NUUTSTE BYDRAES

AFRIKA SE WIT REUS (17)

Lees reeks by Afrika se Wit Reus

DIT IS DIE JAAR 1989..

Die Rol van die "Bevrydingsbewegings"

Cato Manor en Sharpville

"Soos in Kuba en Suid-Viëtnam was dit beplan dat sabotasie- en guerrilla-operasies die weg sou baan tot magsoorname deurdat die Blankes daardeur in angs en paniek gestort sou word en wantroue teenoor die regering sou ontstaan en die Swartes daarvan oortuig sou word dat sterk magte vir hulle bevryding werk."

"Ons, lede van die Kommunistiese Party, is die mees ontwikkelde rewolusionêres van die moderne geskiedenis ... Die vyand moet eers volkome verpletter en uitgeroei word van die aardbodem, voordat die Kommunistiese Wêreld verwerklik kan word." - Nelson Mandela, gevange eertydse leier van die African National Congress

Hoe meer die probleme in Suid-Afrika deur die media oordrewe uitgebasuin word, hoe luider word die stemme van diegene wat die regering in Pretoria versoek om saam met die "bevrydingsbewegings" aan die onderhandelingstafel te gaan sit. Alhoewel daar 'n hele aantal wettige opposisiegroepe in Suid-Afrika bestaan wat vir die regte van die Swartes langs vreedsame weg intree, is dit tog juis die militante "African National Congress" (ANC) wat as "die enigste regmatige verteenwoordiger van die Swart bevolking van Suid-Afrika" daargestel word.

Jare lank reeds word die ANC tot 'n "bevrydingsbeweging" opgegradeer wie se onselfsugtige doel dit kamma is om vrede en geregtigheid vir almal en 'n nuwe demokratiese sisteem in Suid-Afrika in te voer. Die gewelddadighede en terreurdade van hierdie organisasie word aan 'n niksvermoedende wêreldpubliek voorgestel as die wanhoopsdade van 'n groep idealistiese Swart nasionaliste wat geen ander uitweg meer sien uit die onderdrukking van die "onmenslike apartheidsisteem" nie.

Hulle eertydse leier, Nelson Mandela, wat tot lewenslange tronkstraf veroordeel is, word as martelaar voorgestel wat in die plek van sy Swart landgenote die kruis van bevryding dra om sy volk te verlos. Die Nobelprys vir vrede vir 1987 sou sekerlik syne gewees het as die Suid-Afrikaanse aartsbiskop Tutu nie vroeër hierdie onderskeiding alreeds ontvang het nie. Die teenswoordige leiers van die ANC word deur hoë Westerse regeringsverteenwoordigers ontvang asof hulle te doen het met 'n respektabele, pro-Westerse bannelingregering, wat deur die Swart massas van Suid-Afrika vol verlange as "bevryer" terugverwag word en daarom die ondersteuning van die Weste verdien.

In baie hoofstede van die wêreld mag ANC-mense eie kantore en kommandosentrales aanhou, vanwaar hulle onder die beskerming van die betrokke regerings hulle propagandaveldtogte en aksieprogramme kan beplan. Aan finansiële middele ontbreek dit hulle nie aangesien hulle die welwillende ondersteuning van die Wêreldraad van Kerke, van die WO en van baie Westerse regerings geniet.

Wie is nou eintlik hierdie helde van die Suid-Afrikaanse "bevrydingstryd" en wat is die mikpunte van die ANC?

Dit is gestig in 1912 met die aangekondigde mikpunt om "die demokratiese regte vir die Swart volkere langs vreedsame weg te verkry". So het Bartholomeus Hlapane in 1982 die organisasie gedefinieër voor die komitee van ondersoek na terrorisme in Suidelike Afrika wat gelei is deur die Amerikaanse senator Jeremiah Denton. Hlapane, wat 'n eertydse lid van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party en die ANC se uitvoerende bestuur was, het 'n vernietigende oordeel oor die ware mikpunte van die organisasie uitgespreek en is as straf daarvoor op 16 Desember 1983 saam met sy vrou in sy huis in Soweto doodgeskiet.

Aan die begin was die ANC inderdaad 'n losserige samesluiting van nasionalisties-gesinde magte wat gestrewe het na burgerlike gelykheid en politieke regte. Kommuniste het in die "Suid-Afrikaanse Nasionale Inboorlingkongres", soos die organisasie by sy stigting hom self genoem het, nog geen rol gespeel nie, omdat daar destyds net Blanke Kommuniste in Suid-Afrika was.

