Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die liefde is nie bly oor die ongeregtigheid nie...
AFRIKA SE WIT REUS (18)
Lees reeks by Afrika se Wit Reus
DIT IS DIE JAAR 1989..
Die Rol van die "Bevrydingsbewegings" (vervolg)
" Die wêreld moet verontwaardig raak - nie oor die Swart geweldenaars in die Swart gebiede nie! Nee, die woede moes die regering van Suid-Afrika tref. Onder die gesamentlike bestorming van binne en van buite, so hoop die samesweerders, sal die sisteem op die ou end verkrummel sodat 'uit die as van Pretoria 'n nuwe Jerusalem', 'n sosialistiese Suid-Afrika mag verrys, soos dr. Boesak in sy toespraak op die 'Kerkdag' van Frankfurt vroom van die Hemel afgesmeek het."
In die tydskrif "The African Communist" Nr. 87, 4de kwartaal 1981, skryf Sol Dubula waarom die ANC en nie die SAKP nie die leiersrol van die bevrydingsalliansie in die eerste fase van die rewolusie oorgeneem het: "Indien die regte leiding van die demokratiese rewolusie dit vereis dat die nasionale beweging (die ANC) as vernaamste massa-organisasie versterk moet word, dan is dit presies die weg wat gevolg moet word volgens die beleid van die (Kommunistiese) Party in sy rol as leier en voorhoede."
Hiermee erken die Kommunistiese Party openlik dat die leiding binne die ANC in hulle hande is. Die ANC is geen werklike bevrydingsbeweging vir wie die welsyn van die Swartes na aan die hart lê nie: dit word duidelik wanneer 'n mens die wapens van hulle "bevrydingstryd" en hulle verklarings noukeurig ondersoek.
Die uitrusting van die ANC bestaan o.a. uit landmyne, kleefmyne, springstofbomme, handgranate en AK-47-gewere. By hierdie soort van oorlogvoering, waar daar myne en motorbomme gebruik word, kan die slagoffers nie uitgesoek word nie. Onskuldige burgerlike persone, en wel veral Swart voetgangers, is grotendeels die slagoffers. Omdat die aanslag van die ANC nie in die eerste plek teen die veiligheidsmagte gerig is nie, maar hofsaaklik bedoel is om die bevolking bang te maak, kan die organisasie nie aanspraak maak op die naam "bevrydingsbeweging" of "partisanevegters" soos die beheerde media die buiteland graag wil wysmaak nie. Die ANC is niks anders nie as 'n kommunistiese terreurorganisasie, wat alle moontlike middels gebruik net om die mag te verower en Suid-Afrika te "Sowjetiseer." Die Swartes van Suid-Afrika gebruik hulle net as kanonvoer sonder enige konsiderasie vir die slagoffers. Die Swartes sal, indien die ANC-SAKP die mag kry, die meeste ly net soos in die kommunistiese buurlande Zimbabwe, Mosambiek en Angola.
Die terreurdade van die ANC sedert 1976 bestaan uit die volgende:
• 12 landmynontploffings; 30 verdere landmyne kon gelukkig deur die veiligheidsmagte onskadelik gemaak word.
• 113 handgranate is by aanvalle gebruik terwyl nog 1273 daarvan deur die veiligheidsmagte gevind is.
• 115 kleefbomme het ontplof; nog 409 is onskadelik gemaak.
• 7 springstofbomme het ontplof; 87 verderes is ontlont.
• die veiligheidsmagte kon 85 ander springstofladings in ANC depots vernietig.
• van April 1984 tot April 1985 het daar 60 terreurdade plaasgevind van April 1985 tot April 1986 was dit 193 terreuraanslae, waarvan party vanaf die buurlande Zambië, Botswana en Zimbabwe onderneem is.
• vanaf 1976 is daar 43 Swart en 35 Blanke inwoners van Suid-Afrika deur ANC-terroriste vermoor.
Dit kan glad nie betwyfel word nie dat die ANC 'n skakel is in die internasionale terreurnetwerk wat vanaf Moskou bestuur word en deur magtige belangegroepe in die Weste ondersteun en gefinansier word- ten spyte van listig-bekwame pogings van die internasionale media en die misleidingspogings van Westerse kerkorganisasies en bepaalde regeringskringe om die ANC voor te stel as dappere "guerrillavegters" wat vir 'n regverdige saak veg, kry hulle dit nie altyd reg om die brutale terreurdade en astrante verklarings van die organisasie geheim te hou nie.
