NG KERK VERVAL OPSIGTELIK

Geagte leser,

Dit is blywend om te sien dat daar nog mense is wat staan vir Goddelike waarheid, anders wat ons in vandag se NG Kerke beleef.

As gebore en getoeë lidmaat van die NG Kerk is die morele en Christelike verval in die kerk sigbaar.

Nou dit gaan nie oor my nie;  alle Eer aan ons Koning Jesus Christus, God en Heer - dat ek onlangs gestoei het met ons leraars reeds oor die JDDJ wat met Rome geteken is, en so ook die 83 vertaling waaruit die leraars so graag preek om hulle agenda te pas, sodat so, een van die leraars by my besoek afgelê het om meer wol oor my oë te probeer trek, waarby ek hom meegedeel het dat hulle my kan sien as die vyand van die kerk aangaande hulle valsheid.

Dit het al so vér gevorder dat ek vir een van die leraars gesê het hy is ruggraatloos.

Ek sal graag met Ds André van den Berg in kontak wil kom aangaande sy skrywe getiteld, “Is die einde van die NG Kerk in sig” - Hy slaan die spyker vierkantig op die kop en ‘n paar kwessies waarop ek nie geldige antwoorde kry nie.

Ook sal ek rooi in gesig van skaamte vra of ek 1 van u 33/53 vertaling Bybels kan kry, wat ek graag vir iemand wil gee wat ‘n 83 vertaling het - ek kort eintlik heelwat meer, maar ek is dankbaar vir een.

Ek dank u vir u vrymoedigheid en geregtigheid

Mag die Here u seën met u goeie werk

Vrede

PAUL

Beste Paul,

Ons stuur met graagte die Bybel aan u asook ds Andrè se eposadres. Sterkte met die stryd - Red.