Met ondersteuning van Moskou het laasgenoemdes in 1921 in Kaapstad die Kommunistiese Party van Suid-Afrika (KPSA) gestig en het dadelik voelers uitgesteek na die inboorlingkongres. Hulle doel was die opbou van 'n "Verenigde Bevrydingsfront" met behulp van die Swart massas en onder leiding van die Kommunistiese Party. Al het die ANC aan die begin geen besondere simpatie vir die Bolsjewisme en die aanhangers van Moskou in Suid-Afrika laat blyk nie, het hierdie houding teen die middel van die twintiger jare stadig begin verander. In sy verslag aan die jaarlikse konferensie van die ANC in Junie 1927 het die president Gumede reeds baie vriendelike woorde vir die Kommuniste gehad: "Van al die politieke partye is die Kommunistiese Party die enigste een wat eerlik en opreg vir die onderdruktes veg".

Gumede is dadelik vir nog drie jaar in sy amp herkies. Die vakbondleier E.J. Khaile, wat uit die ICU ("Industrial and Commercial Workers Union") uitgestoot is omdat hy geweier het om uit die Kommunistiese Party uit te tree, is terselfdertyd gekies as algemene sekretaris van die ANC.

Tot ongeveer die middel van die veertigerjare het die ANC 'n kragtelose skaduweebestaan gehad waarin pro- en antikommunistiese kragte binne die organisasie vir die beheer geveg het. Die deurbraak vir die Kommuniste het eers in die jaar 1946 gekom, toe hulle saam met die ANC 'n staking van 70 000 Swart mynwerkers aan die gang gekry het. Die voorsitter van die Swart mynwerkers-vakbond was die Kommunis J.B. Marks, wat vanaf 1945 ook op die bestuur van die ANC was. Die KPSA en die ANC het van nou af hulle bedrywighede al hoe meer gekoördineer.

Volgens die Kommunistiese partyblad "The African Communist" Nr. 87, 4de kwartaal 1981, het "die ideologiese deurbraak in 1948 gekom deur optrede van die militante leiers van die ANC-jeugliga gelei deur manne soos Tambo (die huidige president, skrywer), Sisulu en Mandela en ondersteun deur leidende Kommuniste in die ANC-bestuur soos Kotane en Mofutsanyana."

Die Nasionale Party, wat in 1948 die verkiesing gewen het, was egter vasbeslote om die kommunistiese bedrywighede in Suid-Afrika te beëindig. In 1959 het die parlement 'n wet vir die onderdrukking van die Kommunisme aangeneem. Dit verbied kommunistiese bedrywighede van enige aard. Die Kommuniste het hierop met hulle aktiwiteite ondergronds voortgegaan.

Van 1949 tot 1952 het die ANC probeer om alle Swartes in 'n massabeweging te mobiliseer en het daarna gestrewe om Indiese en Kleurlingopposisiegroepe by hulle te laat aansluit. Op 26 Junie 1955 het daar in Kliptown naby Johannesburg 'n sogenaamde "volkskongres" plaasgevind, waarop die Kongres van Suid-Afrikaanse Indiërs (SAIC), die volksorganisasie van die Suid-Afrikaanse Kleurlinge (SACPC) en die deur Blanke Kommuniste gevormde Kongres van Demokrate (COD) asook die Suid-Afrikaanse Kongres van Vakbonde (SACTU) met die ANC verenig het. Al vyf lede van die "Kongresalliansie" is in 'n sekere mate deur die Kommuniste beheer.

"Die COD en SACTU is spesiaal in die lewe geroep om in hierdie samesweringspeletjie saam te sped", skryf Henning von Lowis of Menar.102 "Van die 15 lede van die eerste COD-bestuur was minstens 9 Kommuniste. President van hierdie organisasie was die Kommunis Abram Fischer."

Mettertyd het daar al hoe meer Kommuniste in die sentrale bestuurskomitee van die ANC beland wat die leidende organisasie in die alliansie was. Die standpunt van SACTU was net so duidelik. Die organisasie het later by die Kommunistiese Wêreldvakbond aangesluit.

Verdere kommunistiese frontorganisasies wat by die Kongresalliansie aangesluit het, was die Federasie van Suid-Afrikaanse Vroue (FSAW) en die Suid-Afrikaanse Vredesraad (SAPC).

Die 'Vryheidsdeklarasie" wat in Kliptown opgestel is, het die amptelike program van die Kongresalliansie geword en geld vandag nog as koersbepalend vir die "demokratiese toekoms" van Suid-Afrika. Bartholomeus Hlapane, wat later in Soweto vermoor is, het voor die Amerikaanse komitee van ondersoek getuig: "Ek het omtrent hierdie dokument verneem dat dit in opdrag van die sentrale komitee opgestel is deur Joe Slovo en dan deur die sentrale komitee van die Kommunistiese Party finaal aangeneem is".