So het die amptelike radiodiens van die ANC in Afrika, "Radio Freedom", bv. op 4 Mei 1986 tot massamoord opgeroep: "Kom ons neem ons wapens, ... ons nekbande, ons granate, ons masjiengewere, ons AK-47's, ons kleefmyne en alles wat ons kan kry en beveg die 'vigilantes', (anti-kommunistiese Swart opposisiegroepe) en die sogenaamde vaders saam met die apartheidsregime, saam met die polisie en die leer."
Reeds voorheen, op 20 Januarie 1985, het "Radio Freedom" met genoegdoening vasgestel watter mikpunte die ANC al bereik het: "Marionette (woord vir vryverkose Swart stadsraadslede) is doodgemaak en hulle huise afgebrand en baie is gedwing om af te tree."
Op 7 Oktober 1985 het die sender uit Zimbabwe die volgende mededeling uitgesaai: "Die strategie van verraaiers verbrand (halsbandmoorde) het blykbaar goeie resultate gelewer."
'n Spreker van die ANC, Tim Ngubane, kon op 10 Oktober 1985 in die Staatsuniversiteit van Kalifornië onbestraf die volgende verklaring uitspreek: "Ons wil die dood van 'n kollaborateur so grotesk maak, dat niemand dit ooit weer sal waag om met die owerheid saam te werk nie."
Op 6 Mei 1985 het die nasionale uitvoerende komitee van die ANC oor "Radio Freedom" in Addis Abeba opgeroep tot vermoording van alle Swartes in diens van die staat: "Ons slagspreuk moet wees: verenig in massa-aksie ... Konfrontasie met die vyand op alle fronte ... onregeerbaarmaking van die land ... Vir polisie en soldate moet daar hinderlae opgerig word ... met die doel om hulle wapens van hulle af te neem. Ons mense moet van plaaslik verkrygbare materiaal by die huis bomme en brandbomme maak. Ons moet wanneer ookal moontlik wapens koop. Wanneer ons mense bewapen is, moet hulle kollaborateurs en vyandelike agente uitruik en met hulle afreken. "Kollaborateurs wat in gemeenterade werksaam is, informante, polisiemanne, speurders, werkers by die leër, almal van hulle wat onder ons lewe, moet doodgemaak word. Die volksfront moet die gewapende stryd ondersteun en die vyand op die ekonomiese front aanval, sabotasie onderneem teen firmas en industrieë waardeur die regime ryk word."
Mevrou Lynda Chalker, gewese lid van die Britse kabinet as Minister vir Afrikasake, het ná 'n ontmoeting met die ANC-president Oliver Tambo, oor hierdie uit-Moskou-beheerde terreurorganisasie, beweer dat die ANC "niks meer geweld voorstaan as enige ander organisasie nie".
Aan die niksvermoedende Duitse Christen word deur die Buitelandse Afdeling van die Evangeliese Kerk van Duitsland (EKD) die volgende as soetkoek opgedis: "Die ANC is baie populêr onder die Swart bevolking ... die weerstand van die ANC kan ... nie eenvoudig as terrorisme sleggemaak word nie ... vir lede en leiers van die ANC moet dit verbitterend wees om sonder meer gelykgestel te word met bepaalde terroristegroepe ... hulle het tot nou toe by die meeste van hulle aksies groot bedagsaamheid aan die dag gelê en daarop gelet dat gesondheid en lewe van onskuldiges so min as moontlik in gedrang gekom het. (EKD-Projekgroep "Openbare Arbeid in SA-kwessies")
ucaNEWS, die persverklarings van die "United Christian Action" in Suid-Afrika, skryf daaroor (Nr.20/88 van 6.11.85): "Die ANC vermoor intussen soos al die Moskou-beheerde 'bevrydingsbewegings', baie mense, veral onder die burgerlike bevolking. 'Ons leuse lui nou: 'n lyk 'n dag!' het die amptelike sender van die ANC, 'Radio Freedom' op 4.7.85 uit Tanzanie uitgesaai."
"Die terreurorganisasie het met 'n verdere agterbakse aanval op 23.12.1985 weer 'bedagsaamheid betoon' ( die amptelike EKD- taalgebruik) en het in die middel van die kersfeesinkopiegedrang in 'n Durbanse winkel 'n vullishouer laat ontplof as gevolg waarvan vyf mense gesterf het, waaronder twee kinders, en 50 mense beseer is, sommige baie erg."
