DUISENDE GEBEDE LAAT ANCJL IN DIE STEEK...

Ongeveer 3 000 van die 5 000 lede van die ANC Jeugliga wat gister nog in Johannesburg deelgeneem het aan die optog, het vanoggend by die Caledonian Stadium in Pretoria in die vroeë ure gewag dat die gesamentlike opmars na die Uniegebou kan begin waar hulle 'n memorandum aan die Presidensie vanoggend om 10:00 wou oorhandig. Daar word vertel dat hulle wel van Sandton in Johannesburg vanaf die Aandelebeurs tot hier gestap het op die R101 op die Ou Pretoriapad en dat dit slegs agt ure geduur het. Malema wat glo heel voor in die optog gestap het, het klaarblyklik darem gereeld 'n paar kilometers op 'n oop vragmotor gedurende dié 50 km afstand gery.
Die grootste deel van die latere oggendure by die Uniegebou het die protesoptoggangers hulle tyd gewy aan: van slaap en wat daarmee gepaard gaan, op elke stukkie gras en sypaadjie in die omgewing, tot 'n geskroppery en skoon aantrekkery net daar waar hulle was. Dit natuurlik alles te midde van 'n duiwelse lawaai vanaf 'n tydelike verhoog waar selferkende kunstenaars tevergeefs probeer het om die swart slapende massa wakker te hou.

Malema kon toe uiteindelik maar net afsluit met 'n bedanking aan die optoggangers omdat hulle hulself so "goed" gedra het – hoe anders?  Sou hy waag sê dat hy bitterlik teleurgesteld is oor die swak opkoms en oor daar geen dramatiese voorvalle was nie? 
Maar na alles is dit nie net hy en sy gevolg wat deur middel van voorafdansers die seëninge van hulle voorvaders oor hulle optog gesmeek het nie – duisende Christene het ook die Lewende God gesmeek om hierdie opswepingspoging van kwaadwillige militante swartes in hulle opmars te stuit; kom ons dank Hom daarvoor!