NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Stiptelikheid is die hoflikheid van prinse en ‘n kosbare deug wat tot ‘n leier se sukses bydra.

AFRI-FORUM SE VIERKLEUR- VREES

Afri-Forum skrik vir Vierkleur

"Mnr. Chris Stapelberg van Brits is die middelpunt van die reaksie teen Afri-Forum. Mnr Stapelberg het in ’n e-pos sowel as ’n brief in die dagbladpers die gebeure  beskryf..."

Die optrede van senior ampsdraers van die burgerregteorganisasie, Afri-Forum, tydens ’n kransleggingsplegtigheid in Pretoria, het by Afrikaners ’n wrang smaak in die mond gelaat. Afri-Forum het op 8 Januarie ’n geleentheid gereël dat kranse gelê word op die plek waar die Kerkstraatbom op 20 Mei 1983 ontplof het. Die bom was die werk van die ANC. Dit het voor die Poyntons-gebou in Pretoria, wat personeel van die destydse Gevangenisdiens en die Lugmag gehuisves het, ontplof. 19 Mense is in die ontploffing dood. Afri-Forum het die kranslegging gereël op dieselfde dag wat die ANC se 100- jarige feesvieringe in Bloemfontein plaasgevind het om Blankes te herinner aan die terreur wat die ANC teen Blankes en die Suid-Afrikaanse regering gepleeg het.

Afrikaners het dit nie teen die aksie wat gereël is nie, maar optrede teen 'Afrikaners' wat daar teenwoordig was, het wye reaksie op die internet tot gevolg.

Mnr. Chris Stapelberg van Brits is die middelpunt van die reaksie teen Afri-Forum. Mnr Stapelberg het in ’n e-pos sowel as ’n brief in die dagbladpers die gebeure soos volg beskryf: “Ons het vandag (8 Januarie 2012) die kransleggingseremonie wat deur Afri-Forum Jeug gereël was, bygewoon. Ek is met groot teleurstelling daar weg. Ek het opgedaag met my Vierkleurvlag wat nog opgerol was in sy sak, toe Charl, die leier van Afri-Forum-Jeug, my kom vra het dat ek asseblief nie die vlag moet uithaal nie, want hy wil nie hê al die aandag van die koerantmense moet op die vlag wees nie. Ek het ook 'n ruiker gehad met die woorde 'Hier kom die Boere' en 'Ons sal Opstaan' en 'n klein Vierkleurtjie daarop. Mnr. Kallie Kriel het my genader en saggies in my oor gesê (in 'n dreigende stemtoon) dat ek die plakker moet verwyder of my blomme moet neersit met die plakkers na onder, sodat ander hulle blomme bo-op myne moet sit. Die rede vir hierdie versoek is blykbaar dat Afri-Forum nie politiek by die geleentheid wou insleep nie.

E-TV se kamera was die heeltyd op my gerig. Mnr. Kriel het gewag totdat die kamera weggeswaai het voordat hy dit, met sy rug na die mense toe, vir my gesê het.”

Mnr. Andries Breytenbach, leier van die HNP, het in sy kommentaar gesê Afri-Forum se optrede behoort niemand te verbaas nie. “Daar is ’n verskil tussen burgerregte en volksregte. Afri-Forum noem homself 'n burgerregte-organisasie. In 'n burgerstaat soos De Klerk se gehawende "Nuwe Suid- Afrika" het alle burgers glo gelyke regte, en 'n burgerregte-organisasie beywer hom daarvoor. Per definisie kan so 'n burgerregte-organisasie nie die hartklop van 'n volk voel of uitdra nie. Daarom is ons volksimbole vir hulle ‘politiek’ en 'n verleentheid. “Hulle mag ander goeie dinge doen, maar die vryheidsideaal en nasionale verwesenliking van ons volk sal gedra word deur volksgenote, -organisasies en - liggame wat trou hou aan die geskiedenis, roeping en strewe van hierdie Geloftevolk, wat ons ken as die Boere-Afrikanervolk”, sê mnr. Breytenbach.

Mnr. Alwyn de Klerk se in sy kommentaar: “Wat my warm onder die kraag maak, is dat hulle wel volksimbole gebruik wanneer dit hulle pas. Verlede jaar het hulle met een van hulle prysuitdeling seremonies laerskoolkinders met volksvlae op die verhoog gehad. Ek was egter smoorkwaad toe ek opmerk dat die ANC se landsvlag ook saam met die volksvlae vertoon word.”

Verskeie ander bekendes in die Afrikaner-politiek het reageer. Met die ter perse gaan, was daar nog steeds e-pos-reaksie teen die optrede van Afri-Forum, sommige daarvan in ’n baie kras en glad nie vleiend teenoor Afri-Forum nie.

Intussen het mnr. Charl Oberholzer, voorsitter van Afri-Forum Jeug, in ’n brief in die linkse dagblad, Beeld, geskryf dat ’n klein groepie "randfigure saam met brandewyn en Swastika-agtige embleme die vlag misbruik het en in die proses Afrikaners as bullebakke voorgehou het". Hy skryf verder dat die kranslegging gereël was om die talle onskuldige burgerlikes wat in die 1980’s in die ANC se landmyn- en bomaanvalle gesterf het, te huldig. Hy beskou die optrede van mnr Stapeberg met sy Vierkleur as ’n poging om die fokus van die byeenkoms op die ANC se terreurveldtog, weg te skuif deur ’n radikale kleur daaraan te gee.

Bron: Die Afrikaner 13 Januarie 2012

Opsoek na inligting?

  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 500 gaste aanlyn