Op 13 April 1986 het Winnie Mandela, die vrou van die gevange ANC-Kommunis Nelson Mandela, die wêreld geskok met die woorde: "... met ons vuurhoutjiedosies en halsbande sal ons hierdie land vrymaak."
Die president van die Sosialistiese Internasionale en eertydse Bondskanselier van Duitsland, Meneer Willy Brandt, het egter nie die kans laat verbygaan om die geëerde dame twee dae later in die residensie van die Duitse Gesant in Pretoria vir 'n aandete te ontvang nie.
Mev. Mandela is aan koerantlesers van die Weste as die toekomstige "First Lady" en as "Moeder van die Nasie" voorgestel. Hoe die "bevryding" van Suid-Afrika se Swartes a la Winnie Mandela en die ANC daar uitsien, kan die beste verduidelik word deur 'n beskrywing van die halsband-moord-metode, waarmee tot dusver (1989) meer as 600 onskuldige Swartes, waaronder hele gesinne met kinders, om die lewe gebring is:
1. Die doodsbevange bewende slagoffer se hande word albei afgekap sodat hy hom nie kan teësit nie. In "genadiger" gevalle word sy hande met doringdraad aanmekaar vasgebind.
2. 'n Ou motorband word oor die slagoffer se skouers getrek en met petrol of diesel volgegooi. Diesel kry die voorkeur omdat dit langer brandend aan die vel vaskleef.
3. Die brandstof word met vuurhoutjies aan die brand gesteek. As die slagoffer se hande nie afgekap is nie, moet hy sy halsband self aansteek.
4. Die brandstof steek die band aan die brand, wat binne 'n baie kort tyd 'n temperatuur van 400 tot 500 graad Celsius bereik.
5. 'n Brandende band rook geweldig. Die koolstofgasse wat so ontstaan bereik 'n temperatuur van 300 graad Celsius. Die inaseming daarvan vernietig die lugpype en die weefsel van die longe.
6. Die smeltende gomlastiek van die motorband loop langs die nek en liggaam van die slagoffer af en brand al hoe dieper in die vleis in. Die band se vuur kan nie meer geblus word nie. Water is van geen nut nie. Die slagoffer is nou 'n brandende lyk.
7. Tot die dood intree, kan daar 20 minute verbygaan. Terwyl die slagoffer van pyn krul en skree, staan mev. Mandela se moordmaats rondom, lag en geniet dit. Gesinslede van die slagoffer probeer dikwels om hom te help, maar die moordenaars weet dat dit nie moontlik is nie. Die gesmelte gomlastiek is soos kokende teer en kan nie meer van die verbrande vleis geskei word nie.
Oorspronklikheid aan die dag gelê deur 'n opperherder van die Duitse Evangeliese Kerk: "Deur haar onbesliste houding dra die Evangeliese Kerk by tot die vooroordeel dat die 'bevrydingsbewegings' in Suidelike Afrika sleg is". (Biskop dr. Martin Kruse, Berlyn, op die 21ste Evangelische Kirchentag (evangeliese kerkdag) in Düsseldorf 5—9 Junie 1985, "Idea"24/85 bl.15)113
In 'n onderhoud met die Sowjet se nuusagentskap TASS het "die toekomstige First Lady" gesê die Sowjetunie is die ware bondgenoot van al die onderdrukte volkere en sy sê dankie vir hulle broederlike solidariteit met die saluut: "Die Sowjetunie maak ons drome waar!"
Die verwesenliking van 'n ander droom het uit die Duitse Bondsrepubliek gekom. In Junie 1986 is daar aan Winnie Mandela 'n VW-bus oorhandig as geskenk van die Bondsregering: vir haar "sosiale bedrywighede en welsynsprojekte" ("ProTEST" Nr. 4/5, Augustus 1986).