Joe Slovo is die voorsitter van die verbode Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP), lid van die nasionale uitvoerende komitee van die ANC, kolonel van die Russiese KGB en was lid van die militêre vleuel van die ANC se leierskorps.

In 1960 het daar 'n splitsing plaasgevind in die ANC wat intussen al meer in die vaarwaters van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party geraak het. Vir die Swart Radikaal-Sosialis, Robert Sobukwe, was die ANC nie militant genoeg nie en het te veel die stempel van Blanke Kommuniste gedra. Hy het 'n verskerpte konfrontasie met Blank- Suid-Afrika gesoek en het in 1959 die "Pan-African-Congress" (PAC gestig. Daarna het hy die Swart massas opgeroep om die paswette te negeer wat hulle slegs toegelaat het om in gebiede te woon waar hulle huisvesting en werk gehad het. Hy het hulle versoek om hulle passe te verbrand en voor polisiestasies te "demonstreer".

"Gedurende so 'n aksie in 1960 in Sharpeville het 69 demonstreerders hulle dood gevind. Sharpeville het sinoniem geword met die onderdrukking van Swartes in Suid-Afrika en is die tipiese voorbeeld vir die eensydigheid van die internasionale apartheidsberiggewing. Die feit dat die PAC-leier, Robert Sobukwe, die sleutelfiguur vir die tragedie van Sharpeville was, soos die 'Spiegel'-redakteur Erich Wiedemar- beklemtoon, is moedswillig oor die hoof gesien"; so skryf Henning vor Lowis of Menar in sy geskrif: "Der Afrikanische Nationalkongres (ANC) - Moskaus Speerspitze gegen Südafrika" ("Deutsche Afrikastiftung", geskrif nr. 40).

Die "bloedbad" van Sharpeville het sedertdien die hoofpunt van anti-Suid-Afrikaanse agitasie geword. Die linkse Suid-Afrikaanse per; en buitelandse korrespondente het geen tyd daaraan bestee om die oorsaak van die tragedie te soek nie. Die persberigte wat aan  buitewêreld opgedis is, het voorgestel dat daar geen twyfel kon ontstaan oor wie as die hoofbeskuldigdes beskou is nie ‘’n brutale polisiemag wat onskuldige ongewapende Swartes platgeskiet het terwyl laasgenoemdes vreedsaam teen onregverdige paswette beroog het, skietlustige sadiste die kans benut het om soveel Swartes van die gras af te maak.

So word legendes gebore en disinformasie uitgestrooi, wat van alle waarheid ontbloot is. Wat werklik gebeur het en wat die aanleiding was vir die tragiese gebeure van meer as 25 jaar gelede wat die wêreld teen Suid-Afrika opgesweep het, word vertel deur die Suid-Afrikaanse joernaliste, Aida Parker, in "The Aida Parker Newsletter" Nr. 49 van 29 Jan. 1985.

Om die gebeure in die regte perspektief te sien, skryf sy, moet ons 'n bietjie verder teruggaan in die tyd en wel na Cato Manor, 'n dromerige sonnige plek aan die buitewyke van Durban. Dit is Januarie 1960, skaars twee maande voor die hoofdrama van Sharpeville. Op hierdie dag moes nege polisiemanne, vier Blankes en vyf Swartes, op 'n afgryslike wyse hulle lewe verloor.

Die dinge van Cato Manor word deur 'n man geskilder wat daarby was: Gert Smit, destyds as polisiesersant in Cato Manor gestasioneer. Die plek was destyds nog 'n omgewing wat die meeste mense liewers totaal vermy het: 'n broeiplek van misdadigheid, vuilheid en aansteeklike siektes, 'n verwaarloosde woonplek vir Swartes met duisende bouvallige hutte wat oor 'n groot aantal Indiërplasies versprei was. Groeiende rassespanning tussen Swartes en Indiërs met beskuldigings van uitbuiting teen laasgenoemdes, het dinge vererger. Onwettige sondesentrums, waar drank met hoe alkoholinhoud geskink is, het hulle bydrae tot die probleme gelewer.

Dit was die taak van die polisie om die spanninge in die gemeenskap in bedwang te hou, misdaad te bekamp en teen die sondesentrums op te tree. 25 Januarie 1960 was 'n Saterdag. 'n Groot menigte Swartes van buite het na Cato Manor gekom om saam met vriende en familiebetrekkings te drink en die naweek te vier.

