Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
GENERAAL HERTZOG-MUSEUM: BLOEMFONTEIN
Ligging: Op die hoek van Pres. Brand- en Charlesstraat, oorkant die De Wet-standbeeld.
Toegang: Die monument is nie omhein nie en permanent toeganklik. Geen toegangsfooi.
Geriewe: Toilette en winkels in die nabyheid.
Beeldhouer: Danie de Jager.
Argitek: Albrecht Holm.
Onthulling: 1968, deur B.J. Vorster, Eerste Ministe rvan Suid-Afrika.
James Barry Munnik Hertzog is op 3 April 1866 in Wellington in die Kaapkolonie gebore. Hy was nog maar 'n seuntjie van ses toe sy ouers na Kimberley verhuis het. Enkele jare later het hulle in die Oranje-Vrystaat gaan woon en wel op Jagersfontein.
Op 15 is hy terug na die Kaapkolonie, na Stellenbosch waar hy sy skoolopleiding voltooi en by Victoria-kollege (wat later die Universiteit van Stellenbosch geword het) 'n BA-graad verwerf het. Van Stellenbosch is hy na Nederland waar hy in 1892 'n doktorsgraad indie regte by die Universiteit van Amsterdam verwerf het. Terug in Suid-Afrika het hy hom as advokaat in Pretoria gevestig en is hy met Mynie Neethling getroud. In 1S95 het hy weer verhuis na Bloemfontein, waar hy as regter aangestel is.
Hertzog se regsloopbaan is deur die Tweede Vryheidsoorlog ontwrig. Hy het as regsadviseur by die Vrystaatse krygsmag aangesluit maar is in die winter van 1900 deur president Steyn as veggeneraal benoem. Hy was veral in die suide van die Vrystaat en in die weste van die Kaapkolonie bedrywig. Met die vredesluiting in 1902 was hy 'n lid van die Republikeinse onderhandelingspan en betrokke by die opstel van die vredesverdrag.
Hertzog het nĂ¡ die oorlog vir 40 jaar ononderbroke 'n leidende rol in Suid-Afrikaanse gebeure vervul. Hy het so 'n belangrike aandeel in die vestiging van Afrikaans as taal gehad dat die hoogste literale toekenning, die Hertzogprys, na hom vernoem is. Hy was daarbenewens betrokke by die stigting van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. In die politiek was hy na die toekenning van selfregering aan die Oranjerivier-kolonie (die eertydse Oranje-Vrystaat) 'n lid van die regering daarvan; was hy intens betrokke by die totstandkoming van 'n verenigde Suid-Afrika in 1910; was hy 'n lid van die eerste Unieregering onder generaal Louis Botha as eerste minister; was hy die stigter van die Nasionale Party in 1914; was hy eerste minister van 1924 tot 1939, wat hom die persoon maak wat oor die langste tydperk die Suid-Afrikaanse regerings hoof was; en was hy meer as enige ander persoon verantwoordelik vir Suid-Afrika se verkryging van konstitusionele onafhanklikheid binne die Britse Ryk.
Hertzog se openbare loopbaan het in 1939, toe hy reeds 73 was, te midde van politieke geskille tot 'n einde gekom. Hy het hom op sy plaas Waterval, noord van Bronkhorst-spruit in Oos-Transvaal gevestig en is op 21 November 1942 ooriede. Hy is op sy plaas begrawe. Die gedagte om 'n beeld ter ere van hom in Bloemfontein op te rig is reeds in 1945 geopper.