ZUMA SLAGOFFER VAN MOORD IN 2015?

BRICS en die aanslag op Jacob Zuma

Dr SH Gregan

Lees meer van hierdie skrywer by Dr SH Gregan

Daar heers tans byna 'n massa-histerie om van Jacob Zuma ontslae te raak. Afrikaners doen gedweë mee aan hierdie veldtog omdat hulle grootliks oningelig is oor die gebeure agter hierdie fasade. As redes word aangevoer onder meer sy vermorsing van belastingbetalersgeld op sy paleis, Nkandla. Alle aanduidings is dat die aanvalle op Zuma sal verskerp in 2015 en dat gepoog gaan word om hom uit die kussings te lig.

Wat mense natuurlik vergeet, is dat die einste magte wat Zuma aan bewind gebring het, nou van hom ontslae wil raak. En dit het absoluut niks met Nkandla te doen nie. Hulle het immers al voor sy verkiesing as president geweet hoe korrup(teerbaar) Zuma is met die hele sage rondom die wapenskandaal. Nogtans het hierdie magte hom gesteun en dit teen 'n persoon (Thabo Mbeki) wat self vroeër hulle kandidaat was!

Mbeki was die sake-sektor (geldmagte) se kandidaat en het inderdaad veel gedoen om Joodse geldbelange in Suid-Afrika te bevorder. Hy het egter nie genoeg gedoen nie! Toe hy boonop sy steun vir Robert Mugabe uitgespreek en geluide begin maak het wat begin klink het na stappe om die geldmagte se planne in die wiele te ry, was die gort gaar. Die res is geskiedenis.

Zuma is nou, meer as Mbeki ooit, die teiken. Waarom?

Zuma het 'n paar onvergeeflike "sondes" in hulle boeke begaan. Die een was om Suid-Afrika lid te maak van die BRICS-lande (Brasilië, Rusland, Indië en China). Hierdie state stel 'n effektiewe teenwig daar vir die greep wat die Joods-beheerde VSA (en sy bondgenote) op die wêreld het. En as BRICS sou slaag sal dit veel kan doen om verskeie state uit hierdie greep te kry. Die BRICS-lande verteenwoordig drie biljoen mense wat 40% van die wêreldbevolking is en met 'n gekombineerde BBP van $16 triljoen (20% van die wêreld se BBP). Dit het vier triljoen dollar van die gekombineerde buitelandse reserwes. BRICS is dus allesbehalwe 'n geringe rolspeler. Daarom is elkeen van hierdie lidlande nou die teiken van Amerikaanse aggressie, waarvan Rusland die grootste aanvalle moet afweer en selfs die Russiese roebel nie gespaar is nie. Wat eintlik onder ons oë gebeur het is dat die VSA oorlog teen Rusland verklaar het. Putin se kalm optrede in die aangesig van die woedende Fariseërs wat hulle ore toedruk, skreeu, klippe gooi en op hulle tande kners, behoort met die Nobel-prys vir vrede begroet te word!

Nou het BRICS boonop voortgegaan om 'n bank (!) daar te stel en verskeie projekte word beoog. Dramatiese veranderinge in die wêreld kan plaasvind as BRICS sou slaag. Die Asië Infrastruktuur Investeringsbank word reeds deur 21 Asiatiese state gesteun. Die aanvangskapitaal daarvan is honderd biljoen dollar.

Nou word 'n Ontwikkelingsbank ook beoog. Daarbenewens sal die Deurlopende Reserwe Ooreenkoms 'n aanvangskapitaal van honderd biljoen dollar hê - uiteraard bevry van die dwingelandy van die Internasionale Monetêre Fonds en die spekulasie van bloedhonde soos George Soros wat deur spekulasie verskeie state se geldeenhede vernietig. Soos gesien kan word wil BRICS state opbou terwyl die VSA state afbreek (soos Libië, Soedan, Irak en Sirië kan getuig). Ja, BRICS wil vrede maak en die Joods-beheerde VSA maak oorlog. BRICS pak projekte aan en die VSA lei terroriste op.

Vir Zuma om hom by hierdie state te skaar, is 'n stok in die wiel van die geldmagte se planne om Suid-Afrika kaal te stroop. Want hulle is nie deel van BRICS nie. Maar toe maak Zuma nog 'n "fout". Hy teken 'n ooreenkoms met Rusland om kernkrag in Suid-Afrika te ontwikkel - iets wat die geldmagte se greep op die land 'n verdere knou sal toedien. Hulle beheer immers ook die energiebronne en -toevoer na Suid-Afrika. Geen wonder die Jodin, Helen Zille, het amper 'n hartaanval daaroor gekry nie!  Tog kan dit, verwyder van korrupsie, daartoe lei dat 9,6 gigawatt ekstra elektrisiteit opgewek word - iets wat Suid-Afrika broodnodig het. Die probleem is net, dit sluit die Joodsbeheerde oliemaatskappye uit en verydel hulle planne om in die Karoo vir olie te boor, en ook langs Suid-Afrika se kus.

