HOË MOORDSYFER BEVESTIG VOLKSMOORD OP AFRIKANERS

Mediaverklaring

 Herstigte Nasionale Party

Die bekendmaking deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudings dat die moordsyfer in Suid-Afrika hoër is as die padsterftes, is baie betekenisvol. Wat verder skok, is die feit dat Suid-Afrika die enigste land in die wêreld is waar dit die geval is.

Die feit dat die moordsyfer in Suid-Afrika naas twee ander lande die hoogste ter wêreld is, het ’n bepaalde politieke betekenis.

Die HNP en verskeie Afrikaner-organisasies het meer as dikwels daarop gewys dat die moorde op Blankes, en veral die Afrikaner, polities gemotiveerd is. Slagspreuke soos kill the farmer kill the Boer en Gee my my masjiengeweer hits moordbendes aan om Blankes, en veral plaasboere, te vermoor. Daar is dikwels daarop gewys dat die moorde op Afrikaners niks anders is as ’n volksmoord nie.

’n Klag van volksmoord op die Afrikaner is reeds by die Internasionale Strafhof in Den Haag deur die Verkennersbeweging ingedien. Intussen het die HNP en meer as twintig ander Afrikaner-organisasies hulle by dié klag gevoeg.

Die bekendmaking dat die moordsyfer in Suid-Afrika reeds die skokkende hoë syfer van 32 per 100 000 gehaal het, bevestig die feit dat die klagte van volksmoord nie uit die duim gesuig is nie.

In enige staat is die regering van die land verantwoordelik vir die veiligheid van al sy inwoners. Die ongekende hoë moordsyfer in Suid-Afrika word vierkantig op die ANC-regime gelê. Dit is duidelik dat die ANC-regering geensins belangstel om op te tree teen of maatreëls in werking te stel om dié toenemende moorde aan bande te lê nie.

Mediaverklaring

Hoë moordsyfer bevestig volksmoord op Afrikaners