Die Katolieke biskoppe van die Suid-Afrikaanse Katolieke Biskopskonferensie het hulle eie opinie oor die "patriotte" van die ANC. Volgens hulle mening is die moord op "kollaborateurs met die apartheid" geen kriminele nie maar slegs 'n politieke daad. In 'n appel aan die Suid-Afrikaanse Staatspresident P.W. Botha het die Katolieke herders 'n kansellering geëis van die doodstraf vir die moordenaars van Kuzwayo Jacob Dhlamini, die plaasvervangende burgemeester van Lekoa. "ucaNEWS" Nr.24/87 skryf daaroor in sy persmededeling van 9.12.1987: "Die veroordeeldes het op 3 September 1984 die huis van die burgemeester Dhlamini aan die brand gesteek en die man, wat op die laaste oomblik uit die huis gevlug het om sy lewe te red, oorweldig en gestenig. Hulle het daarna petrol oor die slagoffer, wat nog gelewe het, uitgegooi en hom lewend verbrand. Die voorsittende regter het die daad 'afgryslik, middeleeus en barbaars' genoem.
"Hierteenoor het die spreekbuis van die Suid-Afrikaanse Katolieke Biskopskonferensie, die weekblad 'New Nation', 32 tot die doodveroordeelde deelnemers aan moordaanslae, waaronder ook terroriste en die moordenaars van Dhlamini, kort gelede as 'patriotte' vereer, aan wie die status van krygsgevangenes toegestaan behoort te word".
Die wêreldwye afsku, wat die moordbendes van die ANC met hulle barbaarse moordmetode verwek het, het daartoe aanleiding gegee dat die leierskorps van die terreurorganisasie hulle lede versoek het om in die toekoms die "halsbandmetode" nie meer te gebruik nie. Anders sou daar probleme kan ontstaan met die ryklike toevloei van geld uit Westerse belastingsbronne, wat 'n mens darem nie wil prysgee nie. Die hoop bly vir die ANC bestaan, dat die vriende by die KGB in Moskou 'n meer "menslike" moordmetode ter "bevryding" van Suid-Afrika se Swartes sal uitdink wat vir die Westerse regerings en die kerkorganisasies, wat die ANC ondersteun, makliker verteerbaar is.
Die persoon wat met die ANC onskeibaar verbonde is en aan wie die Westerse media reeds die stralekrans van 'n toekomstige "demokratiese" leier van die Republiek Suid-Afrika toegeken het, is Nelson Mandela, die eertydse kommunistiese leier van die ANC. Hy is 25 jaar gelede weens sabotasie en hoogverraad tot lewenslange tronkstraf veroordeel. Die regering het aan die Kommunis vrylating aangebied as hy geweld in die toekoms afsweer en geen kommunistiese agitasie meer sal bedryf nie. Mandela was daartoe egter nie bereid nie.
Volgens 'n mededeling van die Evangeliese Persdiens (EPD) van Duitsland besit Mandela "die oorweldigende steun van alle Swart Suid-Afrikaners". (epd Nr.6/85 bis.3) Die feite sien daar effens anders uit volgens die Swart koerant "The Sowetan". Hierdie koerant het 'n tydjie gelede onder 17 miljoen Swart Suid-Afrikaners 'n kampanje op tou gesit vir ondertekening van 'n petisie vir Mandela se vrylating. Die totale resultaat was 600 000 handtekeninge wat neerkom op 3,5 persent van die Swart bevolking. ("The Citizen" 10.10.87)
Oor 'n ander stemmery in die Swart stad van miljoen inwoners, Soweto by Johannesburg, skryf "Vox Africana" Nr. 30 van Junie 1987: "Tydens die Blanke parlementsverkiesing in Suid-Afrika het daar in Soweto ... 'n goed geadverteerde 'alternatiewe' parlementsverkiesing plaasgevind. Vir maande het die grootste dagblad, wat deur Swartes geproduseer word, die 'Sowetan', propaganda gemaak vir hierdie algemene toetsverkiesing waarin elke Swarte tot 10 persoonlikhede kon noem, aan wie se leiding hy die staatsake van 'n demokratiese Suid-Afrika graag sou toevertrou. Altyd weer en weer het die koerant sy lesers herinner aan die aksie, wat vir die Swart massas die belofte ingehou het dat daar 'n oorweldigende demonstrasie kon wees vir die leierskap van hulle keuse.
Op 7 Mei 1987 is die uitslag toe bekendgemaak. Dit was uiters karig. In 'n suur kommentaar het die 'Sowetan' vasgestel dat die belangstelling van die lesers in hierdie beoefening van demokrasie 'nie juis oorweldigend' was nie. In werklikheid het die alternatiewe verkiesing agter 'n legende 'n vraagteken geplaas. Nelson Mandela, wat in baie kringe as die mees prominente gevangene van alle tye en as die reeds byna universele simbool van die Swart strewe na vryheid beskou is, vir wie selfs die Nobel-vredesprysdraer Aartsbiskop Tutu as 'my leier' beskryf het, het van sy Swart landgenote in Suid-Afrika presies 838 stemme gekry."
