ANC VERDUISTER PENSIOENE

KORTNUUS

Dit is nou duidelik waarom die ANC so hard druk om die nuwe tolstelsel in werking te kry. Daar is groot ekonomiese kwessies op die spel wat met die tipiese ANC-korrupsie gepaard gaan en as die tolprojek nie slaag nie, sal die regering nie net SANRAL moet probeer red nie, maar ook die staatsamptenare se pensioenfondse:  Die Public Investment Corporation - 'n belegger vir staatsinstellings het R17 miljard in SANRAL-effekte gekoop. 'n Ongelooflike 89% van hierdie belegging is gemaak met fondse van die Government Employees Pension Funds. Die pensioene van talle gewone burgers in Suid-Afrika is hier op die spel, veral blanke pensioentrekkers sal eerste oor die hoof gesien word terwyl miljoene swartes se geldjies moontlik nog uitbetaal kan word.