VOORDELIG OM GESKORS TE WEES!

Nie alleen is die ANC-polisie amptelik die grootste misdaadorganisasie in ons land nie, maar is hulle ook heel voor in die ry van betaalde amptenare wat nie by die werk is nie hulle terwyl betaal word – 'n hele 869 van hulle. Die polisie se 869 amptenare het R8-miljoen gekry gedurende die tydperk wat hulle nie by hulle eerste werk was nie. En ons glo nie hulle sit by die huis nie, daarvoor ontvang hulle myle te veel geld wat hulle in die strate uitstrooi.

Amptelike syfers deur die Staatsdienskommissie is beskikbaar gestel wat aandui dat ons belastingbetalers R52 miljoen vir altesaam 1 559 ANC-amptenare betaal wat nie aktief in diens by hul eerste werk is nie.

Die redes om hierdie regeringswerknemers te skors het gewissel van finansiële wangedrag, diefstal, bedrog en die misbruik van staatseiendom tot seksuele teistering en seksuele aanranding, growwe nalatigheid wat gelei het tot die verlies van die staat se geld en die skending van tenderprosesse. En nou maak dit sin dat die polisie die meeste nie-werkende lede het wat steeds betaal word – maar as ons dink hulle het 'n lui haar op die kop moet ons weer dink want hulle is baie besig... Volgens die kommissie, het departemente tussen R100 000 en R1-miljoen spandeer aan die salarisse van werknemers wat tydelik geskors is. Korrektiewe Dienste betaal R14-miljoen aan nie-werkende werknemers, gevolg deur die departement van justisie, met 69 werknemerswat R11 miljoen in salarisse beloop.  Korrektiewe Dienste het 471 werknemers geskors. Die departement van justisie en verdediging het 'n gekombineerde 107 werknemers op voorkomende skorsing..

Ons kan met sekerheid aanneem dat bogenoemde syfers almal dubbel en dwars oortref is in die huidige boekjaar aangesien die syfers wat nou eers bekend gemaak is, uit die finansiële boekjaar 2010-2011 kom.