"United Christian Action", 'n oorkoepelingsorganisasie van 'n aantal konserwatief-Christelike bewegings, het oor hierdie uitslag 'n onderhoud gehad met die sakebestuurder van die "Sowetan", mnr B. Moult: "Ons verkiesingsoproep is inderdaad 'n bittere teleurstelling. Dit het 'n totale apatie van ons lesers teenoor die politiek aangetoon. Ons het ons rekenaar spesiaal geprogrammeer om die verkiesingsuitslae professioneel te kan analiseer. Nou kon ons sommer per hand 'n waardebepaling maak van die 1500 stembriefies wat ingekom het. Boonop moes ons vasstel dat by die ten gunste van Mandela hele bondels sonder enige twyfel deur een en dieselfde persoon voorsien is van verskillende name by die ondertekening. Ook het baie inskrywings uit een en dieselfde straat in Soweto gekom. Ons vermoed dat daar agter die stemme vir Mandela verskeie aksiegroepe skuil." (ucaNEWS, 5.5.87)
Die Mandela-gedoente, wat geensins net tot die Bondsrepubliek Duitsland beperk is nie, (in London het die stadsraad kort gelede selfs 'n Mandela-standbeeld langs die Teems onthul!) is 'n algehele triomf vir die waninligting deur die Sowjetunie en sy Westerse bondgenote. -
Omdat dit vir die uitgeweke terroriste van die ANC onder leiding van hulle president Oliver Tambo in toenemende mate moeiliker word om hulle moordbendes in Suid-Afrika onder beheer te hou en om hulle belnvloedingsmoontlikhede nie te verloor nie, het hulle gesoek na 'n wettige verteenwoordiging binne die land.
Op 25 Augustus 1983 is deur die inisiatief van die Suid-Afrikaanse predikant en president van die Wêreldbond van Gereformeerde Kerke, dr. Allan Boesak, die sogenaamde Verenigde Demokratiese Front “United Democratic Front", UDF) gestig. Die verklaarde doel is die daarstelling van 'n "verenigde demokratiese en nie-rassistiese Suid- Afrika"; elke aanwending van geweld as middel vir die bereiking van politieke mikpunte word van die hand gewys. Boonop ontken die UDF enige formele of personele verbinding met die gebanne ANC en die verbode Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP).
Hierdie na-buite-vertoonde voorgegewe standpunt, die gebruik van die term "demokraties" in hulle naam asook die feit van lidmaatskap van talle nie-politieke plaaslike en kerklike organisasies het die UDF daartoe verhelp om wêreldwyd beskou te word as 'n geweldlose burgerregbeweging wat as 'n wettige opposisie teenoor die Suid- Afrikaanse regering staan. Die werklike rede vir die stigting van die UDF was egter om op te tree teen die hervormingsprogram van die Botha-regering wat die instemming van baie Swartes verkry het. Hierdie hervormings was natuurlik nie na die sin van die rewolusionêre magte rondom die kommunisties beheerde ANC nie, aangesien sy belange geskaad word deur 'n ewolusionêre verbetering van die toestande in Suid-Afrika.
Die amptelike blad van die UDF "Isizwe" skryf in November 1985 (bl.1): "Dit kan nie genoeg beklemtoon word nie dat dit in 'n nasionale bevrydingstryd nie daarom gaan om te strewe na 'n plek binne die bestaande orde nie. En nog minder kan 'n stapsgewyse uitbreiding van politieke regte na die meerderheid van die volk die doel van sodanige stryd wees."
Anders as die baie oorsese kritici van Suid-Afrika het die Suid- Afrikaanse Kommuniste baie goed verstaan dat reeds deurgevoerde hervormings van President Botha veel meer as net kosmeties was en moontlik 'n rewolusieremmende uitwerking kon hê. Om hierdie rede het hulle die UDF gestig as wettige opvolgorganisasie van die verbode ANC. Dit was nie net 'n daad van ideologiese selfbehoud nie (d.w.s om die idees van die ANC in die land wakker te hou), maar was ook die laaste moontlikheid vir die Kommuniste om die hervormingspolitiek van die regering met geweld te smoor. Dit is sekerlik nie blote toeval nie dat, na jare van vreedsame voortgang, die oproerigheid in Suid- Afrika juis toe losgebars het, toe die UDF hulle bedrywighede begin ontplooi het.
