GODDELIKE WAARSKUWINGS (4)

Lees reeks by  Goddelike waarskuwings

Hierdie reeks handel oor visioene van verskeie persone, hoofsaaklik oor Suid-Afrika.

Die Slag van Pretoria - visoene en drome hieroor

FR se droom in 1966
Swaar gewapende VN-soldate kom van oos, wes, noord en suid in Kerk- en Paul Krugerstrate afgemarsjeer. Die standbeeld van oom Paul word getref en net 'n stuk van sy een been bly oor. Soldate val links en regs van my. Ek hurk en skuil agter een van die standbeelde aan oom Paul se voet en kyk na die verwoesting van die middestad.

Dan roep iemand my oor 'n radiosender en sê die aanval by Wonderboomkop moet afgeslaan word. Die volgende oomblik bevind ek my nie meer op Kerkplein nie maar iewers hoog bo-op die Wonderboomrant noord van Sinoville.

Op die vlakte anderkant Piramied, in die swart woongebied van Mabopane, sien ek duisende en duisende verwoeste plakkershutte wat nog smeul. In Sinoville self en die omgewing is daar ook skade maar nie so erg nie, tog sien geen mense nie. Die woongebied is verlate en slegs op die paaie sien ek ons mense in militêre voertuie ry. Ons mense is ook hier teen die kop ingegrawe en hulle bestook vyandelike magte naby Pierneef Laerskool (geleë teen Pierneefrif, suidoos van die Wonderboomfort) met kanonne.

In die omgewing van die HF Verwoerdhospitaal woed daar ook hewige gevegte, en hoewel ek niks kan uitmaak nie weet ek dat 'ons magte' besig is om die oorhand te kry.

AP, 'n Pretorianer, se droom in 1998
Ek droom ons is in Constantia Park se parkie. Ek staan bo-op die bakkie se sonkap en praat met 'n skare mense. Ek waarsku hulle dat die swartes op die punt is om ons aan te val. 'n Klomp mense draai om en loop weg. Die wat oorbly word verdeel in groepe met 'n radio tussen elk van die groepe.

Nou is dit vroegoggend. Ons is op die hoek van Garsfontein- en Hans Strijdomweg in 'n sloot. Wagte is op al die uitkykposte in Constantia Park uitgesit met 'n radio by elke groep. Ek gee vir een van die manne opdrag om na die oorstekant van Hans Strijdomweg te gaan wegkruip. Die volgende oomblik kom vier ratels en 'n olifanttenk van Garsfonteinweg na Hans Strijdomweg opgery. Ek sien hoe my man wag dat hulle ongeveer 40 meter van hom is. Dan spring hy uit en skiet die voorruit van die olifanttenk stukkend. Ek gee die manne wat by my is bevel om net vir die ruit te mik en so hard en goed as hulle kan te skiet.

Die man wat die olifanttenk geskiet het, spring na die agterkant van die tenk en skiet die naaste ratel se venster ook stukkend. So ook die tweede en derde ratel. Die vierde ratel draai om en ry terug soos hy gekom het.

Die volgende oomblik is daar 'n geweldige hoeveelheid swartes in die pad wat swaar vuur na ons wend. 'n Paar manne word doodgeskiet maar ons skiet verwoed terug. Ons kry dit reg om die swartes uitmekaar te jaar en terug te dryf. Ek geen die bevel dat die manne 'n L-formasie moet vorm en ons terugdrywing raak meer suksesvol. Ons jaag die swartes tot by die Morelettaspruit waar 'n komp van die manne probeer om nog van hulle dood te skiet soos wat hulle deur die spruit vorder.

Ek geen die bevel dat alle vuur gestaak moet word aangesien dit blyk dat die vyand verslaan is. Toe ek omdraai en ek kyk op na die bult van Morelettapark, toe is dit net een vlammehel. Die hele Morelettapark brand, dis vuur en rook so ver as mens kan sien. Ek kyk na die bokant van Constantia Park en sien dat dit ook brand. Al die manne kom bymekaar en ons hardloop tussen die geboue deur na die bokant van Constantia Park. Dit blyk dat die wagte besluit het om hulle poste te verlaat en huistoe te gaan. Alles suid van Genl. Louis Bothalaan brand, tot een blok voor die veearts se praktyk. Ons probeer om Genl Louis Botha oor te steek maar ons trek hewige vuur. Baie manne val hier. 'n Klomp maak dit oor die pad en begin terugskiet op die swartes in die woonbuurtes.

Ons hergroepeer en organiseer weer in L-formasies en dien hulle 'n gevoelige slag toe. Ons dryf hulle oor die nek tot by die watertoring. Ek onthou dat ek baie bly is die watertoring het behoue gebly. Ek droom dat ons die wagte wat nie op hulle pos gebly het nie voor Krygsraad daag, skuldig bevind en teregstel in die parkie.

Ons plant groente in die parkie. Dinge raak baie georganiseerd in die woonwoort. Ek droom dat ons situasie-rapporte kry van ander dele in die stad. Die radio speel hier 'n belangrike rol.

