmagte nie die mas gaan opkom nie.

Wat kan die Blanke van dit alles sê? Daar is veel te sê en te doen, maar die verraad van FW de Klerk is baie groter as wat meeste ooit sal besef. Dit sal, indien hierdie toestande voortduur, die Blanke van Afrika se bodem verwyder!

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1143 gaste aanlyn