Wie by die aankondiging van die UDF se stigting nog enige illusies gehad het oor sy ware karakter, het dit op sy laatste verloor toe die bestuur verkies is, want toe kon daar geen twyfel meer wees oor die ware mikpunte en bedoelings van hierdie organisasie nie: toe is die eertydse ANC-lede en oudgediende aktiviste Gumede, Albertina Sisulu en Oscar Mpetha as die drie nasionale presidente van die UDF verkies;
Mpetha dien toe nog tronkstraf uit weens terrorisme. Dat onder die daarna benoemde 14 beskermhere van die organisasie ook die eertydse ANC-president Nelson Mandela en al die weens hoogverraad saam-met-hom-veroordeelde ANC-terroriste (almal lewenslange gevangenes) verskyn, lyk in hierdie omstandighede maar net logies - net so logies soos die feit dat in die hele teenswoordige leierkader van die UDF nie minder nie as 90 persent(!) vroeëre lede van die SAKP, die ANC en ander verbode rewolusionêre organisasies is nie.
Daarmee het tot praktiese uitvoering gekom wat die ANC-blad "Dawn" in Augustus 1983, na aanleiding van die UDF se stigting, geëis het: "Die nasionale bevrydingsalliansie, wat deur die ANC gelei word, sal slegs dan in staat wees om die UDF te lei, as ons ons eie ondergrondse strukture binne die UDF het. Hierdie strukture moet met bekwaamheid optree, die regte wegwysing aan die UDF gee en bo alles die take van die front ter sprake bring..."
Tans omsluit die aldus-bestuurde UDF volgens hulle eie opgawes ongeveer 850 organisasies en bonde met ongeveer 2,5 miljoen lede. Sedert die stigting daarvan het die persentasie Kommuniste in die bestuur nog aangegroei en dit onderstreep die karakter van die UDF as 'n organisasie wat in die geheim instaan vir die ANC en die SAKP. Dit weer vertel vir ons baie van die vader van die UDF, die kerkman en "burgerregteman" dr. Allan Boesak.
Die UDF het die taktiek van die Kommuniste oorgeneem, maar dit aangepas by die veranderde omstandighede in Suid-Afrika. Net soos reeds 20 jaar gelede bly die verklaarde doel van die rewolusionêres om die land onregeerbaar te maak, die sisteem van apartheid met geweld te beëindig en uiteindelik die Blanke regering omver te werp. Hiervoor maak die ANC/UDF alliansie hoofsaaklik staat op sekere wapens:
- Internasionale bedwrywighede
Soos in die laaste jare meer as duidelik geblyk het, is die agitasiekampanje van die UDF nie tot Suid-Afrika beperk nie, maar sluit ook die direkte mobilisering van die wêreldmening teen Pretoria in met die hoop om Suid-Afrika op hierdie manier van die "beskaafde" wêreld te isoleer en so die val van die regering te bewerkstellig. In hierdie verband speel die internasionale media 'n wesenlike rol en hulle word juis gereeld deur die UDF met "inligting" gevoer; veral die televisieuitsendings wat gebeurtenisse binne in mense se voorkamers indra, het die eintlike katalisator van die onluste in Suid-Afrika geword. Dit is betekenisvol dat die onluste in die Swart gebiede drasties afgeneem het vandat die televisiespanne uit die Swart stede verban is.
Die tweede wesenlike internasionale strydmiddel van die UDF is aktiewe geestelikes en bepaalde kerklike organisasies. Dit is in hierdie verband seker nie toevallig nie, dat die UDF-bestuur en die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) hulle kantore by dieselfde adres in Johannesburg het. Hoe goed die samewerking funksioneer, word duidelik deur die voorbeeld van die twee UDF-beskermhere Allan Boesak en Desmond Tutu: die totstandkoming van die internasionale boikotkampanje teen Suid-Afrika en saam daarmee die ellende van duisende werklose Swartes is tot 'n baie groot mate te wyte aan die onvermoeide internasionale optrede van hierdie twee kerkmanne.
