SWART BARBARE VERMOOR BLANKE SEUN

Die onderstaande briefie is aan Gelofteland gestuur om die onreg wat teen ons blanke skoolkinders gepleeg word in die ope te stel. Dit is 'n reaksie op die doelbewuste toesmeer van die berig in Beeld oor die hatige en wreedaardige aanranding van swartes op 'n blanke skoolkind. Die berig is ook onder aangeheg. Die seun is intussen oorlede en dit word tans 'n saak van manslag - wat seker weer onder die mat ingevee sal word soos al die duisende moorde deur swart op blank.

Wanneer 'n mens ingelig is en weet wat werklik gebeur het dan besef 'n mens as jy die vae beriggie deur Alet Rademeyer in die Beeld lees dat die waarheid gruwelik verdraai word en mense onder 'n diep valse indruk gebring word deur bloot net sekere feite nie te noem nie.

  • 'n Mens sal nooit weet dat daar 'n rassistiese aanval deur 'n oormag van swart kinders op wit kinders (wat ver in die minderheid is in die skool) gepleeg is nie.
  • Ook nie dat dit nie die eerste rassistiese aanval op wit kinders in die skool is nie. En dat drie wit seuns aangeval is en twee weggekom het terwyl die tingerige Kevin in die slag gebly het.
  • Dat die seun alreeds voorheen so aangeval was by die koshuis dat sy ouers wat ver uit die dorp bly hom uitgehaal het en laat loseer het by mev Anderson wat die snoepie by die skool bestuur.
  • Dat Noel Mabusa wat die voorbok was in die aanval beskryf word deur iemand as alreeds so groot soos 'n volwasse man.
  • Dat mnr Aubrey Phala wat die onderwyser in die spesifieke Sentrum is eers beweer het dat hy teenwoordig was in die Sentrum ten tyde van die aanval en nie besef het wat aangaan nie omdat die kinders Kevin se mond toegedruk het.
  • Dat die eens blanke skool gekaap en oorgeneem is en nou so verval het dat  kinders se lewens in gevaar is.
  • Die gevaarlike toestand in die skool en veral die van blanke kinders word verder beklemtoon deur onsimpatieke en roekelose uitlatings soos die volgende van mnr Joshua Dreyer, 'n kleurling onderwyser by die skool;  “Hierdie was maar net 'n speletjie wat ietwat skeef geloop het en dit word nou heeltemal buite verband geruk”.

Die vraag is egter hoe sou die liberale media en veral iemand soos Alet Rademeyer gereageer het as die situasie omgekeerd was. As dit 'n groep blanke kinders was (en die swartes in die minderheid was) wat 'n swart leerling op hierdie wyse aangeval het.

As dit blankes was wat 'n skool wat deur swartes opgebou was, gekaap en oorgeneem het met hulle getalle oorwig en hulle barbaarsheid gesteun deur die Regering met sy wetgewing!  Sou daar nog steeds geswyg gewees het oor die ras van die aanvallers en die van die slagoffer ? Sou die aangeleentheid ook maar net oor die volgende paar weke verdwyn het tussen al die statistieke?

Of sou daar 'n meëdoenlose stryd gewees het om  dag na dag weer die publiek te herhinner aan die wrede wit rassiste en hulle onverskoonbare, afskuwelike dade.  Sou die skool nog soos normaal oop gewees het en die aanvallers nog die volgende dag by die skool kon wees?

Hierdie diep onstellende voorval van Kevin by Platorand Skool op Belfast is egter maar net 'n klein gedeelte van die tragiese gebeure wat hom oor die afgelope jare by die skool afgespeel het. Hierdie was eens op 'n tyd 'n blanke skool met goed toegeruste en toegewyde personeel wat deurgaans die skool opgebou het. Dit was 'n skool waar Afrikanervolksgenote se kinders wat leerprobleme gehad het van oor die hele Oos-Transvaal bymekaargekom het om opgevoed te word om sodoende hulle plek volwaardig in die samelewing te kon volstaan.

Ek het persoonlik van die mense ontmoet wat vroeër jare daar opgelei was. Sommige het groot hoogtes bereik op eerbare wyse. Sommige bestuur selfs hulle eie besighede met groot sukses.

Dit was waarlik 'n spogskool waarop mens trots kon wees. Die vorige hoof, mnr Dickey Watts was 'n bekwame en aangename persoon waarvan 'n mens met die eerste ontmoeting werklik kan sê; “Ek sou nie omgegee het as hy my hoof/ onderwyser was nie”.   Mnr Watts is egter valslik aangekla van bedrog toe hy kringtelevisie in die skool laat installeer het, nadat die skool oopgestel was vir alle rasse en sake in die skool drasties begin verander het. Hy is gou uitgewerk en ene E.V.A Matshika, 'n regte 'meneer' met sy kenmerkende langpunt skoene het oorgeneem. Die skool het gou erg verval en ook in kort tyd bitter min blanke kinders oorgehad. Die skool het so verval dat die Praktiese Sentrums nie net gevaarlik geword het nie maar nie meer ten volle gebruik word nie.

Dat die koshuis in so 'n swak toestand is dat kinders eintlik nie daar behoort te woon nie en dat dit slegs met baie groot uitgawes herstel sal kan word. Met die blou dampe en reuk van dagga wat om elke hoek hang en die hoofseun wat uit sy pos ontslaan is oor “sigaret”-verkope by die skool is daar veel twyfel oor standaarde en veiligheid in die skool.  Iemand wie se naam nie genoem kan word nie, weens veiligheid,  vertel dat mnr Matshika die huis op die skoolgronde waarin hy woon se kamers onderverhuur, en dat mnr Matshika se kind met die skool se kredietkaart rondloop.