Dit was roetinepraktyk van die polisie om 'n twaalf-man-patrollie op bepaalde plekke in die stadsgebied af te laai en hulle later saam met moontlike gevangenes weer met die polisiemotor te gaan haal. Die noodlotspatrollie van daardie nag het onder bevel van polisiesersant Winterboer gestaan, 'n man wat later in Pretoria selfmoord gepleeg het. Hy het sy manne laat afklim en met hulle afgespreek om hulle later by die pakhuise van 'n firma wat as "Benoni Nr. 1" bekend was, weer te kom oplaai.

Die patrollieleier was 'n Blanke polisieman met die naam Joubert. Die groep het 'n paar persone gearresteer en is toe deur 'n rustelose dronk gepeupel omring wat die vrylating van die gevangenes geëis het. Onder die gegewe omstandighede sou dit seker die verstandigste gewees het om die gevangenes met 'n grappige opmerking te laat loop, maar Joubert, wat net 18 maande dienservaring gehad het, het die gevaar onderskat wat sy groep bedreig het. Selfs toe die Swart vrouens in die menigte begin het met hulle tradisionele, opruiende geskree om hulle mans tot die aanval aan te vuur, was Joubert se antwoord ontoegewend: "Net oor my dooie liggaam!"

Net juis op hierdie oomblik het 'n Swart polisiekonstabel per ongeluk op 'n Swart vrou se voet getrap. Haar luide gehuil het 'n kettingreaksie veroorsaak. Binne minute was die polisiepatrollie omring deur 'n brullende gepeupel wat vinnig aangegroei het deurdat al meer en meer halfdronk Swartes uit die omliggende hutte uitgepeul het en met kieries, messe, pangas en ander wapens op die polisie afgestorm het.

Onder die helse geskree van die menigte: "Maak dood die polisie! Maak dood die polisie!" het die groep teruggewyk en hulle pad oopgeveg na die "Benoni Nr.1-pakhuise met die hoop om die polisiesersant Winterboer met die polisievangwa daar te vind. Dit het hulle geluk om hulle in 'n halfvervalle sinkskuur te verskans, terwyl hulle aan 'n haelstorm van klippe van die omringende gepeupel blootgestel was. Terwyl dit gebeur, daag sersant Winterboer op, sien wat gebeur, raak paniekbevange, maak geen gebruik van sy geweer nie. maar jaag terug na die polisiestasie om versterkings te gaan haal.

Gedurende die tyd van sy afwesigheid gaan die klipgooiery voort asook die aanhitsende geskree van die vroue, en die geroep: "Maak dood die polisie! Maak dood die polisie!" Polisieman Joubert onderneem 'n wanhopige poging om uit te breek en hardloop na 'n avokadoboom daar naby om daarin te klim. Hy word voorgekeer, afgryslik vermink en in stukke gekap met lang bosmesse. (Skaars 'n maand later is nege bierdrinkende Swartes onder hierdie boom deur 'n weerligstraal doodgeslaan).

Die Blanke polisiemanne, Kriel en Rademan, en hulle Swart kollega Dudla slaag ook daarin om weg te kom uit die beleërde skuur. Kriel veg met sy kaal vuiste vir sy lewe en hardloop byna 'n kilometer ver voordat hy in stukke gekap word. Rademan, wat alreeds veiligheid bereik het hoor Kriel se geskree en draai om om te help. Hy word ook in stukkies gekap en dieselfde lot tref die Swart polisieman Dudla wat probeer het om vir Rademan te help.

Vier verdere Swart polisiemanne word op dieselfde wyse gedood. Die "lyk" van die Blanke polisieman, Gert Rheeder, is later onder ‘n hoop klippe uitgetrek en saam met die ander oorledenes op 'n polisievragwa geplaas. Met die aankoms by die polisiestasie salueer die bevelvoerende polisiemajoor Jerry van der Merwe sy afgestorwe makkers formeel en toe wys 'n Indiërpolisieman opgewonde na die "dooie" Rheeder se vinger wat beweeg het. Sy kop en liggaam was 'n verminkte bloedige massa sodat sy eie ouers hom nie kon herken nie. Hy het oorleef, maar het 'n geestelike en fisiese wrak gebly.

Dit dan die geskiedenis van Cato Manor wat op 25 Januarie 1960 plaasgevind het. Byna al die media in die buiteland het dit stilswyend geïgnoreer. Toe die polisie in Sharpeville minder as twee maande later gesien het dat hulle voor 'n soortgelyke gepeupel staan, waarvan die getalle op tien tot twintig duisend geskat is, was die gebeure van Cato Manor nog vars in hulle geheue en hulle het voldoende rede gehad om vir hulle lewe te vrees. Soos in Cato Manor was daar in Sharpeville net gewone polisiemanne in uniform op diens sonder opleiding in gepeupelbeheer by massademonstrasies. Een van hulle het net een maand diens gehad.