Daarom moet die geldmagte se kandidaat, Ramaphosa nou die leisels oorneem. Die probeem is egter dat hy nog nooit baie gewild by die gewone lede van die ANC was nie en het die gebeure by Marikana hom 'n verdere knou toegedien. Nie alleen is hy 'n Venda nie, maar het hy die myners wat in opstand by Marikana gekom het, "lafhartige misdadigers" genoem. Hy is onder andere die uitvoerende voorsitter van die Shanduka Groep, wat in verskeie sektore investerings het, voorsitter van die Bidvest Groep, en ook van MTN. Hy dien ook op die direksies van Macsteel Holdings, Alexander Forbes en Standard Bank, is mede-voorsitter van Mondi, en was voorheen op die direksie van SABMiller. Sy rykdom word bereken op $675 miljoen, sowat R8 biljoen - of dan 30 Nkandla's! Sy werklike waarde is in alle waarskynlikheid veel meer as dit, gegewe die aandeelhouding wat hy in verskeie maatskappye het. Hy het ook al sewe eredokorsgrade van verskillende universiteite ontvang en publikasies soos The Economist steun hom openlik.

 

Zuma se steun binne die ANC het egter nog nie regtig begin taan nie en het hy duidelik nog 'n paar kaarte om te speel. Wat bly oor? 'n Aanslag op Zuma se lewe. Zuma sal eenvoudig in 2015 verwyder moet word.  Die plan is dus om opnuut, soos tevore met Mandela en Mbeki, die ANC-leierskap op die Joodsbeheerde koers te bring.  Die geldmagte weet dat die ANC nie maklik by die stembus verslaan sal word nie - swartes wat na 20 jaar van demoonkrasie slegter af is stem steeds ANC, ja totdat "Jesus weer kom". Zuma onthou dit ook.

Die ander alternatief waaraan gewerk word is om Zuma van "links" en "regs" te verswak. So verteenwoordig Zille die regtervleuel en Malema die linkervleuel, dog so opvallend - hulle werk alte lekker saam!  Malema, ook daargestel en befonds deur die geldmagte, het dus 'n tydelike rol om te vervul - die rol van destabilisasie. Almal weet hy's te veel van 'n "loose cannon" en daarby te gevaarlik om werklik die troon te bestyg. Maar vir die huidige is sy rol onontbeerlik.

As Zuma kan slaag om sy ondersteuners by hom te hou en hy word nie vermoor nie, gaan daar 'n herrangskikking in ons (swart-beheerde) politiek kom, want die geldmagte sal dan 'n nuwe party (met Ramaphosa as leier) daarstel. Dit kan selfs die DA insluit! Hulle probleem bly steeds om die ANC van sy tradisionele steunbasis te vervreem.  As ek Zuma was sou ek 'n paar ekstra lyfwagte aanstel en ook mooi kyk wat my kokke vir my voorberei en my dokters vir my voorskryf. Hierdie Satansmagte is tot baie in staat. Dalk weet Zuma dit teen hierdie tyd.

Ons kan ons gevolglik klaarmaak vir groot gebeure in die politiek in 2015; nie net hier by ons nie, veral ook elders. Jy kan sekere mense bedrieg en selfs herhaaldelik bedrieg. Maar jy kan nie al die mense die hele tyd bedrieg nie.  By al die teleurstellings en slegte nuus, is daar tog die goeie - daar vind 'n wêreldwye kentering plaas! Al probeer die wêreld ook hoe hard om Putin as 'n diktator voor te hou: die feite weerspreek dit. En mense begin dit raaksien.

Dikwels in die politiek is dit nie wat jyself doen wat omstandighede gunstig vir jou verander nie, maar veranderde omstandighede wat aan jou die geleentheid skep om daaruit voordeel te trek. Die huidige tweespalt in die ANC moet nie deur die Afrikaner met naïwiteit begroet word nie, maar met waaksaamheid. Zuma is allermins die Afrikaner se vriend - maar dat hy nou vierkantig in die pad staan van ons grootste vyand - die geldmagte - dit is ongetwyfeld so. Daar is diktators in Afrika wat baie meer korrup is as Zuma - die verskil is net, hulle wyk nie van die Joods-beheerde agenda af nie.

Ramaphosa het niks gedoen om een van die vyf rykste mense in Suid-Afrika te word nie. Hy het dit geword omdat hy 'n Joodse pion is. Zuma se rykdom is onbenullig teenoor hierdie miljardêr s'n. Elke ANC-president moes sedert 1994 na die pype van die Joods-beheerde geldmagte dans. Mandela het skoon vergeet van nasionalisasie toe hy president geword het. Mbeki ook. Zuma het nie eers van nasionalisasie gepraat nie, dog is hy nou in die spervuur. Die redes is voor-die-hand-liggend. Met Zuma in die kussings word die geldmagte se planne gefnuik; as Ramaphosa die troon bestyg sal ons verslawing voltrek word.

Vir die Afrikaner is dit dalk 'n keuse tussen die duiwel en die diep blou see. Maar ten minste kan mens nog in die diep blou see swem!