- Skoolboikot
Een van die vernaamste bondgenote van die ANC/UDF-alliansie is die klipgooiende gepeupel, die opgesweepte fanatieke jeugdiges en kinders, wat nie weet wat hulle doen nie en waarvan die meeste reeds jare lank geen skool van binne gesien het nie. Agter hulle staan ook hier weer die UDF en organisasies wat daartoe behoort; die aandrywende kragte is rewolusionêre studenteverenigings/'betrokke" onderwysers en predikante. So kry kerke altyd meer die nuwe funksie van vergader- en agitasiesentrums en word dan die beginpunt van bloedige "kinder-kruistogte" in die loop waarvan daar gereeld jag gemaak word op onderwysers en leerlinge wat nie gewillig is om saam te speel nie. Met die verskoning dat die opvoeding vir Swartes minderwaardig is, word skole sistematies verwoes, toerusting en skoolboeke verbrand. Wie nie meedoen nie of selfs teenstand bied, word in die gunstigste geval papgeslaan, meesal egter op barbaarse wyse doodgemaak. Vir die verantwoordelikes is die amokmakende kinders en jeugdiges niks meer as net kanonvoer nie: as daar 'n kind gedurende hierdie verwoestings en geweld deur optrede van die veiligheidsmagte sy lewe verloor, dan is daar weer welkome leesstof vir die internasionale pers en kan Suid-Afrika weer aan die skandpaal gebind word vir die "brutaliteit van sy polisie".
- "Volksopvoeding"
Deur 'n nuwe ANC-beslissing "Terug na die skool!" het die UDF intussen daartoe oorgegaan om van die regering die oorgawe van die skole aan hulle te eis. Volgens die UDF-publikasie "Upfront" kan daar slegs deur die UDF 'n "volksopvoeding" bewerkstellig word wat voldoen aan die behoeftes van die volk en wat ook 'n deel sal wees van die algemene politieke ontwikkeling in die rigting van "oorname van die mag deur die volk".
- Stakings en "stayaways"
Die feit dat daar met moord-en-brand-jeugdiges alleen geen suksesvolle rewolusie deurgevoer kan word nie, het intussen ook tot die kommunistiese kringe van die ANC/UDF deurgedring. Dit het gelei tot intensiewer pogings van hulle kant af om werkers en diensdoendes vir die saak van die rewolusie te mobiliseer. Die stigting van die pro- kommunistiese "Congress of South African Trade Unions" (COSATU) op 30 November 1985, 'n organisasie wat geheel-en-al in die hande van UDF-lede is, was die gevolg hiervan. Die politieke rol wat die Swart vakbonde as werktuie van die UDF sou speel is eers beperk deur die aanhoudende ekonomiese resessie en die groeiende werkloosheid wat daaruit voortvloei. Boonop is die verskillende Swart vakbonde ten spyte van COSATU altyd nog sterk verdeel en dit beroof hulle (voorlopig nog) van die beslissende politieke stootkrag ten gunste van die UDF.
- 5. Verbruikers- en huurboikot
Om die sisteem te destabiliseer het die ANC reeds sedert jare altyd weer almal opgeroep tot 'n massaboikot van Blanke winkels en openbare vervoerstelsels asook van betaling van huishuur. Aan hierdie tradisie het die UDF ook getrou gebly omdat hulle besef dat 'n verbruikersboikot een van die effektiefste wapens is om die Swart woongebiede onregeerbaar te maak. Deur bv. te weier om huurgeld aan Swart stadsrade te betaal, word die stede beroof van lewensnoodsaaklike fondse, die funksies van die stadsrade kom tot stilstand en val dan noodgedwonge in die hande van UDF-beheerde aktivistekaders en "straatkomitees". Diewe, inbrekers en ander kriminele elemente vorm bendes en maak gebruik van die boikotoproepe om ongestraf daardie Swartes aan te val en uit te plunder wat nie die boikot-oproep gehoorsaam nie.