Die spanning om die polisiestasie het Sondagaand, 20 Maart, begin opbou. Gewapende groepe Swartes moes gedurende die nag altyd weer deur die polisie met stokke verdryf word. Op Maandagmôre het daar teenoor die polisie 'n reusagtige menigte gestaan wat die geregsdienaars bespot en bedreig het. Traangasaanvalle was nutteloos en die polisie moes weer verskeie kere met slaanstokke teen die oproermakers optree.

Volgens regter PM O'Brien wat die saak ondersoek het en later 'n paar van die belhamels gevonnis het, het die skare teen die middag tot minstens 19 000 Swartes aangegroei, wat 'n "beledigende, dreigende en uittartende houding" aangeneem het. Dit was teen 13h35 dat die dodelike klimaks gekom het. Die menigte het verskeie kere probeer om die polisieversperrings te bestorm. 'n Poging van die polisie om een van die hoofbelhamels te arresteer, het misluk. Wat toe gevolg het, was geensins 'n berekende slagting deur die polisie nie, maar inteendeel 'n paniekbevange reaksie van jong polisiemanne wat vir so 'n situasie nie opgelei was nie.

Baie van hulle was intussen reeds 24 uur ononderbroke op diens. Die spanning het sy hoogtepunt bereik. Die bevelvoerende polisiekolonel Pienaar het sy manne beveel om gewere te laai, maar om nie te skiet voor die bevel gegee word nie. Die lawaai buite was so oorverdowend dat instruksies net op 'n kort afstand gehoor kon word. Latere ondersoeke het getoon dat die offisiere hulle manskappe herhaaldelik gewaarsku het om nie die vuurwapens te gebruik nie, terwyl hulle verskeie kere probeer het om met die leiers van die menigte te onderhandel.

Toe het dit gebeur. Skielik was daar 'n helse lawaai. Skreeue het opgeklink van "Cato Manor! Cato Manor!" en die menigte het vorentoe gestorm. Die hekke is omgeruk, 'n hoë polisie-offisier is op die grond neergeslinger. Dit het klippe gereën op die polisie en skote of skerp bevele is uit die menigte gehoor. Die polisie het die vuur geopen. Daar was 69 dooies en 180 gewondes.

Dit was die einde van 'n demonstrasie van "vreedsame Swart burgers", wat die kommunistiese agitator van die PAC, Robert Sobukwe, met yskoue logika in berekening gebring het. Die paswette was slegs 'n voorwendsel om 'n konfrontasie met die veiligheidsmagte af te dwing. Sy plan het geslaag. Sedert Sharpeville sit Suid-Afrika in die oë van die wêreld op die beskuldigdebank. Van nou af is elke optrede vir die handhawing van orde ten laste van die heersende Blankes uitgelê en dit het weer tot gevolg gehad dat die kommunisties beheerde provokasies van Swart rewolusionêres toegeneem het. Die regering het met drastiese maatreëls geantwoord. In April 1960 is die PAC en die ANC summier verbied.

Albei organisasies het ondergronds gegaan. Die ANC het nou nouer aansluiting as tevore by die Kommunistiese Party gevind en het saam met die Kommuniste die "Umkhonto we Sizwe" (Speer van die nasie) gestig as gewapende arm van die ANC.

Alle beslissings oor die beplanning en deurvoering van sabotasiedade is deur die gemeenskaplike opperkommando van albei organisasies geneem. Elkeen van die twee organisasies het drie verteenwoordigers daarop gehad. Van die ANC was dit Nelson Mandela, Walter Sisulu en Raymond Mhlaba en van die SAKP Lionel Bernstein, Ahmed Kathrada en Govan Mbeki. Met geld en wapens uit Moskou versorg, het hulle in die jare 1962/63192 sabotasie- en afleidingsdade gepleeg.

In 1962 het die Suid-Afrikaanse veiligheidsmagte daarin geslaag om Nelson Mandela te arresteer. Skaars 'n jaar later op 11 Junie 1963, kon hulle die hoofkwartier van die Kommunistiese Party opruim. Op die plaas "Lilliesleaf" in Rivonia, nie ver van Johannesburg nie, het die leierskorps van "Umkhonto we Sizwe" in die polisie se hande geval Walter Sisulu, Ahmed Kathrada, Govan Mbeki, Lionel Bernstein, Rav- mond Mhlaba, Dennis Goldberg en Arthur Goldreich.