Iemand moes op 'n keer na 'n kamer in die koshuis gaan en parkeer toe sy motor voor die koshuis terwyl sy kinders in die motor sit en wag.

Hy was skaars weg toe 'n groep swart kinders die voertuig nader. Hulle het onmiddellik begin om onbeskofte en immorele voorstelle aan die dogters in die voertuig te maak en hulle te intimideer.  Die oomblik toe die dogters die voertuig se ruite toe draai en die deure sluit begin hulle toe om op die voertuig te spring.  Die soort van rassisme en barbaarsheid moet iewers tot erge uitbarsting kom.

Mens kry 'n knop in die keel wanneer 'n mens hoor wanneer een van die oud-onderwysers self vertel hoe dit voorheen was by skool. “Ons was trots op ons skool. My Sentrum waar ek onderwyser was het van die beste masjinerie gehad. Geen ander skool was so bevoorreg om so 'n groot en duur model metaaldraaibank te kon gehad het nie. Ek het altyd persoonlik toesig daaroor gehou en net die matrieks daarop laat werk. Na die tyd het hulle dit skoongemaak en bedek met 'n laken wat ek spesiaal laat maak het. Een dag na my aftrede besoek ek weer die skool. In die spesifieke Sentrum staan toe 'n swart meneertjie besig om sonder toesig,  'n houtstomp te probeer draai in die presisie metaal draaibank. Nou ja, wat sal ek sê, hulle het net ingestap en oorgeneem wat hulle nie opgebou het nie. By die koshuis waar ek jare lank koshuisvader was vertel een van die getroue bediendes my dat daar feitlik nie meer eetgerei vir die kinders is nie, ook matrasse, lakens en kombuisgereedskap, eintlik alles, word weggedra!  Ons was in ons tyd baie streng en ek het hulle gefoeter as hulle stout was. Maar ons het dit gedoen met liefde!  Een dag staan 'n groepie seuns voor my deur en ek gaan uit om te hoor wat verkeerd is. Dit was duidelik dat hulle iets wou vra. Die een stamp aan die ander en sê: 'toe vra jy'.Net om dieselfde in die ribbes te kry en te hoor: 'Nee vra jy'.  Uiteindelik kry een stotterend die moed nadat ek hulle aangemoedig het.'Mnr, uh, kan ons mnr maar Pa noem?'  Nou ja, dit wys jou net watter mate van dissipline, liefde en vertroue daar was.”

Die ergste is egter wanneer ons Sondae kerk toe ry en die kinders by die skoolhekke sien uit borrel op pad na die dorp. Een swart massa met enkel wit gesigte daar tussenin. Wit meisies wat met swart seuns loop, duidelik in 'n verhouding. Dan besef 'n mens dat die gif wat hulle gevoer word veel dodeliker is as die fisiese gevaar. Afrikanerkinders wat skaam gemaak word vir hul herkoms en stelselmatig afgebreek word tot niks. Kinders wat hulle geloof verloën en Bybelse waardes oorboord gooi asof outyds. Met gevolge wat hulle duur te staan kom. Kinders wat nie meer vir hul self kan dink nie en nie die gevolge van hulle optredes kan bereken nie. Kinders wie se lewens totaal onherstelbaar verwoes word ter wille van nuwe waardes en sogenaamde vrede wat hulle vervreem van die nugtere waarheid,  deur 'n siek samelewing wat die waarheid verswyg!

Inwoner van Belfast-omgewing.

 

 

Berig in Beeld

Seuns rand 13-jarige erg aan in skool se werkwinkel

By: Alet Rademeyer 2011-11-19 01:19

Die ouers van ’n 13-jarige seun van die Platorand-skool in Belfast het ’n klag van verkragting en aanranding met die opset om ernstig te beseer teen ’n groep leerlinge van dié spe­siale skool by die polisie ingedien.

Die tingerige slagoffer is na bewering eergistermiddag deur ’n groep van vier of vyf seuns in die werkwinkel van die skool gegryp, vasgedruk en ernstig beseer toe hulle ’n kompressorpyp in sy anus gedruk en die wind vrygestel het.

Die onderwyser was glo nie ten tyde van die voorval in die werkwinkel om toesig oor die leerlinge te hou nie.

Die seun se ouers het hom na die hospitaal gehaas nadat die vrou by wie hy in die week loseer hulle oor die voorval ingelig het. Hulle woon sowat 40 km van Belfast.

Die seun het ’n noodoperasie in ’n hospitaal in Middelburg ondergaan vir die perforasie van sy derm.

Hy was gister steeds in die hoë-sorgeenheid.

’n Ingeligte in die hospitaal het gesê ’n geperforeerde derm is lewensgevaarlik en al is die seun suksesvol geopereer, moet hy gemonitor word vir komplikasies.

Die slagoffer se pa het gister gesê die gesin is diep geskok en gestres oor wat gebeur het.

Hulle het gister met die skool en beheerliggaam vergader oor watter stappe gedoen gaan word. “Die skool is baie ondersteunend en het aangebied om my seun se mediese koste en ander uitgawes te betaal.”

Die seun se ouma het gesê: “Ek raak siek as ek my oë toemaak en dink waardeur my kleinseun is.

“Ons is baie bekommerd oor hom en meen hy sal sielkundige hulp vir emosionele skade moet kry.”

Mnr. Jasper Zwane, onderwyswoordvoerder in Mpumalanga, het gesê die departement is baie bekommerd oor wat gebeur het.

Mnr. J.J. Mabena, ’n amptenaar van die Nkangala-onderwysdistrik, waarin die skool val, is opdrag gegee om die voorval te ondersoek.

“Ons kan dit nie bekostig dat sulke dinge by ons skole gebeur nie,” het Zwane gesê.

 

Hy het gesê die leerlinge kan eers ná ’n volledige ondersoek getug of geskors word.