- Intimidasie en moord
Die pad tot die "bevryding" van Suid-Afrika is reeds vandag (1989) al besaai met die lyke van onskuldige Swart slagoffers van daardie rewolusionêre moordenaars, wat, ondersteun deur die internasionale boikotbewegings, 'n "reinigende" burgeroorlog wil ontketen om op die murasies wat daarna agterbly 'n Kommunistiese staat op te rig. Deur die "halsbandmoorde" en soortgelyke terreurdade wil hulle diegene wat met hervormings tevrede is en met die Blankes wil saamwerk, isoleer en intimideer sodat daar na buite die indruk ontstaan dat die bewoners van die Swart stede bankvas staan agter die rewolusionêre "bevrydingsbeweging" wat deur die ANC/UDF gelei word. Met die leuse van Lenin "Terreur is maar net 'n ander middel vir oortuiging" verloop die UDF-bendes se intimidasie-optrede maar altyd weer volgens dieselfde patroon: as daar bv. in 'n Swart stad 'n boikot verklaar is teen Blanke winkels en daar is bewoners wat nie gehoorsaam nie, dan tree die jeugdige aktiviste met onbeskryflike wreedheid op teen hulle Swart medeburgers. Hulle slaan die "ongehoorsames," konfiskeer of vernietig hulle inkopies en dwing hulle om seep te eet of 'n hele bottel met kookolie leeg te drink. In een geval is daar selfs aan die Blanke eienaar van 'n skoenwinkel per pos 'n paar skoene teruggestuur met die afgekapte voete van die koopster daarin.
Swart bestuursbeamptes, stadsraadslede en polisiemanne maar ook mense met geringer poste by Blankes asook onderwysers en handelaars wat met baie moeite en harde werk vir hulle 'n loopbaan of saak opgebou het, word as sogenaamde "profytmakers van die sisteem" die vernaamste objekte van die ANC/UDF-alliansie se terreurbendes. Honderde gesinne lewe sedertdien in voortdurende angs vir aanvalle en mishandeling. Hulle kan hulle kinders nie meer op straat laat kom nie omdat hulle daar genadeloos papgeslaan word. Hulle huise en winkels word altyd weer die prooi van brandstigting. Na 'n meesal willekeurige en ongegronde verklikkery of skindery word daar in baie gevalle 'n georganiseerde jag op mense op tou gesit wat dan daarmee eindig dat die slagoffer doodgeslaan, gestenig of met bosmesse in stukke gekap word of volgens die berugte "halsbandmetode" lewendig verbrand word.
Intussen reis die uitgeweke president van die ANC, Oliver Tambo, orals in die wêreld rond, geniet toejuiging as "toekomstige staatsman van Suid-Afrika" ('n land wat hy vir 26 jaar nie betree het nie) en word deur hoe regeringsverteenwoordigers in Bonn, Parys, London, Washington, Wellington en Canberra ontvang. Allan Boesak, die stigter van die UDF en sy beskermheer, word as eregas genooi na die Kerkdag in Frankfurt, Duitsland om daar die feestoespraak te hou.
Terwyl die terreurbendes van die ANC/UDF-alliansie hulle lafhartige terreurdade vir intimidasie van Suid-Afrika se Swart bevolking voortsit, belieg baie regeringsverteenwoordigers, kerkorganisasies en media van die Weste hulle bevolkings net om haat te stook teen Suid-Afrika. So word daar bv. in 'n inligtingstuk van die Evangeliese Kerk van Duitsland (EKD) se Buitelandse Afdeling deur die bestuur 'n verklaring gemaak waarin die UDF 'n "geweldvrye protesbeweging" genoem word, wie se lede op grond van "spesiale wette wat bevraagteken moet word", gearresteer word.
Daarby is dit net aan die verklaring van 'n noodtoestand en die inbring van Suid-Afrikaanse leër- en polisie-eenhede te danke dat die terreurheerskappy van die ANC/UDF-bendes in die Swart woongebiede beëindig is en die wetteloosheid baie verminder het sodat die groot massa vredeliewende Swart burgers vandag weer rustig hulle gewone werk kan doen.
Wanneer Swart Suid-Afrikaners ander Swart Suid-Afrikaners doodslaan, stenig, met petrol natgooi en verbrand, dan word dit deur die ANC/UDF en hulle buitelandse trawante in Oos en Wes geensins betreur nie, maar met alle mag propagandisties uitgebuit. Die wêreld moet verontwaardig raak - nie oor die geweldenaars in die Swart gebiede nie! Nee, die woede moet die regering van Suid-Afrika tref. Onder die gesamentlike bestorming van binne en van buite, so hoop die samesweerders, sal die sisteem op die ou end verkrummel sodat "uit die as van Pretoria 'n nuwe Jerusalem", 'n sosialistiese Suid-Afrika mag verrys, soos dr. Boesak in sy toespraak op die "Kerkdag" van Frankfurt vroom van die Hemel afgesmeek het.
Vervolg...