In die droomgesig kon ek duidelik sien dat die volgende plekke totaal verwoes is: Morelettapark. Olympia, Meyerspark, Silverton.

Die plekke wat goeie verdediging gehad het, is Willowglen aan die suidekant van die N4 by Simon Vermotenweg. In daardie area is die aanslag goed afgeweer en hulle het minimum skade gely. Lynburgweg is amper nie aangeval nie.

Die boonste gedeeltes van Faerie Glen is vernietig, maar ondertoe is daar byna geen skade nie. Waterkloof het die minimum verlies. Constantia Park se boonste gedeelte is vernietig maar die onderste gedeelte tot by die Wagerglen winkelsentrum bestaan nog. Menlyn-sentrum is weg.

Ek het ook 'n situasie-rapport ontvang dat die Weermag die middestad beset het en totaal in beheer is daar. Ek droom ook dat ons goed georganiseerd is in ons woonbuurt en dat ons uitstekend as 'n span saamwerk. Ons plant elke denkbare stukkie grond toe met groente. Ons het sover gekom dat ons selfs die riolering suksesvol beheer. Ek droom dat ek baie tevrede is met die vordering.

Toe ek na die hemel opkyk en die geluid van straalvliegtuie hoor, sien ek dit is asof die hemel aan die brand slaan en dit word bloedrooi..."

Hierna word sommige van ons mense na 'n veilige hawe weggevoer terwyl ander 'n heenkome in kampe verderaan vind.

Bennie Horne van die Oos-Rand: 'n Veilige hawe
Ek loop in die veld en sien skielik 'n klein heuweltjie voor my, ongeveer twee verdiepings hoog – ek loop teen die heuwel uit en kom af op 'n diep skeur in die grond. Ek klim in die skeur af en bevind my in 'n reusagtige groot en baie donker grot wat my aan 'n kolossale gebou herinner.

Ná my droom het ek en 'n vriend gaan ondersoek instel en gevind dat die plek werklik bestaan. Die eerste maal het ons daarin verdwaal. Toe het ons 'n kaart geteken sodat ons die pad beter sou vind. Iemand anders het my iets verstommend in die Skrifgewys en nou weet ek verseker dat die HERE die plek aan my openbaar het; Jesaja 2:19 bevestig dit: "En hulle sal gaan in die spelonke van die rotse en in die gate van die grond vanweë die skrik van die HERE en om die heerlikheid van sy majesteit ontwil, as Hy Hom gereed maak om die aarde te verskrik..."

Ek moet ook vermeld dat die plek baie goeie bergingspotensiaal het. Ek het al in 'n helikopter daaroor gevlieg maar kon dit glad nie van bo sien nie. Selfs die polisie het al die gebied daar deursoek maar die plek nog nie gesien nie.

Siener in Oktober 1921
Siener beskryf hier dat 'n konsentrasiekamp deur ons eie mense vir die Boerevolk opgerig gaan word in die 'ooste' – Pretoria? – waar dit redelik goed met ons mense gaan terwyl dit in die res van die land haglik word. Dit gebeur in dieselfde tyd wat daar groot woelinge in Europa plaasvind:

Kom in Europa een papier met kleine letters, en 'n potlood met 'n hand daarom trek blomme en dan 'n streep daardeur. Toe kom 'n span gespande osse, vaal osse, tussenin uit; die vaal osse is Duitsland s'n. Toe kom 'n appelblauw perd uit Europa, 'n baie vet perd. Daar word 'n kamp van blink draad gespan en die gras word wit om die kamp. In die ooste kom bruin perde in sig en mij blauw perd is ook daar. Mij ou veldskoene gaan af van my voete en ek trek nuwes aan. Toe kom 'n stewel in sig maar sy sool is af.

In hierdie tyd sien Siener hoe die Boere regmaak om die wapens te gaan haal. Die nuwe velskoene wat hy aantrek dui op die nuwe volkseie regering wat die Boerevolk kry.

Op 8 Januarie 1922 vertel Siener van hierdie gesig:
Aan die ooste kom 'n groot raam in sig en daar is mense in die raam. Toe kom 'n hand van 'n vrou en tel 'n kindjie op wat net goiingsakke om haar het. Toe is hier 'n nuwe stewel maar sy punt is af.

Bogenoemde gesig dui ook op die kamp, soos ook die volgende wat Siener in September 1919 gesien het:
...toe is in die Unie 'n draadkamp en die vrouwmense kruip deur die draad in die kamp in. Na die weste gaan 'n oop pad en in die pad lê 'n boere-velskoen.

In Desember 1919 sien Siener dat dit nog baie goed gaan in die kamp in die 'ooste' en toe dit begin sleg gaan beweeg die Boere van oos na wes:
Die gras staan hoog groen in die kamp, toe verdroog die gras en toe is daar 'n rinkhals en honde wat wegkruip in een gat. Mense gaan te perd van die ooste na die weste met vierkleurvlae tussen hulle.

Aan die noordoostekant is swartes wat met gewere gewapen is, maar ek sien net hulle bene... dalk die toestand wat FR in verband met Mabopane en Sinoville gesien het?

Volgende keer meer oor Siener se visioene ivm ná die Slag van Pretoria ...