SONDER ELEKTRISITEIT ALMAL SE VOORLAND

KORTNUUS

Naboomspruit

‘n Klagte is by die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) ingedien oor gereelde kragonderbekings wat in en rondom Naboomspruit voorkom.

Luidens ‘n verklaring weier die munisipaliteit se personeel glo om die dorp se krag oor naweke te herstel weens die munisipaliteit se streng beheer van oortydbetaling.

‘n Brief is glo aan Frans Modise, die tegniese bestuurder van die munisipaliteit, gestuur om te vra dat die probleem aangespreek moet word. Nog geen antwoord is op dié brief ontvang nie, en die organisasie het hulle derhalwe na Nersa gewend vir hulp.

Die gebied se kraglyne is klaarblyklik in ‘n baie treurige toestand en onderhoud word bykans nooit gedoen nie. Dít lei daartoe dat die kragtoevoer gereeld tydens die geringste storm of reënbui afgesny word. Van die verbruikers wat geraak word is groente- en tonnelboere, asook verskeie wildsplase en vakansie-oorde.