MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (25)

Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika

Jan en Maria van Riebeeck-standbeelde

Ligging: Op 'n verkeerseiland in die middel van Adderleystraat, noordoos van kruising met Hans Strijdomstraat (naby die Dias-standbeeld), Kaapstad.
Toegang: Die standbeelde is nie omhein nie en permanent toeganklik. Geen toegangsfooi.
Geriewe: Geen by die standbeelde nie, maar geriewe soos toilette en winkels in die nabyheid.
Beeldhouer: Jan van Riebeeck: John Tweed van Skotland.
Maria van Riebeeck: Dirk Wolbers van Nederland.
Onthul: Jan van Riebeeck: In 1899 deur die burgemeester van Kaapstad, raadslid T. Ball.
Maria van Riebeeck: In 1954 deur prins Bernard van die Nederlande in die Kompanjiestuine. In 1969 is die beeld na die Adderleystraat verskuif waar dit steeds langs die beeld van Jan van Riebeeck staan.

Die standbeeldmonument van Jan van Riebeeck huldig die grondlegger van die blanke samelewing in Suid-Afrika. Die beeld is in 1895 op die inisiatief van Cecil John Rhodes laat maak in die tydperk toe hy die eerste minister van die Kaapkolonie was. Hy het dit aan die inwoners van Kaapstad geskenk. Die beeld is in 1898 met die hulp van die argitek Herbert Baker opgerig. Dit staan op'n voetstukvanTafelberggraniet wat 4,27 meter hoog is.

Van Riebeeck is in 1619 in Culemborg, Nederland gebore en het as volwassene in diens van die Verenigde Oos-lndiese Kompanjie getree. In 1651 is hy aangestel as kommandeur wat 'n halfwegstasie in Tafelbaai, halfpad tussen Nederland en sy handelsryk in die Ooste, virdie skepe van die Kompanjie moes vestig. Hy en sy gevolg, insluitende sy gesin, het op 6 April 1652 in Tafelbaai aangekom.  Die Van Riebeecks het die Kaap ná 10 jaar weer verlaat. Hy het sy Ioopbaan in Batavia (die huidige Indonesië) hervat en is in 1677 daar oorlede.

Alhoewel Van Riebeeck in die eerste plek die stigter van die halfwegstasie was, het hy hom voortdurend beywerom die Kompanjie te oorreed om die vestiging van vrye ondernemers aan die Kaap toe te laat. In 1657 het hy sy doel bereik toe die eerste nege sogenaamdevryburgers van hulle diens as werknemers van die Kompanjie vrygestel is. So het Van Riebeeck regstreeks tot die ontstaan van die Afrikanervolk in Suid-Afrika bygedra.

In 1952 is die grondlegging van die Nederlandse nedersetting aan die Kaap feestelik herdenk. Die Nederlandse regering het destyds besluit om tot die feestelikhede by te dra deur 'n beeld van Jan van Riebeeck se vrou, Maria, aan Suid-Afrika te skenk. Maria is in 1629 in Rotterdam gebore. Sy was 'n dogter van die Waalse predikant Abraham de la Queillerie (wat ook as Abraham Quevellerius bekend was). Sy en haar man het agt kinders gehad waarvan een in die Kaap gesterf het en daar begrawe is. Net twee jaar na haar verblyf aan die Kaap saam met haar man is sy in 1664 in Malakka (in Maleisië) oorlede.