NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wanneer ons God begin dank vir al die vreugdes wat Hy ons skenk, sal daar nie tyd oor wees om te kla nie.  Die mens wat dankbaar oor die verlede is, sal die Here ook vir die hede dank en die toekoms vreesloos tegemoet gaan.  As ons dankbaar vir die genade van die verlede is, kan ons uiteraard ook op nuwes reken.

'N NEGATIEWE TOEKOMS- VERWAGTING?

TUSSEN SOSIALISME EN GEKLIKWEES IS DAAR MAAR MIN...

Dr SH Gregan

Terwyl die tweede fase van die kommunistiese revolusie begin stoom kry en die land se wiele duidelik besig is om af te val, is die vraag: Wat nou gemaak in hierdie omstandighede?

Dis reeds baie duidelik dat die studente-onrus oor baie meer gaan as blote studiegelde. Dit gaan daaroor om die laaste vestings van die Blanke te vernietig. Daarom is die pogings van studente (hoe verdienstelik ookal) om Totius se standbeeld  op die Noordwes-kampus van die Pukke te beskerm, futiel. Dis futiel omdat hulle rektor en sy hele raad slapgatte is. 'n Beter woord om sulke lafhartigheid te verwoord ontbreek ongelukkig. Terwyl studente nog iets van hulle patriotisme wys, gee die owerhede van Afrikaanse kampusse oor en lieg hulle vir studente oor die uiteinde van hulle oorgawe-mentaliteit.

In 1983 het enkele studente aan die RAU gewaarsku dat dit nie sal eindig by 'n kwota anderskleurige studente nie, maar dat RAU van gedaante sal verander deur die toelating van Swartes. Hulle is toe uitgelag.

Die wat gelag het sit seker nou in Australië. Maar hulle is destyds deur die Broederbond-rektor professor Pieter de Lange verseker dat dit wat nasionaal-gesinde studente beweer het, nooit sal gebeur nie! Waarom sal dit dan anders gesteld wees op Potchefstroom? Dit terwyl dié voorslag Kommunis, Blade Nzimande, juis die minister van onderwys is. Dis tog geklik om anders te wil dink en droom.

Ja, elke universiteit sal omvorm word tot 'n tipiese Afrika instelling waar standaarde vernietig sal word sodat elkeen 'n graad op 'n skinkbord sal ontvang. As gesien word hoe hierdie studente optree en hoe hulle lyk, is dit 'n ope vraag of die Afrikaner enigsins met sulke mense geassosieer wil word.

Elders in die land gaan dit nie enigsins beter nie. Terwyl die geldeenheid maandeliks verswak, word berig dat dit met die banke uitstekend gaan! Tog interessant né! Terwyl die gewone burgers dus maand vir maand verarm, spog banke en groot maatskappye met rekord winste. Terwyl die land afgebreek word juig die super elite oor hulle rykdomme wat meer word. Duidelik pas die sosialisme wat die ANC toepas hierdie bevoorregte groepie. En dit terwyl die gewone burger nog glo dat ons 'n kapitalistiese staat is!

Die einde is nog lank nie in sig nie. Nasionaal-gesinde Afrikaners het gewaarsku dat grootskaalse onteiening sal plaasvind onder 'n ANC-bewind. Hulle is begroet met die Rooikappie-storie dat 'n Nee-stem destyds sou beteken dat die VSA se oorlogskepe dae later aan ons kus sou wees! Foeitog. Hoe naïef was sommige nie. Verbeel jou, die VSA val Suid-Afrika aan omdat hy nee sou stem. Die ironie is dat die einste VSA se geduld nou kennelik opraak met 'n regime wat hom uitdaag deur waansinnige beleidsrigtings. Eintlik hoef die VSA net weer sanksies toe te pas om hierdie wankelrige staat binne enkele dae op sy knieë te bring.

