NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons kry almal 'n laaste geleentheid om na God terug te draai;  besef ons die noodsaak daarvan? Jesus het sy twaalf dissipels uitgestuur met die bevel om in verskeie stede en dorpe te gaan preek om die afgedwaaldes te bekeer; maar as die mense nie na hulle wou luister nie, moes hulle uit daardie huis of daardie dorp uitgaan en die stof van hulle voete afskud; en dán, het Jesus gesê, sal dit vir daardie stad in die oordeelsdag baie erger wees as wat Sodom en Gemorra deurgegaan het.

EIENDOMSREG: DE KLERK SE WAARBORG IN DIE DREIN!

Pieter van der Spuy

Regsverteenwoordiger: Afrikaner Volksparty 

Verlede week het die konstitusionele hof by monde van hoofregter Mogoeng in ’n meerderheidsuitspraak beslis dat die ontneming van bestaande mineraalregte deur die MPRDA glo nie neerkom op onteiening nie, alhoewel die houer van die mineraalreg sy reg verloor en die estaat alleen mag besluit wie die mynregte sal kry. Nogtans is die ontneemde nie geregtig op enige vergoeding nie, want volgens Mogoeng is dit nie onteiening nie!

Die Mineral and Petroleum Resources Development Act (MPRDA) het in 2004 in werking getree. Die effek daarvan was dat die bestaande houers van mineraalregte van hulle regte ontneem is.

Volgens die Grondwet hoef vergoeding nie vir ‘n ontneming van eiendom betaal te word as dit nie juridies as ‘n onteiening (wat nie in die Grondwet omskryf word nie) kwalifiseer nie.

Volgens Mogoeng speel die konstitusonele verpligting van die staat om die ekonomie te transformeer tot voordeel van die swart mense ‘n belangrike rol in sy uitspraak. Mogoeng bevind in effek dat die staat se verbintenis tot swart transformasie belangriker is as die beskerming van eiendom.

Die rede vir Mogoeng se beslissing is omdat die staat, volgens Mogoeng, nie die mineraalregte verkry het nie; die minerale vestig nou in die   “nation” en die staat tree bloot as ‘n sogenaamde “custodian” (bewaarder) op! Verkryging deur die staat self, is volgens Mogoeng, ‘n vereiste vir onteiening en derhalwe het ons nie hier met onteiening te doen nie. Regters Froneman en Van der Westhuizen verwerp in ‘n minderheidsuitspraak hierdie eng interpretasie van onteiening, maar beslis ook, om ander redes, dat vergoeding nie in hierdie geval betaalbaar is nie.

Eerstens is dit belangrik om daarop te let dat hierdie uitspraak van Mogoeng gebaseer is op sy interpretasie van artikel 25 van die Grondwet. Die Grondwet is destyds deur De Klerk en andere voorgehou as ‘n waarborg van eiendomsregte. Hierdie uitspraak toon die teenoorgestelde: Die akte van fundamentele regte in die Grondwet is juis die instrument waardeur mense van hulle regte gestroop kan word – sonder vergoeding! Afrikaners en landbou-organisasies moet nie nou so verbaas wees nie: Baie van hulle het meegewerk tot die implementering van die Grondwet wat hierdie tipe hofuitsprake moontlik maak.

Die uitspraak illustreer ook die belang vir die ANC-regime dat die howe beman word deur regters wat die ANC se transformasiepolitiek goedgesind is. Die konstitusionele hof is al as ‘n derde kamer van die parlement beskryf, want dit moet die bepalings van die Grondwet, wat dikwels, soos in artikel 25, vaag en wyd geformuleer is, interpreteer. Die ANC is grondwetlik in staat om die meerderheid van die regterlike dienskommissie (RDK) aan te stel en beheer tans dié liggaam. Op sy beurt speel die RDK ‘n deurslaggewende rol in die aanstelling van die konstitusionele hofregters. Met die onlangse ondervraging van aspirantregters het duidelik geblyk die RDK wil seker maak dat die aanstellings gedienstig sal wees aan die ANC se siening van transformasie. Die uitspraak illustreer hoe die ANC se transformasiepolitiek neerslag vind in die regspraak.

Laastens hou die uitspraak groot gevaar in vir eiendomsreg in die algemeen. Regter Froneman (afsonderlike uitspraak) vra tereg: “If private ownership of minerals can be abolished without just and equitable compensation ... what prevents the abolition of private property of any, or all, property in the same way?”

Om op te som: Deur “slim” wetsformulering het en kan die ANC-regime blankes van hulle regte ontneem in die naam van die Grondwet se eise om “affirmative action” en transformasie - sonder om enige vergoeding te betaal! FW de Klerk behoort te verduidelik hoe sy “wigte en teenwigte” die Afrikanervolk gaan beskerm teen hierdie tier wat hy losgelaat het.

 

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1350 gaste aanlyn