Talryke geheime dokumente het in die hande van die Polisie geval waaronder aantekeninge in die handskrif van Nelson Mandela en ‘n plan van die "operasie Mayibuye". Hierdie plan het voorsiening gemaak vir die volgende twee stappe: om 'n partisanebeweging — verbinding met grootskaalse ondergrondse bedrywigheid te organiseer en om dan op lug- of seeweg vegters in te bring wat dan by die partisane en die gewapende volk sou aansluit.

Die polisie-optrede in Rivonia was 'n swaar slag vir die ANC en SAKP. Agt van hulle leiers is tot lewenslange gevangenisstraf veroordeel waarvan een Nelson Mandela was. Hy het in die hof erken dat hy 'n leidende rol by die beplanning van gewelddade gespeel het. Hy het ook die aksie-eenheid en gesamentlike optrede van die ANC en die Suid- Afrikaanse Kommunistiese Party verdedig en het beklemtoon dat kommunistiese leiers soos J.B. Marks, Moses Kotane en Albert Nzula terselfdertyd lede was van die ANC se uitvoerende bestuur.

Henning von Lowis of Menar skryf: "Die Rivonia-hofsaak het geopenbaar tot watter mate die Kommunistiese Party die ANC van binne ingeneem het. Terselfdertyd is dit aan die Suid-Afrikaners duidelik uitgewys watter mikpunte die Kommuniste in Suid-Afrika nagestreef het en van watter metodes hulle gebruik gemaak het: die Suid- Afrikaanse regering moes gewelddadig omvergewerp word. Die Kommuniste wou of alleen of saam met ander groepe die mag in die land verower. Soos in Kuba en Suid-Viëtnam was dit beplan dat sabotasie- en guerrilla-operasies die weg sou baan tot magsoorname deurdat die Blankes daardeur in angs en paniek gestort sou word en wantroue teenoor die regering sou ontstaan en die Swartes daarvan oortuig sou word dat sterk magte vir hulle bevryding werk. Na die mobilisering van die massas sou dan 'n omwenteling volg, teweeggebring deur Suid- Afrikaners wat in die buiteland opgelei was, ondersteun deur troepe van buitelandse magte. So sou "operasie Mayibuye" afloop.

Na die Rivonia-hofsaak en daartoe gedwing deur die effektiewe vernietiging van die ANC-strukture deur die Suid-Afrikaanse veiligheidsmagte, het die oorblywende leiers van die ANC-PAC-SAKP- groepe hulle hoofkwartier na die buiteland verskuif. In die daaropvolgende jare het die ANC sy posisie probeer konsolideer. Deur die aktiewe ondersteuning van die WO, die Sowjetunie en sy bondgenote asook 'n paar Westerse regerings en organisasies het dit hom geleidelik geluk om weer groter internasionale erkenning te verkry as die Suid- Afrikaanse "bevrydingsbeweging".

In 1974 het die WO die ANC formeel benoem as "outentieke verteenwoordiger van die oorwegende meerderheid van die volkere van Suid-Afrika". Soos die geval ook was met SWAPO in Suidwes- Afrika, laat die WO by die uitvaardiging van sulke eensydige verklarings sy koers nie bepaal deur sulke banale kleinlikhede soos 'n volkstemming nie, maar uitsluitlik deur die doelmatigheid van 'n nuwe regering vir die sosialistiese doel waarna daar gestrewe word: "'n nuwe wêreldorde". Naas politieke en morele ondersteuning het hulle die ANC in 1984 ook materiële ondersteuning laat toekom ten bedrae van 20 miljoen VSA-dollar. Daarbenewens het die ANC ook massiewe hulp ontvang van die Sowjetunie en sy bondgenote asook van frontorganisasies soos bv. die Raad vir Wêreldvrede. Met hierdie hulp kon die ANC sy gewapende stryd weer aan die gang kry. Terreurdade met bomme wat op uitgesoekte teikens in Suid-Afrika se groot stede gerig was asook die motorbomontploffing in 1983 in Pretoria waardeur 19 Suid-Afrikaners van alle rasse hulle lewens verloor het en baie ander vermink is, was nog hoofsaaklik vir staatsaangesteldes bedoel.

Op hulle Tweede Beraadslagende Konferensie in Kabwe, Zambie, in Junie 1985 het ANC-president, Oliver Tambo, die verbintenis van sy organisasie tot 'n politiek van "onderskeidlose aanwending van geweld" vir die bereiking van hulle doel bevestig. Die konferensie is as 'n "krygsraad" beskrywe en die leiding het aangekondig dat daar "in die toekoms" met sabotasiedade geen onderskeid meer gemaak sou word tussen burgerlike en regeringsplekke nie. In die woorde van Oliver Tambo: "Die verskille tussen sagte teikens (burgerlike persone) en harde teikens (regeringsinstellings) moet in 'n intensiewe konfrontasie, in 'n eskalerende konflik verdwyn."