Maar terug by onteiening. Onteiening is 'n sine qua non in 'n sosialistiese staat. Veral in daardie state waar die regime nou van "links" deur die EFF gedwing word om aan die eise van die gepeupel te voldoen. Die ANC-regime het vir hom 'n nomenklatura daargestel wat die ANC aan bewind moes hou solank die ANC vir hierdie nomenklatura sorg. Die EFF het egter 'n knuppel in die hoenderhok geword wat die nomenklatura benoud laat rondfladder, minwetende dat alles haarfyn beplan is. Heel moontlik nie vanuit die ANC-geledere self nie, maar in alle waarskynlikheid deur die geldmagte. Die geldmagte floreer in state waar chaos heers omdat hulle in sulke omstandighede eiendomsreg (van alles) sentraliseer in die hande van 'n uitgesoekte elite. Absolute rykdom kan net plaasvind indien die hulpbronne gemonopoliseer word. Dit kan net gebeur in 'n toestand van onrus en chaos. Daarom — private eiendomsreg móét en sál sneuwel. Die super kapitalistiese staat wat nou vorm aanneem is in wese 'n sosialistiese staat. Uiteiendelik sal die verhogings wat die nomenklatura vir hulleself so gereeld ruimskoots toestaan ook niks werd wees met 'n geldeenheid wat waardeloos is  nie. Grootskaale armoede is inderdaad vir meeste op die horison.

Ja, op elke front lyk dit uiters droewig. Van die Afrikaanse kerke wil ek nie eers praat nie. Die kerkleiding in hierdie kerke wil die revolusie ter wille wees, eerder as die ware evangelie verkondig. Hulle einde is in klippe gekap. Die kerk het die aanvoorwerk vir hierdie revolusie gedoen en die revolusie sal hulle ook verorber. Die DA wil ten alle koste swart ondersteuners kry en dank lede af wat dit waag om 'n positiewe opmerking oor PW Botha van alle mense te maak. Besef die DA nie dat PW die pad vir hulle oopgemaak het met sy oorgeebeleid van destyds nie? Hulle behoort hom te vereer!

Nou is die vraag: Wat van Solidariteit en Afriforum en al hulle vertakkings? Op die oog af lyk dít wat gedoen word goed vir enigeen wat die saak slegs op die korttermyn beskou. Daar word geveg vir Afrikaans, vir individue se burgerregte, ensomeer, en protes word oor baie sake aangeteken. Baie mooi. Maar daar word om die dood nie gepraat van die vryheid (selfbeskikking) van die Afrikaner in sy eie land nie. En enigeen wat durf waag om te "regs" te wees, word persona non grata. Vra maar vir Dan Roodt en Steve Hofmeyr. So terloops, ek het lank laas so 'n idiotiese opmerking gehoor soos dié uitlating dat Die Stem (ons ware volkslied) mense emosioneel skade berokken! As Die Stem egter saam met die afgodslied gesing word dan is daar kwansuis geen skade nie... Ek beleef weer die absolute teendeel. Sedert 1994 kook my bloed elke keer (met onherstelbare skade) as Afrikaners (waarvan Heyneke Meyer seker die koek vat!) hierdie afgodslied sing asof dit die laaste keer is dat hulle gaan sing. Ek verneem Meyer moet 'n nek-operasie na die Wêreldbeker ondergaan...

So waar laat dit ons? By 'n negatiewe uitkyk oor alles in hierdie land? Waarskynlik. Dat daar geen oplossing is nie? Moontlik ja. En dis juis die probleem. Omstandighede word aangespreek, terwyl die oorsaak ten alle koste vermy word. Wat ons volk nodig het is 'n politieke oplossing en nie oplossings vir sosiaal-maatskaplike probleme wat verseker sal misluk in hierdie verbrokkelende staat wat juis ten doel het om die Afrikaner ten gronde te rig nie. Jy kan alleen 'n positiewe toekomsverwagting hê as jy 'n politieke oplossing bedink en bewerk wat volkome vryheid van jou volk ten doel stel.

Daarsonder moet jy nie verbaas wees as jy van dag tot dag lewe en uitkoms soek in 'n rugbyspan wat te veel betaal word en wat boonop geheel en al aan die nuwe bedeling toegewy is nie.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1089 gaste aanlyn