Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
PIET POTGIETER-MONUMENT
Ligging: Op Piet Potgieterplein voor die stadshuis, aan die westekant van Ruiterstraat, tussen Retief- en Van Riebeeckstraat, Potgietersrus.
GPS-koordinate: S24*11.022, E29°00.634.
Toegang: Die monument is binne 'n omheinde gebied wat bedags oop is. Geen toegangsfooi.
Geriewe: Genoeg parkeerplek. Geen geriewe, maar voldoende in die nabye omgewing.
Inwyding: 1964.
Hierdie monument bring hulde aan Pieter Johannes (Piet) Potgieter, die tweede oudste seun van die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter. Piet Potgieter is in 1822 in die Ooskaap gebore. Hy het in 1836 saam met sy ouers die Kaapkolonie verlaat en was in alle waarskynlikheid saam met die toekomstige president Paul Kruger in die laer met die Slag van Vegkop in Oktober daardie jaar.
Reeds voor sy 30ste verjaarsdag is Piet Potgieter as kommandant van die wyk Waterberg in Noord-Transvaal verkies. Sy vader was destyds een van die vier kommandant-generaals in die Oorvaalse gebied, waar die Zuid-Afrikaansche Republiek besig was om vorm aan te neem. Na sy vader se dood is Piet Potgieter in sy plek as kommandant-generaal vir Soutpansberg verkies en op 17 Maart 1853 in die amp beëdig.
Ná die gebeure by Moorddrif (sien Moorddrif-monument) het Potgieter in oorleg en saam met kommandant-generaal M.W. Pretorius van Potchefstroom 'n strafekspedisie teen die Ndebele van Mokopane aangevoer. Die Ndebele het skuiling gevind in 'n grot in die Strydpoortberge noordwes van die huidige dorp Mokopane. Die Boere het besluit om hulle daar te beleër in die hoop dat honger en dors hulle spoedig sou dwing om oor te gee. Die Ndebele het oor enkele voorlaaier-gewere beskik.
Op 6 November 1854 het Piet Potgieter by die grotopening gaan ondersoek instel na die stand van sake toe hy vanuit die grot doodgeskiet is. Paul Kruger, wat as lid van Pretorius se kommando teenwoordig was, het onmiddellik na die grotopening gehardloop, Potgieter se liggaam op sy skouers getel en horn uitgedra ten einde te verseker dat die liggaam nie in die Ndebele se hande sou val nie. (Hierdie insident word op die Kruger-standbeeld in Pretoria uitgebeeld)
Potgieter is op sy plaas Middelfontein suid van die dorp begrawe. Die dorp Pietpotgietersrus (later bloot Potgietersrus) is enkele jare na sy dood aangelê en na horn vernoem. In 1964 is Potgieter voor die hoofingang van die stadhuis van Potgietersrus herbegrawe. Die klipmuur aan die straatkant van die graf is simbolies van die Ndebeleskans waaragter Potgieter gesterf het.
Ander besienswaardighede in die onmiddellike omgewing:
• Die Makapansgat Wêrelderfenisterrein, 'n satellietterrein van die Wieg van die Mensdom, bevat 'n inligtingsbord waar Potgieter gesneuwel het. Draai in oostelike rigting af van die RlOl tussen Mokopane en Poiokwane. Terreinmonument by S24°08.456, E29°11.886.
• Die Arend Dieperink Museum in Thabo Mbekistraat 97, by S24*11.224, E29°0u.660 bevat onder meer uitstallings oor Piet Potgieter.
• Die Potgietersrus-Pioniers-monument, suidoostelike hoek van De Klerk- en Hoogestraat, by S2410.740, E29°01.u04.