Sy woorde het kort daarna dade geword. 'n Reeks van landmynontploffings in landelike gebiede, waarvan die slagoffers hoofsaaklik Swart plaasarbeiders was, en 'n bomontploffing in 'n bedrywige winkel in Amanzimtoti, Natal, kort voor Kersfees 1985, het vier mense gedood, waarvan een 'n vierjarige dogtertjie was. Nog meer willekeurige bomaanslae het in verskeie stede van Suid-Afrika gevolg.

In Europa en Amerika id die ANC graag voorgestel as 'n pro- Westerse "bevrydingsbeweging" met die eerbare doel om apartheid af te skaf en te veg vir meer menseregte. In Duitse televisie-uitsendings word die tot-lewenslange-tronkstraf-veroordeelde kommunistiese ANC-terroris, Nelson Mandela, soms selfs "die Suid-Afrikaanse opposisie-politikus" genoem, wie se vrylating deesdae deur Bondskanselier Köhl en Eerste Minister Thatcher en ander Westerse regerings "geëis word".

Volgens 'n mededeling in die Engelse koerant "Sunday Express" sou Britse diplomate gesê het dat die vrylating van Mandela selfs die prys sou wees wat Pretoria sou moet betaal indien hulle waarde heg aan ‘n besoek deur mevrou Thatcher. "Sy (mev.Thatcher) glo dat die vrylating van hierdie man, wat vir meer as 20 jaar die lyding van tronkstraf verduur, 'n matigende invloed sou hê en die dreiging van 'n bloedige konflik sou afwend", skryf die koerant "The Citizen" van 11.1.88.

Hierdie uitspraak is absurd en draai die feite van Suid-Afrika onderstebo. Miskien moet Suid-Afrika nou op sy beurt vra vir die vrylating van die "Bader-Meinhoff-bende" en die "Rooi Leër Fraksie" en van Patrick Magee, die terroristeleier van die Ierse Republikeinse Leër sodat hierdie persone eers hulle "matigende invloed" in Duitsland en Engeland kan bewys. Dit tel in die guns van die Suid-Afrikaanse regering dat hulle nie sulke absurde eise stel nie.

Die noue verstrengeling van die ANC met die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party is voor die Amerikaanse Denton-Ondersoekkommissie deur Bartholomeus Hlapane bevestig: "Dit is 'n staande reël dat lede van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party gelyktydig ook aan massaorganisasies soos die ANC en die Suid-Afrikaanse vakbondkongres (SACTU) moet behoort. Die idee daaragter was natuurlik om in te sypel in elke organisasie wat as reaksionêr beskou is om die leiding oor te neem en so uiteindelik die kontrole oor daardie organisasies te kry."

Die verbinding tussen die ANC en die SAKP het tot 'n vaste alliansie ontwikkel. In Junie 1985 het die nasionale uitvoerende komitee van die ANC, soos dit bekend gemaak is op sy Tweede Raadgewende Konferensie in Kabwe, Zambië, bestaan uit 30 persone waarvan minstens 23 bekende Kommuniste en/of ondersteuners van die Kommunistiese Party was. Nogtans sou 'n mens miskien kon sê, is daar tog in die leiding van die ANC sewe lede wat nie Kommuniste is nie. Hoe is dit dan dat hulle nie lankal uit die leiding uitgeforseer is as dit dan 'n Kommunistiese organisasie is nie?

Om dit te verstaan, moet 'n mens die rewolusionêre strategie ken wat deur die SAKP, die ANC en die Sowjetunie gesamentlik toegepas word. Volgens Sowjetiese rewolusionêre teorie speel "nasionale bevrydingsbewegings" 'n sentrale rol in die lande van die Derde Wêreld. Volgens hierdie teorie is daar in sulke lande geen direkte weg sonder oorgang na die eindfase van die kommunistiese rewolusie nie. Hulle moet eers deur die eerste fase van "nasionale bevryding" gaan. In hierdie voorfase moet so 'n breë nasionale front soos maar moontlik daargestel word en dit moet bestaan uit 'n koalisie van alle "progressiewe elemente": liberales, predikante, studente, akademici en arbeiders, wat onder leiding van 'n voorhoedebeweging staan. In die geval van Suid-Afrika bestaan hierdie "voorhoede" gedurende die "nasionale bevrydingsfase" uit die ANC. Hulle gemeenskaplike basis is die "vryheidsdeklarasie" wat deur die Joodse Kommunis Joe Slovo ontwerp is.

