NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die enigste mense wat in hierdie lewe 'n verskil maak, is diegene wat alles waarin hulle glo, uitleef nog voordat die regte oomblik daarvoor aanbreek – want dit "regte" oomblik kom nooit nie!

CHRISTELIKE GELOOF IN SKOLE IN HOF BEVEG

OPE BRIEF AAN MNR. JOHANNES DE KLERK PIETERSEN

(VOORSITTER VAN DIE ORGANISASIE VIR GODSDIENS-ONDERRIG EN DEMOKRASIE)

3 September 2014

Mnr. Pietersen,

I/S:  BERIG IN DIE VOLKSBLAD, 2 SEPTEMBER 2014

Luidens bogenoemde berig in die Volksblad meen u dat u organisasie se aanval op die Christelike geloof nie ‘n heksejag is nie.  Wanneer ‘n persoon homself of sy argument in dieselfde asem verdedig as wat die argument gestel word, moet die vraag gevra word wat is daar wat nie op die tafel geplaas is nie.  ‘n Mens vra mos nie om verskoning vir iets wanneer jy nie oor iets skuldig voel of weet dat jy verkeerd is nie?

Daar is ‘n wonderlike spreukwoord in die Afrikaanse taal wat lui:  “Al gaan die leuen ook hoe snel, die waarheid agterhaal dit wel.” Dit is egter so dat die waarheid soms langer neem om die leuen in te haal, want die leuen word gewoonlik as ‘n halwe waarheid voorgehou.

In die berig onder bespreking ontbloot die probleem homself.

U meen in paragraaf 2 dat u hofaansoek nie ‘n heksejag op Christenskap is nie, maar in paragraaf 3 van kom dit aan die lig dat slegs Christelike gebruike en verwysigings onder skoot kom.  U wil die Christelike gebruike en verwysings in skole ongrondwetlik laat verklaar, maar ontken dat u besig is met ‘n heksejag?  U voer aan dat dit ingevolge die land se demokratiese grondwet ongrondwetlik is om een geloof bo 'n ander uit te sonder.  Is dit dan nie ook ingevolge dieselfde grondwet ongrondwetlik om één geloof uit te sonder en ‘n direkte aanval daarteen te loods nie?  Volgens u organisasie is dit “ongrondwetlik om van enige leerling te verwag om regstreeks of onregstreeks aan te dui of hulle enige geloof voorstaan”, maar u beskou dit nie as ongrondwetlik om dieselfde leerlinge te verbied om dit spontaan, en uit vrye keuse en beginsel uit te leef nie?

Die gevolgtrekking is dus dat daar vryheid van keuse en geloof is solank dit nie die Christelike geloof is nie.  Dit is “ongrondwetlik om leerlinge te isoleer"  as gevolg van die godsdienste wat hulle voorstaan, maar dit is nie ongrondwetlik van u om die Christelike geloof (en dus ook die leerlinge wat dit aanhang) te isoleer en hof toe te sleep in ‘n poging om dit te vernietig nie?

U is vinnig om beskuldigings te maak dat sekere gebruike inbreuk maak op verskeie “grondwetlike regte” van leerlinge, maar u reken dat u en u organisasie nie inbreuk maak op die “regte” van die Christelike geloof en die leerlinge, leerkragte en skole wat dit aanhang nie?

Dit is betreurenswaardig hoe u en u organisasie onder die dekmantel van “reg tot gelykheid” met ‘n persoon simpatiseer teen wie daar gediskrimineer word wat nie aan godsdienstige gebruike wil deelneem nie.  Daar is egter volgens u oordeel geen probleem daarmee om te diskrimineer teen ‘n persoon wat wel ‘n begeerte het om daaraan deel te neem nie?

Wanneer daar met insig na hierdie saak gekyk word, word dit duidelik dat diskriminasie nie die spil is waarom u argument of bekommernis wentel nie, maar dat dit om die geloof wat beoefen word gaan.

Ingevolge die grondwet wat u so hoog ag het elke lid van u organisasie mos die reg om hul kinders ter enige tyd uit hierdie skole uit te haal en in ‘n skool waar Christenskap en Christelike praktyke nie beoefen word nie, te plaas.   Op hierdie manier sal hulle nie so swaar hoef saam te sleep aan die “ondraaglike juk” van Christenskap nie.   Indien u openbare belang, reg en regverdigheid of eerlikheid nastreef, sal u hierdie opsie uitoefen.

Wees verseker dat u  oorlogsverklaring nie ongesiens voor die Almagtige God van hemel en aarde verbygaan nie.  Ons Christene weet dat daar struikelblokke in die lewe as gevolg van ons geloof in Jesus Christus sal wees.  Maar Jesus het ook diegene deur wie hierdie struikelblokke gelê sal word gewaarsku:  “Wee die wêreld weens die struikelblokke!  Want dit is noodsaaklik dat daar struikelblokke kom, maar wee die mens deur wie die struikelblok kom.” - Matthéüs 18:7.

Ten spyte van die feit dat ons weet van hierdie dinge wat besig is om te gebeur en nog moet gebeur, hou ons onwrikbaar vas aan ons Christelike geloof omdat ons nie ons Verlosser oor aardse gewin aanbid nie maar uit dankbaarheid omdat Jesus Christus die sonde aan die kruis gestraf het.

U desperaatheid om weerlose kinders se geloofsoortuigings aan te val  is bejammerenswaardig.  Hy, die Onoorwinlike, laat nie ongeregtighede ongestraf verbygaan nie.  “Markus 9:42: “EN elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is beter vir hom as ‘n meulsteen om sy nek gehang en hy in die see gegooi word.”

 

Die uwe

J.F. Ollewagen

 

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 374 gaste aanlyn