Wanneer die "nasionale bevryding," wat die steun van die massas moet kry, deurgevoer is en die "nasionale demokrasie" daargestel is, dan begin die tweede fase van die rewolusie onder die leiding van die arbeiders, d.w.s. die Kommunistiese Party van Suid-Afrika. Eers in hierdie fase word "nuttige idiote", naamlik die liberales en die naïewe demokratiese elemente van die vroeëre volksfront uitgestoot en 'n "volksdemokrasie", of m.a.w. die kommunistiese staatsvorm ingevoer.

Die SAKP verklaar openlik sy toegewydheid aan hierdie twee-fase teorie van die rewolusie. In die tydskrif "The African Communist" Nr.87, vierde kwartaal 1981, gee die SAKP toe dat dit hulle eerste plan is "om die mikpunte van die nasionale demokratiese rewolusie te bereik of, meer presies uitgedruk, vir al die onderdrukte Swartes die nasionale bevryding te verkry en die ekonomiese en politieke mag van die bestaande heersende klas te vernietig". In hulle program bevestig hulle verder: "Die Kommunistiese Party gee die versekering van sy onbeperkte ondersteuning vir die Vryheidsdeklarasie." Sy strategiese doel is "om die sisteem van kapitalistiese uitbuiting in Suid-Afrika te vernietig en met 'n sosialistiese sisteem te vervang, waarin die besittings en die produksiemiddele gesosialiseer word en die ekonomie so georganiseer word dat die belange van die hele volk gedien word."

Die ANC het hom in sy publikasies aan presies dieselfde twee fases verbind. Die eerste fase is "die bevryding onder die banier van die Vryheidsdeklarasie." Die tweede fase is die oprigting van 'n "volksdemokrasie" met beklemtoning van "die meerderheid van die volk", d.w.s. "die proletariaat of die arbeiderklas". Heeltemal duidelik kom dit in die ANC-tydskrif "Sechaba" van Sept. 1985 na vore: "Ons in die ANC weet dat 'n nasionale (bevrydings-) stryd en 'n sosialistiese stryd nie dieselfde is nie. Hulle behoort ook nie tot dieselfde historiese era nie. Albei behoort tot twee kategorieë van die rewolusie wat duidelik van mekaar geskei is."

In dieselfde tydskrif laat die ANC die kat finaal uit die sak: "Ons moet nie dronk word van ons voorliefde vir die sosialisme nie. Vir die mense van Suid-Afrika moet die bittere waarheid eenvoudig helder en duidelik geleer word: die hoofinhoud van die huidige fase van rewolusie is die nasionale bevryding van die Swart mense. Dit is vir Suid-Afrika eenvoudig onmoontlik om die sosialistiese oorwinning verkry voordat die nasionale bevryding van die Swartes nie eers bereik is nie."

Die taktiek van die twee-fase rewolusie in Suid-Afrika is geensins a onbeproefde nuwe teorie nie. Dit is alreeds in verskeie lande met sukses toegepas. In Viëtnam was daar byvoorbeeld 'n nasionale front die FLN, in wie se bestuur daar ook nie-Kommuniste was. Daar was ook ander demokratiese groepe, insluitend akademici, Boeddhiste Katolieke en studente, wat prominent aan regeringsvyandige agitasie deelgeneem het. Sodra die "nasionale bevryding" egter bereik was het die "voorhoedebeweging" die leiersrol oorgeneem en die vroeëre demokratiese groepe van die front geëlimineer. Baie het in heropvoedingskampe beland. Ander het gevlug en baie is gedood.

In Kuba het sake byna net so verloop. Daar was eers 'n breë "nasionale front” die sogenaamde "26 Julie-beweging" wat baie demokrate ingesluit het, wat vyandig gestaan het teenoor die Batistaregime. In die eerste stadium van die rewolusie het Fidel Castro aan sy liberale vriende belowe dat hy die land sou lei tot 'n ware demokrasie met vrye verkiesings. Sodra hy egter die mag in die hande gehad het, het hy baie van sy vroeëre nie-Kommunistiese medestryders laat opsluit, laat verban of laat doodmaak.

Dieselfde drama het in Nicaragua afgespeel nadat die "nasionale bevrydingsfront" die Samoza-regime tot 'n val gebring het. Weer was dit die "voorhoedeparty," in hierdie geval die kommunistiese Sandinistas, wat die mag gegryp het en hulle vroeër demokratiese en liberale medevegters uitgeskakel het.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1260 gaste aanlyn